
Allegawe en haar doos
deur Uther Pendragon
Vanuit haar gaan vroulike wesens ontspring.
Mooi, verleidelik en bedrieglik van aard,
Wat mans gaan aankleef en onheil oor hul bring,
Afwesig met nood maar daar tydens welvaart.
(Theogonie 560-614: Hesiod, 700BCE)
“Pa, moenie sterf nie pa!” roep die snikkende jong man op die rand van die bed.
“Is dit jy Agenor?” klink die swak stem van die ouer man.
“Ja pa, ek is hier” sê die seun en sit sy hand op sy pa se skouer – die een wat nie verbind is nie.
Die kamer ruik na bloed en heuning. Die gedruis van krete en swaarde op skilde kom deur die oop venster in vlae na hulle aangewaai.
“Wat het gebeur?” vra die ouer man en lig sy kop effens om na die bloed-deurdrenkte verband om sy arm te kyk.
“Hulle het pa raakgeskiet – die pyl het langs die skild verbygekom. Ons kon die pyl skoon uitkry maar pa het baie bloed verloor. Die dokter het die wond skoongemaak en verbind.”
Die ouer man se kop val op die kussing terug, “dink jy ons gaan die aanslag vandag weer kan afweer?”
“Ek dink so pa. Ons weermag is besig om die vyandelike krygers wat deur die westelike muur gebreek het, terug te dryf.”
Die ou man lê met sy oë toe.
Na ‘n ruk kom hy weer by en sê: “Maar uiteindelik gaan hulle ons tog wen. Ons sal nie nog ‘n seisoen onder hierdie beleg kan deursien nie” sê die ouer man en dan voeg hy biter by: “dis die vrou, my seun, dis die vrou wat hierdie ellende oor ons gebring het”
“Elena, pa? Praat pa van Elena?”
“Sy en al die ander – addergeslag. Gestuur om ons te vernietig …water – gee my water…”
Die seun hou ‘n erdebeker met water na sy pa se lippe.
“My seun – jy moet als in jou vermoë doen om nooit te trou nie… maar helaas, selfs dan is jy nie vrygeskeld van die vernietigende, vergiftigende invloed wat hulle op jou lewe het nie. Selfs as jy so gelukkig is om ‘n goeie vrou kry, is dit maar net ‘n kompromis tussen die goeie en die bose.”
“Wat vertel Pa my nou?” vra Agenor verbaas, “hoekom is vrouens dan so Pa?”
Die ou man beduie vir nog ‘n teug water en vertel dan dié storie:

***
Die Voortyd
Prometheus: “Hoezit, hoezit? Ek is terug (van waar ook al ek was om die storie ‘n bietjie spanningsvol te maak). Hoe gaan dit met die joppie wat ek jou gegee het Epimetheus?”
Epimetheus: “Nee dit gaan OK, Broer van my, maar die goetertjies is besig om op te raak. Maar tjek dit uit – tjek net hierdie koel ding met die tanne en die hare wat ek gemaak het, ek noem dit Leeu… en hierdie een het moerse vlerke en kloue en sommer ‘n lekker skerp bek ook, hom noem ek Arend… maar tjek net hierdie een – vir hom het ek ‘n slurp én moerse ore en tande gegee, ek noem hom Olifant… en-”
Prometheus: “Waar is die mense wat jy moes gemaak het?”
Epimetheus (verward): “Fok waaat?… Mense?”
Prometheus: “Ja mense, ek het spesifiek vir jou gesê jy moet mense maak, waar is hulle dan?.”
Epimetheus: “O tjorts…ek is seker hulle is hier rond. Laat my bietjie tjek…”
Prometheus: “Ek gaan my moer strip as jy weer opgefok het!”
Epimetheus: “Hou op om so op my fokken case te wees hoor!”
Prometheus: “Ek onthou goed ek het jou gesê: spesie nommer 8 888 888 – DIE MENS!”
Epimetheus: “Jy kan moes sien hoe soek ek hier….ek was die hele fokken dag besig om die fokken goed te maak, en nou kom pik jy op my oor een fokken spesetjie en worrie nie oor die 8 888 887 fokken spesies wat jy hier voor jou fokken eie oë kan sien nie!”
Prometheus: “Ja en geen wonder jy kan dit nie kry nie, kyk hoe lyk die kontinente volgeprop met jou stront – dis net spesies waar jy kyk, daar is geen orde nie, geen wonder als is deurmekaar nie – goed hardloop rond, kruip in gate in, vreet mekaar, bekak die plek en als!”
Epimetheus: “Sorrie Boet, ek kan dit nie kry nie, maar ek kon sweer ek het hulle gemaak – so met laaang nekke en kolle oral oor – nogal smart hoor.”
Prometheus:”Jy bedoel seker hierdie stupid kak – dis ‘n kameelperd poephol – kyk net hoeveel klei jy hierop gemors het, weet jy – ek strip my moer sommer nou!”
Epimetheus: “OK, OK! Kalmeer net…wag! ek weet…hier is hulle …. sê hallo vir die oom!”
Prometheus: “Jou stupid bliksem! Hierdie is dan pratende donkies – jy is duidelik clueless en weet nie wat aangaan nie. Sê my nou reguit – het jy mense gemaak of nie?”
Epimetheus: “hmph…”
Prometheus: “Wat? Ek kan nie hoor nie?!”
Epimetheus: “Sorrie Boet, ek dink nie ek het nie.”
Prometheus: “Nou gee die fokken klei hier sodat ek iets aanmekaar kan flans. Bliksem, hier is dan amper niks oor nie! En waar is die sak accessories? Wat! – dis dan fokken leeg! Jou stupid moer! Jy het dit op al hierdie ander kak van jou gemors – nou is daar niks kloue, slagtande, vlerke, gif, skubbe, sterte, maanhare, moerse groot ore vir die mense oor nie! Hou op so skree as ek jou gat skop!”
Boem!
Epimetheus: “Aaau!”
Boem!
Epimetheus: “Aaau!”
Boem!
Epimetheus: “Aaau! Einaaa, einaaa….snik…snik…snik”
Prometheus: “Zisses, ’n Titaan moet fokken alles self doen in hierdie plek.”
2 minute later:
Prometheus: “sooo ja: hierdie drelletjie dingetjies is al wat ek kon saamflans met die laaste droesempie klei – kom kyk hier stupid!”
Epimetheus vanuit die hoekie: “Ek sien…ek sien…(aaau…snik…snik)”
Prometheus: “En aangesien ek geen accesssories oor het nie het hulle maar laat regop staan soos die Gode – tjek hoe oulik staan hulle kiertsregop met hulle pieletjies so wat so in die lug hang…..hehehehe.”
***
Prometheus leer die mense hoe om te praat, loop, jag, hoe om wapens te maak, metaal te smee, alles van die natuur en alles wat mooi is. Hy gee hulle ook vuur. Alles gaan goed en voor die wind. Die mense is gelukkig en hulle Skepper sorg mooi vir hulle.
Zeus kyk so een dag daar van sy balkon op Olimpus uit oor die wêreld en die bedrywighede van die mense vang sy oog. Hy roep uit: “waddefok gaan daar aan? Tjek net al daai mense wat so met hulle sandale ploefe-plaf daar onder op die aarde rondloop, en hardop lag en lekker aangaan – dis sommer stront. Niemand is bedruk nie, almal like mekaar, almal staan in bondeltjies en chat met mekaar, almal is happy – en KYK – hulle het vuur! En waar kry hulle daardie vuur? Van my gesteel natuurlik – die bliksems het dit…natuurlik! Dis daardie Prometheus wat dit in Olimpus moes kom steel het. Nee kak daarmee – ek sal ‘n stokkie daarvoor steek! Ek gaan sommer nou hul vuur wegvat en dan sien ons wie lag laaste.”
***
Prometheus kom by die mense aan en vra: “Hoezit, hoezit my skepseltjies? Kuier julle nog lekker saam? Maar wat gaan hier aan? Hoekom sit julle so op hopies en tjank?”
Mens no. 889: “Zeus het ons vuur kom wegvat en hy het gesê: ‘fok julle en fok Prometheus ook – dis MY vuur dié’.”
Prometheus: “Wow, watter ou vuilbek! Dis OK vir ‘n Titaan om so vieslik te praat, maar ‘n Olimpiese God? Wys jou nou net – die skynheiligheid! Maar moenie worrie nie my maatjies, ek sal weer vir julle vuur kry” en daarmee verdwyn hy weer.
Nie te lank daarna kom Prometheus met ‘n brandende stomp in sy hand by die mense aan en sê: “Kyk wat het ek vir julle gebring – ‘n lekker brandende stomp vanuit Hefaistos se smidsoond!”
“Jyyyy!” skree die mense, oorstelp van vreugde en steek sommer sulke lekker groot vreugdevure aan.
Daardie aand sit Zeus op sy balkon op Olimpus en tuur na die sonsondergang oor wêreld uit, maar soos die skemering daal sien hy die vuurtjies oral op die aarde brand. Hy ontplof van woede en sis deur sy baard: “Eers gaan ek met daai parmantige bliksempies afreken en daarna met Prometheus!”
***

Zeus se stem weergalm in die smidswinkel onder Berg Etna: “Hefaistos, Hefaistos! Waar is jy jou kreupel bliksem?”
“Hier is ek Vader” roep die jong man uit die donkerte. Die ou man hoor hom naderskuifel voor hy die oranje gloed van die smidsoond op die roetbevlekte gespierde liggaam sien glim.
Zeus wend sy blik weg van die verwronge bonkige liggaam wat nou voor hom neerkniel om sy walgig verberg.
“Luister nou mooi want ek hou nie daarvan om myself te herhaal nie. Ek wil hê dat jy vir my iets moet maak.”
“Sekerlik my Heer, dit sal vir my ‘n voorreg wees” prewel die jong man dankbaar.
“Maak vir my die mooiste wese denkbaar, en jy sal my seën ontvang.”
Hefaestus was bekend daarvoor dat hy allerlei fantastiese instrumente vir die gode en helde geskep het – o.a. die gevleuelde helm en sandale van Hermes, Aegis se borsplaat, Agamemnon se ampstaf, Achilles se wapenrusting, Herakles se bronsklappers, Helios se koets, Eros se boog en pyle en al die trone van die Olimpiese gode. Om ‘n wese te maak sou nie moeilik wees nie.
“Ek sal my Heer. Wanneer wil u dit hê?”
“Teen more-middag” kom die bruuske antwoord, “maar onthou dit – hierdie skepsel moet die mooiste wese ooit wees – en ek bedoel iemand met oorweldigende, oorrompelende skoonheid”.
“Miskien moet u my dan tot oormore tyd gee my Heer” kom die huiwerige antwoord van die jong man maar Zeus het alreeds sy rug gekeer op die kreupele.
Hefaistos het vir die volgende twee dae aanmekaar gewerk en uiteindelik was hy klaar. Hy stap rondom sy handewerk om dit te bewonder en al is dit sy eie maaksel voel hy hoe sy ereksie groei terwyl hy na die lig kyk wat oor die rondings streel. Hy is veral trots op die ronde hompe wat hy voor-op die borskas gesit het.
Sy gedagtes word onderbreek deur ‘n diep stem wat agter hom dreun: “voortreflik, waarlik uitstekend Hefaistos! Jy het my nie teleurgestel nie, ek het geweet jy kon as jy regtig probeer. En druk daai stokkie van jou in ‘n ander rigting jou jagse moer.”
Zeus en Apollo staan daar met grynslagte op hul bebaarde gesigte. Apollo tree nader en ruk die skepsel van die staander af en voor Hefaistos nog kon protesteer gryp Zeus hom aan die kop en sê: “Ek seën jou!”, en daarmee stap die twee gode uit die smidswinkel uit terwyl die geseënde Hephaestus hulle bedremmeld agterna staar.
***
Die skepsel word in Olimpus staangemaak en al die gode (buiten Poseidon en Hades natuurlik en Hermes want hulle was elders besig) kom om dit te bewonder en dit is net ‘n ge-oe en ge-aa van alle kante.
“Maar dit is nog het einde niet” lag Zeus. “Ons gaan nou aan die werk spring my kinders, kom nader, kom luister na my raadsplan.” Die gode gaan sit rondom hulle pa, want hulle kan sien hier kom ‘n ding – hy lyk selde so ernstig.
“Julle onthou seker almal wat gebeur het toe ek die mensdom wou straf vir hul parmantigheid en toe ek vuur van hulle weggeneem het? En hoe die skelm Prometheus toe weer vir daai vieslike skepseltjies van hom vuur gebring het?” Hy kyk rond en almal knik instemmend.
“OK, hier is nou my plan – ons gaan hierdie rubbish ‘n les leer. Ek is nou gatvol vir hierdie onderkruipery en dwarsboming van my gesag. Ek wil hulle uitwis, maar ek gaan nie iets stupid soos water of vuur gebruik nie, nee my kinders….ek het ‘n briljante plan gekry – ek noem dit biologiese oorlogvoering. Ons gaan hierdie skepsel wat ek laat maak het – wat terloops baie mooier as daai Prometheus se kak is, met gawes toebedeel wat dit die ultimate weapon gaan maak.
“Ek verlang dat elk van julle ‘n geskenk vir die skepsel gee – maar hou die plan in gedagte nê – die uiteinde moet ‘n onweerstaanbare mooi euwel wees wat die mensdom so stadig en wreed as moontlik sal vernietig. Dit moet wees asof hulle gif drink en vra vir nog. Ek wil vir die res van hulle misrabele bestaan met leedvermaak na hulle lyding kyk terwyl ek my gat vir hulle skeur.”
Athena gee die wese ‘n pragtige silwer rok, ‘n geborduurde sluier, blommekranse en ‘n silwer kroon en sê: “ek skenk jou hierdie gawes om jou skoonheid te komplimenteer – hiermee word jou skoonheid nog beter beklemtoon.”
Mense het egter ook iemand nodig wat vir hulle klere maak en dus leer Athena die skepsel om naaldwerk te doen en hoe om te spin en te weef en laastens skenk sy die wese intelligensie.
Dit is Afrodite se beurt: “Ek gaan vir die skepsel die skoonheid van ‘n godin gee.” En glo dit of jy wil of nie – maar voor almal word die skepsel nog mooier as wat Hefaistus dit gemaak het. Almal snak na hulle asem. Sy skenk egter vir die skepsel ook verlange – maar die tipe verlange wat die hele wese tot in die se murg gaan verlam en dit altyd onvergenoegd gaan laat. En asof dit nie genoeg is nie, gee Afrodite die skepsel ook bekommernisse sodat dit nooit rus vir dit se siel het nie.
Zeus gee vir die skepsel ‘n doos met ‘n groot gebaar: “en dit my kinders, is MY gawe aan die wese”.
“Wat is dit Vader?” vra die een. “Wat doen mens daarmee?” vra die ander.
Dis juis my geheime wapen – dit is die ding wat die hele geskiedenis gaan verander. Hierdie doos is die eerste en die beste vorm van biologiese oorlogvoering – as die mense dit uitlos sal niks met hulle gebeur nie, maar die oomblik wat hulle dit oopmaak sal elke ellende en siekte denkbaar uit daai doos spring en die mensdom op die verskriklikste maniere verinneweer en uiteindelik uitwis.
Afrodite kyk krities na die wese en sê “hmmm…in daardie geval wil ék graag nog ietsie bysit…”
En daarmee gee vroetel sy aan die doos vir ‘n hele 2 minute lank en dan staan sy tevrede terug. Almal staar na die pienk frilletjies en lelletjies wat sy soos versiering regoor die middel van die doos gemaak het.
Sy trek die frilletjies weg en wys die knoppie wat sy bo die doos daartussen weggesteek het. “Tjek dit uit my mense” sê sy.
“Wat is dit?” vra die een. “Wat doen mens daarmee?” vra die ander.
“Dis so ‘n geheime dingetjie wat vir die wese so ‘n ongelooflike lekker gevoel sal gee as daar net aan geraak word dat dit bykans onmoontlik sal wees om nie daaraan heeltyd te wil karring nie!” sê Afrodite en almal bars uit van die lag.
Zeus sê: “so ‘n slim kind! Dit sal net ‘n kwessie van tyd wees voor daardie doos oopgemaak word, Hahahaha!”
Hermes kom uitasem daar aan – en sê: “is ek nog betyds? Wat gaan aan?”
Na hy op hoogte gebring is vryf hy sy hande saam en sê: “OK – ek skenk vir hierdie wese skaamtelose gedagtes en ‘n bedrieglike natuur asook die vermoë om te praat – maar met ‘n verradelike, leunagtige tong! En dit my familie, is hoekom sy die eerste wese sal wees wat deur nuuskierigheid oorval gaan word.” En weereens bars die gode uit van die lag.
“Ja-nee, daardie arrogante, self-geregtige, regop-lopende holnaaiers gaan nou hulle gatte sien!” bulder Zeus uitbundig uit en almal lag vir sy slim grappie.
“Wie wil vir die wese ‘n naam gee?” vra Zeus
“Ek wil, ek wil!” roep Hermes uit, “ek noem haar Allegawe! So ‘n lekker ironiese naampie – ons het ons gawes vir haar gegee en sy gaan dit weer aan die mense gee!”
“En hulle verdien dit dubbel en dwars” sê Afrodite.
Zeus gaan na die bed waar die wese lê en sê: ”word wakker skepsel!” en hy klap sy vingers. Hy help die wese regop en laat haar staan. Hy kyk in haar oë en sê: “Jou naam is Allegawe en jy is ‘n geskenk vir die mensdom”,
“Kom saam met my Allegawe” sê hy vir haar en daarmee stap hulle teen Olimpus af na die vlakte daaronder waar die mense so kaploefe-plaf rondloop, in groepies sit en so hanana-hanana en lag hahahaha en vriendelik is met mekaar.
Zeus fluister in haar oor: “Onthou nou wat ek jou sê – moenie daai doos van jou oopmaak nie want almal op aarde sal dit berou – jy die meeste van almal.”
“Maar hoekom nie liewe Vader? Alles wat u gemaak en laat maak het is mos goed, nie waar nie?” fluister sy terug.
“Ek sê nou vir jou – doen wat ek sê anders gaan jy en almal anders bars! Julle sal vrek by die miljoene van elke pes, plae, siekte, hongersnood, oorloë, hartseer, pyn en ellende denkbaar as jy nie vir my luister nie!”
“So hoekom het U vir my ‘n doos gegee as ek dit nie mag gebruik nie, en…?
“Al wat jy hoef te weet is dat jy my blindelings moet gehoorsaam en nie soveel vrae vra nie! Ek is na als die God van Gode, die oorwinnaar van die Titane – en jy, jy is net ‘n mens, nee nog minder – jy is ‘n VROU!”
“Maar nogtans – wat is die doel daarvan dan? Hier sit ek met my doos in my hand – soos in vir altyd? En ek mag niks daarmee doen nie? Mag ek darem met my vingers daaroor streel? Mag ek liggies daarop tik? … Mag ek dit darem nou en dan was?”
“Zisses maar jy karring aan – soos ‘n fokken druppende kraan! Doen net wat ek jou sê jou, jou… VROU!”
“…en hoe kan U ander onskuldige mense om my ontwil straf?” vra sy verward.
“Kyk wat hou ek hier in my hand vas half-mens: dit is fokken bliksemstrale. Weet ek wat ek daarmee kan doen? Gaan so aan en dan vind jy uit…” en hy guur haar kwaai aan.
“Zeussie, maar jy maak my ril tot by my tone as jy so vir my met daai kwaai oë kyk liewe Vadertjie” pruil sy en flikker haar oë vir hom.
Zeus staan skielik ‘n tree of wat terug asof hy ‘n klap gekry het, en mompel in sy baard: “daaamn – daai Hermes ken sy werk.”
Dan glimlag hy vriendelik vir haar en sê: “OK, ons het so bietjie op die verkeerde voet hier weggespring jong dame. Ek is so bietjie jammer dat ek so kwaai was met jou” en hy sit sy arm om haar.
“Dis OK” koer sy, “ek dink dis maar daai sterk manlike hormone wat dit aan julle ouens doen” en vlei teen hom aan.
Zeus maak homself uit haar greep los en stap met ‘n groot glimlag doelgerig na die mense se kampong met haar aan die hand.
***
Almal staak wat hul doen en buig soos wat Zeus verby hulle stap – reguit na Epimetheus se huis toe. Die twee se gang word deur 100% starende oë en 90% beurende ereksies gevolg.
Zeus en Allegawe gaan staan voor ‘n huis en hy roep: “Epimetheus, Epimetheus! Is jy tuis?”
Die deur gaan oop en die Titaan kom uitgestap terwyl hy die slaap uit sy oê uitvryf, “Goed en jy Allerhoogste?”
“’n Geskenk vir jou – van my – met al die gode in Olimpus se liefde” sê Zeus en stoot Allegawe vorentoe.
Epimetheus: “watse ding is dit, o Zeus?”
Zeus: “dit, my pel, is ‘n VROU! Ta…da…daaah!”
Epimetheus staar met ‘n oop mond daarna. ‘n Druppel kwyl drup van sy onderlip na die grond, “Zisses dis mooi, wat ookal “‘n vrou” beteken en hy stap rondom Allegawe.
Epimetheus: “wat doen mens daarmee?”
Zeus: “man, eintlik enigiets wat jy wil.”
Epimetheus begin nog om te sê: “Prometheus het my vertel dat ek nooit geskenke van die gode moet aanvaar nie want…”
Die woorde verdwyn in sy keel toe sy oë oor die meisie streel – die blomme in haar hare, haar silwer kroon, haar sygladde silwer rok, haar oë, haar mond…”wat is dit dié?” vra hy en hy druk sy voorvinger in haar linkerbors en toe haar regterbors.
“Dis tiete my pel, spesiaal vir jou gemaak” sê Zeus.
“Wat doen mens daarmee?” vra Epimetheus.
“Wat ook al jy wil my maat – jy kan dit vryf, druk, soen, suig, trek, klap, knyp – net wat jy wil.”
“Regtig? Dit klink lekker. OK, en wat is dit dié?” en hy gryp na haar doos.
“Nee donner, stadig nou, jy kan nie sommer so ‘n vrou se doos gryp nie! Barbaar! Sekere goed is privaat. Daai is haar doos en net sy mag dit gebruik – soos in Nié!” sê Zeus en kyk kwaai na haar, “anyway dis hare en sy moet verantwoordelikheid daarvoor neem. Dis nie joune nie gehoor? Ek het haar vir jou gegee en ek het vir haar ‘n doos gegee – so almal is veronderstel om happy te wees, OK? Ek los nou julle tweetjies sodat jy met haar tiete kan speel terwyl sy haar doos vashou – en niemand loer na haar doos nie gehoor?!”
Zeus draai om en stap weg. Hy was nog nie eens halfpad nie toe hy in die verte ‘n geroep vanuit honderde kele hoor: “maak oop die doos! Maak oop die doos! Maak oop die doos! Nee fok los haar tiete uit, dis myne! Eina! Fok jou! Ek wil ook aan haar tiete vat! Gee my ook ‘n beurt! Los haar uit! Ek soek haar ook! Myne, myne!” Tiete! Fokkit! Tiete! Bliksem! Doos! Doos! Fokof! Doos! Myne! Tiete! Eina! en ‘n groot glimlag sprei oor sy gesig. Sy plan werk reeds – en steeds.

NS: Ek vermoed dat van die togadraers wat die webwerf patrolleer (en maats, ek praat nou nie van Batman nie) mag dalk dink dat ek stupid is om f plaas van ph te gebruik want dis nie wat hulle op kweekskool geleer is nie. Dis eerder julle wat vir my moet verduidelik hoekom julle Hephaistos skryf en nie Hefaistos nie want julle studeer filosofie en nie philosophie nie terwyl beide woorde in Grieks met die letter φ geskryf word. Dus sal ek Hefaistos met f skryf want dis hoe ek praat. Kom oor dit en worrie eerder hoekom daar so ‘n stupid woord soos kittelaar in Afrikaans is.
En vir elke taalstryder wat my gebruik van Engelse woorde veroordeel: ek weet wat al die Afrikaanse woorde is, maar ek probeer myself indink hoe ‘n Titaan sou gedink en gepraat het. En ja, Titane en Gode kan praat soos julle wil – want hulle kan en mag maak wat hulle wil, sonder enige teenstand – duh. Daar is nie Goddelike woordeboeke of oorsig-kommitees of appelrade of taalrade of sensors nie.
Vir elke Geskiedenis-puritein wil ek weer sê: ja ek weet dat die Trojaanse oorlog in die 12de eeu BCE plaasgevind het en dat Hesiod se Theogonie eers 600 jaar daarna geskryf is (amper soos Moses wat onmoontlik van Shaitan – wat ‘n Persiese mite was wat ‘n duisend jaar na Moses ontstaan het – kon geweet het). Maar ek redeneer dat die storie van Pandora ouer as die Theogonie is en dat dit ‘n algemene storie was – soos die storie van Eva – waarin die vrou gedemoniseer is en verantwoordelik gehou was/is/word vir elke ellende wat die mansdom (check wat ek daar gedoen het) oorval.
Obviously is bg. storie net so waar as die storie van Eva en elke ander misoginistiese oer-storie wat die vrou as die swakker vat, die verleidster van die vrome man, die onreine, die moreel-bedenklike en korrupteerder uitbeeld. Hierdie parodie se doel was om met die aartappelvretende belaglikheid daarvan te speel.
En buitendien Elena/Elene van Troje (Helen vir sommige van julle – maar die letter H het nie in Grieks bestaan nie) was so ‘n sagte teiken vir my satire dat ek haar nie ongemolesteer kon laat verbygaan nie.
NNS: OK, OK, ek weet die Trojane het waarskynlik Luwiaans en nie Grieks gepraat nie – ten spyte daarvan dat volgens die Illiad van Homerus almal, aan weerskante van die oorlog – Grieks en Trojaans, mekaar verstaan het en met mekaar in Grieks gepraat het. Amper soos wat almal in die Star Wars, Star Trek, Marvel en DC heelalle Engels praat. En ja, ou skeptikus, Luwiaans hét ‘n H soos in Happy now?
4 COMMENTS
Uther, jy is en bly n ou doring. Ek geniet jou
Regtig vermaaklike woordpret wat baie prentjies wat in my kop laat rondspeel het ….
Uther jy pleeg nie ‘n storie nie, jy vermaak ons !
Feit soos ‘n koei : Jy is of mal oor Uther se werk of jy hou glad nie daarvan nie !
Ek het lank laas so lekker gelag en elke woord opgelek soos met hierdie storie ☺
Dankie, ou grote.
Uther jy pleeg nie stories nie, jy entertain ons ! !
Soos almal behoort te weet : Jy’s ‘n Uther aanhanger of jy haat sy werk.
Ek buig in erkenning vir sy meesterpen.
Ek het lanklaas so lekker gelag en elke letter van die storie gate-uit geniet.
Dit was nodig….dankie.