
Reunie (2)
deur Bobcat
Ons het in ‘n omhelsing aan die slaap geraak, maar toe ek vyftien minute later wakkerskrik het sy langs my op die bed gelê op haar maag. Ek het my verkyk aan haar pragtige vroulike postuur. Ek het haar saggies met my vingers oor haar rug begin streel. Haar borste het soos twee klein sokkerballetjies effe by haar lyf uitgesteek en my vingers het hulle besoek. Hulle het ook die pad teen haar ruggraat afgegly na die holtetjie van haar rug net bokant haar mooi boude. Ek kon myself nie help nie en het begin om die holtetjie met my lippe en tong te verken. My vingers het oor haar boude gegly en ek kon sien dat sy in hoendervleis uitslaan.
Haar bene het outomaties oopgegaan en my vingers het ‘n draai oor haar klam vroulikheid gemaak.
“Mmm, dis lekker,” het sy geprewel sonder om op te kyk.
Ek het met my vingers die sagte driehoekies van haar lieste besoek en toe saggies tussen haar lippies begin deurtrek terwyl ek die ontdekkingstog met my lippe oor haar bene, boude en dye voortgesit het.
“Mmm ….as jy “haar” wakker maak moet jy “haar” gebruik,” laat sy hoor.
Ek het gevoel hoe daar ‘n nuwe nattigheid ontstaan en het haar stadig begin stimuleer met my vingers van agter af. Nodeloos om te sê dat ek toe reeds weer mooi jags was.
Die holtetjie op haar lae rug het verdiep en ek het besef dat sy haar boude opgelig het. Ek het tussen Jessie se bene op my knieë gaan staan, my voël met my hand afgedruk en stadig afgesak. Haar boude het weer gelig, maar ek het my genotstok onder haar kwassie deurgedruk sodat sy basies op hom lê. Terwyl ek haar rug soen het ek my voël vorentoe en agtertoe beweeg. My voëlkop het haar klitorus gevryf, soms haar koekhare gevoel, terwyl haar liefdesslakkie oor die skag van my voël heen en weer gegly het.
“Fokkit …. jy maak my mal mansmens,”sis sy in my rigting en vat my voël in haar hand en druk hom in haar nou sopnat gleufie. Ek het myself tot teen my lyf in haar ingedruk, saggies oor haar boude en rug gaan lê en haar nek begin soen.
Ek is ʼn groot “boude en boobs” man, maar haar boude was uit ‘n ander wereld. Lekker ferm, dog sag. Sy het stadig begin om haar heupe onder my op en af te beweeg terwyl ek doodstil gesteun deur my elemboë oor haar gelê het. Haar kop het skuins na agter gedraai en ek kon haar begin vry. Haar lyfie het klein gevoel onder myne, maar haar heupbewegings was sterk en ritmies en haar soene warm. Ek het besef dat dit die eerste “doggy” was waar ek gery word. My voël het elke millimeter van haar genotgrot gevoel en wanneer sy terugdruk het dit gevoel asof ek haar soos ‘n sosatie gaan deurboor. Diep, sag en nat.
Ek het my een hand onder haar ingedruk, my vinger met haar sappe natgemaak en haar klitorus begin stimuleer. Soms my vingers in ‘n V gevorm en weerskante van haar lippies verbygetrek. Jessie het begin kreun en haar heupe het roekeloos begin beweeg. Met elke terugstoot het my balle haar teen haar kwas en oor my vingers getref. Haar rug was nat van die sweet en haar asem het begin jaag. Daar het n dolheid oor my uitgebreek en ek het myself op my hande gestut en haar hard van agter begin steek terwyl my mond haar nek liefkoos en my warm asem in haar oor blaas. Ek kon voel hoe die rillings deur haar lyf trek voordat sy begin gil het: “ek gaan kom … ek gaan kom …” Dit was my “cue” en vir die tweede keer daardie nag het ek haar vol liefdestroop gepomp.
My energie vlakke was op zero toe ek langs haar op my rug neerval. Jessie het weer skuins oor my kom lê met haar twee bene weerskante van my linkerbeen, haar kwassie stewig teen my bo-been en een van daai pragtige tiete teen my bors. Haar lyf het effens gebewe en haar grys oë was vraend en ondersoekend, maar ek het haar gerusgestel deur haar passievol maar sag te soen.
“Ek gaan jou nooit weer laat gaan nie,” fluister ek in haar oor.
Sy kyk na my en sê: “ek wil nie hê jy moet my ooit laat gaan nie, maar ….”
Sy druk my vraag met haar vinger teen my lippe dood.
“Nie vanaand nie, asseblief. Kom ons wees net bymekaar, saam. Ek weet ek het gesê dat ons later kan praat, maar ek wil nie ‘n sekonde van ons saamwees verkwis met praatjies nie.”
Ek knik instemmend en sy laat haar kop sak tot op my skouer met haar gesig weggedraai. Ek voel haar trane op my vel en sit my hand op haar rug. Haar linkerarm verstyf oor my lyf, sy tel haar kop op en druk haar gesig teen my nek. Ek het die stortvloed trane en die ruk van haar lyfie nie verwag nie en al wat ek kon doen was om haar styf teen my vas te druk en te wonder of ons albei op daardie stadium ewe verward was oor wat die toekoms vir ons sou inhou.
2 COMMENTS
Bobcat jy’s ‘n yster pen die pen. Hierdie is ‘n baie goeie en mooi storie. Doen so voort.
Bobcat, jy’t met die eerste plasing van Reunie my aandag instemmend gekry. Hiermee het jy bewys jy kan maar ! Dankie, was gevoelvol eroties.