Cyberseks (2)
deur Saffie
Dis ‘n drukkende Sondagoggend in Berlyn. ‘n Klam warm wind waai saggies deur die blindings van my studeerkamervenster. Die Black Keys se “El Camino” speel heerlik op my Sonos digitale klanksentrum. Ek wil dit nie te hard aansit nie, want my kop is ‘n klein bietjie sensitief na gisteraand se gekuiery saam met my werkskollegas. Gelukkig het ek ‘n paar glase water en twee aspirine gedrink voor ek gaan slaap het.
Ek raak die meeste van die tyd vroeg wakker nadat ek die vorige aand gedrink het en ek’s altyd jags die volgende dag. Dis dalk die nagevolge wat alkohol op ‘n mens se laer breinfunksies het. Tertia slaap seker nog. Sy’s nie gewoonlik ‘n oggendmens nie. Ons skype sessies het nou ‘n daaglikse instelling geword. Die online seks floreer asof ons dit ons hele lewe gemis het. Dit het verslawend geword. Ek sien uit na elke oproep soos ‘n junkie na ‘n fix. Na iets meer en beter.
Ek’t skaars my eerste koppie koffie van die dag halfpad gedrink, toe die bekende toetgeluid van ‘n WhatsApp op my selfoon deurkom. Ek’s verbaas om te sien dis Tertia die tyd van die oggend. “Ek skype jou oor 10 minute. Sorg dat jy daai sexy y-front trunks en swart frokkie van jou aan het. Ek wil jou tattoos sien”. Ek stuur vir haar die nou bekende opwaarste duimpie terug en voel klaar die opgewondenheid in my maag. Snaaks hoe drie sinne op ‘n selfoon mens so opgewonde kan maak. Amper dieselfde gevoel soos toe Dianne my in St 8 laat weet het sy wil my ‘n blowjob gee in ons skoolkoerant se kantoortjie. Ek kon daarna beswaarlik wag vir die volgende Vrydag om weer daai deur agter ons toe te sluit en verlore te raak in mekaar se luste.
Tertia se beeld flikker aan op die skerm. Sy’t haar gesig naby aan die kamera, sodat ek nie die res van haar liggaam kan sien nie. “Ek wil net eers sien hoe jy lyk, want ek verlang vanoggend ontsettend na jou”, sê sy saggies. Ek staan terug van my rekenaar sodat sy ‘n goeie vollengte beeld van my het. Die feit dat sy na my kyk met daai donker oë, maak my oneindig lus en ek druk my hand voor by my onderbroek in om my halfmas horing stadig te streel. Ek sien duidelik hoe haar gesigsuitdrukking verander en sy diep asem intrek.
“Wanneer kan ek vir jou sien?” vra ek effe ongeduldig toe ek ‘n volle ereksie het. Daarmee trek ek my onderbroek met een hand af tot onder my balle en met die ander hand streel ek oor die nat kop. “Fok ek’s lus vir jou, kom nader ek wil jou gesig ook sien” sê sy en stoot haar lessenaarstoel terug, sodat ek die res van haar lyf kan sien. Sy’t ‘n rooi kantbra aan met twee klein skrefies waardeur haar tepels duidelik wys. ‘n Rooi deurtrekker sit hoog oor haar heupe, met ‘n opening tussen die bene waar haar koekie se lippe deur loer. Rooi hold-up kouse sonder sandale voltooi die prentjie. Nodeloos om te sê ek’s daar en dan reg om my balroom orals op my rekenaarskerm uit te spuit.
Tertia lig beide haar borste nader aan haar mond en lek gulsig oor haar tepels. Elke nou en dan kyk sy direk op na die kamera en glimlag skaam. Ek trek my onderbroek af, skop dit eenkant en gaan sit terug in my lessenaarstoel. Ek pluk al harder aan myself soos die golwe van jagsheid oor my begin spoel. Die volgende oomblik kom staan sy naby aan die skerm en draai met haar rug na die kamera dat haar boude feitlik die hele skerm vul. “Nou gaan ek jou bederf my engel” en ek sien hoe sy ‘n stringetjie pêrels verleidelik deur haar boudspleet trek, nadat sy van haar deurtrekker ontslae geraak het.
“My ma het dit vir my vir my 21ste verjaardag gegee”. Sy trek haar een boud na die kant en begin die pêrels stadig deur haar kringspier opdruk. Sy sug saggies toe die helfte van die string deur die opening van haar anus verdwyn het. Sonder seremonie draai sy om en die ander helfte volg voor in haar nat spleet. Ek staar verwonderd en pluk sagter aan myself uit die vrees dat ek gaan kom.
Vir ‘n minuut of twee staar beide van ons sprakeloos na die beelde op ons skerm, terwyl ons in tandem weerskante van die planeet mekaar opwerk. Tertia hou haarself met een hand oop en met die ander vinger sy haar klit. Die pêrels glinster soos die stropies uit haar loop. “Ek wil vandag saam met jou kom” kondig ek aan. Haar asem begin jaag en ‘n byna oerkreun ontsnap uit haar keel toe die orgasme oor haar spoel en sy die pêrels egalig uit haar poesie en kringspier trek. Ek trek myself so ver terug as wat ek kan en stoot my sappe uit oor my bors en maag. “Oor twee weke naai ek jou middeldeur wanneer ek kom kuier” grom sy.
Ek drink nie gewoonlik die tyd van ‘n Sondagoggend nie, maar ons Skype sessie het my so opgewerk dat ek eenvoudig iets moet inneem om my te kalmeer. Ek draai die glas met Jack Daniel’s op ys stadig in die rondte en neem ‘n groot sluk. Die Black Keys sing, “…. operator please put me back on the line…… this is wrecking my mind….”