‘n Brief van Simone (1)

0
Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

 deur Bobcat

Die majoor treiter ons met die pos. Ek moet sak vir twintig push ups as ek die pienk koevertjie met die laventel reukie wil hê. Fokker kom uit die army en dink dit werk hier ook so. Ek haat Swannie op daardie oomblik en neem my voor, dat indien ek hom in Civies kry, hy gaan kak. Ek sak egter vir die opstote, want ek wag al lank vir hierdie brief.

Ek weet dit kom van Simone….dit is haar styl. Ongeag die feit dat ek haar al vertel het hoe ons afkak as hulle dink ‘n brief kom van ‘n meisie, verseg sy om haar standaarde te laat sak en minder as ses folio’s in ‘n pienk koevert te sit, dit vol parfuum te spuit en agterop ‘n lipstifrooi soen te druk.

Sy skryf nie gereeld nie, maar die wag is altyd die moeite werd.

Ek gaan sit onder ‘n groot boom met net my kort camo broek en ‘boots’ aan. Dit is fokken warm en die push ups het niks bygedra om af te koel nie. Ek vat ‘n sluk van die half lou lager, ruik aan die koevert, draai dit in my hande om en bewonder haar mooi groot handskrif. Voor ek die koevert oopskeur skud ek eers ‘n Texan uit die ‘soft pack’, byt die agterkant tussen my tande en trek hom heeltemal uit die pakkie. Rol sy gat tussen my lippe en parkeer hom in my linkermondhoek.

My liefste.

Hoop jy is veilig en dat my brief jou spoedig bereik.

Die dae is stil sonder jou en die nagte ondraaglik lank…..

Ek steek die Texan aan en gooi die vuurhoutjie eenkant toe. My hart klop in my keel. Waarom het Simone haar sin kort gesny met die baie dotjies aan die einde in plaas van ‘n eenvoudige punt? Ek trek die rook diep in my longe in en ek kan voel hoe die nikotien my are laat bruis en my effens lighoofdig laat. Gaan sy my afsê? Het sy dalk iemand anders ontmoet? Vier fokken maande! Ek vat nog ‘n teug lager en druk die bottel se boom dieper in die sagte sand in. Die tweede trek aan die Texan se rook blaas ek stadig deur my neus en rol die sigaret terug na my mondhoek.

Ek weet vanaand regtig nie waar om te begin nie……

Fok sy gaan my defnitief los, maal dit weer deur my gedagtes. Simone is ‘n mooi meisie en ek verdien haar nie, maar ek begeer haar met alles in my. Nou dié fokken oorlog. Sweet pêrel op my voorkop en ek kan koue druppels teen my sye en rug voel afrol. Die sonbesies se gesing verander in ‘n oorverdowende gesuis en ‘n verterende weersin stoot in my op. Ek knip-knip my oё teen die skerp lig, vee die sweet op my voorkop met die rugkant van my hand af, rol die Texan tussen my lippe en vat nog ‘n trek.

Ek sal die naweek voor jy geklim het nooit ooit vergeet nie,

maar die tyd stap aan en dan is daar nog my studies ook……

My hart pyn nou letterlik en ek voel magteloos naby aan trane. Ek sit die brief op die grond langs my neer. Ek wil nie verder lees nie. Die laaste lager sluk ek met een teug af, trek die sigaret dat hy ‘n lang rooi kool maak en gooi hom by die bek van die bottel in en stamp die bottel weer in die sand in.

Vir lank tuur ek na die toegevoude brief. Ek sit net, met absoluut niks wat deur my gedagtes gaan nie … ek het afgesny van realiteit.

Erens start ‘n Casper en ek ruk tot die werklikheid. Fokken vroumense, almal dieselfde, dink ek hardop en tel die brief op. Ek het gedink Simone is anders.

‘n Flenterjie harde papier steek tussen die bladsye uit en ek trek dit versigtig uit. My hart gallop soos ‘n mal perd. Haar grysblou oё staar onder haar donker wenkbroue na my. Dit is ‘n klein fototjie van haar. Haar lang blonde hare is gesny tot in haar nek. Sy lyk formeel en het selfs grimering aan. Haar voller lippe is duidelik gedefinieer. Daai lippe, dink ek hardop, en draai die fototjie om.

‘You’re the best thing,

 that ever happened to me,

‘Till we meet again’.

Dit voel of my hart uit my borskas skeur. Hoekom gebeur die kak altyd met my wanneer ek dit die minste nodig het?

Ek druk die foto in die sak langs my bo-been, frommel die brief op en druk dit in my linker broeksak. Ek wip ‘n Texan uit die pakkie tussen my lippe in, bak my hande en trek ‘n vuurhoutjie.

“Fokken vroumense. As ek terug is in die States gaan hulle kak. Ek gaan hulle een vir een naai, hard naai en hulle dan los om te voel hoe dit voel om eenkant toe geskop te word.

“Sarge …is jy ok sarge?”

Matonkoman steek sy pikswart linkerhand uit na my. Die AK met die tou glip van sy skouer af as hy my optrek en hy vang dit behendig met sy regterhand.

 Hy stink na sweet en ek besef dat ek my sal moet regruk. As hy my kom opsoek is die spoor warm …

***

Twee dae later, op die passasiersitplek kla Vossie oor die rokery in die Caspir. Ek gee hom ‘n vuil kyk, haal my eie sigaret agter my oor uit en steek dit aan. Ek is geiriteerd met alles en almal vandat ek gister Simone se brief begin lees het.  “Fokker….tsj,” glip dit oor my lippe terwyl ek hom met die vuurhoutjie skiet. Hy hoort nie hier tussen ons nie. “Mamma’s boy” met sy diepgesette oё, soos ‘n werfbobejaan en sy arrogante houding.

Matonkoman vat my aan die skouer en beduie by die klein ruitjie aan die kant uit na ‘n enkele bok wat in die verte onder ‘n boom staan. Ek glimlag, want ek weet wat hy dink, maar wys net met my kop dat hy moet gaan sit.

Terwyl die voertuig skud en sy “checkstraps” tot die uiterste beproef raak ek weer vasgevang in my eie gedagtes. Ek besef dat ek met vuur speel en skud my kop in ‘n poging om Simone voor my geestesoog te verwyder.

“Ek sal die naweek voor jy geklim het nooit ooit vergeet nie …”

Speel die woorde in haar brief weer deur my gedagtes. Ek probeer onthou of daar ‘n oomblik was tydens daardie naweek wat ek dalk iets gedoen het wat haar afgepis het. Ek wil nie verder lees aan die brief nie, bang vir die seer. Sal dit wel uitfigure in my kop. As die bliksemse Caspir net wil ophou stamp.

Dan tref dit my soos ‘n bom. ‘Commitment’. Sy het my gevra waarom ek nie in my privaat lewe so toegewyd is soos wanneer ek die pet met die ster en die onleesbare skrif opsit nie. My uitgevra oor my deeltydse studies. Dit het half gevoel of sy onnodig kak soek met my, maar ek het haar geignoreer en die gesprek het doodgeloop nadat sy my ‘n sexy skewe glimlag gegee het.

My gedagtes skuif verder terug na elke detail van daardie naweek.

Met ons aankoms by die kliphuisie in die berge het sy laggend die trappies opgehardloop terwyl ek ons naweeksakke dra. Ek het haar agterna gekyk en my oё het vasgesteek op die perfekte gat in ‘n kort gebleikte denim. Sy is die enigste vrou wat ‘n gebleikte, gerafelde kortbroekie na ‘n ontwerpersstuk kan laat lyk.

Binne die deur het sy haar arms om my nek gevou, opgewip en haar bene om my middellyf vasgegryp. Ek het die sakke laat val en haar boude in my hande vasgevat en begin om in die rondte te draai terwyl sy my soen. Haar mond was vuurwarm op myne en het na die caramel sjokolade geproe wat sy in haar kies gestop het toe ons stilhou.

Haar lang blonde hare het losgehang en oor my skouer gevlieg toe ek tot stilstand kom. Die ligte reuk van appelkoos kleef aan haar hare. Sy het aangehou om my te soen maar het haar grysblou oё oopgemaak en my vas in my oё gekyk. Ek kon die duiweltjies daarin sien dans, en ek het besef dit was die regte ding om te doen om haar vir die naweek berghut toe te bring. Toe sy die soen breek het die kuiltjies op haar wange diep en verleidelik vir my gelag. Ek het soos ‘n stout seun, my hand op haar rug onder haar bloes ingedruk, palm na ondertoe, in draai beweging oor haar rug gemaak en toe my hand onder haar broekie oor die stywe wang van haar boud gegly

Sy het haar kop agteroor gegooi en uitbundig gelag. Ek kon die skuddende rondings en die regop puntjies van haar borste duidelik onder die gebreide toppie sien. Ek het net een ding in gedagte gehad en het haar agteroor op die groot rusbank neergevlei, regop gekom en my T-hemp oor my kop getrek.

Simone het met haar wysvinger gewink dat ek moet nader kom en haar bene effens gesprei sodat ek tussen hulle met my een been en half bo-op haar met my lyf kan lê. Met my lyf halfpad op pad na hare het sy haar hand opgehou en my gestop. Haar vingers het oor my maagspiere geflits teen my dy afgehardloop en toe die PT broek se rek beetgekry en my bo op haar geruk …

(Lees volgende aflewering HIER)

0

4 thoughts on “‘n Brief van Simone (1)

  • Avatar
    Jan 16, 2019 at 2:41 pm
    Permalink

    Die storie roep so baie herrinneringe op…

    Reply
  • Avatar
    Jan 16, 2019 at 12:14 pm
    Permalink

    My moer Bobat. Jy sal vinnig opvolg moet plaas. Ek het al klaar 4 moontlike scenarios wat in my gedagtes amok maak. Pragtige storie sover.

    Reply
  • Avatar
    Jan 15, 2019 at 9:20 pm
    Permalink

    Dit herroep die tydperk en die omstandighede in daardie milieu pragtig na vore. Ek is seker menige man van uit daai dae sal met hierdie storie kan identifiseer.
    Goed geskryf en vermaaklik aangebied, Bobcat, dankie.

    Reply
  • Avatar
    Jan 15, 2019 at 5:44 pm
    Permalink

    Ai die goeie ou dae. Dit was toe nog moeaiese lekker.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)