Die Affêre (1)
Yes!! Ons het ‘n nuwe vervolgverhaal deur Ramkat. Julle onthou hom seker nog – hy van “Kaptein, o my kaptein”? 🙂 Hier is die eerste aflewering. Geniet!
deur Ramkat Erasmus
Daar’s ‘n sekere tipe vrou wat mens net een kyk hoef te gee om te weet hulle hou van seks. Hulle het ‘n kyk in die oë, ‘n oerkennis van die lyflike, ‘n manier van terugkyk na ‘n man toe wat dadelik hardop skree: “Sê die regte ding, en ek is joune”.
Daar is natuurlik vrouens wat soos onskuldige dogtertjies lyk, maar wat in ‘n tierkat verander as die slaapkamer se deur toegaan, maar hulle kry jy baie. Dan is daar die suurpruime wat te veel, te min of die verkeerde seks kry, en dan laaste die vrouens wat dit doen omdat dit plig is, en dan daarvan vergeet.
En my hele volwasse lewe lank soek ek na eerste soort vrou.
-0-
As jy lank genoeg, elke dag, vir mense kos bedien begin jy gou-gou leer om hulle te lees. En jy hoor ook waarvan mense praat en wat hulle dink oor politiek, godsdiens en sport. En natuurlik seks.
Mans praat snaaks genoeg minder oor seks as vrouens. Ek vermoed dit is omdat seks vir die meeste mans baie maklik en voor die handliggend is. Die nommer 13 moer draai na links in die nommer 13 boud in, en dan is dit gedoen.
Vrouens het baie meer issues en daarom praat hulle baie meer daaroor. Dis nie net van meet en pas en indraai nie. Verskillende orgames, fantasiëe, speelgoed, ens. En natuurlik help vrouetydskrifte om vroue ongemaklik met hulle eie seksualiteit te laat voel. Ek het al gehoor hoe sogenaamde “selfhelp” artikels met vroue se koppe smokkel en hulle loop weg sonder om enigsins beter oor hulleself, of hulle lywe, te voel. Maar daai vrou met oer-kennis in haar oë, en in haar lyf… Sy het nie ‘n “Cosmo” of “Intiem” nodig nie. Sy weet. En sy is raar en kosbaar.
-0-
Elke Woensdag kom ‘n groep mamma’s tee drink en sjokoladekoek eet. Ek ken hulle almal se name, want dis ‘n ritueel wat nou al amper twee jaar lank aanhou. Hulle kom so teen 11 uur in, babbel te heerlik en as die tee en koek klaar is sal een van hulle ‘n bottel sjampanje bestel. Na twee of drie bottels praat hulle feitlik net oor verhoudings en seks. En dan sal een skielik skuldig na haar horlosie kyk en besef dis tyd om die kinders by die skool te gaan haal. Een vir een spring hulle op en gaan haastig uit na hulle 4×4’s of afslaankap cabrio’s om in die verkeer te verdwyn. Een van die vrouens wat omtrent altyd laaste loop is Natasha.
Natasha was eers blond, maar is deesdae bedeel met ‘n massa swart hare. Haar vriendinne was eers gefassineer deur die radikale verandering, maar later het meer en meer van hulle gesê hulle dink blonde hare pas haar beter.
Ek kon egter in Natasja se oë sien. Daardie oë met die oerkennis, wat net haar effense glimlaggie geglimlag het, glad nie gepla deur die opinies van ander nie.
Ek en Natasha het oor die twee jaar ons eie ritueeltjies ontwikkel. Eers net ‘n vriendleike wuif as sy die restaurant instap. Toe ‘n woordjie of twee, en toe naderhand ‘n gesprek oor die weer, of die restaurant, net voor sy in haar kar spring om die kinders te gaan haal. Nog later het sy vroëer begin inkom en dan het ek en sy vir ‘n vyf of tien minute gestaan en praat voor haar vriendinne daar aankom.
En toe eendag, tydens ‘n skoolvakansie, toe die mamma’s nie so haastig soos gewoonlik was nie, het sy langer gebly. Baie langer…
Die mammas het al te lekker gekuier. Kinders by vriende, mans by die werk, geen rede om te jaag nie. ‘n Paar van die mammas was nie daar nie, want hule is weg met vakansie, maar die kerngroep was daar en hulle het goed gekuier met sjampanje en wyn. Later het hulle ete bestel, meesal slaaie, en toe die koffies en uiteindelik het hulle begin wegspat terug na hulle huise en families toe. Natasha was laaste om te loop, en sy het by my kom staan waar ek besig was om my skof af te sluit sodat my vennoot Fanie kon oorneem vir die laatmidddag- en aandskof.
“Hoe laat maak jy klaar?” wou sy weet.
Ek het beduie dat ek seker nog ‘n halfuur gaan besig wees. Sy’t ‘n whiskey bestel en gevra ek moet sommer die rekening ook bring. Sy’t by ‘n buite tafeltjie gaan sit en toe ek die Jamesons voor haar neersit saam met die rekeninghouertjie het sy my net woordeloos van agter die tamaai donkerbril bekyk. My maag het ‘n draai gegee. Alhoewel ek nie die oë kon sien nie, het iets aan haar lyf, ‘n snaarspanning in haar asemhaling, my laat besef dat iets aan die broei is.
Ek het gevoel hoe my hart bokspring en het skielik die adrenaliensmaak in my mond gekry. Ons het vir mekaar geglimlag en ek is terug kombuis toe. Ek het my sjefbaadjie uitgetrek, ‘n paar details met Fanie bespreek, my sak gevat en geloop.
Op die stoep was daar geen teken van die donkerkop nie en ek het skielik gewonder of ek my die hele petalje verbeel het. En tog… Ek kon die spanning tussen ons voel! Dalk het sy koue voete gekry? Die rekeninghouertjie het op die tafel langs die leë glas gelê. Ek het dit opgetel en oopgemaak. Binne in was ‘n briefie. “Ek wag vir jou by jou kar.”
My kar word onder ‘n koelteboom parkeer waar die son dit nie kan stukkend brand nie, maar waar die voëltjies dit gereëld as toilet gebruik. Ek onthou skielik Natasha het eendag gevra oor parkering en of ons geserveerde plekke in die parkeerarea het. Ek het haar die boom gewys en gesê eersteman in, kry die plek. En ek onthou skielik die geamuseerde kyk wat sy my gegee het.
Ek stap kar toe en Natasha leun teen die passasiersdeur, diep in die skaduwee. Soos ek nader kom druk ek die sleutelknoppie en die deure spring oop. Ek maak die kattebak oop en gooi my sak in die bagasiebak in. As ek opkyk het Natasha reeds in die kar ingeklim. Ek haal ‘n slag diep asem, maak my deur oop en klim in. Natasha sit gemaklik met haar elegante bene voor haar uitgestrek. Sy het sandale aan en haar bene en voete is egalig bruin. Sy’t naellak aan haar toonnaels en haar voete is kuis by die enkels gekruis. Sy’t ‘n wit romp en rooi bloesie aan wat ‘n skerp kontras vorm met haar bruin vel en swart hare.
Ek trek die deur toe, en sit my sitplekgordel aan. Dan kyk ek vir haar. Sy kyk terug, haal haar donkerbril af en glimlag. Ek wag vir haar om iets te sê, maar sy is stil.
“Waarnatoe?” vra ek.
“Net waarheen jy wil…”
Ek knik, skakel die kar aan en trek onder die boom uit. Dan ry ek uit die parkeerterrein uit en draai in die rigting van Waterkloof en Brooklyn.
“Gaan jou man en kinders nie oor jou bekommer nie?” vra ek, welwetende dat sy hierdie dag dalk al ‘n rukkie beplan.
“Hulle is plaas toe. Na sy ma-hulle toe. Ek vermy die plek…”
“Hoekom?”
“Ek en sy pa… en ma… ons kom nie oor die weg nie. Hulle kom eers volgende week terug. So as jy wil, kan ons Kaap toe ry.” En sy lag.
Ek lag saam en toets haar dan.
“En wat sê ek vir my vrou…”
Sy kyk my weer met daai halwe Mona Lisa glimlaggie.
“Ek is seker jy sal iets uitwerk…”
Ek druk die foonknoppie op die stuurwiel en vra die rekenaar vir die nommer van ‘n gastehuis waar ons gereeld spyseniering doen vir funksies en troues. Die foon lui deur die luidspreker an dan antwoord die factotum, Johannes. Dit was ‘n bietjie van ‘n waagstuk, want as die ou suur Duitse eienaar geantwoord het sou ek die foon moes dooddruk. Maar ek weet hy gaan Woensdae golf speel en dan kuier hy by die negentiende putjie tot laat.
Ek vra vir Johannes of die tuinwoonstel beskikbaar is en hy sê dit is. Ek verduidelik dat ek ‘n gas het wat slaaplek soek en ek bring haar gou-gou oor. Johannes verseker my die kamer is skoon en die yskas is vol en soos altyd sal sy diens uit die boonste rakke wees. Ons lui af en ek hoor Natasha giggel.
“’n Gas wat slaapplek soek?”
“Dis iets wat ons gereeld doen. Hulle bestel kos by ons en ons verwys gaste, meesal mense wat te dronk is om huis toe te bestuur, na hulle toe.”
“Ahhh…”
Ons ry in stilte verder, maar dit voel vir my asof ek my hart saam met hare kan voel klop. Die spanning is terug en as ek na haar bene kyk kan ek nie help om te wonder hoe sy onder haar klere lyk nie.
Johannes maak oop en ek ry om die hoofgebou na die tuinwoonstel toe. Dis ‘n ruim plekkie wat in vervloë dae gebou is vir ‘n terreinopsigter of bestuurder van die oorsponklike plaas. Daar is parkeerplek onder ‘n priëel en ek trek in. Johannes kom oor die groot graspek aangestap met die sleutel en ons groet. Natasha bly in die motor sit en ek verduidelik dat dit weer een van ons “spesiale” gaste is. Hy knik en stap met ‘n laggie terug na die hoofhuis toe.
Ek maak die kattebak oop en haal my sak uit. Dan maak ek die deur vir haar oop. Natasha gly uit die die motor uit en sonder om na my te kyk stap sy na die stoeptrappies en begin opklim. Ek volg, druk die sleutelknoppie wat my kar sluit en sluit die voordeur oop.
Die plek is ‘n outydse grasdak struktuur, met ‘n klein kombuisie, eet-, sitkamer en ‘n ruim, en suite slaapkamer. Ek loop vooruit en sit my sak op die bankie in die slaapkamer neer. Natasha kom stadig agter my aan. Sy kyk uitdrukkingloos na die groot koperbed, die chaise longue aan die een kant van die vertrek en die lessenaar aan die ander kant. Al die meubels is antiek, en swaar, gemaak voor mense aan besparings en koste begin dink het.
“Iets om te drink?” vra ek.
Vir ‘n oomblik reageer sy nie, dan laat sy haar handsak op my sak val en sonder ‘n woord loop sy in my arms in. Ons soen makeer met oop, honger monde en my hand gly outomaties af na haar boude toe. Ek omvou haar gespierde lyf en trek haar styf teen my vas. Sy begin my hemp uit my broek uittrek en haar hande soek na my gulp. Dan vat ek haar gewrigte vas en druk haar hande af teen haar sye.
Sy kyk my vraend aan. Ek sê niks en druk haar agtertoe tot sy met haar rug teen die muur staan. Ek laat los haar een gewrig en haar hand bly teen haar sy hang. Ek sit my hand op haar borsbeen net onder haar keel en hou haar so teen die muur. Sy probeer vir ‘n oomblik terugdruk maar ek is te sterk vir haar.
“Tot hiertoe was jy in beheer… Dit stop nou.”
Ek wag vir ‘n reaksie, maar sy kyk my net en probeer weer om my weg te druk, die keer met haar hande. Ek leun eenvoudig vorentoe en hou haar daar.
Dan knip haar oë een keer, twee keer, drie keer, en dan knik sy haar kop instemmend. Ek glimlag en soen haar saggies op die lippe. Sy wil haar mond oopmaak, maar ek trek my kop weg.
“Ek is in beheer.”
Sy knik weer. Ek laat haar skielik gaan en sy verloor amper haar balans.
“Gaan sit op die bed.”
Sy loop en gaan sit op die rand van die bed bed haar hande kuis in haar skoot.
“Trek jou skoene uit…”
Sy buk stadig af en maak eers die een, en dan die ander sandaaltjie los en dan laat sy hulle op die vloer val.
“Nou jou bloes”
Haar hande kruip stadig op na haar boonste knopie toe en dan begin sy haar bloes losknoop. Haar pienk tongetjie gly effens oor haar lippe en haar oë verlaat my gesig nie vir een oomblik nie. Die rooi bloes val oop en sy trek dit stadig van haar skouers af. Haar vel is bruin onder die materiaal en sy het ‘n swart bra aan. Haar hande gly agter teen haar rug op om die bra los te maak in daardie gemaklike manier wat vrouens het, na jare se oefening.
“Nog nie”, sê ek. “Eers as ek sê jy mag..”
Sy laat haar arms sak en sit haar hande weer in haar skoot. Aan haar borskas se beweging kan ek sien sy is opgewonde of bang, of dalk altwee.
“Staan op,” en sy doen so. “Romp”
Haar hand gaan na die kant van haar romp waar sy ‘n knoop losmaak en dan ‘n ritsluiter aftrek. Die romp val af oor haar heupe en lê in ‘n bondel om haar pragtige voete. Sy het ‘n rooi broekie aan wat met swart kant afgewerk is. Haar lyf is bruingebrand en gespierd soos iemand wat gereeld in die gimnasium oefen of tennis speel, of iets.
“Draai om.”
Sy weet instinktief wat ek wil hê en draai stadig om sodat ek haar van kop tot tone kan bekyk. Halfpad deur die beweging gaan sy op haar tone sodat haar beenspiere saamtrek en haar kuite en boudjies laat styf span. Die rooi broekie het effens in die gleufie tussen haar boude ingetrek. As sy heeltemal met haar rug na my toe staan, kyk sy met versluierde emosies oor haar skouer na my. Ek wys sy moet aanhou draai en laat haar nog drie keer in die rondte draai, voor ek vir haar wys om te stop. Sy sak terug op haar hakke en staan met haar hande langs haar sye na my en kyk.
“Sit jou hande agter jou kop. Trek jou hare op.”
Sit vat haar hare en trek dit boontoe. Die beweging laat haar borste oplig en die die optel van die hare ontbloot haar slanke nek. Haar oë volg my soos wat ek nader loop en as ek my hand saggies op die kant van haar nek sit, gaan haar oë toe en sy sug. Daar is ‘n trilling onder haar vel. Ek soen haar weer op die lippe en weer begin sy haar mond oopmaak, maar weer trek ek weg. Ek kyk vir haar, leun nader en soen haar weer. Die keer hou sy haar mond toe en soen my net met haar lippe terug.
“Bly net so…”
Ek draai weg van haar af en krap in my sak. Ek haal die rubberstroke uit wat ek gekoop het om kragoefeninge mee te doen. Mens kry stroke van verskillende diktes en trekkrag en gebruik die spanning van die rubber om verskeie oefeninge te doen. Ek vat die dunste strook en loop terug na haar toe. Ek tel die strook op, rek dit uit en sit dit oor haar mond. Dan vou ek die punte om haar kop en knoop dit sodat sy effektief nie kan praat nie. Sy kan ook net deur haar neus asemkry. Ek maak seker die rubber sal nie maklik afkom nie en draai haar om. Sy staan steeds met haar hande agterop haar kop. Ek maak haar hande los en bring hulle af na die knippe van haar bra toe. Sy maak die bra los en wikkel haar skouers vorentoe sodat die bra van haar bruin en lenige lyf afval. Dan beweeg ek haar hande verder af en druk haar duime onder die rekkie van haar broekie in. Sy moet vorentoe buk om die broekie af te kry en ek verlustig my in die beweging van haar boude en die kykie wat ek kry van haar skaamlippies.
Ek draai haar om en laat haar op die bed lê. Dan gaan haal ek nog van die rubberstroke uit my sak. Ek maak die een strook aan haar gewrig vas, wikkel dit deur die tralies van die koperbed en maak haar ander gewrig ook vas. Sy haal swaar asem en vryf haar dye teen mekaar. Ek bind die laaste rubberstrook om haar een knie en trek haar been op sodat haar bobeen op haar bors rus. Dan wikkel ek die rubber onder haar nek deur en trek haar ander been op dieselfde manier na boontoe. Sy lê nou op haar rug met haar bene teen haar bors opgetrek en haar vagina oopgespalk vir my plesier. Ek buk nader en sien hoe die strome van seën uit haar uitloop. Sy is papnat en die vloeistof loop oor haar boude tot op die bed. Ek vryf liggies oor haar lippes en sy gril van lekker.
Dan gaan krap ek weer in my sak en haal die leer-gordel uit wat ek om my niere bind as ek swaar gewigte optel. Die stuk leer is al oud en soepel. Dis ook lekker breed.
Die rubberstroke laat haar toe om effens te beweeg, maar sy kan nie sien wat ek uit my sak uit haal nie en dis presies hoe ek dit wil hê. Ek loop terug bed toe en sit die gordel neer waar sy dit nie kan sien nie. Dan begin ek my klere uitrek. As ek klaar is klim ek op die bed en bring my piel nader aan haar gesig. Sy beur nader om daaraan te lek of suig , maar ek tart haar deur dit net buite bereik te hou. ‘n Stroom helder vloeistof loop nou by my ook uit en ek weet dat ek gou-gou verlossing sal moet kry, anders gaan ek bars.
Ek klim weer van die bed af en gaan staan langs haar. Ek tel die gordel op en begin haar boude liggies piets. Sy wriemel onder die liefkosing van die leer en ek piets al harder tot sy deur deur die rubber om haar mond kreun. Ek sien hoe sy aan die rubber kou om dit van haar mond af te kry, maar die strook is breed en sy kan nie ‘n goeie greep op die rubber met haar tande kry nie.
Ek skuif die houe nou weg van haar boude en begin haar oor die dye piets. Sy wriemel en rol maar die rubber hou haar vas. Dan hou ek op.
Ek kyk haar diep in die oë wat nou pragtig vol trane is. “Moet ek ophou?”
Haar oë sper oop en sy skud haar kop heen een weer. Deur die rubber muilband kan ek uitmaak sy sê: “Uh Uhhh”
Ek begin haar weer oor die dye piets en as haar vel rooi en gloeiend is verskuif ek weer my fokus. Die keer piets ek haar skaamlippes, eers baie liggies, maar dan algaande harder. Haar skaamlippe swel op onder die liefkosing van die leer en haar boude klap oop en toe, dan kom sy en spuit ‘n boog vloeistof oor die bed.
Ek sit die gordel neer kniel tussen haar bene. Ek vat my skag vas en trek hom op en af tot ek ook spuit, maar ek mik vir haar skaamplippies wat swem in haar sappe. Ek vryf die sperm oor haar poesie en meng dit met haar vloeistof. Dan maak ek die rubber los.
Met haar bene bevry, rol sy om op haar sy, haar hande steeds vas aan die koperkatel. Ek rol haar verder om tot sy op haar maag lê en trek haar heupe boontoe sodat sy op haar kniëe rus. Ek krap weer in my sak, haal ‘n pakkie kondome uit en rol een oor my piel wat al weer hard en regop is. Ek hou haar heupe in posisie met my linkerhand terwyl ek met die regterhand haar sappe kollekteer en in die spleet tussen haar boude invryf. As sy behoorlik nat is, trek ek haar nader en glip my piel stadig tussen haar boude in. Sy kreun en druk terug. Vir ‘n oomblik is daar weerstand maar dan glip ek tussen haar boude deur tot binne in haar warm en stywe agterdeur. Ek stoot een of twee keer en weet dat sy dit terdeë geniet want sy druk hard terug en sy prewel saggies: “Harder, harder… Maak my seer!”
Ek leun vorentoe en kry een van haar tepels tussen my duim en voorvinger beet. Ek rol haar sagte vleis heen en weer tot sy kreun van pyn en lekker tegelyk. Dan laat los ek en druk my hand verder af tussen haar bene in. Ek kry haar skaamlippies in die hande en begin trek en knyp tot sy onder my bokspring. Dan klap ek haar op die een boud wat steeds rooi en glimmend is van die gordel se aandag. Ek vat haar heupe vas en naai haar met harde reelmaat. Dan voel ek hoe sy onder my beweeg, raak bewus van haar gille en vloekwoorde wat sy in die bed ingil en dan kom ek.
Lank lê ons so. Dan vra sy my om haar hande los te maak. Ek glip die rubber af en gooi dit eenkant toe. Ek gaan lê langs haar en sy kom knus teen my aan met haar kop op my arm.
Onder my vingerpunte gloei haar vel steeds van die pak slae wat ek haar gegee het.
“Jy oukei?” vra ek.
“Uhmmm. Nog nooit beter nie.”
En ek glimlag. Hierdie middag is nog lank….