Totsiens vir eers

+4
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute

Liewe Kombiekiehierleser,

En so kom ons toe uiteindelik by die einde van hierdie jaar. Vir die meeste mense was dit ‘n onaangename een wat ons liewer wil vergeet en ongelukkig lyk dit asof die nuwejaar nie veel beter gaan begin nie.

Soos elke jaar word dinge op Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos stiller in Desember. Na die eerste paar jaar het ek gesien dat lesers ook drasties afneem, dis die vakansie-maand vir almal.

Lus gaan egter nooit weg nie en soms word dit selfs meer in hierdie tye wanneer groter dele van lywe met minder klere aan te sien is. 😉

Daarom sal ek (en ander van ons skrywers) die vakansie so bietjie aanhou skryf sodat daar stories is om Januarie weer groot te kan begin.

Ek gaan almal se lidmaatskap met so twee weke verleng om op te maak vir die stadiger Desember.

Baie, baie dankie vir diegene wat my deur die jaar aanhou ondersteun het met stories, deur lidmaatskap te koop en soms met donasies. Julle is wonderlik.

Kombiekiehier skuif al nader aan ons tiende verjaarsdag. Nog twee jaar. Ek beplan om daar te wees – ek hoop jy ook.

Geseënde Kersfees en belustige nuwejaar vir almal van julle.

Mag 2021 met ons almal sagter, maar meer sexy wees.

 

Met lus en liefde

Annelise

+4

13 thoughts on “Totsiens vir eers

  • Jan 13, 2021 at 5:09 pm
    Permalink

    “… kom terug met jou goddelike lyf ….”

    “Madam van Lus en Liefde”

    “sagter, meer sexier wees….”

    En dit as amper middel Januarie, en ek los nou eers n boodskap ….

    Ek het so ‘n paar woorde gaan aanhaal wat op jou van toepassing was, is en beslis nog gaan wees.

    Dankie vir jou en die ander wat op ‘n subtiele manier tog ‘n verskil maak.

    Reply
  • Jan 5, 2021 at 3:56 pm
    Permalink

    Is this for Afrikaans speaking people only?

    Reply
    • Jan 11, 2021 at 3:30 pm
      Permalink

      If you can understand Afrikaans you are welcome – but the stories are all Afrikaans.

      Reply
  • Jan 2, 2021 at 4:37 am
    Permalink

    Het jy al ooit daaraan gedink om ‘n podcast te doen? Ek sal dit beslis ondersteun.

    Reply
    • Jan 4, 2021 at 1:20 pm
      Permalink

      Hoe bedoel jy? Wat sal ek op die podcast sê?

      Reply
      • Jan 4, 2021 at 3:08 pm
        Permalink

        Jy (of iemand) kan die stories vertel of lees. Baie mense lees nie maar luister terwyl hulle in die kar ry of om hulle deur ‘n slapelose nag te kry sonder om ander wakker te maak.

        Reply
        • Jan 5, 2021 at 10:55 am
          Permalink

          Dis ‘n goeie idee. Ek wou al my stories in luisterstories verander maar ek is heeltyd ontevrede met my leeswerk of stem (mens haat mos jou eie stem) en ek het nie geld om iemand professioneel te betaal om dit te doen nie. Dalk kan ek hierdie jaar weer die moontlikheid ondersoek. 🙂

          Reply
          • Jan 6, 2021 at 2:50 pm
            Permalink

            Ek is seker jy klink beter as wat jy dink! Afrikaans is so ‘n mooi taal en daar is beslis ‘n algemene bevryding wat besig is om te gebeur. Ek dink nie dit hoef jou baie geld te kos om iets te begin nie. Kyk bietjie hier:

            https://www.thepodcasthost.com/planning/how-to-start-a-podcast/

            As jy eers aan die gang is kan jy iets soos Patreon gebruik waar mense jou kan support met klein donasies. Ek ondersteun onder andere True Crime South Africa.

            Reply
            • Jan 11, 2021 at 3:31 pm
              Permalink

              Cool dankie! Ek sal dit weer bietjie gaan navors met jou link as hulp. 🙂

              Reply
          • Jan 8, 2021 at 9:30 am
            Permalink

            Hi
            Ek wil net in antwoord op bg. denke aan jou noem dat ek ‘n stemkunstenaar is wat vanaf 1966 by SAUK betrokke is. As radiospeler (voor TV) en as oorklank akteur sedert die begin van SATV.
            Ek kan my dienste aan jou bied-GRATIS….uit liefde vir KBH, hoge agting vir jou as mens en omdat ek dit baie sal geniet om sodoende ‘n bydrae te lewer tot die sukses en voortbestaan van jou knap webwerf ?

            Reply
            • Jan 11, 2021 at 3:32 pm
              Permalink

              Dankie Will, ek sal bietjie als ondersoek en jou kontak oor jou aanbod. Dankie.

              Reply
  • Dec 12, 2020 at 2:19 am
    Permalink

    Dankie Annelise vir die voorreg om nog ‘n jaar in jou en al die Kom-Biekie-Hierders, getroues asook inloerders, se geselskap af te sluit.
    2020 is een van die swaarmoedigste, donker jare wat Suid Afrikaners (inderdaad die Wereld!) nog ooit beleef het….en niemand kan voorspel tot wanneer dit gaan voortduur nie.
    Die Land van Melk & Heuning het toegeslaan en die Virus met sy beperkings het elkeen tronke in sy eie hart laat oopgaan waarin hy/sy homself toesluit.
    Tog het ons by Kombiekiehier ons siele en lywe oopgehou. Genaai en lekkergekry in die knusse omarming van ons gemeenskaplike webwerf….en dis alles aan jou te danke wat onbaatsugtig voorgeloop het.
    Ons sal by jou staan tot die 10de verjaarsdag en daarna solank as wat dit menslik moontlik is.
    Geniet en drink jou welverdiende ruskans met diep teue in, ons gun jou dit en kom terug met jou goddelike lyf en skerpe intellek om weer die pas aan te gee in 2021.
    Geseende kersfees …”May the force be with you.”
    WilleWill

    Reply
  • Dec 11, 2020 at 11:25 pm
    Permalink

    Dankie Madam Lus en Liefde.

    Dit was ‘n great jaar met moerse jagse sexy stories wat baie lekker herinnerings oproep.

    Geniet jou vakansie en die feestyd.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)
Enable Notifications    OK No thanks