
Die pelsskoentjies
deur Uther Pendragon
Die enigste klank in die koue, donker herehuis kom uit die kombuis. Dit is die stem van ‘n jong vrou wat saggies ‘n treurige liedjie sing. Die kombuis ruik na dennehars, rook, uie en preie. Die geel vlamme lek om die dennehout wat pas in die groot vuurherd gepak is. Die rook trek tussen die groot swart ysterpotte wat van hul hake hang, in die skoorsteen op.
Die meisie sit op ‘n driepoot stoeltjie en skil aartappels. Haar hare blink goud in die skuins straal laatoggendson wat die donker vertrek verlig. Die drywende stoffies wat deur die son verlig word vorm ‘n stralekrans om haar kop. Sy sit diep ingedagte met ‘n effense frons op haar voorkop terwyl sy die aartappels een vir een in die groot pot op die vloer tussen haar kaal voete laat val. Sy wieg amper onopsigtelik vorentoe en agtertoe terwyl sy sing. Sy skil en skil en sing en sing en mettertyd verdiep haar frons algaande terwyl haar wiegbewegings al hoe duideliker word terwyl ‘n blos oor haar bors, nek en wange sprei.
Sy sing nou nie meer nie en haar hande lê slap op haar vuil voorskoot. Haar oë is toe en haar asemhaling is nou diep en reelmatig. ‘n Lagie sweet blink op haar blosende gesig. Sy wieg nou hard vorentoe en agtertoe op die stoeltjie. Haar heupe kantel heen en weer. ‘n Diep sug ruk deur haar lyf en sy vou vooroor terwyl haar boude nou op die sitplek stamp. Die mes en aartappel val uit haar hande in die pot.
Sy sit regop en leun agtertoe teen die kas terwyl haar borskas op en af dein soos haar asem jaag. Toe haar asemhaling bedaar maak sy haar oë oop en kyk amper verward om haar heen al asof sy vir die eerste keer als om haar sien. Sy sit vir ‘n rukkie stil en dan lig sy haar vervlenterde rok en voorskoot op om haar plomp wit dye te ontbloot. Sy sit agteroor en reik met haar vingers tussen haar welige bos hare in en trek ‘n groot voorwerp uit. Die dik glasvoorwerp blink in die sonlig – nog meer so weens die slym wat dit bedek. Sy staan op en gaan was dit in ‘n emmer water skoon voor sy dit afdroog en in ‘n lap toedraai en in haar voorskootsak indruk.
Sy onthou nog die dag toe sy die ding in haar ma se kissie onder die bed ontdek het. Hulle het als gevat wat aan haar ma gehoort het, maar hulle het nie die kissie raakgesien nie. Sy het mettertyd gereken dat haar pa waarskynlik dit vir haar ma gekoop op een van sy diplomatieke reise. Dit is duidelik die handewerk van ‘n meester glasblaser en was moontlik spesiaal op bestelling vir haar pa gemaak. Haar pa was baie lief vir haar ma en het sekerlik vir haar hierdie troosding aangeskaf om haar te vermaak terwyl hy vir lang tye weg van die huis was. Mens kan selfs die kurkproppie op die basis uittrek en warm water in die hol binnekant gooi om dit nog meer soos die regte ding te laat voel. Die enigste verskil tussen die ding en die ware jakob – buiten natuurlik dat dit hard is en van glas gemaak is – is die groote daarvan. Dit is baie groot. Die meisie weet dit nog nie, want sy het nog nooit, buiten vir plaasdiere, ‘n man se roede in sy volle glorie gesien nie. Dit het haar jare geneem om haarself groot genoeg oop te rek om die hele fallus in haar op te neem. Maar dit was jare van ‘n lekker gesukkel. Wanneer sy alleen is, of verveeld is, of bronstig is dan kom haar glastrooster, wat sy altyd by haar gehou het, uit.
Toe haar ma dood is het haar pa toe met daardie verskriklike vrou getrou. Sy en haar dogters het alles wat aan haar en haar ma gehoort het geplunder tot daar niks oor was nie. Die verskriklikheid en eensaamheid was net vererger deurdat haar stiefma en haar stiefdogters haar soos ‘n slaaf laat werk het. Hulle het al die bediendes afgedank en sy moet sielsalleen die hele herehuis skoonhou, kere was en kook en dan is hulle nog steeds met niks tevrede nie.
Al troos wat sy het is die ou bokooi wat vir haar nou en dan kom besoek en haar geselskap hou. Dit was die vreemdste ding – kort na haar ma se dood het hierdie bokooi by die agterdeur opgedaag. Sy hou spesiaal die groentelowwe vir haar en voer haar in die kombuis. Sy is doodmak en staan net daar en soms blêr sy sag asof sy instem met watookal die meisie vir haar vertel. Dit is nou maar net so – met gevolg dat niemand daar is om met haar te gesels nie, gesels sy maar met die bokooi en vertel haar als van wat gebeur in die huis. En so vertel sy die bokooi dat haar stiefma en susters vroeg die dag reeds weg is om goed te koop en hulself op te tof, want hulle is na die bal genooi wat die prins gereël het. Al die jong hubare vrouens in die koninkryk is na die bal genooi sodat die prins een as vrou kan kies. Natuurlik kon sy nie saamgaan nie – dit het haar stiefma en susters haar goed laat verstaan en buitendien het sy niks om daarheen aan te trek nie.
Die bokooi bler skielik skerp en byt die meisie se voorskoot met haar lippe vas en trek haar in die rigting van die agterplaas. Verward volg die meisie die bokooi na die skuur. Daar is trommels en kaste in die skuur en sommige is toegesluit. Die bokooi stamp die een kas hard en ‘n versteekte laaitjie spring oop. Daar is ‘n sleutel in die laaitjie en die meisie haal dit uit. Die sleutel pas in die slot van die kas. Sy snak na haar asem toe sy haar ma se rokke in die kas sien. Alles is nog steeds soos sy dit as jong meisie onthou. Veral die een rok waarvan sy die meeste hou – ‘n donkerblou rok van sy met kantwerk op die kraag en moue. Sy pas dit aan en dit pas haar perfek. Onder in die kas kry sy haar ma se pelsskoentjies. Net toe sy dit wou aantrek sien sy hoe vuil haar voete is – ene as en modder. Hulle spot altoos met haar omdat sy altyd so vuil en vol as is …
Sy gaan bad en trek haar ma se rok en skoene aan. Dit voel so goed en sy kyk na haarself in die spieël – sy lyk soos iemand anders – sy lyk soos haar ma toe sy jonk was. Skielik krimp sy ineen van skaamte en vrees. Wat dink sy doen sy? Wat sal gebeur as iemand haar erken? Wat gaan hulle aan haar doen as hulle by die huis kom en sy nie daar is nie? Die onsekerheid laat haar na haar sakkie reik en sy haal haar trooster uit. Dit sal haar beter laat voel – sy weet sommer. Hoe dikwels het sy nie in die verlede van haar stiefma se kwetsende woorde weggeskarrel en ‘n bietjie later doodgeduldig en gedwee teruggekeer na haar werk terwyl die swetse op haar neerreën terwyl haar binneste vol en lekker voel? Sy gaan dit weer doen en sy lig haar rokke op en druk dit in haarself op. Sy het geleer om dit vir lang tye binne haar te hou deur om haar plomp dye teen mekaar vas te druk.*
Sy was net reg om na die kasteel te stap – dis ‘n entjie weg, maar sy sal dit in onder ‘n uur kan doen. Groot was haar verbasing toe sy die voordeur oopmaak en ‘n leë koets met perde en al in die voorhof sien staan. ‘n Lakei buig voor haar en maak die koetsdeur vir haar oop en help haar om in te klim. Op pad na die kasteel kan sy nie glo dat so ‘n wonderlike ding met haar gebeur het nie. Alles blink en sy vryf met haar hand oor die oranje fluweelbekleedsel. Alles was so fantasties dat sy nie eens die vae pampoenreuk opmerk nie.
— – – 0 – – – –
Die prins vra die meisies om die beurt om te dans. Elkeen kry ‘n beurt. Dit word al laat en uiteindelik is sy die laaste meisie wat nog oor is. Die prins steek sy hand uit na haar en sy staan op en sit haar hand in syne. Sy het alleen by ‘n tafeltjie in die hoek van die balsaal gesit en het hom die hele aand dopgehou terwyl hy met die ander meisies gedans het. Sy het met ope bewondering na hom gestaar en sy kenmerke ingedrink – van sy gelaat, sy groot postuur, sy breë skouers, sy sterk arms, sy swaaiende heupe … Sy is smoorverlief op hom. Sy het deurentyd heen en weer op die maat van die musiek gewieg en soms deur die aand het haar blos verdiep terwyl haar ooglede swaar hang terwyl en sy swaar asemhaal.
Sy sug diep van genoegdoening toe hy haar teen sy bors vasdruk toe hulle begin dans. Sy kon al van kleins af dans – haar ma het haar geleer toe sy maar agt was en sy kon alles nog onthou – al was dit nou 15 jaar later. Die prins het geweldige stamina en hy draai en swaai haar sonder dat hy ‘n sweem van uitputting toon – al het hy alreeds vir ure gedans. Sy staar in sy gesig terwyl sy sy hande op haar lyf voel en toe hy haar weer teen hom vasdruk sodat haar borste teen sy borskas platdruk, voel sy ‘n knop teen haar maag druk. Sy swymel van wellus en gretig sprei sy haar dye oop toe hy sy bobeen tussen hare tydens ‘n draaibeweging indruk.
Hulle dans nou teenmekaar vasgeklamp en sy kan voel hoe hy sy heupe ritmies teen haar lyf druk. Sy druk haar heupe teen dieselfde ritme teen sy dy. Haar trooster pomp diep in haar in. Haar oë val toe in ekstase. Hy kan die nattigheid oor sy dy voel sprei. Hy dans met haar tot op die terras buite die balsaal en kyk af na die geluksalige uitdrukking op haar gesig. Haar oë is steeds toe, maar haar sagte lippe gaap oop soos sy diep asemhaal. Die maanlig glinster op die lagie sweet wat op haar voorhoof pêrel.
In die privaatheid wat die potplante op die terras verskaf sak sy hande na haar heupe toe af en hy gryp haar boude vas. Hulle bewegings is steeds ritmies op die maat van die musiek, maar hulle dans nie meer nie. Hy soen haar oop mond wat gewillig terugsoen terwyl hy sy ereksie hard teen haar pomp. Sy reageer deur om sy tong te suig en met dieselfde vurigheid haar heupe teen sy dy te stamp. Skielik voel hy haar lyf saamtrek terwyl haar dye om syne vasklamp – die warm nat plas sprei oor sy dy. Sy gil in sy mond in. Dit voel vir hom asof sy ereksie wil ontplof. Hy hou haar slap lyf in sy arms vas en soen haar op die kop.
Daar is ‘n geroesemoes op die trappe langs die terras. Tussen die blare deur kan hulle die stiefma wat al swetsend na hulle koets toe loop met haar dogters wat agterna strompel. “Julle nuttelose sofapoepers! Julle kan net tee drink, koek eet en skinder! Julle het vanaand julle kanse verspeel om die prins te vang!” Sy bondel haar twee protesterende dogters in die koets in en begin na die koetsier roep wat seker saam met die ander iewers sit en suip.
Sy ruk uit die prins se arms los en stamel – “ek is jammer, ek is so jammer … ek wens ek kon hier bly” en sy draai om en hardloop weg. Sy ruk haar rokke op sodat sy so vinnig as wat sy kan by haar koets kan uitkom en soos wat ons kan raai – val daar iets op die trappe.** Die prins wat agter haar aangehol het buk vooroor en raap dit op. Nou as dit nie was dat hierdie voorwerp deur een van die beste glasblasers van dik glas gemaak was nie, het dit waarskynlik gebreek. Die prins kyk na die voorwerp wat blink in die maanlig en lig dit na sy neus op en adem diep in.
— – – 0 – – – –
Die soektog na sy naamlose beminde het epiese afmetings aangeneem. Vir dae en weke het die prins en sy kneg van huis na huis gegaan en met meisies en hul baie inskiklike ma’s onderhoude gevoer. Natuurlik was die meisies wat geskok op die voorwerp gereageer het en met walging na die prins se voorstel geluister het onmiddelik uitgeskakel. Maar interessant genoeg het meeste meisies beweer dat, ja – die voorwerp inderdaad hulle s’n is en die ma’s was gereed om hulle dogters se eer te verdedig en hulle dogters se bewerings te beaam. So het een na die ander voor die prins gaan lê en hulle bene vir hom oopgespalk. Keer op keer het hy sonder sukses die voorwerp probeer indruk – ten spyte van die meisies se vasberade en entoesiastiese pogings en die ma’s se aanmoediging, dreigemente en pleitdooie. Ongeag al die betrokkenes se bestepogings was daar geen meisie wat groot genoeg was om dit te kon hanteer nie.
– – – – 0 – – – –
So het dit gekom dat die prins een dag by die herehuis opdaag. Dit was die stiefsusters se beurt. Die gretige stiefma gaan haal haar blosende dogters. Die prins deins bietjie terug by die aanskoue van hierdie onooglike meisies – hy is seker dit was nie een van hulle met wie hy laaste gedans het nie, maar hy was sonder sukses nou al by elke huis in sy koninkryk aan – hierdie is die laaste huis en hy is desperaat. Hy moet eenvoudig die wonderlike meisie weer vind.
Na die gille en kreune kom hy moeg uit die laaste stiefsuster se kamer. Hy draai na die handewringende ma wat angstige verskonings aanbied en vra – “is daar geen ander meisies in hierdie huis nie?” Die vrou antwoord: “beslis nie!” Die prins se kneg sê: “Daar is beslis nog ‘n meisie wat hier bly – ek het vir haar pa gewerk en ek weet sy bly hier”. Woedend draai die prins na die vrou en beveel haar: “Gaan haal hierdie meisie anders slaap jy vannag in die kerker!”
– – – – 0 – – – –
Die prins stap agter die meisie na haar kamertjie wat agter die kombuis geleë is, aan. Hy verduidelik vir haar waarom hy daar is en sluit die deur agter hom toe. Sy lag oorstelp van vreugde en gaan lê gewillig agteroor op die bed. Sy maak haar bene wyd oop en hy sien hoe haar welige blonde bos persrooi oopgaap. Ongeag haar vuil roet-besmeerde lyf, voel hy hoe hy hard word. En toe hy die glasvoorwerp in haar indruk en dit gemaklik sy volle lengte tot teen sy basis in haar opgly voel dit vir hom asof hy wil bars van wellus. Sy snak van lekkerte en kyk blosend na hom en sê sag en innig: “Ek wil nou vir die eerste keer ‘n regte man in my hê.”
Hy haal sy groot kloppende ereksie uit en vertoon dit trots aan haar. Haar oë bly strak op sy kloppende roede gerig en dan sê sy bemoedigend: “moenie bekommer nie – ek weet dat dit nou-nou groot en styf sal word” terwyl sy dit streel. Die uitdrukking op sy gesig verander van ekstaties, na verwarring en dan paniek – “Maar ek is styf” stamel hy – “dis hoe groot ek word.” En dan besef hy dat hy hierdie meisie nooit sal kan bevredig nie. ‘n Oerwysheid help haar om te snap wat aangaan en sy herstel vinnig en glimlag liefderyk en innig vir hom. Sy gaan kniel op die bed met haar boude na hom toe. Hy kan deur die deursigtige basis sien hoe die dik glasbuis deur haar oopgespalkte rooi binne-vleis omgewe is. Die drukking van die voorwerp in haar laat haar sfinkter dik uitstulp en ooprek. Sy kyk na hom oor haar skouer en sê hees en intens vir hom: “Ek wil nog steeds jou in my hê.”
Toe die stiefma en haar dogters die gille agter die deur hoor opklink skater hulle eers van leedvermaak, maar hulle smalende gesigte verstrak toe die tweetjies nat van die sweet, blosend en glimlaggend met hulle arms om mekaar uit die kamer kom. Toe weet hulle dat niks meer dieselfde sal wees nie.
– – – – 0 – – – –
Kort daarna is die twee getroud en die hele volk het feesgevier. En as hulle twee nog lewe is hulle nog steeds in mekaar se arms en soos ons kan raai is die houtkissie nooit ver nie.
* Hierdie storie speel ongeveer 400 jaar gelede af. Columbus het reeds aartappels en pampoene na Europa gebring. Maar dit is omtrent drie eeue voor panties ontdek is.
**Hierdie storie (natuurlik ‘n ander weergawe daarvan) is oorspronklik deur Charles Perrault’s in sy werk Histoires ou contes du temps passé avec des moralités in 1697 gepubliseer. Hy was nie die oorspronklike verteller nie, maar soos wat die Broeders Grimm Duitse volksverhale opgeteken het, was hy ‘n kultuurhistorikus wat oorspronklike Franse volksverhale opgeteken het. Tydens die vertelling van hierdie verhaal het hy “pantoufle de vair” (pelspantoffel – spesifiek die tipe tweekleurige pels wat mens van eekhorings kry) met die homofoon “pantoufle de verre” (glaspantoffel) verwar en sodoende het een van die misleidendste frases in ons verhaleskat sy inslag gekry. Ek wil graag glo dat daar egter wel iets van glas op die trappe op daardie veelbewoë aand agtergebly het – maar dit was onmoontlik ‘n glasskoen. Daar was egter glas-dildos in daardie tyd, maar hulle was baie duur en was deur spesialis glasmakers vir ryk kliënte gemaak. En buitendien dit sal soveel meer pret wees om glasdildo op jong dames uit te toets as ‘n lawwe pelsskoentjie.
Skildery: Jong maagd gesodomiseer deur die horings van haar eie reinheid. Deur Salvador Dali (1954)
9 COMMENTS
Goeie, interessante en geilmakende storie! Die deursigtigheid vanaf die basis en die blik op die omgewende vlesigheid het my nogal lekker opgegeil. En as mens daaraan dink dat glasblasery al onder die Romeine bekend was, is glasdildo’s dalk al langer in omloop as wat mens dink. Die eerste verwysing in geskrifte is egter ongeveer 1590.
Die verhaal het my laat dink aan ‘n ou huis wat ek eens op ‘n tyd gehuur het en waar ek tussen allerlei rommel – duidelik uit ‘n tydperk wat die eerste helfte van die vorige eeu uitgemaak het – ‘n houtdildo ontdek het. Dit was ‘n perfekte een, ooglopend met die hand gemaak, maar baie realisties. Soos ‘n regte fallus was die skag omtrent 12-13 cm in omtrek. Dit was nie perfek rond nie, met ‘n platterige bokant. Verder was daar ‘n effense opgehewenheid in die langsrigting aan die onderkant (soos die uitbulting weens die uretra by ‘n regte fallus).
Die glans van die akker was glad afgewerk en aan die voorpunt was dit kompleet met ‘n groefie wat die spleetjie voorgestel het.
Aan die agterkant van die akker was daar ‘n mooi gevormde rif (korona) – een wat ek dink weens sy opgehewenheid nogal baie plesier sou verskaf.
Aan die onderkant van die eikel kon mens die twee uiteenlopende lobbe wat die frenulêre driehoekie vorm duidelik sien. Daar was selfs ‘n skynsel van ‘n toompie (frenulum) in die holte.
Van die tippie van die akker tot die basis van die skag was dit, ek skat, so 16-20 cm lank. Oor sy lengte was die skag effens krom, natuurlik om ‘n effens opwaarts krommende fallus te emuleer.
Aan die basis was daar ‘n korterige handvatseltjie wat aan sy uiteinde effens dikker was, natuurlik vir ‘n goeie greep – sodat dit nie maklik uit jou hand sou gly nie. Die handvatsel was perfek rond en duidelik op ‘n draaibank gedraai en daarna met skuurpapier mooi afgewerk. Tewens die hele kunsvool was besonder glad met fyn skuurpapier afgewerk. Ek kon nie uitmaak watter sort hout is gebruik nie; mens kon egter sien dit was van hoë kwaliteit – dalk mahonie.
Die hele ding moes baie ure, selfs vir ‘n ervare houtmodelleerder, geneem het om te maak. Ek is seker daar was ‘n dame (dalk meer as een!) wat baie genot daarmee gehad het.
Lekker warm goed vertelde storie
My lus het ook gestyg en Ek wil graag ‘n glas vibrator probeer!
Dit Klink eksoties eroties!
Uther, kan Ramkat, Ysbeer en ek die 3 beertjies wees as jy daarby uitkom ?
Kanniewag vir Rooikappie nie…. lol
Jy gaan blykbaar nie lank moet wag nie 😉 Ek het al ‘n voorskou gehad … 🙂
Weereens meesterlik gedoen Swerwer, baie dankie.
Ek is mal oor hierdie sexy-oorvertel van ‘n storie waarmee ek grootgeword het. En my glas-dildo is ook my gunsteling ene, so ek weet hoe sy gevoel het. 😉
Die tema en konsep van ” Aspoestertjie ” word in verskeie volksverhale dwarsoor die wêreld in verskeie vorms en gedaantes oorvertel. Hierdie is ‘n voorbeeld uit die tydperk wat Uther Pendragon altyd so meesterlik vir ons mee vremaak. Skitterend !
Laat mens wonder van wanneer dateer die “dildo” ?
Blerrie goed nagevors en nog beter geskryf.
Ek klink ‘n glasie sjampanje.
Maar jy sê die ding was hol?
‘n Beter opsie, dan!
à votre santé!