
Die Braai
deur Bobcat
Ons het mekaar op die internet ontmoet en ek het amper onmiddelik geweet …
Nou staan ek voor jou. Jou loodblou oё smekend in myne. Ek was geskok om jou hier te sien. Nie besef dat die noodlot ons paaie hier sal laat kruis nie. Ek glimlag sag vir jou en draai na die gasheer. Hy gesels met my, maar my gedagtes stuur terug na jou. Sy woorde slegs ‘n hoorbare gedruis.
As dit nie vir die ‘selfies’ was wat ek en jy vir mekaar gestuur het nie, sou ek en jy in alle waarskynlikheid nie eers geweet het nie, maar jou oё, jou mond, jou glimlag, nee jou hele wese is vasge-ets in my brein.
Die drankies vloei en waar ek jou onderlangs dophou kan ek sien dat jy nie gemaklik is nie. Jy raak skaars aan jou glas. Jy lyk geirriteerd met die vrou langs jou wat nie kan ophou praat nie. My hart tuimel ineen elke keer as ‘hy’ by jou gaan staan of vir jou kyk, maar dit is ooglopend net uit plig, ordentlikheid en nie omdat hy dieselfde behoefte as ek aan jou nabyheid het nie. Hy is blind vir jou ongemak en dit kriewel in my binneste.
Jy lyk verruklik in jou kamoefleerlangbroek en rektoppie. Die rondings van jou boude perfek vullend in die broek en jou borste beurend teen die rekmateriaal van jou toppie. Jou skouerlengte hare netjies in ‘n poniestert agter jou kop. Ek kyk na jou hande en voete. Jou hande is vroulik, sag en mooi. Geen teken van die rooi waaraan ek gewoond geraak het op jou toonnaels nie.
My hart slaan om as jy opkyk en ek jou oё sien soek, maar hulle steek by my vas, amper skuldig voor jy hulle laat sak. Gelukkig is die kuiergaste almal hand swaaiend, slukkend besig om hul eie verhale uit te ruil. Die knetterende gelag van die irriterende vrou laat jou opstaan. Ek sien jy bied verskoning aan en verdwyn in die huis.
Ek smag na ‘n sigaret, maar ek weet jy verafsku rook dus gooi ek ‘n drankie in my keel af, beduie vir die gasheer dat ek gaan hervul en volg jou pad teen die trappies op die huis in.
Ek kan die televisie hoor speel in die televisiekamer. Kinderstories, maar daar is geen teken van jou of enige ander nie. Ek stap deur die sitkamer na die voordeur wat op ‘n skrefie oopstaan. Dit is nou donker buite en daar is geen stoeplig nie, maar ek herken jou silhouette in die voortuin tussen die struike.
Jy beweeg dieper die tuin in as jy my hoor aankom en ek volg gedwee. Dan stop jy en my arms glip om jou lyf van agter af. Jou linkerarm lig oor jou skouer en jy trek my kop teen jou nek aan as ek jou vasdruk en jou nek begin soen.
Jy ruik hemels, skoon, jou hare na kokosneut, maar jou lyf is warm soos ‘n kool vuur. Jy draai jou kop in my rigting en ons lippe ontmoet. Jou tong is vars en koel teen myne terwyl ons vasgevang raak in die intensiteit van die soen. My regterhand nou onder jou bors, soekend, terwyl my linkerarm jou stewig teen my vaspen.
Ek kan voel hoe jou boude ferm teen my kloppende piel terugdruk en ek laat my linkerhand bo by jou langbroek inglip. Jou katoenbroekie kleef nat aan jou geslag as ek my vingers oor jou wagtende poes trek. My middelvinger druk onder die broekie in en glip half deur jou sopnat opgeswelde lippies deur. Ek wil jou ruik, maar as my vinger op pad is na my gesig onderskep jy hom, druk hom in jou mond en suig.
Dan bied jy my hand vir my aan. Ek ruik en proe jou op my vinger terwyl jy my ritssluiter ooppluk. My hande spartel naarstigtelik met jou langbroek, en dan staan jy ontbloot voor my, langbroek op die knieё. Terwyl jy effens vooroor buk krom jy jou bene, draai jou tone na mekaar en hakskene weg van mekaar tot jou knieё raak.
Ek kan nie behoorlik sien nie, maar as ek die palm van my hand oor jou poesie trek kan ek voel dat jy gereed is. My piel beur deur die ritssluiter. Sy oog sopnat van antisipasie. Ek trek sy kop rof deur jou slootjie sodat jy kan weet dat ek reg is en sodat ek jou verder kan oopmaak.
‘n Gedempte geluid ontsnap oor jou saamgepersde lippe as jy my massa teen jou voel. Ek sit my regterhand op jou regterskouer, linkerhand oor jou mond en beur diep jou binneste in. Jou gil smoor teen my handpalm en jou lyf span snaarstyf, maar wanneer ek terugtrek is dit soos ‘n golf wat eb. Jy ontspan. Ek los jou mond en sit albei my hande op jou heupe sodat ek jou ballans kan help behou.
Jy het gesê dat jy van rof hou, dus stamp ek hard en diep in jou weg en ‘n rou gedempte gil ontsnap weer oor jou lippe. “Sjjjjt,” sê jy vir my terwyl jy vorentoe trek. As jy op my voёlkop stop trek ek jou heupe hard agtertoe en ek kan hoor hoe jy kreun en dan sug.
Ek stoot jou hakke met my voete na mekaar en ek kan voel hoe jy my stewiger omsluit voordat ek terugtrek en weer diep in jou instamp.”Ehj,” ontsnap nou deur jou saamgepersde lippe en ek begin jou naai. “Ehj….Ehj…..Ehj” … .dan voel ek jou verstyf en ek druk my hand oor jou mond. “Ehjjjj,” onder my handpalm as ek instamp en ek voel jou boude bewe. “Ehjjjjjjja” kreet jy in my hand en dan los ek ook my eie saad diep in jou warmte.
Jou hele onderlyf verstyf en verslap en dan word jy pap in my arms. Ek trek jou orent met my regterarm en vryf my linkerhand se vingers oor jou klit tot teen my eie staf. My lippe in jou nek en net agter jou oor …
8 COMMENTS
Ai …pragtig
Sjoe Bobcat, briljante storie. Kan mos net lekker wees om so n “quickie” te kan neem.
Ai daai donker tuin met die mense wat net daar anderkant braai en lag en kuier… Lekker daai… Mooi storie
Annelise is reg, hierdie storie staan uit in jou stal
Baie, baie meelewend geskryf met opbouende spanning tot by julle klimaks.
Nice, broer, nice
Hierdie storie is vir my baie sexy Bobcat. So asof hy meer “persoonlik” is as van jou ander. Wetie, dis net baie nice. 🙂
Dankie Annelise
So, is dit meer persoonlik Bobcat? Jy laat ons almal wonder
Hahahaha…..Annie. Ek kan mos nou nie alles hier verklap nie……lol
Dit is net ‘n fantasie wat tot ‘n verhaal gelei het….