Rosig Rooi
deur Embie Visser
Die dungeon is ‘n garage, effens toegegroei onder die klimranke en verskuil agter die mure van die huis in Kenilworth. Die vriendelike eienaar maak amper dadelik oop: “Jou besoeker wag al vir jou,” sê hy met sy breë glimlag. Ek stoot die deur oop en moet my oë aan die skemerdonker laat gewoond raak. Binne hang die reuk van sweet en leer en seks, swaar in die lug. Die Dungeon word gereeld besoek deur die week.
Sy staan effens ongemaklik rond, kyk na die swepies, rottangs, boeie, toue en ander instrumente wat teen die muur hang. Sy is in haar laat veertigs, groot borste en beslis nie meer ‘n dun middeltjie nie.
“Hello, ek is Pieter,” groet ek en probeer haar op haar gemak sit met my glimlag.
“Jessie, aangenaam!”
“Ek is nie regtig into al die sub en dom ding nie – eerder nuuskierig,” stamel sy dadelik.
“Toemaar, ek ook nie – ons vat die ding soos dit kom en jy laat my dadelik weet as jy wil hê ek moet ophou of as jy ongemaklik is. Sal jy ok wees met vat en vryf – want dit is deel van die erotiese spanking?”
Sy knik. “Solank jy nie merke laat nie, en ek my selfoon by my kan hou. Dis op speeddail – vriendin,” verduidelik sy half ongemaklik.
Ek vra haar om haar skoene uit te trek, trek ook myne uit en neem plaas op die bank.
“Kom ons begin.”
Ek sit die CD-speler aan en ACDC begin speel
“Kom lê oor my skoot en ontspan – dis tog wat dit moet wees – ‘n speletjie wat ons albei moet geniet.”
Sy kom lê oor my skoot, haar Jeans styf oor haar boude en ek is omtrent dadelik hard.
Ek begin om haar boude met my hande te spank. Sy verstyf na die eerste twee houe en begin dan geleidelik te ontspan. My spanking is liggies. Ek beweeg heen en weer oor die sitvlak, dan na die bobene. Ek is nou al stokstyf en kan die eerste druppels van die precum voel in my onderbroek. Sy begin haarself oorgee aan die hitte wat my hande op haar boude genereer. Haar selfoon nou vergete op die matras langs haar kop.
Sy voel ook my hardheid en beweeg effens onder my sodat sy haarself kan skuur teen my.
Terwyl my hande oor haar boude speel voel ek die G-string onder my vingers. Ek wissel my houe af met vingers wat haar boud- wange masseer. Haar liggaam is ontspanne en haar asemhaling effens skor. Sy vryf haar onderlyf saam met my bewegings.
“Staan.”
Sy staan voor my. Ek beweeg tot agter haar en trek haar bloes uit. Sy het geen bra aan nie en haar borste spring vry – groot met lang tepels wat reggop staan.
“Draai om,” beveel ek haar en sy kyk dadelik af na die knop in my broek. Ek beweeg nader en maak haar Jean-knopie los. Stadig skil ek haar uit haar Jeans. My hande beweeg af teen haar lyf, verby die G-string wat alreeds nat kolletjies wys – die kante skoon gewaks. Sy maak haar bene effens oop om die pype te bevry.
Ek loop na die rak toe en haal twee ysterpennetjies af. Tot dusver het ons nog geen word gepraat nie. Sy kyk na my – haar wange rooi-afwagtend. Ek kom staan styf teen haar en knip die eerste ysterpennetjie om die lang nippel. Sy verstyf en los ‘n gilletjie” eina fok” kreun sy dit uit. Ek wil dit afhaal, maar sy keer my. Ek knyp die tweede een aan. Haar gesig vertrek van die pyn en sy kners op haar tande.
“Nou jou beurt om my uit te trek,” nooi ek haar.
Nog steeds met ‘n pynlike trek op haar gesig begin sy my broek losknoop. Sy gly dit oor my stywe voël en sit dit eenkant neer.
“Alles?” vra sy. Ek besef dat as ek haar weer oor my skoot gaan kry, sal my stywe voël teen die G-string druk en skuur.
Gaan sy toelaat dat ek haar uittrek?”
“Alles,” beveel ek.
Gretig stroop sy die nat en taai onderbroek af, my hardheid spring los, alreeds sopnat om die voorvel. Sy staan weer voor my
“Kan jy die pennetjies afhaal? Dis seer.”
Ek doen so. Die drukking van die pennetjies op die lang tepels is duidelik sigbaar en ek kom agter dat die ekstra pyn het haar nou superjags. Sy kom staan teen my.
” Trek uit jou hemp,” beveel sy.
Dan beweeg sy haar vol borste teen my lyf. Haar hande begin met my voël speel- beweeg saggies op en af teen my skag. Dan skuur sy dit teen haar G-string.
“Kom, ons is nog nie klaar met die spanking nie,” kry ek dit uit met ‘n skor stem.
Sy kom lê weer oor my skoot. Hierdie keer gemaklik en skuif haarself tot teen my. Gemaklik. Ek begin weer met die spanking— hierdie keer kan ek die liggrooi kleur sien op die vol boude. Die G-string trek in haar slootjie op en my hande begin geleidelik harder op die speelveld hamer. Dit word rooier en elke keer as ek voel hoe sy begin saamtrek, ontspan ek, masseer ek, vryf ek. Haar borste skuur teen die matras en dra by tot haar hortende asemhaling.
My hande beweeg tussen die boude. Glip die G-string weg. Voel die gladde vlesigheid. Ek waag om liggies oor die materiaal te vryf – tergend – net buite bereik van die genotgrotjie. Die spanking duur voort. Sy begin om haarself harder teen my te skuur. Die voorkant van die G-string nat en ingeduik tussen haar lippe. Die borste wat ritmiese op die matras skuur. Ek sien sy is heeltemal in haar eie wêreld. Sy beweeg in ritme met my spanking. Pyn het oorgegaan in plesier en plesier het haar na ‘n nuwe wêreld gevoer.
“Hou aan, harder, harder,” keun sy dit uit. My eie orgasme is aan die opbou. Ek is vuurwarm in die gesig. Ons word ritmies een – my hande, haar beweging.
“Fokkkkkkkk, ek kom,” hyg sy dit uit. Haar liggaam ruk spasties op my skoot en haar kop vlieg op, terwyl sy met haar onderlyf die laaste bietjie wrywing uitwurg uit my skoot. Ek ontplof self en my bene begin ruk onder haar soos die wit sperm uit my skiet.
Ek hou haar vas, begin om haar te vryf – boude, rug, boude. Geleidelik kry ons ons asems terug.
Sy draai om na my en glimlag
“Dankie, dit was nou absoluut befok.”
“My plesier. Seker die eerste keer dat ek gekom het sonder om aan myself te raak,” glimlag ek terug.
“Volgende week weer?” vra sy, as sy haarself terugwikkel in haar Jeans.
“Defnitief.”
2 COMMENTS
Self nat gekom
Dankie dit was befok!!!!