Die Rooi Windmeul
deur Uther Pendragon
‘n Skraal figuur hardloop deur die reën. Haar hakke maak klakgeluidjies op die nat keistene. Sy spring net betyds uit die pad van ‘n perdekar wat na haar toe aangeratel kom en trap in haar haas in ‘n modderpoel langs die pad.
“Merde! En dit net voor my werksonderhoud!” vloek sy toe sy, bo-oor die bondel in haar arms, na die modderspatsels op haar swart rok loer. Dit is net te ver van haar blyplek om nou om te draai om ‘n skoon rok te kry, want dan sal sy laat wees. Die bondel in haar arms begin kerm en sy draf onder ‘n stoep in om uit die reën te kom. Sy maak die tjaal oop en die blonde krulkopdogtertjie glimlag vir haar. Sy vee die slierte nat hare uit haar gesig en glimlag terug: “Alles reg, mon petit moineau, ons is nou-nou daar.”
‘n Kort rukkie later staan sy in ‘n stegie en klop by ‘n groen deur waarvan die verf afskilfer aan. Na ‘n ruk gaap die deur in ‘n knoffelwalm oop en ‘n ou vrou neem die kindjie by haar en gaan binnetoe. Die jong vrou draai om en hardloop verder.
* * *
Die vrou se kop is ongemaklik dwars teen die voetenent van die koperbed vasgedruk. Die bed skud met soveel krag dat dit stadig oor die vloer migreer. Die skwiek-klanke van die bedvere word al hoe vinniger. Die vet man se heupe pomp genadeloos met dowwe nat klapgeluide teen haar smal boude. Haar asem kom rukkerig onder die aanslag. Met ‘n brul kondig die rooi-gesig man sy orgasme aan en pomp sy sperms met kort stootbewegings in haar vagina in. Hy val met ‘n genoeglike kreun op die kussings agteroor en gebruik die laken om die sweet van sy bles kop en pofferige gesig af te vee.
Sonder ‘n woord staan sy van die bed af op en kry ‘n waslap uit haar sak en vee soveel van die sperms van haar labia en pubiese hare af as wat sy kan. Sy tel haar frilletjiesbroek, kouse en kousbande van die vloer af op en sit dit saam met die waslap in haar sak. Sy trek vinnig en stil die res haar klere aan en borsel haar yl vaalbruin haartjies terug.
Sy kyk na die man wat op die bed met toe oë lê, met sy sagte, maar steeds dikgeswolle slymnat penis lê soos ‘n obsene wors in die driehoek van sy buik en dye. Sy maak versigtig haar keel skoon. Hy kyk op na haar en vra: “Is jy nog hier?”
Huiwerig sê sy: “…die betaling, meneer?”
“Daar op die hoek van die laaikas,” antwoord hy bot.
Sy neem die muntstukke in haar hand en antwoord: “Maar dis net veertig centime meneer …”
“Dit is genoeg vir ‘n maergat teef soos jy!” blaf hy terug.
“Maar meneer … ek moet my huur betaal …” sê sy verboureerd.
“Fokof hoer – anders roep ek die polisie!” bulder hy agter haar aan terwyl sy by die deur uithardloop.
* * *
‘n Skraal rooikopman met kort baard kom staan by die kroegtoonbank.
“Goeienaand, wat kan ek vir meneer kry?” vra die swartkop kroegmeisie.
“Goeienaand Marie. Die gewone soos jy wel goed weet,” antwoord hy met ‘n dik Hollandse aksent.
Met ‘n glimlag skink sy ‘n groen melkerige vloeistof in ‘n glas en sit dit voor hom neer.
“Dankie,” sê hy en gaan sit op ‘n stoeltjie by die toonbank. Hy draai dwars en tuur deur die rookdampe oor die koppe van die mense wat by die tafeltjies sit heen. “Julle is nogal besig vanaand, nê?”
“Ek sou so dink,” sê Marie, “dit het so van vanmiddag laat begin opbou. Dis natuurlik die nuwe vertoning by die Moulin Rouge.”
Hy knik instemmend en betrag die paartjies wat met hulle swart aandklere by die tafeltjies sit. Sy blik skuif deur die rokeringe kroeg na die gaslampe teen die mure en sy sien hoe hy daarna bly staar.
Sy gedagtegang word deur ‘n stem langs sy knie gebreek. Hy kyk af en die dwerg herhaal sy versoek: “Gee my ‘n hand poephol, jy kan mos sien ek sukkel hier.”
“Jammer, Henri” sê hy en help die man met die potsierlike beentjies om op die stoel langs hom te kom.
“Naand, Henri” groet Marie hom en sit sommer met die intrapslag sy glas absinthe voor hom neer.
“Dankie, Marie” antwoord hy en vat ‘n sluk, “sjoe, julle is vol vanaand!”
“Soos ek vir Vincent gesê het – dis die nuwe vertoning by die Moulin Rouge.”
“Hehehehe …” lag Henri “hulle het seker met iets nuuts vorendag moes kom na die polisie laas week op hulle toegeslaan het. Ietsie meer betaamlik soos toe broeke dalk, of dalk nie … wat dink jy Vincent?”
Die maer man kom weer uit sy droomwêreld na die groepie terug.
“Henri vra wat dink jy van daardie kaalgat-hoere wat by die Moulin Rouge dans?” sê Marie.
“Ek het nie ‘n opinie daaroor nie,” antwoord hy stil en vat ‘n teug uit sy glas.
‘Wel ek dink dis skandalig,” sê Marie terwyl sy die glas in haar hand met ywer droogvee.
Die kelnerin kom by die toonbank aan met bestellings waarmee Marie help.
“Kyk wat het ek saamgebring,” sê Henri en maak die leerportefeulje op die toonbank voor hom oop. Vincent se oë skarrel honger oor die plakkaat wat te voorskyn kom en drink elke detail in.
“Ek hou van jou komposisie,” mompel hy “dis te plat … geen modellering … goeie kleurgebruik egter.”
“Dankie, ek sal dit as kompliment neem,” sê Henri en loer vir hom oor sy loep, “ek dink dis fokken fantasties.”
Vincent kyk skuins na hom en glimlag effens: “OK, dis fokken fantasties. Wie is sy?”
“Daai slet La Goulue natuurlik,” sê Marie skerp met ‘n afkeurende trek op haar gesig. “Henri is verlief op haar – net soos al die ander hoere daar by die Moulin Rouge.”
“Mens mag nie oordeel nie Marie,” sê Vincent sag, maar sy antwoord word deur Henri se bulderende gelag oordonder.
“Sy dans tot by die mans en dan skop sy hulle hoedens af en terwyl hulle na haar kwak staar suip sy hulle drank op,” vervat Marie, lank nie uitgewoed nie.
“O,” is al wat Vincent uitkry, terwyl Henri terugkap met: “En wat is nou so sleg daarvan? Elkeen kry wat hulle wil hê. Ek het al baie met drank vir poes betaal.”
“Later is sy so dronk dat haar mede-danseresse haar na die kleedkamer moet help,” sê Marie afkeurend terwyl Henri net vir haar lag.
“Waarvoor is die plakkaat in elk geval?” vra Marie.
“Meneer Villemont het my daarvoor betaal. Hy wil dit as advertensie vir die nuwe vertoning gebruik. Jy sal maar gewoond daaraan moet raak om in La Goulue vir die volgende paar weke vas te kyk, Marie, want ek is seker die plakkate gaan ook hier opgesit word.”
“Wel, ek dink dis walglik,” sê Marie.
“Wat bedoel jy – La Goulue of my plakkaat?” vra Henri gemaak-geskok.
“Altwee,” bits Marie terug.
“Wat? Hoe kan jy so sê?” vra Henri in ‘n gekrenkte toon.
“Kyk net daar – kyk net hoe wys die man se hande na hulle geslagsdele!”
“Goeie God! Nooit!” roep Henri uit terwyl hy na sy plakaat met ‘n verbaasde uitdruking op sy gesig betrag. “Jy is reg Marie! Jy het so ‘n skerp oog – ek sou nooit jou kon flous nie!” roep hy uit en bars uit van die lag terwyl sy kwaai na hom met ‘n blos op haar gesig kyk.
“Ek kan nie verstaan hoe julle perverte daarmee wegkom nie! Vrouens is meer as net dose weet jy?” roep sy uit.
“Ek weet, ek weet …” antwoord Henri met ‘n sedige toon, “… hulle het monde, bene, boude, tiete en holle ook!” kraai hy uit van die lag terwyl sy hom met die vatdoek ‘n klap gee voor sy weer met bestellings help.
Henri leun oor na Vincent en sê vertroulik: “Verskoon maar Marie se krapperigheid. Ek hoor sy was weer vir ‘n onderhoud om by die Moulin Rouge te dans, maar was weer afgekeur. Sy is bietjie preuts en wil nie haar doos en boude vir mans afwys nie.”
Vincent antwoord: “En dis haar reg om te weier.”
“En hulle s’n ook,” voeg Henri filosofies by terwyl hy die plakkaat in die portefeulje terugsit.
Vincent staan op en sit geld op die toonbank neer en sit sy hoed op sy kop. Marie kom nader en vra: “Is julle reeds oppad?”
“Hy ja, maar nog nie ek nie” antwoord Henri: “Die aand het pas begin.”
“En jy, waar is jy so vroeg oppad heen – seker na ‘n prositituut iewers, nê?” vra sy.
“Nee Marie, ek is nie. Jy moenie mense so vinnig oordeel en veroordeel nie. Jy weet nie wat daartoe gelei het wat mense se lewenskeuses gevorm het nie. Mense is eintlik wesenlik goed, al dink jy nie so nie, al dink die kerk nie so nie en al weet hulle dit nie. As jy net dieper kyk sal jy iets moois, iets kwesbaars en ‘n klein sprankie hoop in elke mens sien. Ek glo dat om almal lief te hê, die grootste kunswerk is.” Soos hy verbystap sê hy vir haar: “Nag Marie – ek is lief vir jou ook.”
Henri sê niks maar staar net na die glas voor hom op die toonbank. Marie staan stil en staar Vincent agterna tot hy by die deur die donkerte in is, en dan gee sy ‘n nat snuif en begin sy met harde, groot bewegings die toonbank skoonvee.
* * *
Die vrou op die bed se kop skud so wild dat die man wat voor haar langs die bed staan, haar kop moet vashou sodat hy sy penis in haar mond kan indruk. Haar oë is toe en haar hare plak in nat donkerbruin slierte teen haar beswete kop vas. Sy maak dadelik haar mond oop toe sy die dikgewolle eikel op haar lippe voel en begin hard daaraan suig soos ‘n dorstige kalf ‘n speen sal suig. Sy is omtrent tien jaar ouer as die twee jong mans by haar. Die jong man wat haar van agter ry, buk vooroor en gryp haar wild-swaaiende borste van weerskante vas, trek dit skuins agtertoe en begin dit hard knie. Sy begin hard deur haar neus asemhaal terwyl sy nog harder aan die eikel in haar mond suig. Die man gryp haar agter haar kop vas en druk sy penis dieper en dieper in haar keel af totdat sy tussen dringende asemteue stik- en braakgeluide begin maak. Die jong mans se orgasmes tref hulle omtrent gelyk en hulle steune meng met hare in ‘n kakofoniese crescendo. Die man wat staan trek sy nat penis uit haar mond en hy sien hoe die sperms uit haar mond oor haar lippe in wit borrels uitdrel en teen haar ken afloop. Hy skep dit met sy vingers van haar ken af op en druk dit hardhandig in haar sagte oop mond in en sê: “Jy moet sluk hoer – watse halwe werk doen jy?” Hy klap haar hard deur die gesig en sy val om op die bed en krul in ‘n fetale posisie op. Soos sy haar bene teen haar bors optrek, word haar boude ontbloot en die jong mans sien hoe haar anus oopgaap en die sperms daar ook uitborrel. Die klapper stap na die hangkas en haal ‘n beursie uit. Hy haal geld daaruit en gooi dit op haar opgekrulde lyf en sê aan sy vriend: “Volgende keer betaal jy uit jou sakgeld hoor! Ek moet nog my handboeke koop”.
***
Gelukkig is dit somer. Die sagte gebrabbel van vrouestemme word nou en dan deur ‘n skril lag of ‘n uitroep deurboor. Die vrouens staan in die sygang wat na die stoorkamer lei. Die stoorkamer word twee-weekliks op ‘n Maandag deur ‘n dokter as ‘n ondersoekkamer gebruik. Dit is La Chabanais se beleid om sy meisies gereeld medies te laat ondersoek sodat hulle in top-kondisie bly en om te verseker dat hulle nie veneriese siektes tussen kliënte oordra nie. La Chabanais, een van die voorste bordele in Parys, het ‘n reputasie om te handhaaf. Die gedrang van vrouelywe gaap oop om ‘n ouer vrou deur te laat, sy stap tot voor in die tou.
Dit is Bebe, sy is 52 en die oudste van die prostitute. Sy is lywig en haar chemise bedek beswaarlik haar groot boude en dye en mens kan duidelik haar groot borste sien wat tot op haar boepmagie hang. Haar tepels punt ondertoe. Haar hare is gitswart gekleur en die grimering bedek nie die plooie om haar oë en mond nie. Tog is sy een van die mees bekende en gewilde prostitute in Parys en sy is maande reeds vooruit vol bespreek, want sy kan goed doen wat ander vrouens nie wil doen nie en mans net oor kan droom. Die ander prostitute respekteer haar en sien haar as ‘n ma-figuur. Anders as by ander bordele, lei sy die nuwelinge op en nie die madame nie.
Die vrouens staan gemaklik in hulle nagklere rond, meeste is kaalvoet. Die dokter het al alles gesien en daar is niks om voor skaam te wees nie. Hier krap iemand haar boud, en daar steek iemand haar hare met ‘n kam vas. Dit gaan ten minstens ‘n uur of twee vat. Die geselsies wissel van: “My dogtertjie is nou al vier jaar oud”, “myne is nou amper drie”, “ek het iemand spesiaal ontmoet …”, “my ma pas haar op wanneer ek werk”, “Meneer du Bois is spesiaal”, “wanneer ek genoeg geld gespaar het…”, “die ou vark, hy wil hê dat ek sy hol moet lek …”, “hulle bly by my suster op die plaas, sy sorg mooi vir hulle …”, “hy gee my altyd ‘n geskenkie …”, “dis net tydelik, eintlik is ek ‘n danser …”, “dis weer Dr. Lefebre ek is seker die ou bok hou van my – ja ernstig – hy rek my oop en staar langer in my kont in as wat hy met julle doen …”, “partytjies? Nee ek was nog nie vir ‘n partytjie bespreek nie …”. “nee hy is anders as ander mans …”, “kan jy die plooitjies langs my oë sien?”, “hy laat my spesiaal voel, dit is selfs lekker vir my …”, “ek stuur die geld vir my ma, sy moet vir medisyne betaal …”, “jy moet my dogter sien, sy is so mooi sy gaan eendag enige man se voete onder hom uitslaan”, “my tiete begin hang, maar dit sit nie hulle af nie”, “hy gaan my kom haal sodra hy werk gekry het …”
* * *
Die rooi fluweel gordyne gaap oop en met ‘n hoë jilgeluid peul ‘n string danseresse daardeur. Hulle rokke swaai en draai om hulle welgevormde bene wat in gelid heen en weer swart onder die rokke in en uit flits. Elke vrou se groot borste skud ritmies onder hulle bloese saam met die volstruisvere in hulle haartooisels. Die tempo word al hoe wilder en een na die ander danser breek uit gelid en dans tussen die tafels deur om spesiaal vir die kliënte te dans. Duidelik kry sekere kliënte voorkeur – dit is ‘n ope geheim dat sommige van die danseresse met van die ryker en invloedryke kliënte slaap en dié wat nog nie permanente reëlings het nie, flirt met potensiële beskermers.
Maar meeste mense se oë is op La Goulue gerig met die hoop dat sy weer iets wilds en uitspattig sal aanvang. Inderdaad – sy is oppad na die ambassadeur van Spanje se tafel. Hy is duidelik reg vir haar – daar is ‘n brandewynglas op die rand van sy tafel. Sy dans tot voor hom en skop haar hoëhakskoen verby sy kop en dan kom sy met haar enkel te ruste op sy skouer. Sy vat die glas en met ‘n glimlag drink sy die brandewyn stadig op terwyl hy tydsaam die detail van haar geslagsdele kan indrink Sy is trots op hoe dit lyk – die ruie bos swart kroese met die pers-rooi labia wat daardeur peul, fraatjies deur die spleet in die wit valletjies broek geraam.
Die danseresse dans al heupswaaiend en jillend terug na die verhoog vir die laaste deel van die dans. Nou skop hulle hul bene half op – die kant toe en dan daardie kant toe en dan – die deel waarvoor almal wag – die hoogskop. Die bene flits nou in gelid op en af en almal kan sien hoe die wit onderrokke oopblom met die pienk dye wat bo die swart kouse uitsteek wat op en af beweeg. En dan, ritmies vir ‘n sekonde op ‘n slag, gaap hulle broeksplete oop en die mense gaan mal en daar is ‘n gefluit en geroep en handeklap. In plaas daarvan dat hulle vooroor buig vir die applous, draai hulle om en lig hulle rokke op om hulle boude vir die gehoor te wys met hulle boudnate duidelik sigbaar deur die broeksplete.
* * *
Sy is aan haar polse vasgemaak en hang van die reëling langs die trappe van die herehuis. Sy is pragtig, haar borste staan puntig opgelig, haar ribbes en maagspiere is net-net sigbaar onder haar vel. Hy vee die leergordel liefderyk oor haar middel en volg die kurwe van haar rug en oor haar ronde boude. Hy drink die kurwes van haar lyf in, en haar half-deursigtige wit vel waaronder die fyn blou aartjies sigbaar is en die fyn dons wat haar vel bedek. Hy beweeg die gordel stadig oor die ronding van haar maag en dan af oor haar bos tussen haar dye. Hy druk met die gordel haar teen haar heupbeen sodat haar lyf stadig linksom draai. Haar onskuldige rug met die donker bruin-rooi haarlokke wat tussen die puntende bladbene hang kom stadig in sig.
Sy hang stil in afwagting. ‘n Klap en ‘n snak eggo in die kamer. ‘n Rooi haal verskyn oor die wit rug – soos ‘n blerts bloed in die sneeu. Hy kyk daarna vir ‘n ruk. Dan klap die tweede, die derde en aan en aan totdat die rooi haar rug soos haar gille die kamer vul.
Hy maak die tou van die reëling los en sy val op die vloer neer. ‘n Marmerbeeld – buiten vir die rooi rug en hare en die vlak-deinende borskas. Hy gaan staan wydsbeen oor haar en kyk hoe sy wit sperms oor haar rooi rug blerts. Eers rooi op wit, nou weer wit op rooi. Alles is weer reg.
Hy stap uit die ingangsportaal na die kombuis waar sy lakei vir hom wag. “Ek is klaar. Trek haar aan en neem haar terug. En moenie aan haar karring nie. Sê vir die madame dat ek haar weer volgende week nodig sal hê.”
* * *
Die vrou staan by die spieël wat van ‘n spyker aan die muur in die skuinsdak dakkamertjie hang. Sy kam haar rooiblonde hare terug en maak dit met knippies bo-op haar kop vas. Sy pluk die haartjies rondom haar tepels en tussen haar wenkbroue met ‘n haartangetjie uit. Sy sit ‘n druppel parfuum agter haar ore en op haar polse en op haar pubiese hare. Sy streel met haar hande oor haar lyf en dan trek sy haar kouse aan en maak dit met kousbande vas. Daarna trek sy haar bra en broek aan. Dan sit sy onderlaag oor haar gesig en beskou dit krities terwyl sy dit van kant na kant draai – mens kan nie die groen-geel kneusplek sien nie. Die swelsel het al genoeg gesak sodat dit nie te opvallend is nie – veral nie in die skemer van ‘n kroeg nie. Sy trek haar bloes en romp aan en dan poeier sy haar wange en sit lipstiffie op jaar lippe. Laastens sit sy op die rand van die bed en trek haar hoëhakskoene aan.
“Mamma lyk mooi,” kom die stemmetjie van die bed.
“Dankie mon petit moineau,” sê die vrou en gee haar ‘n soen op die kop. “Soet wees, mamma is bietjie later terug vir ontbyt. Slaap nou.”
“Ek wil eendag so mooi soos mamma wees,” hoor sy soos sy die deur agter haar toemaak.
7 COMMENTS
Poetic and gripping…this man seems to have such insight into life.
Uther, absoluut manjefiek geskryf. Die arme prostitute het dit darem ne aldag maklik nie.
En aan al die geagte lesers van hierdie webwerf wil ek net se… Julle sal nie gou weer so ‘n goeie erotiese storie lees nie.
Dankie Ramkat
Absoluut Ramkat! Die briljantheid van Uther verstom mens keer op keer.
Ek saluut jou, Uther.
Uther! Annelise!…Gaan asb. aan met die storie, verdomp!
Wille Will, my stupid rekenaar het net helfte van die storie gepost. Lees hom asseblief weer hy is nou volledig.