Klei

Hoe lank gaan ek lees: 12 minute

deur Ramkat Erasmus

Die hol kol op haar maag word al erger hoe nader sy aan Pretoria kom. Sy het vroegoggend van die plaas tussen Clarens en Bethlehem gery, haar verskoning dat sy by die Landboukundige Navorsingsraad moet aandoen aangaande die nuwe appel kultivars wat hulle besig is om te verbou. Daarna gaan sy โ€˜n dag of twee by haar skoolvriendin, Kariena, aan om bietjie op te vang. Dis nie ver van dieย  waarheid nie. Sy gaan by die LNR aandoen en sy gaan saam met Kariena eet, maar daarna gaan sy na โ€˜n bekende beeldhouer se ateljee toe om vir twee dae kaal vir hom te poseer.

Dit het begin met โ€˜n advertensie in die kunstydskryf waarop sy ingeteken is. Haar eie kunsloopbaan is kortgeknip halfpad deur haar tweedejaar toe die dosente haar ingeroep het en aangeraai het om liewer iets anders te studeer. Sy was eenvoudig nie goed genoeg om die mas op te kom nie. Met trane in haar oรซ het sy haar goed opgepak en die universiteitย  verlaat. Syโ€™t vir โ€˜n paar dae op die plaas gesit en haarself bejammer en toe ry sy Clarens toe en gaan soek werk by een van die menigte kunswinkels op die dorp.

Later het sy haar man ontmoet, getrou enย  haarself berus dat sy vir altyd net op die rante van die kunswรชreld sou kon leef. Toe sien sy die advertensie. Carel de Wet, beeldhouer en playboy kunstenaar moet โ€˜n opdragstuk maak vir โ€˜n ryk magnaat en hy soek na โ€˜n baie spesifieke meisie om sy model te wees. Hoe meer sy die beskrywing gelees het, hoe meer het sy gedink dat sy dalk โ€˜n kans sou staan om die werk te kry.

Een van die vereistes was dat ย sy โ€˜n kaalfoto van haar rug en boude vir hom moes stuur. Sy het met groot moeite en met behulp van โ€˜n spieรซl dit reggekry om die foto te neem wat vir haar oog heel goed gelyk het.

Voor haar moed haar kon begewe het sy die foto vir hom ge-epos, sommer van haar foon af en al die ander fotoโ€™s uitgevee.

Dit het meer as twee weke gevat voor Carel haar gebel en gevra het of hulle kon ontmoet. Hy moes Durban toe gaan vir sake en het voorgestel dat hulle op Bethlehem ontmoet. Sy het โ€˜n koffiewinkel voorgestel en toe die groot dag aanbreek het sy lank gewik en geweeg oor wat om aan te trek. Uiteindelik het sy haar styfste denim, โ€˜n swart kant bra en โ€˜n wit bloes aangetrek wat haar bo-lyf goed vertoon.

Toe sy by die winkeltjie aankom sit hy reeds op die stoepie met โ€˜n beker koffie voor hom. Deurmekaar grys hare, โ€˜n stoppelbaard en โ€˜n swart broek en hemp. Hulle het hande geskud en sy het gaan sit, terdeรซ bewus van sy hande. Sy het altyd โ€˜n ding oor mans se hande gehad en Carel se hande was perfek. Sterk, met lenige vingers en effense eelte op sy handplams.

Hyโ€™t nie na haar borste gekyk nie, maar wel op haar oรซ gefokus. Sy grys-groen oรซ het haar ingesuig en sy het naderhand gevoel sy is gehipnotiseer.

Syโ€™t al sy vrae outomaties geantwoord en na โ€˜n ruk het hy sy laaste bietjie koffie afgesluk, โ€˜n paar note op die tafeltjie gelos en gesรช hy bel haar as hy weer by sy ateljee is, dan kan hulle โ€˜n tyd reรซl dat sy deurkom na sy ateljee toe.

โ€œTwee dae. Dis hoe lank ek jou gaan nodig hรช,โ€ het hy gesรช en toe vorentoe geleun en haar op die mond gesoen.

Hyโ€™t weggestap en sy hom agterna gekyk toe hy in โ€˜n nuwe Mercedes klim en sonder om terug te kyk die pad Harrismith toe vat.

Haar lippe het gevoel of hulle brand van sy soen en sy was verbaas oor haar liggaam se hewige reaksie. Haar bene het effens lam gevoel, haar asem het gejaag en sy kon โ€˜n klammigheid tussen haar bene voel terwyl haar tepels hard vorentoe beur ย teen die material van die bra.

***

Net na Heidelberg draai sy by โ€˜n garage in, maak haar kar se tenk vol en koop โ€˜n sjokolade en water. Sy kou aan die lekkergoed en drink haar water, maar dit doen niks aan die hol kol op haar maag nie.

Sy trek weer weg en net na middagete doen sy eers by die LNR aan hom haar pakkies saad en data in te dien. Dan ry sy na Kariena se huis toe en word vrolik deur haar beste en oudste vriendin om die hals geval. Hulle maak saam kos, drink koue wyn en kuier vir โ€˜n vale. Hulle klim naderhand in die bed en sy slaap vir dood. Haar wekker maak haar sesuur wakker en sy klim dadelik uit die bed uit en onder die stort in.

Sy was haar kort blonde hare, maak seker haar skaamhare het nie oornag uitgegroei nie en dan was sy haarself sorgvuldig. Sy borsel tande en dan trek sy aan. Syโ€™t โ€˜n wit t-hemp bo-oor โ€˜n vleeskleurige bra gekies, met โ€˜n wye blomromp en haksandale.

Sy gooi haar tassie agter in die kattebak en gaan dan terug die huis in waar sy vir Kariena in die kombuis kry. Sy weier die ontbyt wat haar vriendin aanbied om te maak en gee haar โ€˜n drukkie. Dan klim sy in haar kar en skakel die GPS aan. Die vrou se strem begelei haar in Waterkloof se rigting en dan in ou buurt in waar statige herehuise agter hoรซ heinings weggesteek is. Sy ry teen โ€˜n bultjie op en dan verduidelik die vrou se stem dat sy haar bestemming bereik het. So rol die venster af en druk die interkomknoppie. Sy stem antwoord en onmiddelik ย gly die hek oop. Van binne die hek besef sy dat die huis bo-op die koppie lรช en dat sy โ€˜n groot deel van Pretoria onder haar kan sien lรช.

Hy kom uitgestap, met โ€˜n vuil wit voorskoot om sy lyf, denimbroek en verslete kakiehemp. Sy grys hare word in toom gehou met โ€˜n tipe bandanna. Hy beduie haar in โ€˜n parkeerplek in en maak die deur vir haar oop. Sy klim uit, bewus daarvan dat hy die keer na haar borste kyk.

Hy haal haar tassie uit die kattebak uit en stap vooruit na die groot huis toe. Die voordeur staan oop en hy stap in.

โ€œAskies dat ek voor loop, dis net makliker so …โ€ sรช hy. Hy draai in โ€˜n gang in en dan by โ€˜n oop deur in.

Die kamer het โ€˜n hoรซ plafon, swaar gordyne wat oopgetrek is, โ€˜n tamaai koperbed oorgetrek met sagte wit linne. Daar is โ€˜n outydse hangkas en โ€˜n deur waardeur sy die badkamer kan sien. Hy sit die tassie op โ€˜n tafeltjie neer.

โ€œDis nou nie vyfster nie, maar dis darem leefbaar. Wil jy die badkamer gebruik of kan ek jou gaan wys waar alles is?โ€

โ€œEk is reg, dankie.โ€ Sรช sy met โ€˜n skielik hees stem.

โ€œNou maar kom โ€ฆโ€

Hy stap weer vooruit en sy volg hom. Hulle kom in โ€˜n groot kombuis. Outyds met eikehout kaste en โ€˜n grootย  koolstoof. Swart en wit teรซls op die vloer met baie moderne toebehore in die een hoek.

โ€œEk gebruik die koolstoof net in die winter as dit rerig koud is. Anders is hier โ€˜n mikrogolf, โ€˜n gasstoof, die spens is daar en die yskas is in die spens. Jy is welkom om jouself te help aan enigiets,โ€ beduie hy vrolik, maar hy kyk heeltyd na haar lyf.

Sy besluit om haar selfbewustheid te vergeet, sy gaan per slot van rekening net-nou kaal voor die man staan. Sy leun teen een van die kombuiskaste en druk haar borste vorentoe.

Hy lek oor sy lippe en sy onthou die soen wat hy haar gegee het.

Hy vryf met sy hande oor die voorskoot. Sy kan nie ophou kyk na die hande nie, en skielik wonder sy hoe dit gaan voel as hy met sy hande oor haar vryf. Haar tepels dreig om hard te word en sy kyk weg.

โ€œKan ek vir jou iets maak om te eet?โ€ vra hy en sy skud haar kop.

โ€œNet water sal goed wees vir nou โ€ฆโ€

โ€œNou maar kom ek gaan wys jou die ateljee …โ€

Hulle stap by die agterdeur uit, teen โ€˜n stel trappe af en dan oor die graspek na โ€˜n gebou wat lyk soos โ€˜n garage of iets.

Hy stoot die deur oop en sy stap in. Die vertrek is ruim, met heelwat vensters hoog bo teen die plafon. Sonlig verlig die vertrek met โ€˜n eweredige sagte lig. In die middle van die vertrek is daar โ€˜n ronde platform affรชre. Teen die mure staan rye en rye rakke langs mekaar. Die een muur is vol beelde, dan skildrye wat lukraak op, en teen mekaar gestapel is. Die muur langs die deur is gevul met verfpotte, bakke klei, en โ€˜n bord met instrumente wat sy van haar kunsdae af herken as die gereedskap van โ€˜n beeldhouer.

Teen die laaste muur is daar โ€˜n aantrekhokkie, โ€˜n tafeljie en stoele en โ€˜n ketel, mikrogolf en โ€˜n yskassie.

โ€œDis die plek waar die magic gebeur โ€ฆโ€ lag hy.

Sy knik en kyk weer na hom. Hy loop nader en vat haar twee hande in syne.

โ€œJy reg vir die ding?โ€

Sy knik net en haar hande brand soos vuur in syne.

โ€œEk gaan eers net fotoโ€™s neem tot ek weet hoe ek jou wil laat sit. Daarna gaan ek in klei begin werk om โ€˜n idee te kry hoe groot om die beeld te maak. Enige vrae?โ€

โ€œNee,โ€ sรช sy skor.

โ€œNou maar gaan trek uit. Die aantrekhokkie is daar โ€ฆโ€ En hy beduie.

Sy draai en stap na die hokkie toe dan moet sy keer of sy begin giggel. Sy gaan vir twee dae kaal voor die man sit en staan en nou moet sy agter โ€˜n gordyn gaan uittrek!

Sy trek haar klere uit. Vou dit op en sit dit op die hangers wat aan โ€˜n klererak hang. Dan kyk sy vir haar self in die spiรซel, haal diep asem en loop uit.

Hy staan met sy rug na haar toe, besig met โ€˜n kamera.

โ€œWaar wil jy my hรช?โ€ vra sy.

Hy draai na haar toe, nog steeeds doenig met die kamera. โ€œOp daai platvormpie asseblief.โ€

Dan kyk hy op.

Sy staan met haar hande langs haar sye, ken omhoog, tieties vorentoe gestoot.

โ€œFokkit โ€ฆโ€ sรช hy saggies.

Dan tel hy die kamera op en begin een na die ander foto neem. Hy beweeg om haar en die heeltyd klik-klik die kamera. As hy weer voorย  haar staan beduie hy met die kamera. Sy gaan sit op die ronde platvorm, haar knieรซ opgetrek en haar arms agter haar op die hout.

Hy kniel voor haar en skiet een foto na die ander. Dan leun hy vorentoe en die platvorm draai effens onder sy hand. Hy skiet met sy regterhand terwyl hy die platvorm met sy linkerhand draai. Sy wil oor haar skouer vir hom kyk, maar dan besluit sy daarteen en gooi haar kop agteroor. Die rostrum draai en draai en draai en hy skiet en skiet en skiet.

Dan stop hy die beweging, staan op en hou sy hand vir haar uit. Sy vat sy hand en klim af, terdeรซ bewus daarvan dat sy geen beskerming het teen sy deurpriemende oรซ wat nou na haar skoongeskeerde poesie staar.

Dan skud hy sy kop effens. โ€œEk moet die goed op die rekenaar aflaai. Daarโ€™s โ€˜n japon in die aantrekhokkie โ€ฆโ€

Sy knik en as sy wegstap gooi sy net so โ€˜n bietjie ekstra woema in haar heupswaai in.

Sy trek die japon oor haar skouers, maar maak nie die lyfband vas as sy uitloop nie. Die japon hang oop en sy weet hy kan haar poesie en deel van haar borste sien.

Hy sit by die tafeljie en staar na die skerm van โ€˜n skootrekeneer. Sy vinger tik-tik op die toetsbord. Sy loop om en gaan staan agter hom. Fotoโ€™s van haar gly verby elke keer as hy die toetsbord tik. Die rostrum draai en sy sien haarself van elke moontlike invalshoek af. Dan stop hy sy getik-tik-tik. Die foto op die skerm wys haar half van agter af. Haar kaal rug, die opgetrekde bene, โ€˜n bietjie bors.

โ€œDaarโ€™s hy …โ€ prewel Carel.

Sy knik.

Hy draai na haar toe en skielik is sy gesig amper teen haar maag. Sy wil effes terugtreรซ, maar hy steek sy hande uit en sit dit op haar heupe. Dan staan hy stadig op en trek haar nader.

โ€œEk moet jou voel. Jou leer ken. Gee jy om?โ€

Sy vertrou haarself nie om te praat nie en skud net haar kop.

Hy laat los haar heupe, gly die japon van haarย  skouers af en sit dan sy hande om die buitkante van haar borste. Hy leun sy gesig vorentoe en druk dit tussen haar borste in. Hy voel haar sagte vroulikhede met sy gesig, besef sy. Dan laat hy los en gly sy hande teen haar sye af. Hy voel voel haar vel met sy gesig en beweeg al verde af, tot hy by haar naeltjie kom. Dan gaan sit hy op sy hurke en beweeg sy hande en sy gesig verder ondertoe tot sy neus teenoor haar poesie is. Vir lank sit hy so, dan haal hy diep deur sy neus asem en sy besef hy is besig om haar te ruik. Hy glip sy hande om haar boude en trek haar nader aan sy gesig. Haar sappe vloei nou vrylik uit haar uit en sy kan haarself ook nou ruik. Die skerp, tog sagte muskus vrouereuk.

Hy gee โ€˜n diep kreun en beur regop.

โ€œJammer,ย  jammer, Ek is nie gewoonlik so onprofesioneel nie.โ€

Hy wil haar heupe los, maar sy sit haar hande op syne en hou dit daar.

โ€œEk ook nie โ€ฆโ€ prewel sy.

Sy beweeg vorentoe tot teen sy breรซ bors. Dan staan sy op haar tone en trek sy kop af na hare toe. Sy soen hom, eers liggies en dan al harder en harder. Haar tong glip tussen sy sagte lippe in en sy vleg haar tong om syne. Sy stoppelbaard krap haar,ย  maar dis lekker seer. Dan sit hy sy arms om haar en hy trek haar diep in sy omhelsing in.

Sy kan sy horing teen haar maag voel groei deur die denimbroek. Sy druk haar hand voor by sy broek in en trek aan die harde manlikheid. Dan maak sy sy belt los, beur die knope van sy gulp oop en rem sy broek af tot om sy heupe. Sy trek die onderbroek weg en sy piel spring vry.

Sy hou aan om hom intens te soen, maar sy begin sy voรซl liggies op en af vryf.

Hy buk, tel haar op en dra haar na die rostrum toe. Hy lรช haar neer en sit sy hande op haar knieรซ. Hy beur haar bene oop.

โ€œMasturbeer vir my …โ€ sรช hy saggies.

Sy huiwer, want dis nie iets wat sy maklik kan doen nie, maar hy kyk haar diep in die oรซ.

โ€œDoen dit!โ€ gebied hy en sy laat albei haar hande afgly na haar poesie toe.

Met die een trek sy haar skaamlippies oop en met die ander begin sy haarself vryf. Sy steek haar vingers in haar mond en lek hulle nat. Dan vryf sy weer. Sy steek een vinger in haarself in en trek van haar sappe uit om haar klit natter te maak. Sy kyk vir hom, maar hy kyk nie af na haar hande nie. Hy staar net na haar gesig, haar oรซ, haar mond.

Sy voel hoe die rillings begin opbou en dan fluister sy: โ€œEk is nou naby.โ€

โ€œDoen dit,โ€ sรชhy saggies enย  beweeg sy hande op haarย  knieรซ en af teen haar dye.

Sy growwe hande maak haar baie opgewonde en dan kan sy nie meer keer nie. Sy kom met โ€˜n ruk van haar onderlyf, haar vingers krampagtig om en in haar poesie.

Hy druk haar knieรซ nog wyer oop en kniel dan tussen haar bene. Hy laat sak sy kop en druk sy stoppelbaard teen haar lippies vas. Sy ruk weer van die lekker. Hy begin haar met sy tong liefkoos en hy is โ€˜n meester. Sy vleg haar hande in sy hare in en probeer hom dieper, harder teen haar seks vastrek. Sy tong steek haar aan die brand en dan voel sy asof sy in โ€˜n beswyming van orgasme na orgasme ingaan. Haar oรซ dop om in haar kop en ver weg hoor sy โ€˜n vrou kerm wat sy later as haarselfย  herken.

Hy beweeg teen haar op en begin haar soen. Die smaak van haar eie sappe op sy tong en in sy mond maak haar mal en sy stoot hom om dat hy op sy rug lรช. Sy rem sy broek af tot by sy knieรซ en dan klim sy op hom en druk sy piel in haar kloppende, sopnat poes in. Sy beweeg haar heupe tot sy seker is hy dat so diep in haar is as wat hy kan kom.

Dan begin sy haar heupe stadig vorentoe en agtertoe bweeg. Sy ry hom stadig en diep, terwyl sy diep in sy grys-groen oรซ kyk.

Sy piel maak haar vol en sy maak haar oรซ toe en fokus net op die gevoel van hom binne-in haar. Sy hoor sy asem jaag en kyk dan na sy gesig. Sy gelaatstrekke is verwornge soos hy teen die orgasme baklei, maar sy het geen genade nie en ry hom harder en harder tot hy met โ€˜n diep kreun en โ€˜n ruk van sy onderlyf haar vol van sy saad skiet.

Sy lรช vorentoe en soen hom weer. Sy is nou in beheer en sy geniet dit. Met haar interne spiere trek sy saam en ontspan sy rondom sy piel.

Na โ€˜n ruk klim sy af en beweeg ondertoe sodat sy sy nog steeds harde meneer, in haar mond kan neem. Sy lek sy kom af en trek haarself dan teen hom op. Sy soen hom en druk die kom wat nog in haar mond is in syne in. Dit maak haar baie opgewonde dat hy sy eie kom van haar mond af kry en dat hy dit blykbaar geniet.

Dan stoot hy haar weg, staan op en trek haar aan die bene tot by die rand van die rostrum. Hy sit sy sterk hande om haar enkels en trek haar bene die lug in. As haar heupe heeltemal van die rostrum af is en sy net op haar kop en skouers rus, sit hy sy arms om haar knieรซ en begin na haar sopnat poesie soek met sy, nou weer, klipharde piel.

Hy gly in haar in en begin haar stadig naai. Sy harde pielkop vryf teen die boonste wand van haar poesie en die golwe van genot wat oor haar spoel maak dat sy weer begin kerm.

Hy hou haar regop met sy sterk arms en dryf hard in haar in. Sy verloor alle bewustheid van tyd en gee haar oor aan sy arms om haar knieรซ, sy gesig wat fronsend vir haar kyk en sy wonderlike, harde piel wat haar streel en streel en streel tot sy ontplof en dan weer en weer en weer.

Dan voel sy hoe hy sy ritme versnel. Hy stamp nou hard in haar in en sy voel asof hy haar in twee gaan skeur. Maar dan kom hy met โ€˜n brul en sy voel sy warm saad wat in golwe in haar in spuit tot sy voel sy is propvol van die warm lieflikheid van sy essensie.

Hy laat haar neer en trek stadig uit. Dan lรช hy langs haar op die rostrum, een van haar borste in sy groot hand toegevou.

โ€œOns moet stort sodat ek jou kan begin bou,โ€ sรช hy.

โ€œHoe bedoel jy my bou?โ€

โ€œIn klei. Ek wil jou in klei bou. Jou vorm. Jou maak soos die pragtige vrou wat jy is โ€ฆโ€

Sy begin lag. Hy tel himself op een elmboog en kyk af na haar, โ€˜n fronsie tussen sy oรซ.

โ€œEk is klaar klei. Klei in jou hande. Jy kan met my maak net wat jy wil.โ€

Na โ€˜n rukkie glimlag hy.

โ€œOns het twee dae โ€ฆโ€

 

  • Beeldhouwerk deur Galerie Borghese

 

 

24 thoughts on “Klei

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)