
Lesse in erotiek
deur Annelise
Hulle lyk so vroom en ordentlik daar langs mekaar op die bed se rand. Asof botter nie in hulle monde kan smelt nie. My minnaars.
Hulle kyk albei vir my wat voor hulle staan.
Hoe verskillend is hulle nie! Dirk se hare is al meer grys as bruin en die plooitjies om sy oë is nie meer net van lag, soos Joz s’n nie. Son en wind en die feit dat hy verder in die verlede as in die toekoms in kan kyk het sy oë se blou al gebleik.
Hy glimlag vir my waar ek voor hulle op die dik mat van die chalet se hoofslaapkamer staan voor hy na Louis toe draai.
“Moenie te haastig wees nie, Joz”, sê hy. “Die grootste plesier lê in die afwagting.”
Joz is twintig jaar jonger as Dirk. Sy hare het sonstrepe en hy is bruingebrand. Wanneer hy na my kyk is hy nuuskierig en honger en so bietjie onseker-skaam. Hy lag senuweeagtig.
“Ek kan nie meer wag nie,” sê hy. “Wanneer gaan ons begin.”
“Ons het reeds begin, Joz,” sê Dirk. “Dis my punt. Ons het al begin toe ons hierdie idee gekry het en toe ons hierdie chalet ver van enige lewende siel in die middel van die bosveld bespreek het. Moenie vir my sê jy het nie al vooruit aan hierdie naweek gedink nie. Ek kan jou wed Madelein is van vanoggend af al nat.”
Ek bloos, al is Dirk reg.
“Is jy nat, Maddie?” vra Joz.
“Hoekom gaan voel jy nie?” vra Dirk.
Hulle albei staan op en staan nader aan my. Dirk lig my romp effens op en nooi dan vir Joz om te voel of ek lus is.
“Voel net saggies …”
Joz gly sy vinger oor my broekie – af, af tot tussen my bene wat ek so bietjie oopmaak vir hom. Hy glimlag wanneer hy die nat materiaal voel.
“Ek wil voel hoe dit binne voel,” sê hy, maar Dirk keer hom.
“Nee, nog nie. Eers baie later. Kom ons soen haar eers.”
Ek weet alreeds wat die verskil tussen my twee minnaars se liefdemaakstyle is. Joz trek my in sy jeugdige voortvarendheid binne sekondes uit en plat. Hy is soos ‘n golf wat oor jou spoel. Maar dan is dit verby. Ten spyte van sy ouderdom en as gevolg van ander omstandighede, het hy nog nie genoeg ervaring opgebou in die lover-with-a-slow-hand kategorie nie. En eintlik het hy nog nie genoeg selfvertroue nie, want hy is te sag, te versigtig. Te vat en los. So toe ek eendag oor ‘n ontbyt vir Dirk van Joz se “tekortkominge” vertel, het hy aangebied om hom te leer. Op my. Wie sal nou so aanbod kan weerstaan ten spyte van die voorwaardes?
Soen is een van die belangrikste dele van seks. Veral vir vroue. Dirk weet dit. Joz vergeet van my mond wanneer hy my lyf sien.
Dirk druk sy hand deur my hare en trek my nader aan hom. Hy soen my eers saggies, soen my mondhoek, trek bietjie terug, soen weer my mond, trek terug … en dan, wanneer ek agter sy mond aanbeur, soen hy my ordentlik. Sy hand in my hare trek nou effens harder en sy tong is diep in my mond en ek onthou dat sy soen die eerste ding was waarmee hy my daardie eerste keer verlei het en dan, skielik, trek hy terug en staan hy eenkant toe sodat Joz ‘n beurt kan kry.
Joz se soet mond neem die plek van Dirk se warm mond in en ek voel alreeds dat my bene nie wil werk soos hulle moet nie. Ek wil net verdrink in sy gretige soen wanneer hy soos altyd besluit om sy mond aan ander dele van my lyf voor te stel. Oor my wang en onder my oor verby en af langs my nek brand Joz se mond en, ook soos altyd, begin sy hande aan my klere vroetel. Ek begeer sy mond steeds op myne, maar my lyf gee glad nie om om ook ‘n kans te kry nie. Maar dan stop Dirk hom, net voor hy my bloes begin optrek.
“Kom ons doen dit stadig …”
Ek hoor hoe Joz se asem jaag en hy kreun saggies, maar hy luister vir Dirk en skuif sy hande na my hare en sy mond terug na myne toe. Met geen ander opsies vir hom oop nie, word sy soen die enigste uitlatingsklep vir sy passie en dit maak al die verskil. Wanneer hy uiteindelik sy kop oplig, is my hele lyf een groot begeerte en is ek die ene wat uitasem kreun.
“Uittrek kan vreeslik sexy wees,” sê Dirk. “As ‘n mens binne sekondes iemand kaal maak dan mis jy uit op daardie stuk lekker.”
Hy gly sy hand oor my bloes. Ek het aangetrek soos hy my gevra het om aan te trek vir vandag. Dit was die voorwaarde vir hierdie naweek – ek sal alles doen wat Dirk my vra. Hy is in beheer. Totaal. My fyn bloes met knope, romp, hoë sandale is een van sy versoeke. En natuurlik, soos altyd, my mooi onderklere.
Hy knoop die boonste twee knope van my bloes oop en skuif dit oor my een skouer af.
“Madelein het die mooiste hals, dink jy nie so nie? Hierdie lyn van haar skouer tot net hier onder haar nek … dis een van my gunsteling dele van haar lyf.”
Joz trek die lyn wat Dirk vir hom wys met sy vinger na en dan doen hy dit met sy mond terwyl Dirk nog ‘n knoop losmaak en my ander skouer ook ontbloot. Dirk beweeg agter om my, ek voel sy warm hande op my rug en teen my nek en dan trek hy my kop aan my hare agteroor.
“Jirre, sy is beautiful,” sê Joz.
“Maak die laaste knope los,” sê Dirk.
Joz doen soos hy sê en die bloes val tot op die grond. Dirk buig my nog verder agteroor – dis amper asof hy my lyf vir Joz wys … en aanbied. Joz let op. Dis asof hy vir die eerste keer regtig my raaksien. Hy sak voor my op sy knieë neer en gly sy hande oor my maag terwyl Dirk my nek soen. Ek kreun en buig myself agteroor sodat beide kan bykom. Dan is Joz se mond ook op my. Hy proe my naeltjie terwyl sy hande warm op my heupe rus en begin dan afbeweeg tot waar my romp begin.
“Trek haar romp uit,” grom Dirk naby my oor.
Met my romp om my voete beweeg Joz se mond nou nog laer tot by my broekie se rek, maar hy gaan nie laer nie. Hy soen my al langs die rek langs tot ek wil mal word. Dan voel ek hoe Dirk my bra losknip.
“Trek haar pantie uit, Joz,” sê Dirk. “Stadig …”
Hy gly die bra van my skouers en arms af en vou dan van agter af sy hande oor my borste.
Joz trek my broekie uit. Stadig. Wanneer dit by my skoene kom treë ek uit dit uit.
My skoene is al wat ek nog aanhet.
“Kyk na haar. Kyk na Madelein,” sê Dirk. ” Kyk na elke stukkie van ons lover.”
Dirk hou nou my hande agter my rug vas – my lyf steeds agteroor gebuig. Joz staan weer regop. Hy staan so treë terug om vir my te kyk.
“Sprei jou bene,” fluister Dirk in my oor.
Ek sprei my bene sodat my jong lover alles van my kan sien. Regtig sien.
Joz kyk. Hy kyk na my skouers en hals, my borste, my maag, my heupe, my kaal poesie, my bene. Hy kyk. En dan staan hy nader en begin hy voel. Hy gebruik sy vingerpunte daarvoor.
Wanneer Joz sy vingerpad by my skouers begin, los Dirk my arms en begin hy sy eie pad oor my lyf loop. Hy begin in my nek en beweeg teen my blad af. Dirk gebruik sy tong. Terwyl Joz se vingers sirkels om my tepels trek tot hulle rosyntjiestyf vir hom smeek om meer te doen, trek Dirk se tong ‘n nat streep teen my ruggraat af. As Joz se vingers oor my maag beweeg, vou Dirk se warm hande oor my boude en wanneer Joz my poesie oopvou om ook daarna ordentlik te kyk, trek Dirk my boude van mekaar af.
En dan kan ek nie meer staan nie. En kan ek ook nie meer uithou nie. Ek wil hulle binne my hê orals diep, hard, nou.
“Asseblief,” smeek ek en albei kyk op vanwaar hulle kniel. “Asseblief, vat my nou.”
My dierbare minnaars lag en kyk vir mekaar.
“Wil jy haar skoene uittrek?” vra Dirk.
“Nee, dis sexy as sy net haar skoene aanhet,” sê Joz terwyl albei regop kom.
Hy begin verstaan.
“Trek ons uit, Madelein, sê Dirk.
Ek staan tussen hulle en trek hulle uit. Ek ken hulle lywe. Ek soen Dirk se bors met elke knoop van sy hemp wat ek losmaak. Ek trek Joz se t-hemp oor sy kop en druk my borste teen sy warm lyf terwyl ek dit doen. Ek gee terug wat ek ontvang het. Ek soen Dirk diep en krap oor Joz se rug. Wanneer ek Joz se broek losknoop buk ek sodat Dirk my van agter af kan dophou en wanneer ek Dirk se broek aftrek sorg ek dat Joz dieselfde prentjie kry. En dan, wanneer hulle uiteindelik kaal is, nooi ek hulle bed toe.
Ek lê op my rug op die groot bed. Wydsbeen. Albei lê tussen my bene. Dirk leer vir Joz hoe om my met sy mond te plesier. Dirk vou my poesie oop, sit sy vinger op my klit en laat Joz daaraan vat. Dan laat hy Joz dit lek. Ek lig my heupe en gryp die bed se kopstuk vas. Dirk lek nou my poesie terwyl Joz kyk. Hy lek hard en diep. Hierdie is die langste tyd wat Joz nog ooit tussen my bene deurgebring het. Sy jeugdige ongeduld het hom nog nooit langer as ‘n proe toegelaat nie – en hy het my nog nooit so laat kom nie. Maar nou is sy mond weer op my vrug. Die keer eet hy sonder terughou. Dan is dit weer Dirk se beurt – hy steek sy vingers in my op. Een, twee, dan drie. Ek raak lighoofdig. Joz se vingers nou. Hy is, soos altyd, te versigtig, sag. Een, hy krom sy vinger soos Dirk voorstel. Twee. Ek kerm.
“Lek haar. Sy is naby,” sê Dirk. Hy sit terug en kyk vir my. En vir Joz.
Joz se kop sak af en hy lek my klit terwyl sy vingers binne my speel. Hy doen dit vreesloos en met oorgawe. Hy lig sy kop vir ‘n sekonde om nog ‘n vinger by die wat reeds in my is te voeg. Dan vind sy tong my klit. En die plafon kantel en die lig word dof en ek ontplof onder my jong lover mond terwyl my ervare lover goedkeurend toekyk.
(Word vervolg)
4 COMMENTS
Uitstekend geskryf en uitgebeeld as ek met jou moes seksuele sal ek al moes ophou na die eerste paragraaf……..
Hot, hot, hot!
Goeie bliksem, my PC screen het nou aan die brand geslaan…so “hot ” is hierdie stukkie ! ..kannie wag vir die vervolg….
Visa Priceless A