Jan Saudek – erotiese fotograaf
Jan Saudek, ‘n fotograaf van Tsjeggo-slowakye, se styl is onmiskenbaar. Lees gerus HIER meer oor sy interessante en ook traumatiese lewe. Sy foto’s is verskriklik eroties en lyk soms soos skilderye. Hier is ‘n paar voorbeelde vir jou plesier. 🙂 (Nog meer waaghalsige voorbeelde kan in Kombiekiehier Vreesloos gesien word.)
(Verskoon die dowwe images, dis nogal moeilik om duidelikes te kry wat in groot genoeg formaat is om te kan pos hier. Ek sal dit kom omruil of opdateer soos ek beter voorbeelde kry.)
4 COMMENTS
Dankie vir hierdie plasing van Jan Saudek se werke. Saudek is beroemd daarvoor dat hy die norme van die samelewing uitdaag deur om die erotiese van die allerdaagse te beklemtoon. Sy figure voldoen meestal nie aan die seksuele voorskrifte van die samelewing nie en is dikwels vet of oud – wat sielkundig bevrydend vir die gewone kyker is. Die gewone mens wat nie soos ‘n model gebou is nie en nie aan die seksuele ideale van die dag voldoen nie, word tot toeskouer gereduseer wanneer hy/sy na seks tussen perfek-geboude mense moet kyk. Jan Saudek verander die kyker na ‘n deelnemer deurdat die figure herkenbaar word en die erotiese dus meer bereikbaar word.
Dankie vir die wonderlike comment, Uther. Ek is mal oor kommentaar wat my so bietjie meer leer 🙂
Ek be-aam elke woord wat Annelise sê.
Jan Saudek is voorwaar ‘n kunstenaar wat met sy werke esteties tot jou spreek. Daar is ‘n mistiek wat soos misnewels om elke kunswerk hang.
Hoogs beveredigend, baie dankie vir die intro na Jan Saudek mag daar nog van sy werke binnekort beskikbaar wees.
Dan beweer die Verkramptes nog steeds seks is nie kuns nie !