
Sag op sag
deur Annelise
Ek is nie bi nie. Glad nie. Dit is waarom ek nie kan verstaan wat gebeur het nie.
Dit was net ‘n gewone poësie-aand …
Pappas in Hatfield is warm en gesellig selfs al waai die winterswindjie mistroostig buite. Kerslig weerkaats in klingelende glase en laggende oë, wange is rooi soos wyn soos lippe, en lag is musiek terwyl die musiek jou laat mooi-huil. Vroue ruik soos blomme, mans soos hout. Dis een van daardie aande wanneer al jou sintuie verlei word.
Sy is die middelpunt van die geselskap met haar rooi hare en rooi lippe om die dun sigaret. Koel en gesofistikeerd is sy die spreekwoordelike vlam waarin die motte sonder teëstribbeling hara kiri pleeg.
Die beste deel van ‘n poësie-aand is wanneer jy nie meer na die poësie hoef te luister nie. Dis wanneer almal terugsit en diep drink en dink dat die skeppingsproses eintlik begin. Hierdie aand is dit ook nie anders nie.
Op ‘n manier word die kaf deur die lopp van die aand van die koring geskei, want die wat op die einde oorbly is gewoonlik ‘n klein groepie mense wat mekaar al lankal verstaan. Ek is nie eintlik deel van daardie groep nie, synde dit my eerste poësie-aand is, maar sy keer my wanneer ek wil loop.
“Bly nog ‘n rukkie,” sê sy saggies. “Ek wil nog dans.”
Ons is nou die laaste ses mense in die restaurant. Vier mans en ons twee vroue. Iemand gaan ruil die musiek en ons luister Cave en Dylan, Waits en Rodriquez voor Nirvana se About a girl begin speel.
Dis wanneer sy my aan my hand kom optrek.
“I need an easy friend
I do with an ear to lend
I do think you fit this shoe
I do but you have a clue” sing Cobain.
I need an easy friend
I do with an ear to lend
I do think you fit this shoe
I do but you have a clue
I’ll take advantage while
You hang me out to dry
But, I can’t see you every night
No, I can’t see you every night
Free
I do
I do
I do
I do
Ek wil eers nie. Ek is skaam voor die mans wat almal sit en kyk. En vroue dans mos nie met vroue nie? Maar ek wil nie die gees demp nie en die wyn maak my lyf in elk geval toegeeflik en die ligte is dof en dis mos net dans?
I’ll take advantage while
You hang me out to dry
But, I can’t see you every night
Free
Sy trek my tot in die oop ruimte aan die anderkant van die tafel en sit haar hande om my nek. Ek sit myne om haar middel, waar anders? Ons wieg.
I’m standing in your line
I do pick a number too
I do keep a date with you
My borste druk teen hare. Sag op sag.
I do hope you have the time
Agter in my nek rook die sigaret nog elegant tussen haar vingers.
I’m standing in your line
Oor haar skouer sien ek die mans kyk. Vasgenael. En stadig word ek bewus van haar dubelle doel.
I do pick a number too
Sy wil vir my sowel as die mans betower.
To keep a date with you.
Sy vee my hare van my wang af en trek my saggies stywer teen haar vas. Die musiek se ritme is stadig-sexy-sleurend. Ons heupe beweeg saam op daai slang-manier waarop net vroue se heupe kan beweeg.
En ek word bewus van ‘n mag wat my skaamte begin oorheers.
Dit is dieselfde mag as wat sy het en dis in die wete dat vier pare oë nie vir ‘n sekonde wegkyk nie. En ons weet wat hulle wens.
Sy kyk in my oë en sien dat ek uiteindelik verstaan. En dan is haar hande agter my kop. Haar mond is rooi en effens oop en wanneer ek myne daarop neersit is dit sag, so sag, ek kan nie glo dis hoe vroue-monde vir mans voel nie. Sy maak haar mond oper en ek proe haar rook en lipstick en haar tong en haar lyf smelt met myne en dis alles net een groot sensasie van sag. Soos wolke waarin mens wegsink.
Sy gly haar hand uit my hare wanneer die laaste noot stil word. Lig haar mond van myne af. Glimlag effens en draai dan weg terwyl sy aan daai sexy dun sigaret teug. En ek tuimel uit die sag na die werklikheid van mans en lus en hard en wonder wat nou net met my gebeur het.
4 COMMENTS
die stories was opwindende en verskaf ‘n ryk storie lyn wat oorspronnklikheid na vore bring. Bring ‘n ryk verbeeldingskrag en die seks beskrywing is baie afrikaans.
Sjoe, dis nou mooi, sagkens en prikkel die hormone…
Maar dan eidig dit en mens vra:”is daar dan nie n opvolg van wat verder die aand gebeur het nie?”
Kunstig en subtiel. En meer – met resultate en effek!
Hi Annelise
Regtig mooi geskryf. Sensitief en ryk beleef.