Leah (3)

17+
Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Ramkat Erasmus

(Lees vorige episode HIER)

Ek skakel my rekenaar af. Wonder of ek lus is om gym toe te gaan of eerder iewers ‘n bier moet gaan sit en drink. Dit was ‘n tawwe dag met ‘n ma wat by my kom kla het dat haar man haar tienerdogter molesteer. Toe was daar twee Waterkloof-mammas wat ontdek het hulle het lesbiese gevoelens vir mekaar en ‘n ou wat in trane vir my vertel het van ‘n vrou wat hy betaal om hom met ‘n rottang te moer.  Ai die mensdom.

Maritjie loop in en sit ‘n stuk papier op my lessenaar neer.

“Uitnodiging,” glimlag sy, “na jou girlfriend se verjaardagpartytjie toe …”

Ek tel dit op en lees. Dis Leah se verjaardag. Dis ‘n swembadpartytjie so daar gaan gebraai word. Swemboeke, handdoeke en eie wyn.

“Klink lekker …” sê ek. “Wanneer is dit?”

“Volgende Saterdag,” sê Maritjie. “Ek is ook genooi. Kan ek saam met jou ry?”

Ek knik. “Natuurlik.”

***

Die volgende Saterdagoggend pak ek ‘n koelboks met bier en wyn en ‘n Glenfiddigh 25 jaar oud. Ek gooi ‘n swembroek en handdoek bo-op in die houer en sit dit in my kattebak. Dan sluit ek alles, skakel die alarm aan en mik in die rigting van Maritjie se kompleks in Garsfontein. Ek druk die regte knoppie en sy laat my in.

As ek om die draai na haar eenheid kom staan sy reeds op die stoepie vir my en wag. Sy’t ‘n kortbroek aan wat tot in die middel van haar dye kom, ‘n stywe t-hempie waaronder sy ‘n bikinitoppie dra. Wigsandale en ‘n tamaai sak oor die skouer. Ek stop en sy klim in, gee my ‘n ligte soentjie op die wang en ons ry.

Ek het ‘n t-hemp, denimkortbroek en plakkies aan.

“Jy lyk soos vakansie,”’ glimlag sy.

“Jy ook …”

Ek draai na ‘n ruk in Leah se straat in. Voor haar huis staan ‘n klomp voertuie op die sypaadjies. ‘n Man met ‘n neon-oranje onderbaadjie beduie waar ek moet stop en ek klim uit. Sy kollega, ‘n blonde vrou, ook met een van die onderbaadjies aan, kom nader en vra my naam. Ek gee dit vir haar en sy merk iets af op die lys wat sy op ‘n knipbord by haar dra. Die man druk die knoppie en die hek gly oop. Ek maak die kattebak toe, druk die knoppie om die kar te sluit en ek en Maritjie stap in.

Daar is mense net waar jy kyk. Party drom om die skaap op die spit saam, ander weer by die kroeg wat in die tuin opgeslaan is, nog ander sit op die rand van die swembad met hulle bene in die water. Ons stop en kyk rond, en dan kom Leah vanuit die mense na ons toe aangestap.

Sy lyk asemrowend in ‘n klein pienk en blou bikini met ‘n geblomde lap om haar heupe vasgebind. Sy soen eers vir Maritjie op die wang en dan vir my en dan lei sy ons na twee tente toe wat agter die spitbraai opgeslaan is.

“Dis gemerk vir mans en vrouens, julle kan julle goed daar los, dis heeltemal veilig. En julle kan swembroeke aantrek as julle wil,” beduie sy.

Ek gaan in. Daar is rye en rye stoele. Elkeen met ‘n naam op. Ek kry my stoel, sit my koelboks neer en haal die swembroek en handdoek uit. Ek trek my klere uit, hang dit oor die stoel en trek my swemklere aan. Dan bind ek die handdoek om my lyf en stap weer uit met die koelboks.

Leah staan buite en wag en beduie my in die rigting van die kroeg. “Hulle sal jou naam op die koelboks sit en net vir jou en Maritjie daaruit skink.”

Ek knik, loop na die kroeg toe, laat my en Maritjie se naam op die boks sit en vra vir ‘n bier en ‘n glas wyn. Dan draai ek terug. Marijie staan hand om die lyf by Leah wat besig is om haar aan van die ander gaste voor te stel. Maritjie het ‘n rooi bikini aan. Ook met ‘n lap om die lyf. Ek gee haar wyn, beduie die kroegreëls en stap na die braaiplek toe.

Die skaap lyk of hy nog ‘n uur of wat het om te gaan en ek gaan soek koelte. Langs die swembad is daar ‘n boom met ‘n paar stoele. Ek mik soontoe, stel myself aan die ander gaste voor en gaan sit.

Die gesprek is die gewone as jy mense op ‘n partyjie ontmoet. “Wat doen jy?“

Meeste van die gaste is in die regswêreld en ek beskryf myself as ‘n sielkundige. Een mooi rooikop wat bietjie ouer is as die res van die gaste druk my in ‘n spreekwoordelike hoek vas en begin my uitvrae.

Haar blou eenstukbaaibroek is redelik laag gesny en ek moet baklei om nie heeltyd na haar tiete te kyk nie. Elke nou en dan trek sy aan die ding en ek begin dink sy probeer nie toemaak nie, maar wys. Maar sy is goeie geselskap en ek kuier lekker.

Ek spring in die swembad, koel af, drink nog ‘n bier of twee voor ek oorslaan na die whiskey.

Ek stap rond, maar van Leah en Maritjie is daar geen telken nie. Die rooikop her ‘n ander teiken gevind. Ek loop in ‘n ou varsitypêl vas en ons vang bietjie op. Dan begin musiek speel en Leah verskyn op die stoep met ‘n mikrofoon in die hand. Sy verwelkom almal, sê dankie vir die al die geskenke en vra ons dat ons nie terughou nie.

Iemand sit in met “Happy Brthday!” en ons sing almal lustig saam. Dan word die skaap gesny en almal staan tou vir ‘n stukkie vleis en slaai.

So ‘n uur na die ete begin mense groet en ry. Daar is nog ‘n paar bittereinders in die swembad, maar dan begin hulle ook uitklim en klere aantrek.

Ek gaan trek ook aan en stap weer deur die tuin op soek na Maritjie en Leah.

Iemand roep my naam deur ‘n venster en as ek opkyk sien ek dis Maritjie. Sy beduie ek moet in die huis inkom. Ek loop oor die stoep na die voordeur toe en Maritjie beduie ek moet agter haar aanloop. Ons kom in ‘n tipe van ‘n sitkamer met groot gemaklike meubels. Daar is ‘n groot TV wat ingeskakel is op een of ander speletjiesprogram. Maritjie beduide ek moet sit en sê Leah groet net die laaste klomp mense en sy het gevra ons moet bly.

Ek gaan kry die koelboks by die kroeg en stap weer terug na die vertrek toe. Maritjie vra ook vir ‘n whiskey en ek skink vir haar. Dan kom Leah in en sê ek moet my kar intrek, die karwag wil loop. Ek doen so, en parkeer oudergewoonte voor haar woonstel.

Leah en Maritjie kom uit die huis uit gevolg deur ‘n span werkers wat op Leah se instruksies die tuin opruim. Stoele word opmekaar gepak, asbakke word leeggemaak, die ouens wat die skaap gebraai het pak alles op ‘n bakkie en die kroegmanne ruim op. Skaars twintig minute later is alles opgeruim en behalwe vir die merke op die graspek lyk dit nie of daar ooit ‘n partytjie was nie.

Leah lei ons na die woonstel toe en ek vra onderlangs vir Maritjie of sy nie wil huistoe gaan nie. Sy lag en sê sy is darem nog nie so oud nie.

Leah sit musiek op, kry glase en ys en gaan sit op haar stoel waar sy gewoonlik sit. Ek gooi drankies in skoon glase met vars ys. Die vrouens sê dankie en dan gaan sit Leah op die bank langs Maritjie,

Sy vertel staaljies oor van die gaste wat by die partytjie was en drink kort-kort ‘n slukkie wyn. Dan sit sy haar hand op Maritjie se been, wie nog steeds in haar bikini is, met die lap om haar lyf. Maritjie sit haar arm om Leah se skouers en dan kyk albei afwagtend na my.

My keel is skielik droog as ek besef die twee het hierdie hele scenario beplan. Leah trek die lap om Maritjie se lyf se knoop los en laat dit oopval. Dan doen sy dieselfde met haar lap. Sy skop haar skoene uit en Maritjie doen dieselfde. Dan staan Leah op en trek Maritjie regop. Maritjie is ‘n kop langer as sy en Leah druk haar gesig stadig vorentoe tot sy haar gesig in Maritjie se “cleavage” laat rus. Oor haar kop kyk Maritjie na my  met ‘n effense glimlag wat om haar mondhoeke speel. Dan lig sy haar regsterhand en trek die bikinitoppie na eenkant toe. Haar swaar bors val uit en haar donkerbruin tepel staan hard en vier regop. Leah neem die tepel in haar mond en begin saggies suig.

My horing druk ongemaklik hard teen my kortbroek en ek moet my hand voor by my broek insteek om die ding te herrangskik. As ek opkyk glimlag Maritjie nou baie breed en sy trek die ander kant van haar toppie ook oop. Leah verskuif haar aandag na die ander donkerbruin tepel toe en Maritjie se oë gaan toe en haar kop val met ‘n diep sug agteroor.

Ek wonder of ek moet aansluit of net sit en kyk of draadtrek of wat?!

Dan sak Leah op haar knieë en trek Maritjie se bikinibroekie af. Sy het ‘n spookbikini aan waar die son haar nog nooit bygekom het nie. Die wit vel is vir my verskriklik eroties en ek steun orent. Leah druk Maritjie se bene oop en begin haar tong in die warm en sopnat gleufie tussen Maritjie se bene ingly.

Maritjie beduie ek moet naderkom en ek gaan staan teen haar. Haar hand wat nie Leah se kop dieper in haar poesie intrek nie, reik uit na my horing toe en begin my deur die material van my kortbroek vryf. Dan begin sy bewe en met een of twee kort spasmas kom sy terwyl sy my piel ‘n harde druk gee.

Leah kom regop en vat ons albei aan ‘n hand. Teen die tyd wat ons in die slaapkamer kom het niemand meer klere aan nie. Ons tuimel op die bed neer, Maritjie op haar rug, met haar bene in die lug, Leah met haar mond oor Maritjie se vulva en ek van agter af in Leah se vuurwarm, jagse poesie in.

Leah neem oor as verhoogbestuurder en ons word gehiet en gebied tot aldrie van ons ‘n slag of wat gekom het. Dan lê ons met jagende asems, ek in die middel met die kleine Leah in my linkerarm en Maritjie in my regterarm.

Lank lê ons so, en dan fluister Maritjie dis tyd om my te bederf. Ek wonder vervaard hoeveel meer ek bederf kan word. Leah giggel en sit regop. Sy vroetel in ‘n bedlaaitjie en haal ‘n paar items uit wat sy vir my wegsteek. Sy en Maritjie leun oor my en fluister in mekaar se ore. Albei giggel en ek besluit: “Fok dit, hulle kan met my maak net wat hulle wil …”

Dan sit albei op hulle knieë langs my. Maritjie het ‘n bottel smeermiddel in die hand. Sy lig my bene op sodat my bo-bene op my bors rus. Dan begin sy my anus met die smeermiddel insmeer. Ek hoor die bekende geklap van ‘n rubberhandskoen wat aangetrek word en wonder wat kom volgende. Dan glip Maritjie een van haar vingers in my hol in.

Ek kramp saam, maar Maritjie fluister ek moet onspan. Dan sê sy Leah gaan my afsuig terwyl sy met my prostraat speel.

Leah druk die been aan haar kant af en buk nader en neem my piel in haar mond. Soos ek reeds uit vorige ondervinding weet verstaan sy die werk en ek maak my oë toe en laat haar began. Warm gloede van genot spoel oor my en dan begin Maritjie haar vinger baie stadig dieper in my inbeweeg. Ek konsentreer daarop om nie te knyp nie.

Maritjie se vinger kry ‘n kol diep binne in my wat sy baie stadig en saggies begin masseer.

Golwe van plesier spoel oor my. My boude voel warm en ontspanne. Leah se mond om my is sag en warm en gly stadig op en af. My oë is toe.

Dan, stadig maar seker, begin die ou bekende gevoel van ‘n naderende orgasme in my opbou. Maritjie prewel saggies: “Ek dink hy kom nader …”

Leah se mond beweeg al vinniger op en af teen my skag en Maritjie se vinger hou my nou van binne af gevange.

Ek begin kreun, eers saggies dan al harder. Die vuurwarm vinger wat my van binne af masser is my baas. Die mond om my piel is die baas se kneg en ek is die gefolterde slaaf wat geen wil of keuse meer oorhet nie.

Dan kom ek. Dis ‘n almagtige golf wat keer op keer oor my spoel. Ek skiet sperm asof ek galonne se voorraad in my knaters het. Ek hoor vaagweg hoe Leah stik en Maritjie se stem wat sê sy moet aanhou suig, harder suig, my leeg suig …

Dan is dit uiteindelik verby. Leah se mond is nie meer om my nie. Maritjie se vinger is nie meer in my nie. Dit voel vir my asof ek wil huil. Iemand gooi ‘n sagte warm kombers oor my en dan hoor ek hoe hulle wegbeweeg en die kamerdeur toetrek.

Dan slaap ek.

 

 

17+

11 thoughts on “Leah (3)

  • Avatar
    Sep 10, 2019 at 1:54 pm
    Permalink

    wow, wat n opvolg op die vorige episodes.
    Weereen lekker en eroties geskryf.

    Reply
  • Avatar
    Sep 5, 2019 at 7:01 pm
    Permalink

    Wow baie goed,Dankie Ramkat

    Reply
  • Avatar
    Sep 5, 2019 at 6:27 am
    Permalink

    Pragtige pic. Lieflike, jagsmakende storie wat goed geskryf is.
    Maak my oneindig lus vir twee mans wat met my speel…

    Reply
    • Avatar
      Sep 5, 2019 at 3:20 pm
      Permalink

      Dis verseker n paar mooi boude. En n baie warm storie

      Reply
  • Avatar
    Sep 4, 2019 at 6:32 pm
    Permalink

    Kyk – ek is nie gay nie. Maar ek MOET net sê – die profile pic vir hierdie storie is freekin hot. Daai is n sexy ass. (Het ek dit hardop gesê)?

    Reply
  • Avatar
    Sep 4, 2019 at 3:15 pm
    Permalink

    Dit is nou goed, fkn goed geskryf

    Reply
  • Avatar
    Sep 4, 2019 at 2:04 pm
    Permalink

    Ramkat, dit was nou absoluut flippen fantasties gedoen. Ekt dit uiters baie geniet.

    Reply
  • Avatar
    Sep 4, 2019 at 1:27 pm
    Permalink

    Ontsettend eroties geskryf en jy leef jou in, maar in jou agterkop glo jy dit gebeur net in fiksie en sit dit op jou bucketlist dat jy dit nog eendag moet probeer ervaar.
    Dankie, Ramkat, baie geniet (soos altyd met elke storie uit jou pen.)

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)