Selfaanvaarding (1)

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Jan Pielewiet

Taalversorging deur Lusman

 

Ek hou van seks. Ek’s so gebore en sal so doodgaan. Daar is vir my niks lekkerder nie as ‘n goeie potjie naai met iemand waarvan ek hou. Alles rondom seks fassineer en prikkel my geweldig. Dis al van kindsbeendae af, toe ek met ‘n horing wakker geword het, maar geen idee gehad het waarvoor ek dit eendag sal gebruik nie. Daai tyd was dit net lekker om aan my tollie te vat.

As ek nou terugdink, het my eerste seksuele ervaring al as kind begin. Dit was met dokter-dokter speel, saam met die bure se dogter wat so twee jaar ouer as ek was. Ons het op ‘n klein plattelandse dorpie gebly waar my pa ‘n winkel besit het en my ma sy boeke gedoen het. Hy het die winkel se bestuur behartig en die aankope gedoen. Ma het opgecash en gesorg dat die boeke klop.

Omdat hulle baie aande laat gewerk het, was die buurvrou ‘n instaan-ma die meeste van die tyd. Ek het dus baie ure saam met haar dogter Sandra gespandeer. Wanneer sport klaar was en al ons huiswerk gedoen was, het ons in die stofstrate gespeel en in die swembad baljaar. Ek het baie aande sommer by die bure gebad, meestal sommer saam met Sandra – tot ons te groot geword het volgens haar ma.

Aangesien ek en Sandra baie goed saam gedoen het, het dit natuurlik gelei tot vrae oor wat die verskil tussen ons lywe was. Ons het mekaar gewys en alhoewel daar niks seksueel was nie, het ons albei dit geniet om aan mekaar se privaat dele te vat en hulle te ondersoek. Dit was waar die speletjie dokter-dokter ingekom het. Een moes kaal op die bed gaan lê, terwyl die ander een hom of haar ondersoek. Ons het dit baie gereeld gespeel, todat haar ma ons een middag uitgevang het en ‘n deeglike loesing gegee het. Van toe af mag ons slegs met ‘n oop kamerdeur gespeel het.

Dis nou ‘n paar jaar later. Sandra swot alreeds vir twee jaar. Ek is in matriek. Dit is my laaste skoolvakansie, met die eindeksamen wat om die draai lê en wag. Ek is alleen tuis, besig om soos ‘n sleg ding voor die TV te lê en vrot – met my hand wat so af en toe oor die knop in my broek vryf. Die rekordeksamen was rof en ek het alles ingesit om ‘n goeie jaarpunt te kry. Dit voel of ek ‘n bietjie afleiding nodig het.

My selfoon biep en ek sien dis Sandra wat vra wat maak ek.

“Lê voor TV en muf,” antwoord ek terug op Telegram. “En jy?”

“Self ook voor TV. Hiperverveeld, maar nie lus vir opstaan nie, nog in jamies.”

“Kan nie wees nie,” antwoord ek, “dis darem al amper middagete se tyd!”

Die volgende boodskap van haar is ‘n foto van haar in haar pajamas, so ‘n fyn satynnommer wat om haar borste vou en baie been ten toon stel.

“Fokkit. Wanneer het jy so ‘n sexy lyf gekry?” tik ek koorsig vir haar. “Wys bietjie meer,” traai ek my luck.

Na ‘n lang stilte, waartydens ek begin worrie dat sy haar moer vir my gestrip het en my vir die res van die vakansie gaan kap met ‘n ignore, kom die volgende boodskap van haar deur: “Lus vir koffie”.

“Op pad,” is al wat ek antwoord. Ek hol kamer toe, spring in rekordtyd in en uit die stort en spuit mildelik al wat lekkerruik-ding is aan. Dan trek ek my nuwe Under Armour-seilbroek en -T-hemp aan. Ek sluit die huis en moet myself beteuel om nie sommer volspoed om te hardloop na Sandra se huis nie. As ek die klokkie lui, hoor ek haar roep dat die deur oop is en ek moet inkom.

Sandra lê nog steeds voor die TV en lyk nog meer uitlokkend en mooier as op die foto. Sy pause die fliek waarna sy gekyk het en staan op. Wanneer sy haar lui uitrek, staan haar borste parmantig in die lug en haar pajama-baadjie trek op sodat mens amper haar pêntie kan sien.

Maak toe jou mond, dit is brommertyd, ruk ek myself diep denkend uit my verstarring.

“Stap saam, ek gaan die ketel aansit,” kom dit van Sandra.

Soos ek agter Sandra aanstap, sien ek haar boudjies wip onder die pajamatoppie en haar kuite maak bolletjies soos sy effens op haar tone stap. Sy maak dinge in my wakker wat ek glad nie verwag het nie.

Sandra beduie na die kombuisstoel terwyl sy om die eiland na die ketel stap. Sy skakel dit aan nadat sy dit uit die klein kraantjie met die filterwater volgemaak het. Dan strek sy opwaarts om die koffiebekers uit die kas bokant die ketel te haal. Ek verkyk my weer aan haar lang, lenige bene en die rondings van haar boudjies soos sy strek. Ek kan sweer sy talm effens langer as nodig, net om my uit te lok. Maar sy is mos my ou skoolmaatjie, hoekom sal sy dit nou aspris wil doen? dink ek toe sy die koffiebekers langs die blik koffie op die werkblad neersit.

“Beskuit?” ruk haar vraag my uit my verstarring, en ek sien efffense lagkuiltjies. “Hè?” vra ek, so onnosel soos ‘n skaap in ‘n drukgang.

“Ek vra of jy beskuit wil hê.”

“Asseblief,” stotter ek dit uit. Wat de fok gaan aan met my? dink ek.

Dan draai Sandra om en buk voor die spenskas om die beskuit heel onder in uit te haal. Sy wikkel haar boudjies effens na my. Sy sukkel om die blik uit te kry. Ek verkyk my aan die vrug wat mooi in die middel tussen haar bene blom.

Wanneer sy omdraai met die blik, sien ek weer die effense lag om haar mondhoeke – net soos die Mona Lisa mens uitlag as jy vir haar kyk. Sandra maak die koffie terwyl ons inhaal oor wat die laaste paar maande in elkeen van ons se lewe gebeur het. Dan stap ons met die blik beskuit terug TV-kamer toe.

Die fliek is nog steeds gepouseer. “Wat kyk jy?” vra ek belangstellend.

“Sommer een of ander ou fliek wat in my pa se videomasjien-boks lê. Ek ken al die nuwe flieks uit my kop uit. Wil jy saam kyk?”

My kop skree nee, ek wil jou naai, maar my mond sê: “Ja, wat.”

Sy druk die Pause-knoppie. Dan begin ‘n ou film speel. Dit het swak klank en ‘n nog swakker beeld – in vergelyking met vandag se hoëdefinisie-kwaliteit. Dis egter heel gangbaar.

Alhoewel ek die eerste deel gemis het, besef ek vinnig hierdie is nie sommer enige ou fliek nie. Ek trek die video se boksie nader en sien dit is “9½ Weeks” met Kim Bassinger in die hoofrol. Die eerste paar tonele wat ons sien is eroties gelaai. My asem jaag ‘n bietjie en my horing is stokstyf terwyl ek na die beelde kyk. Dan sien ek hoe Sandra se bors ook op en af dein hier langs my, met haar bene wat oop lê en haar lang pajamabaadjie wat net-net haar pêntie toemaak.

Wanneer Sandra sien ek kyk na haar, kyk sy my vol in die oë terug. Dan vra sy of ek onthou hoe ons dokter-dokter as kinders gespeel het. Natuurlik onthou ek en vertel haar hoe ek na elke ondersoek uitgesien het – voordat haar ma ons betrap het. Tussen die lagbuie deur vra sy of ek dit weer wil speel.

Ek kon nie vinnig genoeg “Ja” sê nie.

“Nou lê solank op die bank, sonder enige klere. Ek is nou terug,” word ek beveel.

Ek pluk my broek af en my hemp uit. Dan gaan lê ek op die leerrusbank. Ek wag so ‘n paar minute. Net toe ek begin dink Sandra het my met ‘n slappe gevang, verskyn sy in die deur. Sy het ‘n wit verpleegsterrokkie aan, korter as haar pajamabaadjie. Verder het sy ‘n stetoskoop om die nek en ‘n koorspen in die bosak. Oor haar een arm het sy ‘n badhanddoek.

“Wat is die probleem, Meneer?” vra sy terwyl sy in die deur staan en skalks vir my glimlag.

“Ek weet nie, dokter,” antwoord ek, “maar ek is die laaste ruk warm en opgeswel.” Ek uiter die woorde so verleidelik en suggestief as wat ek kan.

Sandra kom nader en vra my om op te staan. Sy sprei die handdoek oor die sitgedeelte van die bank oop, voordat sy my vra om weer op my rug te lê. Sy haal die stetoskoop van haar nek af en druk die oorstukke in haar ore terwyl sy die borsstuk se membraan warm vryf. As gevolg van my vertraagde breinaksies besef ek nou eers dat sy medies swot. Ek besef ek is in vir ‘n ding hier. Sy druk die nog effens koue borsstuk op ‘n paar plekke teen my bors en beveel my om diep in en uit te asem. Dan betas sy my oral en druk hier en daar, terwyl sy onsinnige aanmerkings mompel.

“Draai om en lê op jou sy,” beveel sy.

Weer word ek aan die ietwat koue borsstuk onderwerp. Dan druk sy my terug op my rug. Haar hand trek aan my onderbroek se rek. My 7½ duim-ereksie word behendig bevry as ek my heupe effens oplig.

“Ek het die swelling opgespoor,” merk Sandra op. Dan omsirkel sy my penis met haar duim en voorvinger en trek my voorvel stadig af todat my piel se kop blink blootgestel word. Haar wysvinger streel die nat wat uitvloei oor my kop. Ek is in ekstase van lekkerkry.

Sy begin my skag stadig op en af vryf terwyl sy my uitvra oor my kondisie. Soos, hoe gereeld kry ek sulke opswellings en hoe lank hou dit? Wat doen ek om daarvan ontslae te raak en wat gebeur as die swelsel te lank aanhou?

Julle kan self dink hoe ek my vrae moes inkleur en bewoord om aan haar te verduidelik dat dit gebeur as ek aan seks en meisies dink … en dan moet draadtrek om van die swelsel ontslae te raak.

Ek voel hoe die aanloop tot my orgasme opbou. Dan, net voor ek op fyndraai kom, stop Sandra. Sy beveel my om op my linkersy te draai, terwyl sy buk en iets op die vloer optel.

“Ontspan lekker, ek moet jou prostaat ook ondersoek,” kom haar volgende bevel terwyl ek na die bruin leer van die rugleuning van die bank hier voor my oë staar.

Ek loer vir ‘n oomblik terug en sien dit is ‘n bottel smeermiddel wat sy opgetel het. Sy druk daarvan op haar vinger uit. Sy buk en ek voel haar hand raak aan my regterboud. Dan voel ek hoe sy my boude effens ooprek. Sy wil toegang tot my hol kry! Ek is besig om paniekerig te raak, maar is nou so jags. Ek sal enigiets doen wat Sandra vra.

Ek voel Sandra druk net die puntjie van ‘n vinger saggies teen my agterdeur. Dan voel ek hoe haar linkerhand oor my regterheup reik om my stywe voël by te kom. Sy vat hom stewig vas. Terwyl sy, steeds gebukkend, my draad trek deur haar linkerhand stadig heen en weer oor my skag te beweeg, voel ek hoe sy stadig die vinger – dit voel soos haar voorvinger – van haar regterhand in my hol begin opdruk. My oë staar nikssiende na die rugleuning van die leerbank terwyl ek voel hoe die vinger al dieper en dieper gaan.

Sandra begin om sulke kom-bietjie-hier-bewegings met haar vinger in my rektum uit te voer. Die druk op my prostaat en die stadig heen en weer skuiwende hand op my voël is een te veel. Dis asof die kleur van die bruin rugleuning voor my oë begin verander. Dit voel asof my hele lyf gelyktydig saamtrek en ontspan. Ek begin skoot na skoot lang drelle kom uitskiet. Langwerpige geelwit blertse verskyn op die bank se bruin rugleuning soos dit begin afdruip. Ek bly kom en kom, asof daar geen einde is nie.

Wanneer die laaste bietjie kom uit my voël uitdrup, voel ek hoe Sandra stadig haar vinger uit my hol uittrek. Haar linkerhand is nou stil, maar omklem nog steeds my voël by sy basis. As ek afkyk, sien ek sy skuif die hand skaglangs na my akker. Sy vang die komdrelletjie wat van die spleetjie druip met haar voorvinger voor dit val. Dan smeer sy die kom stadig oor die lengte van my skag. Ek hoor haar asem jaag.

“Verskoon my,” sê sy na ‘n paar sekondes en verdwyn dan in die gang af. Ek hoor haar haar hande was. Dan kom sy teruggestap met ‘n wit doktersjas wat sy vir my gooi en sê: “Nou ruil ons om!”

(Lees volgende episode HIER)

5 thoughts on “Selfaanvaarding (1)

  • Willewill

    Jan, hoekom hoor(lees) ons so selde van jou? Jy doen jouself en v.ons ‘n onreg aan want hierdie storie staan uit in afgeronde blinkheid!
    Dankie vir puik genot…maar ASSEBLIEF laat meer van jou hoor.

    Reply
    • Jan Pielewiet

      Hi Will.
      Man, as jy vir jou selwers werk en twee kinders het dan is tyd maar min om te skryf. Doen dit vir die lekkerte en so tussen al die ander dinge deur.
      Bly julle geniet dit, het darem nog so paar storielyne waarmee ek tans besig is en die een se opvolg is al klaar by die groot A.

      Reply
      • Willewill

        Kannie waggie, Jan!☺
        Dankie dat jy my punt ge-antwoord het, kommunikasie tussen skrywers is vir my baie belangrik.

        Reply
  • Janneman – absoluut uitmuntend geskryf.
    Sien uit na jou vervolg.

    Reply
  • Uitstekend. Dankie. Dit is heerlik om daardie eerste keer te onthou.

    Ek het jou storie baie geniet. Is jaloers op die spesiale ‘behandeling’ wat voorsgeskryf en geadministreerd was.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)