Die Tuin

deur Uther Pendragon

Hy:  Howzit?

Sy:  Oepsie!  Jy het my nou so groot laat skrik dat ek amper gepie het – jou ou stouterd.

Sy loer versigtig om die bos om die ding beter te kan sien en vra: “Wie is jy anyway?”

Hy:  Hang af van wat ek vir jou doen.  Soms word ek Die Versoeker genoem, soms Prometheus, soms Arriman, soms Loki – dit alles hang af van wat pla en op wie hulle die skuld wil pak.

Sy:  Ek het nog nooit jou soort hier gesien nie jy is seker ‘n voël of iets, maar ‘n dier is jy nie – en ek sal weet want ons het al die diere name gegee.  Jy weet, my man is mos ‘n dierkundige.

Hy:  Wow – ‘n Dierkundige!  Ek dog die oudste professie op aarde is iets anders.

Sy (trots):  En hy is baie slim – hy moet wees want hy het vir oor die 10 miljoen diere name gegee – en dit sluit nie eens die voëls en die visse in nie.

Hy:  Hoekom nie almal saam nie?

Sy:  Jy’s maar lekker stupid nê – visse en voëls is mos nie diere nie … duh… almal weet diit.  Anyway dit het hom altesaam vier en ‘n half jaar gevat om dit te doen teen 10 name per minuut, van sonsopkoms tot sonsonder, 6 dae ‘n week – en vir vier en ‘n half jaar lank!

Hy (mompelend):  Die arme donner wat eendag vir hulle hokkies op die boot sal moet gaan bou.

Sy (giggelend):  Wat mompel jy?  Sorrie ek giggel so – ek is maar so ‘n bietjie verboureerd, geïrriteerd, of gefrustreerd of iets wat met eerd eindig.

Hy:  En wat van die plante en die swamme?

Sy:  Swamme?  Watse goed is dit?  Nee jong, maak jy nou ‘n grappie of wat?  Ek kan ook sommer woorde opmaak – damme, hamme, kamme– sien sommer net klanke sonder betekenis.

Hy:  Nee dis regti…

Sy:  Nee jy is sommer laf – buitendien plante is mos plante – wat bedoel jy name vir plante gee?

Hy sug en sê:  “Verskoon my maar ek is nie van hier nie, ek slum so ‘n bietjie vandag.  Sê my waar is jou man?”

Sy: Ag hy het ‘n bietjie gaan lê – ek sê jou mos hy is moeg.  Hy kla ook allewig oor die pyn in sy sy,

Hy: Ag shame, dit het seker ‘n slegte uitwerking op julle liefdeslewe.

Sy: Ag nee wat….Wat bedoel jy met liefdeslewe?

Hy: As julle liefde maak – julle doen dit sekerlik.  Ek meen hier is julle tweetjies alleen en heeldag en aldag kaalgat voor mekaar – vir jare nou al – julle doen seker ietsie saam?

Sy: Ja ons doen! Ons eet saam, ons speel saam, ons loop saam, ons sit saam en ons slaap saam – ons doen alles saam veral om name vir die diere uit te dink – teen 10 per minuut, van sons… ek vergeet – ek het jou mos al vertel.  Is daar ietsie anders wat mens saam kan doen?  En nou net nie met ‘n simpel voorstel kom dat ons die plante en die pramme – of wat ook al moet benoem nie – ek trap sommer op jou kop as jy so iets gaan sê.

Hy: Word hy nie opgewerk as hy so ‘n mooi vrou soos jy heeldag kaal voor hom sien nie.

Sy (beteurterd): Ja hy word baie woelig en dan wil hy in my bos kom speel …. maar ons mag nie.

Hy: Jou bos?  Wat bedoel jy jou bos?

Sy: Dalk was dit boom, nee dis simpel – dit moet bos wees.  Miskien was dit onder die boom en in die bos… of dalk die boom in die bos… Ek weet nie so lekker van plante nie, so ek raak soms ‘n bietjie deurmekaar.

Hy: Hoekom mag hy nie met jou bos speel nie?

Sy sê met rilling:  Want ons gaan doodgaan – veral as ons die vrug in die bos kry.  “Ons sal sekerlik nie bly leef nie” sê sy met ‘n diep stem.

Hy: Ag dis nou regtig nonsens.

Hy skuif nader en druk sy snoet teen haar en vra: “so nog niemand hetaan jou bos geraak nie?”

Sy skud haar kop driftig en kyk hom grootoog aan en sê in ‘n fluisterstem:  maar soms wil ek baie graag”.

Hy:  Hoekom lê ons nie so bietjie op die gras nie?

Sy:  Ja lekker – alhoewel ek altyd jeuk daarna.

Hy: Kan ek my kop op jou bors neerlê en dan kan ons oor ditjies en datjies chat.

Sy: Ek sien jy het nie ore nie – hoe kan jy my hoor?

Hy:  Ek lees lippe – hoe groter, hoe beter.

Sy:  Amaaazing – kan jy my leer om lippe te lees?

Hy duik tussen haar dye in en sê:  Ja sekerlik – as jy hulle tussen jou vingers vasvat en heen weer tussen jou vingers trek en knie dan word hulle sommer dik en dan kan mens hulle maklik lees.

Sy:  Hmmmm – dis lekker maar oepsie – daar raak ek nou aan my bos … sien jy nou wat jy my laat doen het!

Hy:  Ek kan nou duidelik jou lippe lees.

Sy:  Wat sê hulle?

Hy: Hulle vra my om in jou bos te kom speel.

Sy huiwerig:  Ek is nog steeds bang…wees versigtig hoor.

Hy kom lê op haar bors en sê: “moenie worrie nie, ek is hier en jy kan op my vertrou ek sal sorg dat niks slegs met jou gebeur nie.  Ek weet baie van vrouens en bosse en vrugte af.

Sy streel oor sy kop en sê dan verwonderd:  Jinne maar jy word nou lekker dik!  Kyk hoe staan die are oor jou hele lyf uit!  Jou kop is nou sooo hard en groot.  Ek like nogal die diep-pers kleur – dit lyk erg grillerig maar dit kielie nou woes in my bos!

Hy: Mablablahwnfgph.

Sy:  Sorrie ek kan nie hoor wat jy sê nie.

Hy: MABLABLAHWHOFPAFNPH.

Sy:  Ag jammer ou ding – my hand was oor jou mond.  Wat was dit?

Hy: Vryf nog so ‘n bietjie en dan het ek ‘n groooot verassing vir jou.

Sy:  Ek laaik verassings – alles hier is eintlik verassings actually.  Hei!  Jy raak nou regtig woelig jou ou stouterd.  As jy aanhou so tussen my … borste …te druk raak dinge nogal rof daar in my bos – wil jy nie maar gaan kyk wat daar onder aangaan nie?

Sy trots en hou haar borste vas en sê stadig: “Borste… sien ek is ook slim – ek kan ook self woorde opmaak”.  Giggelend sê sy: “My man het een bors en ek het twee borste”.

En dan roep sy geskok uit: “Ag siesa!  Wat doen jy nou?Kyk hoe kwyl jy nou slym oor my borste!

Hy:  Sorrie – dit gebeur maar as ek woelig raak.  Vryf dit oor my kop asseblief want dit is baie lekker vir my.

Eeers huiwer sy maar dan smeer sy gedweë die slym oor sy kop en vra verbaas: “Joe!  Kyk net hoe pers en dik is jy nou, jou mond trek sommer so oop en ek kan tot binne-in sien!”

Hy:  Ek sê jou mos hoe lekker dit vir my is.

Sy blosend: Hmmmm….ek het nou net die snaakste gedagte gekry – ek het ‘n amper onbeheerbare drang om jou te lek en te suig… dis seker nie reg nie alhoewel niemand my dit belet het nie.

Hy:  Gaan asseblief voort, ek kan vir lank my asem ophou.

Sy:  Hmmmph – hmmhmmwahugh – nee nie so diep indruk nie jong netnou gooi ek op!

Hy:  Sorrie jong, dis net so lekker…  Ek sê jou wat – laat ek sien wat daar in die bos aangaan.

Sy sprei haar dye oop ensê hees: OK… maar versigtig hoor ek wil nie doodgaan nie.

Hy:  Nee moenie worrie nie, ek gaan eers net bietjie rondvroetel.

Sy:  Ooooh …. amper het ek nou iets lelik uitgedink om te sê, maar dis baie lekker watookal jy nou daaronder doen.

Hy: Dis die vrug in die bos waamee ek speel.

Sy: Dis dan sooo lekker, hoekom mag ons nie daarmee speel nie?

Hy: Daardie vraag sal die mensdom vir ewig teister, sommige hul messe laat slyp en sielkundiges vir millenia in besigheid hou.

Sy krul rond van lekkerte: Mensdom, sielwatsegoed?….oooh gaan net aan moenie stop nie!.  O jaaaa speel ‘n bietjie harder met my vrug!  Jaaa, so heen en weer!

Hy: Jou bos ruik heerlik – oeps… daar mors ek alweer.  Sorrie – jou bos is nou lekker slymerig.

Sy: O jaaa!Dis so lekker –druk bietjie jou kop tussen my lippe in.  O ja net so – druknou jou kop in en uit!  Nog dieper!  O ja, ja, ja – lekker – hou aan om met my vrug te speel.

Sy swaai haar kop heen en weer en dan trek haar rug krom terwyl haar oopgesperde bene stokstyf uitstrek. Haar krete van genot laat die voëls verskrik uit die boom langs hulle opvlieg.

Sy sê hygend terwyl die slang se lyf stilletjies om haar enkels kronkel: “Jaa dis lekker – druk nou dieper in…eina, wag so….eina, EINA!”  Sy worstel om los te kom maar die slang hou haar vas en trek haar bene verder uitmekaar.  “Einaaa jou…amper vergelyk ek jou met iets wat uit mens se boude uikom – wat was dit?  Is ek nou besig om dood te gaan?”

Hy steek sy slymblink en bebloede kop op en sê: “Nee glad nie, alles is OK – jy sal sien” en hy duik weer in en pomp verder.

Sy rol op die gras rond van hierdie nuwe maar vreemd-bekende lekkerte.  Haar bene is wyd oop en die slang beur en pomp vir al wat hy werd is.  Haar hande krabbel om sy gespierde nek en lyf en probeer hom help deur om hom dieper in te druk.  Sy voel hoe sy kop nog groter word en hoe sy lyf skielik stokstyf trek sodat die spiere weerskante van sy slymnat lyf bult.  Na ‘n ruk word hy weer slap en dan trek hy sy kop en nek uit die gapende opening.

Sy: o siesa! Kyk hoe drel die wit slymbolle uit jou mond uit! En jy is van die bloed besmeer – is jy nou besig om dood te gaan?

Hy: nee ons altwee is OK. Ontspan nou – alles het voor die wind gegaan.

Sy lê moeg maar tevrede met die slang opgekrul langs haar en sy streel sy besmeerde kop met haar vingers en sê: “Sjoe jou ou ding dit was nou regtig lekker”.

Hy: vir my ook – dis lekker om soms in so ‘n stywe opening in te beur.

Sy: wat is dit wat ons nou gedoen het?Wat noem mens dit?  Jy het jou bek en ken binne my gehad – so kom ons noem dit beken – jy het my beken.

Hy: beken klink egter so weird – miskien ‘n lekker kort woord wat mens maklik sal kan onthou – hmmm – wat van rok – dit sal sekerlik iets daarmee te doen hê – OK ek weet jy dra nog nie een nie.  Hmmm – OK wat dan van bok – hulle is nou lekker horny hoor!  Nee dit sal ook nie werk nie – wat dan van jok – jy sal sien hoe dikwels jy dit sal moet doen wanneer jy dit doen, hehehehe.   Wat van dok – want die geslagsorgane dok met mekaar.  Hmmm – nee hok sal beter werk want jy voel ingehok as jy dit nie genoeg kry nie.  Nee, nee – ek het dit – kom ons noem dit lok – want die vrou lok die man uit, of visa versa.  Nee o vet dit geval my ook nie –die vinnige uitdink van vreemde frases vir voorplanting vind ek vervlaks verfoeilik veral – v, fff…OK ek gaan nou maar gaan want ek voel die aandwindjie opkom.

Sy: Aggenee, dis so lekker om jou vas te hou terwyl jy oral oor my sagte lyf met jou gladde gespierde lyf kronkel.

Hy: Maar daar is nou nog ‘n hele klomp woorde wat jy sal moet uitdink vir alles wat ons vandag gedoen het en al die liggaamsdele wat ons gebruik het.  Sterkte daarmee hoor want jy sal vind dat dit een van die moeilikste take ooit sal wees al is jy die moeder van moedertaal.  Almal verwag van jou om woorde te skep vir goed wat hulle wil doen en hê maar dan gaan hulle jou terselfdertyd daarvoor blameer.  En hulle gaan nuwe woorde opmaak om jou oorspronlikes te vervang so vinnig as wat jy hulle kan uitdink.

O en nog ‘n ding – jy moet jou ook maar regmaak vir iets wat hulle geboorte noem.  So oor nege maande gaan mense nie meer uit modder gemaak word nie.Hehehehe – ek dink nou aan iets ironies maar snaaks – dieselfde mense wat nog nie bestaan nie gaan jou blameer dat jy hulle gemaak het.  En alles omdat ons tweetjies die sonde gepleeg het deur om met jou bossie en vrug te speel.  En nou cheers vir eers want ek laaik dit nie as mense my kop wil vermorsel nie.

***

Sy:  Word wakker my man!

Hy:  Ek is nog vaak, gaan weg.

Sy gaan lê lepel met hom en druk haar boude teen hom vas en sê: ”Het ek vir jou ‘n ding om te vertel?”

Hy: Wassit?

Sy: Ek het agtergekom dat mens die verbode vrug kan eet en nie doodgaan nie.  Wil jy try?

Hy agterdogtig: Hoe het jy dit uitgevind?

Sy: ‘n Voël het dit vir my gefluister.

 

* Die skildery se naam is Giove e Olympiade deur Giulio Romano (1526)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)