Die Sibbe

3+
Hoe lank gaan ek lees: 14 minute

deur Uther Pendragon

Dit was weer sulke tyd in die land – droogte op droogte met hongersnood as gevolg.  Dinge het beroerd gegaan in die klein huisie op die rand van die woud.  Die pa was ‘n houtkapper en die vrou was ‘n haarkapper.  Hulle het twee kinders gehad – die een was ‘n lieplapper en die ander ‘n neuskrapper.  Tussen spinters, hare, snot en niksdoen het die vier van hulle nie veel verdien nie.

Die kinders – ‘n broer en ‘n suster (ek weet in konvensionele vertellings is dit ‘n boetie en ‘n sussie, maar vir redes wat later duidelik sal word is hulle in hul vroeë twintigs in hierdie storie), lê van die hongerpyne wakker dié nag en hulle hoor die pa vir die ma sê: “die kos was min – ek is nog baie honger.”

Ma: “dit was die laaste van die bure se kuiken, daar is niks meer oor nie.”

Pa: “daar is nog altyd die kinders…”

Ma: “jy raak nie aan hulle nie, buitendien hulle is so vol stront ek sal nie my bek aan hulle sit nie.”

Pa: “wat gaan ons dan doen?”

Ma: “ek wil nie sien van honger sterf nie.  Hoekom vat jy hulle nie in die bos in en los hulle daar nie?”

Pa: “dit klink na ‘n plan.”

Die kinders het die taai trane van hul wange afgevee toe hulle dit hoor.  Hulle was beide lus vir die kuiken.  Die seun bedink toe ‘n plan.  Hy wag tot sy ouers gaan slaap en gaan haal toe die beentjies van die kuiken uit die asblik en steek dit in sy broeksak want daar was mos ‘n hongersnood en daar was dus nie ‘n brood om mee krummeltjies te maak nie stupid (en ek gaan nie tyd met klippies mors nie want dan vat dit langer om by die sappige dele uit te kom).  Ingedagte het die seun in sy bed gelê en suig aan die beentjies terwyl hy sy plan beraam.

Die volgende oggend het die pa die twee van hulle saamgevat.  Dit was lekker om uit die huis te kom.  Hulle kon nie vinnig loop nie, want hulle was mos verswak van die hongerte.  Hul pa het hulle toe vertel dat hy hulle saamvat sodat hulle om kan help om hout te versamel wat hulle op die dorp gaan probeer verkoop.  Die pa het hulle na die diepste, donkerste deel van die woud ingelei, en toe hulle hulself vind, was hulle alleen.  Die seun en dogter het rondgeloop en na hom geroep, maar ‘n bedompige stilte was al antwoord wat hulle gekry het.

Die seun sê toe vir sy suster: “moenie worrie nie Sus, ek het ‘n plan gemaak.”

Sus: “watse plan Boet?”

Boet: “ek het die kuikenbeentjies agter ons in die paadjie neergegooi soos ons in die woud ingestap het.”

Sus: “en hoe sal dit ons help Boet?”

Boet: “ons volg net die spoor van die beentjies tot ons terug is by die huis.”

Sus: “wys my dan.”

Na ‘n ruk van vrugtelose gesoek moes Boet bes gee – sy plan het nie gewerk nie.  Muishonde en miere en elke ander honger ongedierte het op die beentjies toegesak en dit opgevreet – daar was nie ‘n splintertjie been of ‘n druppel kwyl oor waar die beentjies eens was nie.

Hulle het toe maar deur die woud gedwaal en gedwaal, maar kon nie die pad terug huis toe kry nie.  Uiteindelik het hulle ‘n huisie in ‘n oopte in die woud gesien en Boet wou net vorentoe beur toe Sus hom aan die arm gryp en waarskuwend fluister: “pasop Boet – kyk – dis bere!”  Inderdaad daar kon hy hulle ook nou sien – drie dikgevrete bere wat op die gras buite die huisie lê en ‘n pienk rugsak, waarop die woorde “Rehab suig” geskryf is, vir mekaar gooi.  Stadig en stilletjies het hulle agteruit getreë en toe vinnig in ‘n ander koers gestap.

Naderhand het Sus gesê: “ek is soooo moeg en honger en dors!”

Boet: “ek ook, maar kyk daar!”

In ‘n ooptetjie was ‘n varingbos en in die middel daarvan was die allerfraaiste huisie.  Hulle het nog nooit so iets gesien nie – dit was ‘n bonterny van spatsels van alle kleure.  Hulle het so vinnig, as wat hulle uitgehongerde lywe dit kon doen, deur die varings gestap wat om hul bene gekrul het.

Sus het na haar asem gesnak en gesê: “maggies Boet, kyk hier – die hele huis is van lekkergoed en koek gemaak!”  Maar Boet het dit klaar gesien en het met sy gesig in die kosyn ingeduik en stukke roomkoek daaruit gehap.  Sus het minder vieslik geëet en ‘n roomgevulde horinkie van die dak afgebreek.  Sy het dit in haar mond gesit en die room het skielik haar mond volgespuit.  Sy het gesluk en gesluk en van die lekkerte gelag en ‘n volgende een afgebreek.

Boet het die joeb-joebs ontdek en sy mond daarmee volgestop en dit al kwylende gekou, maar toe het hy die sjokolade eclairs waaruit die stoepreëling gemaak is raakgesien en een dadelik afgebreek want dit was sy geliefkooste lekkerny.  Hy het dit oopgemaak en die room en konfyt tussen die twee stukke koek uitgelek tot sy hele gesig daarvan besmeer was.  Tussen die smakgeluide van hulle etery, het hulle ‘n uitgerekte steungeluid gehoor.  Vir ‘n oomblik het hulle opgehou om te eet en met hulle roombesmeerde gesigte rondgekyk.  Dit het geklink asof die klank vanuit die huis gekom het, maar nou was dit weer stil.  Na ‘n paar sekondes het die twee hulle verwoede varkerige voedery voortgesit.

Boet was besig met sy agste eclair en hy het pas die papgekoude kersie afgesluk toe ‘n hees gil die morsige vreters tot stilstand ruk.  “Wat was dit?” het Sus grootoog gefluister, “het jy dit ook gehoor?”  Boet het stom geknik.  Hulle het rondgekyk maar daar was niemand.  Die sjokolade hortjies van die vensters was toe en daar was niemand anders as hulle in die ooptetjie nie.  Maar net toe Boet weer vorentoe buk vir sy volgende eclair, het die soethout-deur oopgeswaai en in die opening het ‘n  natgeswete vrou gestaan.  “Wie eet my huis?” het sy blosende gehyg.

Hulle het haar aangegaap – sy het lang swart hare gehad en haar japon het skaars haar kurwes bedek.  Duidelik het sy nie onder die hongersnood gely nie.  “Hou op so kyk Boet!” het Sus dringend vir hom gefluister toe sy sien dat haar broer reguit na die vrou se druppende krulbos staar.  Die vrou se donkerblou oë het skielik op Sus gefokus en toe na Boet gedraai en toe sprei ‘n glimlag oor haar gesig.  Sy het met ‘n verleidelike diep hees stem gesê: “julle arme honger weeskinders, kom gerus binne.  Hier is baie om te eet en te drink.”  Sonder aarsel het die twee besmeerde sibbe die huisie binnegestrompel.

Hulle het verward binne huis rondgekyk.  Die huis was baie groter binne as wat dit van buite gelyk het.  Hulle was nog nooit in so ‘n plek nie – die mure was ‘n vreemde rooi-pers kleur en ‘n organiese reuk het in die lug gehang.  “Die badkamer is deur daardie deur – die vierde deur aan regterkant en die gastebadkamer is hier onder die trappe” het sy vir hulle beduie.  Dis die eerste keer wat die tweetjies krane sien, newwermaaind – dit was die eerste keer dat hulle ooit in ‘n badkamer was – en dit was maar ‘n gestoei en gesukkel om reg te kom.  Uiteindelik het Boet maar sy hande en gesig in die blou water van die diep bak gewas na hy in die hoek van die badkamer gepiepie het.  Sus het egter uitgewerk hoe om die water uit die kraan te kry want sy was heelwat slimmer as Boet.

Twee stomende bekers sjokolade het vir hulle op die tafel in die sitkamer gewag toe hulle van die badkamers terugkeer.  Dankbaar het elk ‘n beker gevat en versigtig, mondjie vir mondjie, die warm vloeistof afgesluk.  Die vrou het op ‘n stoel oorkant hulle gesit.  Boet was so gulsig lus vir die sjokolade dat hy nie eens gemerk het dat die vrou nou poedelnaak was nie.  Hulle was so moeg, maar tog so dors dat hulle aanhou bly drink het terwyl hulle ooglede al hoe swaarder geword het.  Die laaste gedagte in Sus se kop, voor sy soos Boet in die stoel aan die slaap geval het, was hoekom die vrou met elke sluk al hoe ouer gelyk het.

Toe sy wakker skrik, lê Sus op ‘n sagte bed.  Sy moes eers by haar sinne kom voor sy besef het dat dit ‘n bed is want sy het nog nooit op so ‘n sagte bed gelê nie.  Sy het haarself koudgeskrik toe ‘n stem reg by haar sê “lekker geslaap nê?” en ‘n kekkellag het uit die ou vrou se pap, tandlose mond gekom.  Sus het met walging na die lelikste ou vrou wat sy in haar lewe gesien het gekyk – dis net geplukte wenkbroue en gedaaide gekoekte hare en eyeliner wenkbroue op haar voorkop en blou ooggrimering waar jy kyk, en die wolk parfuum en anti-perspirant om haar was genoeg om enige voornemende roofdier, newwermaaind parasiet, te verwilder.  Sy is nog steeds kaal en Sus kon, onder die vullis op haar vel, littetekens onder haar onnatuurlike groot en stywe borste en om haar tepels en agter haar ore sien – sy is sweerlik gelap en opgestop het Sus gedink.  Maar haar melkwit oë was die ergste van als en ‘n rilling het langs Sus se rug afgehardloop.  “Ek is op ek is op!” het Sus uitgeroep en verskrik van die bed af opgespring.

“Kombuis toe met jou!” het die ou vrou op haar hakke gekrys en Sus het vooruit deur die bedompige gang met sy rooi mure gehaas na waar sy gedink het die kombuis moes wees.  Sy het gevoel hoe die temperatuur in die gang al hoe warmer word soos sy nader aan die kombuis gekom het.  Die hitte het haar getref toe sy in die kombuis inbars.  In die middel van die vertrek het ‘n reuse swart oond met ‘n krom pyp wat deur die dak steek gestaan.  Die hitte het egter nie van die oond gekom nie maar van die vertrek self.  Sy het verward rondgekyk en oral vuil potte en panne en ‘n wasbak vol skottelgoed gesien.  Die oppervlaktes was besmeer en die vloer was slymerig.  Skielik het sy na haar asem gesnak want in die hoek was ‘n hok en in die hok was Boet.  Sy uitgeteerde wit lyf het soos ‘n half-uitgedroogte wit vatdoek op die vloer van die hok gelê.  Die ou vrou het Sus se blik gevolg en gesê: “en dis waar hy sal bly tot hy vet genoeg is.”  Sus was te bang om te vra vir wat.

“Was die skottelgoed eerste” het die ou vrou beveel.  Sus het gewas en gewas terwyl die ou vrou toegekyk het en haar aangepor het om vinniger te werk.  Toe Sus al die borde op hul plek op die rak gepak het, het die ou vrou gesê: “dis beter” en vir haar met ‘n bek vol skitterwit tande geglimlag.  Daarna moes Sus die tafels en vloer mop.  Die ou vrou het behaaglik gesug terwyl Sus die vloer skrop.  Soms het sy vir Sus, ten spyte van haar blinde oë, voorgesê met: “nog daar, bietjie meer links, nog, nog…. ja daar!” en dan het Sus verwoed geskrop dat die skuim staan alhoewel daar niks spesifieks vuil op daardie spesifieke plek op die vloer was nie todat die ou vrou haar met ‘n behaaglike sug gestop het met: “dis nou genoeg.”  Toe Sus klaar was, het sy opgestaan en met verbasing gemerk dat die ou vrou ook sommer silwerskoon was.  Toe moes Sus die huis uitvee en terwyl sy dit doen, het sy onderlangs geloer om te sien watter effek dit op die ou vrou gehad het – inderdaad sy kon met elke vee van die besem sien hoe daar kamstrepe deur die ou vrou se hare gaan.  “O dis hoe dinge hier werk” het Sus gedink.

Hierdie ritueel moes Sus elke dag uitvoer.  Ondanks die harde werk van die vorige dag, was al die potte en panne en borde en glase en die vloer en die tafels die volgende dag weer smettig vuil en sy moes alles van voor af skoonmaak.  Sy het ook iets anders opgemerk – alles waarna sy kyk, sien die bykans blinde ou vrou ook raak.  So kon sy vir Sus aanpor en betig en haar dwing om harder te werk en skoner te maak.  Sus het gou uitgevind dat dit die geval is en het altyd dan gefokus op die skoonste en die beste dele van die huis sodat sy nie heeltyd gepes word nie.

Elke dag na Sus die huis skoongemaak het, moes sy vir Boet voer.  Sy het haar ellendige broer deur die tralies van die hok probeer troos terwyl sy hom die rykste en lekkerste kos voer.  Na weke se voerdery het Boet gewig begin aansit en uiteindelik was hy ‘n regte pokkel.  Sus het altyd skuins verby Boet gekyk terwyl sy hom voer sodat die ou vrou nie agterkom hoe vet hy geword het nie want Sus wou nie uitvind watse planne die ou vrou met Boet beraam het nie.  Sy het wel ‘n spesmaas gehad dat dit nie iets goeds kon wees nie want die ou vrou het elke aand na die hok geloop en Boet beveel om teen die tralies te kom staan sodat sy sy pieperman kon bevoel.  Sus was slim genoem om, wanneer die vrou in haar wulpse gedaante met Boet kom speel, nooit na sy dik ereksie te kyk nie.  Hy het dan, met sy een hand sy ereksie teen sy buik vasgedruk en soos Sus hom voorgesê het, die hoenderbeentie met ‘n bewende hand vir die vrou uitgehou.  Elke aand het die vrou dit aandagtig gevryf en dan gemompel: “nog nie groot genoeg nie.”

Die ou vrou het duidelik maar ‘n moeilike tyd gehad.  Wanneer sy egter saam met Sus buitentoe gestap het wanneer Sus die wasgoed gedoen het, het sy eensklaps in die wulpse siende vrou wat hulle die eerste dag gesien het verander, maar elke keer wanneer sy in die huis ingaan het sy weer terug in ‘n ou vieslike blinde vrou verander.  Die enigste ander tye wanneer sy tussen die twee vorme gewissel het was wanneer sy met haarself speel of wanneer die bere kom kuier het.

Maar toe gebeur daar twee goed wat Sus laat besef het dat sy en Boet so gou moontlik moes ontsnap ongeag die feit dat daar elders hongersnood heers.  Die eerste was die dag toe die drie bere daar opgedaag het.  Hulle het nie ingekom nie, maar Sus kon deur die vensters sien hoe hulle om die huis stap.  Deur die huis se vensters kon sy sien dat die huisie van hout gebou was en nie lekkergoed en koek nie.  Maar toe begin die huis skud.  Sy het verskrik by die venster uitgeloer en net die rug van die beer gesien wat verwoed die trapreëling pomp.  Sy het ‘n tweede slag gevoel en na die venster aan die ander kant van die vertrek gehol en die rug van ‘n ander beer gesien wat die dieselfde met die stoep doen.  Net daarna was daar ‘n derde slag by die agterdeur.  Die ou vrou het van die lag gekraai toe sy hulle deur Sus se oë sien en gesê: “hulle vul net die vate meisie”.  Sus het toe skielik gewonder wat die bere dan in pleks van die houthuisie sien wat hulle so bronstig maak.

Sus het vervaard omgekyk en gesien hoe die vrou wydsbeen op die vloer sit en kreun en ‘n walging het deur Sus se lyf geril toe sy besef wat besig is om te gebeur.  Die vrou se lyf het spasties begin rondruk en met elke beweging het sy al hoe jonger en wulpser voor Sus se oë geword.  Haar borste het swaar gehang en die vrou het met toe oë daar gesit en haar tepels met die een hand getrek terwyl sy met die ander met haarself gespeel het.  Uiteindelik het die vrou kermende hande-viervoet op die vloer rondgekruip en Sus kon sien hoe groot al haar openinge oopgerek is.  Die ergste was dat Sus tot diep binne die vrou se gate kon sien wat ritmies verwring en uitgerek geword het terwyl haar gapende mond smakgeluide maak en die kwyl daaruit oor haar ken tot op die grond gedrup het.  Toe sien Sus tot haar ontsteltenis hoe een na die ander van die vrou se tonnels met wit slym opvul.  “Bring die emmer” het die vrou vir Sus geroggel terwyl sy al druppende na die kombuis gestrompel het.  Die vrou het eers wit slymdrelle in die emmer opgegooi en toe oor die emmer gehurk om die res van die slym daarin uit te druk.

Die vrou het toe die emmer en ‘n lepel in Sus se hand gestop en gesê: “gaan maak die skade reg wat julle aan my huis gedoen het.”  Sus het teësinnig die emmer en lepel by haar gevat en uitgegaan.  Toe sy buite kom het sy bevestig dat haar oë haar nie verraai het nie – dit was ‘n houthut en nie meer ‘n lekkergoedhuisie nie.  Sy het na die voorkant van die huis gekyk en toe sien sy die tandmerke in die kosyn en die stoepreëling en die vermiste dakplankies.  Sy het grillende die wit drelsels uit die emmer geskep en dit op die stukkende plekke gesmeer en toe sien sy hoe die gate met sjokolade eclairs en roomhorinkies opvul.  Sus het naar geword toe sy skielik besef het wat hulle daardie eerste dag geëet het en het vooroor buk om tussen die varings op te gooi terwyl die vrou se lag van die voordeur af kekkel.  Toe Sus regop gekom het, het sy gesien dat die lekkergoedhuisie weer verskyn het en lyk nes die dag toe hulle daar aangekom het.

Die tweede insident was op een manier skrikwekkend, maar op ‘n ander manier het dit Sus die idee gegee van hoe om te ontsnap.  Sy moes Boet op een of ander manier uit die hok kry maar die ou vrou het alyd die sleutel van die slot op ‘n toutjie om haar nek gedra.  Die ou vrou het elke aand meer en meer obsessief met Boet se beentjie gaan speel en al hoe meer ongeduldig geraak omdat dit nie vinning genoeg groot genoeg geword het nie.  Om te verhoed dat hulle uitgevang word het hulle mettertyd die klein hoenderbeentjie met ‘n groter beentjie vervang, maar dit was nog lank nie groot genoeg vir die ou vrou nie.  Die ou vrou het op die voorlaaste aand op die groot stoel in die kombuis gaan sit en vir Sus gesê: “nou gaan jy die oond was en dan gaan jy dit goed stook.”

Sus het die koue oond skoongemaak en die as uit die pan gekrap.  Sy het toe die oond van kant tot hoek gewas en gehoor hoe die ou vrou begin sug en kreun.  Sus het gou uitgevind dat die gekreunery al hoe harder word as sy met die growwe lap rondom die deur van die oond was.  Sy het eers sag en stadig en toe al harder gewas terwyl sy oor haar skouer na die vrou geloer het.  Soos die wellus besit van die vrou geneem het, het sy alhoewel sy blind gebly het, al hoe jonger en mooier geword.  Die grimering was vervang met blosende wange, haar wenkbroue het teruggegroei en haar hare het hul natuurlike glans teruggekry.  Selfs die littekens op haar borste het verdwyn en haar borste het sag en natuurlik gehang.  Die vrou het naderhand met haar bene wydgesprei gesit en oor die armleunings van die groot stoel gedrapeer terwyl sy met haar gapende opening gespeel het.  Toe kry Sus ‘n plan – sy het die lap op die knip van die deur gesit en hard gevryf.  ‘n Kreet van genot het van die vrou gekom wat toe wulps op die stoel begin rondwriemel het.

Toe die vrou moeg en natgesweet op die stoel teruggesak het, het sy vir Sus gesê “stook daai oond nou goed.”  Sus het eers die klein vuurtjie met fynhout begin en toe die klein houtjies ingegooi en daarna het sy ‘n stompie in haar hand geneem.  Sy het geaarsel net voor sy die stompie ingooi en het oor haar skouer na die vrou, wat afwagtend en met half-toe oë in haar stoel sit-lê, gekyk.  Sus het die stomp deur die deur gesteek maar dit nie ingegooi nie, sy het dit teruggetrek en toe die beweging herhaal.  Die vrou se lyf het ritmies met Sus se bewegings begin saamwieg.  Toe het Sus die stomp in die oond gegooi waar die vuur al hoe sterker begin brand het.  Die vrou het van die stoel afgegly en op die vloer rondgerol.  Haar bewegings het al hoe wilder en meer onbeheersd geraak soos Sus meer en meer hout ingegooi het.  Uiteindelik het Sus die grootste stomp gekry en hard, teen die ander stompe wat reeds in die oond brand, gestamp.  Sy het dit weer en weer en harder en harder gestamp terwyl die vrou se lyf op die vloer gebokspring het, terwyl sy haar hand in haar oopgesperde opening gedruk het.  Sus het die vrou se swakheid ontdek.

Die volgende het Sus vir Boet gewaarsku terwyl sy hom voer: “vanaand is die aand Broer.  Speel net saam.  Laat die vrou vanaand aan jou tottie vat.”  Sus was die volgende aand aangesê om dieselfde ritueel met die oond uit te voer maar toe die oond op sy warmste brand het die vrou uit die stoel opgespring en doelgerig na Boet se hok geloop.  Sy het Boet beveel om by die tralies te kom staan en haar hand deur die tralies gesteek om hom te bevoel.  Haar hand het verstyf toe hy in haar hand verstyf.  Sy het hom met haar blinde oë aangekyk en gesê: “uiteindelik! Dis heelwat beter – ek wil dit binne my hê – NOU!.”  Die vrou het met die sleutel en slot gevroetel en oor haar skouer vir Sus geskree: “maak die oond oop meisie!”  Sus het egter ‘n ander plan gehad en die vuuryster in die skarnier gedruk sodat die deur nie kon oopgaan nie.  Sy was slim genoeg om deur die rooster na die gloed van die oond te kyk en nie na wat sy besig was om met die skarnier te doen nie.

Die vrou het Boet uit die hok getrek en haarself teen hom gedruk.  Sy het Boet se ding in haar hand gegryp en voor hom op die vloer gekniel.  Sy het dit in haar mond gesit en dit op en af gelek voor sy dit soos ‘n kalf ‘n speen begin suig het.  Toe gaan lê die vrou op die kombuistafel en het haar bene oopgesprei.  “Lek” het sy Boet beveel.  Boet het teësinnig vooroor gebuk en haar begin lek.  Drelle gemengde spoeg en slym het van haar oopgesperde persrooi opening tussen haar boude afgedrel en op die tafel onder haar boude geplas.  Terselfdertyd het die potte op die stoof begin oorkook en die kamer met rook gevul.  “Geen wonder die stoof en tafels is so vuil in die oggende nie – ondanks hoeveel ek dit skrop en was” het Sus gedink.

Die heks het skielik opgespring en met onaardse krag het sy Boet aan die nek in die rigting van die oond geruk.  Sy was so met wellus bedwelm dat sy nie opgelet het dat die oonddeur ondanks haar bevel nog toe was nie.  Instinktief het sy die handvatsel van die oonddeur vasgegryp en dit geruk om dit oop te kry maar dit wou nie oopgaan nie.  Sy het so hard geruk dat die massiewe oond geskud het, maar die deur het dig toe gebly.  Sy het toe wydsbeen voor die oond gaan staan en met albei hande die handvatsel vasgegryp en net toe sy met al haar mag ruk, het Sus die yster uit die skarnier getrek.  Dit het die vrou onkant gevang en sy het met die skielike oopswaai van die deur agteroor geval en haar kop het met ‘n klapgeluid die vloer getref.  Sus en Boet het haar slap lyf gegryp en haar met al hul krag binne die oond ingedruk.  Hulle het die oonddeur toegeklap en Sus het vinnig die yster terug in die skarnier gedruk.

Die vrou se gil het nog deur die woud geëggo toe Boet en Sus tot hulle sinne kom.  Hulle het verward om hulle heen gekyk – maar die huis was weg.  Daar was geen teken dat daar eens ‘n huis in die ooptetjie in die woud was nie.  Sus het haar mantel om haar broer se kaal skouers gegooi.  En so is die twee daar weg op soek na die pad huis toe.

En dit is hoe dit regtig gebeur het.

 

* Jean-Claude Morisot (1925) Hekse

3+

3 thoughts on “Die Sibbe

  • Mar 18, 2020 at 8:34 am
    Permalink

    Ha-ha-ha-ha….Uther jy’t my laat skater van die lag!
    Dankie.☺☺☺

  • Mar 17, 2020 at 10:39 pm
    Permalink

    Uther.
    Jy is n meester van verbeelding vlugte en kan self n kindersprokie omtower in n erotiese verhaal. Welgedaan!

  • Mar 16, 2020 at 2:12 pm
    Permalink

    Uther. Ek het nog altyd gewonder wat die waarheid agter die verhaal van die fabel is. 🙂

    Ek het lekker gelees en lekker gelag. Hoe jy dit regkry om my gedagtes te boei en te laat verlang om die volgende paragraaf te lees is meesterlik. Dankie

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)