
Ek verkies dit so (1)
deur Wille Will
Almal noem my Jansen.
Ek weet dis my van maar ek verkies dit so.
Ek is 35 jaar oud, sonder vrou of kind.
Ek verkies dit so.
Ek leef gesond. eet gebalanseerd, drink en rook matig.
Ek is fiks en hou my lyf simmetries.
Ek is mal oor mooi vrouens en geniet dit om met hul liggame, intellek en geselskap te verkeer.
Ek verkies dit so.
Ek verdien my bo-gemiddelde inkomste as ‘n kompleksbestuurder by ‘n rolprentgroep.
Nou ken julle my … glimlag … miskien …
***
Een Saterdagmiddag, tydens ‘n matinee vertoning is ek besig met promosiebeplanning in my kantoor vir nog ‘n rolprent van Ryan Gossling wat oor ‘n week gaan première in een van my teaters. Hy is baie “hot” huidiglik.
‘n Sagte klop aan my oop kantoordeur laat my opkyk.
Dis Trithee, een van my beste usherette’s.
“Meneer, ek dink u moet net iets kom kyk in die teater, ek weet nie of dit toelaatbaar is nie.”
Daar kruip ‘n blos op oor haar ligte karamelkleurige vel en haar groot donkerbruin bokkie-oë sak af uit my blik dat jy net die lang swart wimpers kan sien.
Ek staan op en volg haar soos sy vooruitstap na een van die maroen en goud gordyne wat voor elkeen van die twee deure hang wat ingang tot die sitplekke in die teater gee.
Sy hou die gordyn vir my oop, maar toe ek by haar wil verbyloop moet ek eers vassteek om my oë gewoond te maak aan die donker binne die teater. In daardie verposing ruik ek ‘n sagte, eksotiese geur waar sy langs my staan en neem aan dis haar parfuum. Dis misterieus, maar vlei my neusvleuels.
“Dis in die heel agterste ry, hier by ons, “ fluister sy.
My oë flits vinnig oor die teatergangers. Daar is twee paartjies sowat drie rye van voor wat apart sit. In die middelblok sit ‘n paar mense en verder is dit leeg tot by die agterste ry hier by ons, waar een dame sit. Nie ‘n goeie opkoms nie, dink ek by myself en loer na die doek waar Gosling in ‘n vurige omhelsing, en die ooglopend gepaardgaande, besig is om Emma Stone te oorrompel. Albei is halfnaak (18SNG).
‘n Ferm drukkie aan my elmboog por my ‘n paar tree aan tot bykans agter die dame in die agterste ry.
My oë rek en ek moet glimlag met ‘n stuwing wat ek in my broek voel.
In die half-donker sit sy met haar bene wyd oop, vasgedruk teen die rugleuning van die sitplek voor haar, die mini-rokkie is so hoog moontlik opgeskuif. Haar oë kyk intens na die skerm, maar haar een hand is besig om haar een bors te knie en te vrywe en die ander hand is tussen haar bene waar dit met versnellende aksie besig is om haarself te stimuleer.
My voël het kliphard geword in my broek dat dit eintlik seer is en tussen die ‘skerm’ paartjie wat nou in orgasme gaan en die dame wie se boude nou van die sitplek af oplig wonder ek wie gaan die Oscar verdien. Ek skeur my weg van dit voor my en draai om na die uitgang. Ek besef meteens dat die handjie nog steeds om my elmboog is en ek neem dit en lei vir Trithee na buite.
Ek moet weer my oë ‘n paar keer knip in die skielike lig en besef skielik dat ek nog steeds haar hand vashou. Ek los dit asof ek skrik en kyk af na haar. Die oë is weer halfpad afgeslaan, maar ek sien ‘n brëe glimlag op die lippe. Verbouereerd kyk ek af en sien dat my voël ‘n duidelike groot omlynde bult maak in my broek voor. Ek stap met vinnige trëe terug na my kantoor.
Na ek gaan sit het agter die lessenaar, vryf ek met altwee hande hard oor my ereksie in my broek tot dit begin sak.
Ek kyk weer deur die oop deur waar Trithee nog steeds in die foyer staan, maar deur die glas vensters na buite kyk.
“Trithee!”roep ek.
Sy swaai om en kom aangestap na my kantoor.
My oë volg haar en ek merk skielik op dat alhoewel die usherette uniform haar vormloos bedek, haar effens groot heupe met ‘n sensuele grasie beweeg.
Wanneer sy binnetree, stoot sy vinnig met albei hande haar hare netjies na agter toe. ‘n Knopie spring bo los met die beweging wat haar ligbruin hals meer ontbloot met twee ferm borste wat halfpad uitbeur uit die wit bloes.
Die groot donker poele staar op na my in afwagting vir die rede hoekom ek haar ontbied het.
“Die afgelope insident is volgens normale standaarde seker openbare onsedelikheid, maar aangesien die teater so leeg is en niemand anders dit kon waarneem nie het ek nie opgetree nie. Ten tweede het ek jou daaruit gelei, want nog nooit in my lewe het ek enige persoon, man of vrou, onderbreek in ‘n oomblik van selfbevrediging nie.”
Ek kyk diep in haar oe asof ek haar reaksie soek, maar sy antwoord net met ‘n skugter glimlaggie: “Dis orraait meneer, ek wou nettie dalk ‘n fout makie.”
“Ek’t nie geweet vrouens doen ook sulke dinge nie,” sê ek op die ingewing van die oomblik en gee ‘n lekker laggie.
“Ons word mos ôk belustig, meneer,” lag sy lekker terug met spierwit tande en oë wat stout vonkel.
“Dankie Trithee, dit sal al wees,” sluit ek die gesprek af en gaan sit weer agter my lessenaar.
Ek kyk op my polshorlosie en merk dat die vertoning binne drie minute gaan eindig.
Ek staan weer op en sien Trithee is uit. Ek stap tot naby die foyer uitgang waar ek dikwels gaan staan en die publiek hier en daar groet soos hulle die teater verlaat. Die eerste persoon wat deur die uitgang kom is ‘n middeljarige vrou met ‘n mini-rokkie aan en ek kan nie help om effens te staar nie.
Sy swaai egter weg van die glasuitgang en peil reguit op my af. Sy’t helderblou oë in ‘n gesig omraam met fyngekrulde, blonde hare.
“Ek is Melanie,” steek sy ‘n slanke hand uit, met baie ringe aan die vingers.
“Het u die vertoning geniet?” antwoord ek terwyl my hand haar warm palm omvou.
“Meer as wat u miskien besef “ lag sy terug. “Mag ek u ‘n oomblik in u kantoor spreek ?”
“Volg my,” swaai ek om en stap na my kantoor toe. Vraagtekens spring op in my gedagtes met tog ook ‘n stuwing van afwagting … die jagter wat sy prooi ruik.
Ek merk Trithee op langs die uitgang naaste aan my kantoor waar die usherettes moet staan as ‘n vertoning verby is. Daar is ‘n fronskeep tussen die bruin poele met ‘n vraende staar.
“Sit gerus,” trek ek ‘n gemakstoel vir haar uit en stap om tot agter my lessenaar en neem plaas.
Sy gaan sit grasieus en kruis haar lang, mooi slanke bene dat die mini amper haar boud ontbloot. Sy vou haar hande in haar skoot.
As ek opkyk na haar gesig is daar ‘n skadu van ‘n glimlag om haar lippe as sy vra : “Dis miskien persoonlik maar het my waaghalsige aksie in die teater U ontstel?”
Stomgeslaan. Verboueerd … ek sweer my oë het gerek.
“E-ek moet eerder om verskoning vra omdat ek u intimiteit gesien het, maar dit is ieder geval in my teater?”
Ek laat die vraag in die lug hang.
Sy ontvou die lang bene en skuif vorentoe dat haar arms op die lessenaar rus en kyk diep in my oë. My neus tel ‘n muskus/neut geur op van haar parfuum.
“Ek het jou raakgesien toe jy uitgaan by die gordyn en die lig van die foyer ingeskyn het. Daar was iemand saam met jou. Wie was dit ?”
“Kyk ek het verskoning gevra en ek dink die onus was meer op u as op my. As u wil kom ons vergeet daarvan?” probeer ek Trithee beskerm.
Sy gooi haar kop agteroor soos sy skaterlag en skuif dan weer vorentoe en plaas haar hand op my arm op die lessenaar.
“Ek ken nog nie jou naam nie, maar ek wil ‘n uitnodiging aan jou en wie ookal saam met jou was rig om by my huis te kom kuier dat ons mekaar beter leer ken … en ontgin (laggie). Julle het reeds ‘n voorsprong op my, gun my ‘n kans om op te vang ? Ek is mal oor seks.”
Ek kyk haar vol in haar oë asof ek nie kan glo wat ek sopas by haar gehoor het nie en of sy ernstig was nie. Die blou oë ontwyk my blik egter nie en vonkel in afwagting op ‘n antwoord.
“Ek sal dit reël as my mede-voyeur sal instem. Dit kan net ‘n aangename voorreg wees. My naam is Will, ” sê ek so eweredig moontlik.
Die slanke hand op my arm skuif af na my hand en gee dit ‘n ferme drukkie terwyl sy terselfdertyd opstaan. Sy haal ‘n kaartjie uit haar klein handsakkie en plaas dit op die lessenaar.
“Kontak my wanneer julle reg is, bye-for-now.”
Sy swaai om en stap vinnig by my kantoor uit na die uitgang.
My oë volg die rol van haar boude in die mini soos sy wegstap en ek sien Trithee staar haar ook agterna wanneer sy by die glasdeur uit sig verdwyn.
Ek het dit vir ‘n dag gelos en toe met die aanbod dat ek vir haar vervoer sal reël, vir Trithee versoek om na die aand se vertoning my te help om bestek te neem van ons verversings voorraad vir die ouditeure.
Sy’t ingestem en die volgende aand, na die fliekkykers en al die personeel reeds vertrek het, het ek die buite deure van binne gesluit en my aandpak baadjie uitgetrek en my strikdas afgehaal in my kantoor.
Toe ek my hande was by my privaat wasbak, sê ‘n stem uit my kantoor: “Ek is reg as meneer wil begin.”
Terwyl ek nog my hande afdroog aan die klein handdoekie stap ek terug in my kantoor in. Ek steek vas in my spore, want Trithee het haar uniform verruil vir ‘n styfpassende wit Jean met ‘n ligpienk T-hemp waarop “Share your Love” in goud geborduur is oor die ferm borste. Die ligbruin, amper olyfkleur van haar vel word gekomplimenteer met die ligte klere en sy lyk verruklik. Haar wimpers slaan weer neer met ‘n effense blos asof sy weet watse reaksie ek sopas ervaar het.
Ek gooi die handdoek op die lessenaar neer en stap tot reg voor haar en plaas my hande op haar skouers.
Met afwagting het ek in die volgende paar minute, met die nodige diplomasie, al my sjarme en die ongemak van werkgewer/werknemer haar eers laat gemaklik voel in my belangstelling in haar op ‘n ander vlak.
Toe ek uiteindelik ophou rammel en stamel, wag ek op haar reaksie met my hande nog steeds op haar skouers waar ek dit met ‘n ferm drukkie aanpor vir ‘n antwoord.
Haar oë het afgeslaan gebly terwyl ek gepraat het, maar skielik kom haar kop stadig op en die bruine kykers staar diep, tog vraend in myne in.
“As meneer só voel kan ons dit ‘n ‘go’ gee”… en sy plaas haar koel vingers van haar regterhand saggies op my een wang.
Die oomblik was te groot en ons het mekaar se monde gulsig verenig. Haar hande was albei agter om my hoof tussen my hare geklem en het dit vorentoe gedwing dat haar naarstigtelike tong kon wriemel en suig in my mond. My een arm was om haar skouers en die ander op haar boude soos ek haar lyf so styf moontlik teen myne kan vasdruk.
Hortend spat ons uitmekaar en my vingers is soos piesangs as ek bewend haar T-hemp oor haar kop probeer pluk en sy is reeds besig om my broekgordel te breek om my broek af te trek.
Dan gaan die alarmstelsel met oorverdowende geskel aan die skree …
Ons spring bevange orent en uitmekaar en trek ons klere reg. Die sekuriteitsmaatskappy is baie flink en my selfoon wat reeds lui antwoord ek vinnig met twee kodewoorde om hulle te verseker dat dit net ‘n glips aan my kant was.
Die hartstogtelike oomblik is egter verlore en ek sê: “Trithee, kom ek vat jou huistoe. Ek sal op pad vir jou nog iets vertel.”“
Op die snelweg, met my hand op haar been, het ek haar van Melanie en haar uitnodiging vertel.
Sy het niks geantwoord nie, net stip gestaar na die pad voor ons tot ons die afrit neem Athlone toe.
Skielik sê sy: “Draai hier af, meneer, dan is dit net ‘n paar blokke tot by my huis.”
Toe sy die passasiersdeur oopmaak en die dakliggie aangaan, klim sy uit, maar buk weer vorentoe met haar bo-lyf in die kar in en kyk my in die oë met ‘n glimlaggie.
“Dankie vir die huistoe bring, meneer.” Haar tepels het dik bulte gemaak in die T-hemp wat die ‘h’ van ‘share’ en ‘r’ van ‘your’ beklemtoon het.
Sy veertjie weer my wang met haar een hand en sê: “Ek sal dink oor die ander dame se uitnodiging, want ons het miskien onvervulde sake tussen ons?”
Sy blaas ‘n soentjie na my toe en buk uit die kar uit, maak die deur toe en stap vinnig by haar huishekkie in.
Vir drie dae het ons by die teater kontak probeer vermy om te verbloem teenoor die ander personeel wat aan die gebeur is (amper) tussen ons.
Vrydagaand kom sy egter vinnig by my kantoor in: “Ek het besluit.”
Sy loer vinnig oor haar skouer by die deur uit: “Miskien môre-aand na die vertoning aangesien die teater Sondae gesluit is? Ek het reeds reëlings getref by die huis.”
‘n Warm gloed gaan deur my hele lyf as ek antwoord: “Is jy seker? Ek sal dit more probeer reël en jou sê.”
Ons oë weerkaats roué lus vir mekaar en dan draai sy om en met ‘n “lekker slaap, meneer” trippel sy voordeur toe waar die taxi reeds wag vir al die personeel.
Melanie het opreg bly geklink toe ek haar skakel en my verseker die laataand kuier sal ideaal wees en ons kan daar oorbly tot Sondagoggend as dit ons pas.
“Ek verkies dit so,” het ek afgelui.
***
Toe ons voor die dubbelverdiepinghuis in Kampsbaai stilhou, kyk Trithee en ek met ‘n glimlag vir mekaar wat boekdele kon spreek. Sy leuen skielik oor en gryp my agter my kop en soen my inniglik met suigende, dartelende tong. Dan spring sy uit die kar en ek stap om die moter en neem haar een hand in myne soos ons na die voordeur stap.
Sy’t op my aanbeveling weer die klere aan wat my so jags gemaak het, maar die uitsondering dat dit sonder onderklere moet wees! Ek het ‘n swart styfpassende slenterbroek met ‘n v-nek swart, oortrek trui en Chino’s saamgebring teater toe vir ons uittoggie van die aand.
Wanneer ek die voordeurklokkie druk hoor ek ‘n melodieuse ghong lui êrens binne die huis.
Ons monde het altwee oopgehang toe die deur oopgaan en Melanie ons albei met ‘n intieme drukkie groet. Daar was die onmiskenbare reuk van wierook in die lug. Sy was geklee in ‘n kort dubbellaag, pers, deurskynende, chiffontoppie wat uitgeflair het by haar middel. ‘n Swart deurtrekkertjie was om haar lende en jy kon die omlyning van haar liggaam met skadu’s van haar tepels duidelik sien. Sy het hoë polvy, silwer sandale aan haar voete met nertspelsies op die brug van die polvye.
“Kom in, kom in,” lag sy terwyl vooruitstap “Die nag is kort!”
Haar ferm boudjies wip soos ‘n tiener s’n as sy voor my loop in die lang gang met baie deure weerskante totdat sy die deur aan die einde van die gang oopmaak. Sy staan eenkant toe en met ‘n ligte swaai van haar palm wys sy ons na binne. Die muskus/neut parfuum terg my weer as ek by haar verbystap.
Die toneel voor my lyk soos die hoofslaapkamer van Hugh Hefner, die Playboykoning. Dit is twee trappies af gesonke met ‘n donkerpers fluweel deken met goue omboorsels wat die 360 grade ronde bed bedek onder in die middel. Bokant dit hang ‘n kandelaar met baie laag gedempte ligte in die plafon waarvan die hele plafon met spiëels uitgelê is. Die mure rondom die vertrek is ook van hoek tot kant net spiëels. Naas die bed aan die linkerkant is ‘n kroegie met verskeie bottels en glase bo-op en ‘n yskassie aan die onderkant.‘n Wierookstokkie se rokie spiraal op langs ‘n ys-emmer met ‘n bottel sjampanje wat skuins tussen die blokkies ys rus.
Aan die regterkant van die bed is ‘n kassie met opgevoude pers handdoekies wat daarop le.
“Will, skink jy vir ons van die sjampanje dat ons die nag op ‘n borrelende noot begin,” kom Melanie se stem van agter my en sy stoot Trithee verby na die bed se rant naaste aan die handdoekies.
Ek merk die duur sjampanjebottel is reeds oop alhoewel die asempie uit die bek wys dat dit sopas oopgemaak is. Ek vul drie tulpglasies en draai met een in elke hand om na die dames. Ek voel my voël verdik vir wat ek sien.
Melanie se chiffon lê gefrommel op die vloer. Haar borsies is net so’n handjievol met skerp punte en rosige-pienk tepels. Daar is ‘n silwer ringetjie deur elke tepel gepriem wat die borste in ‘n ander dimensie plaas. Sy is besig om Trithee se toppie op te trek oor haar lyf terwyl sy haar intens soen. Trithee se arms gaan gewilliglik op in die lug en Melanie trek dit uit en gooi dit eenkant toe.
My ereksie groei ten volle as ek die vol karamelborste van Trithee sien spring en sidder met die toppie se afkom slag. Haar aereolas is twee swart kringe met die dikste lang penorent tepels wat ek nog ooit in my lewe gesien het!
Die soen het die vuur in hulle aangesteek en hul lywe is platgedruk teen mekaar met Trithee se hande om Melanie se nek wat op haar beurt Trithee se wit Jean losgekry het en besig is om dit af te skuif oor haar boude. As sy haar soen verskuif na Trithee se oor en af op die skouers sien ek spiertjies spring in haar ferm boude. Trithee se kop is agteroor gegooi in ekstase met ‘n hygende oop mond en toe oë.
Melanie besef seker skielik dat Trithee nie ‘n panty aan het nie en staan terug.
Dis vir my die kans om hard keel skoon te maak om aandag te trek.
Albei swaai amper tegelykertyd om na my toe. Trithee se jean is nou afgesak tot net bokant haar kniee en haar mik, getrim maar nie skoongeskeer nie lyk soos ‘n ryp, swart pruim wat wag om uitgesuig te word. Melanie het nog haar deurtrekkertjie aan maar haar poesie is dik geswel daarbinne met die gleuf wat prominent vertoon.
“Jammer Will, ons het ‘n sekonde afgedwaal,” lag Melanie terwyl ek aan elkeen hul glasies aangee. Ek trek my trui oor my kop en gooi dit neer terwyl my hande afgaan na die slenterbroek. My baie erekte voël staan opwaarts vasgedruk teen my lyf, duidelik omlyn in die dun materiaal van die broek wat dit vasklem. Ek kyk op na hulle as ek die ritssluier aftrek om die broek uit te trek. Trithee se groot bruin oë is oopgerek soos sy staar na my lende en Melanie het haar linkervingers in Trithee se vruggie terwyl sy met haar regter twee voorvingers in haar deurtrekker haar uitgestote klit vrywe.
“Moenie ons so laat wag nie,” sê Melanie, maar haar stem is nou baie sagter en amper ‘n skôr-fluister.
My onbesnyde dik voël wip uit soos ‘n veer van ‘n opwen-speelding wat breek wanneer ek uit my broek uit klim.
“Staan op jou kniee op die bed,” sê Melanie weer, terwyl sy die deurtrekker afskuif en daar uitklim. Of dit die lig is of die nat glinstering, maar met haar vulva lippe half oop getrek lyk dit so aanloklik dat dit voel my voël word nog stywer.
Wanneer ek op die bed klim met my kniee staan my voël regop op in die lug in. Die skede het effens afgeskuif om die groot blink pers glans se punt te ontbloot met ‘n druppel pre-kom in die gleuf.
Ek kyk weer vir die twee dames. Melanie kruip hande-viervoet oor die bed na my liggaam toe en Trithee staan nog maar haar een hand vryf haar een dik tepel en trek dit reguit nou en dan. Die ander hand rus oor haar venus met ‘n vinger wat sensueel en eroties op en af gly oor haar klit. Sy kyk my direk in die gesig met ‘n glimlaggie om haar half oop lippe.
Melanie is nou by my onderlyf en sê oor haar skouer: “Trithee kom bied jou pragtige borste vir Will se mooi mond aan.” Dan omsluit sy my lang staaf met haar agt voorvingers agter mekaar en trek die voorhuid af dat die groot pers kop nat blink voor haar mond.
Ek voel trillings van genot deur my hele lyf vibreer. Sy begin my penis stadig masturbeer met op en af skuiwe.
Trithee het ook op die bed geklim en skielik is die ongelooflike swart tepels sentimeters van my gesig af. Ek kommetjie die een bors en met dartelende tong en suigende lippe neem ek die swart robyn in my mond. Met my ander hand neem ek haar hand en plaas dit op Melanie se boude en druk Trithee se voorvinger agterin haar in.
Dan gly ek met my selfde hand oor haar ribbes en magie tot by haar swart poesie en beweeg my vingers op en af oor haar nat gleuf en in haar baie nat poesie in, haar klit is kliphard onder my vingers.
“Jissus, wat doen jy aan my,” hyg Trithee hier bokant my en terselfdertyd neem Melanie wat my glans gelek en soen het intussen, die hele kop in haar mond. Ek kreun hard van plesier en sy neem haar mond weg vir ‘n oomblik en skree amper: “Wie ookal agter in my is steek dieper in en draai die vingers in die rondte!”
Dan neem sy weer my voël in haar mond en suig dit terwyl haar tong in die gleufie snel vibreer.
“S-t-adig … hyg … sta-dig,” roep ek dringend uit, want die intensiteit van die erotiese aksie wat afspeel laat my voel dat my klimaks begin opstoot en ek het nog altyd gespog met my uithouvermoë .
“Ek -dink -ek -gaan –kom,” fluisterskree Trithee.
Melanie wat nog die heeltyd met gedempte harde kreune in aksie was met my voël diep in haar keel af dat haar mond teen my skaamhare skuur en haar een hand haar eie koek pomp en die ander hand my knaters draai en druk dat dit amper seer is, slaan skielik met harde klappe op haar boude wat verbysterend vinnig teen Trithee se hand klap.
Dan skree sy hard en lank en haar boude lig eintlik op na Trithee in haar klimaks. Asof dit ‘n teken was skiet my kom sarsie na sarsie in haar keel af en Trithee gee ‘n gilletjie as haar een hand se naels in my skouer inslaan en die ander hand verward rondgryp in die lug as haar koekie met vinnige hale vasklem en los op my snelle vingers en dan meteens meegee met strale wat oor my hand stroom.
Uiteindelik trek ek my slap voël uit Melanie se mond en my vingers uit Trithee en slaan op my rug neer op die bed. Trithee val neer op haar sy en met toe oë mymer sy: “Dit was só bootifull …”
“Awesome,” stem ek saam en streel my vingers voor my neus en ruik die wilde muskus van haar sappe.
Melanie wat plat op haar maag geval het met een arm nog onder haar lyf: “Baie lekker,” prewel sy, “maar ons is noggie klaar nie, die nag is nog lank.”
Ek verkies dit so.
(Lees die tweede aflewering HIER)
5 COMMENTS
Wat n wonderlike en erotiese storie…..
Daar moet beslis n opvolg wees, want die “nag is nog lank”……
Join hulle Mike…hahahaha !
Eish wat n storie – welgedaan ou Will
Nice
Verskoon my gou…