
Liedjiestorie: Do that to me one more time…
deur Ramkat Erasmus
Hoe verder die GPS die kilos aftel, hoe groter word die holkol op haar maag. Sy skud haar kop – geirriteerd met haarself. Na maande se wroeg en lees en wonder het sy die besluit gemaak en dis nou te laat om om te draai.
Sy ry weg van haar huis en haar gesin met die uitsluitlike doel om met ‘n wildvreemde man seks te hê.
Sy wonder wat haar vriendinne sou sê as hulle sou uitvind. Sy glimlag. Dalk sal van hulle ook so ‘n avontuur wil beleef!
Sy het die man, Herman, op ‘n webwerf ontmoet, begin gesels … Eers net oor epos en toe later oor sms en Whatsapp. Nog later het hulle begin bel, gewoonlik oor midagete of laataand. Want soos sy, is hy ook getroud.
Sy wonder wat sy gaan doen as hy ‘n reeksmoordenaar is.
Haar kar gly oor die goeie teerpad teen die kus af. Sy het by die werk ‘n naweek weg gewen, maar uit bittere ondervinding geweet haar man sou nie wou saamgaan nie. Uiteindelik het sy vir Herman gebel en gevra of hy sou kon wegglip. Na ‘n dag het hy teruggebel en gesê hy het sy dinge gereël. Na weke se angs en spanning het die Vrydagmiddag aangebreek en sy het haar kinders gegroet, haar man ‘n drukkie gegee en die pad gevat.
-0-
Dis drie ure later.
Haar GPS vat haar reguit na die hotel toe en sy draai in. Die son begin lang skadu’s maak en sy kry ‘n parkeerplek. Sy haal haar tas uit en sluit. Dan stap sy die voorportaal binne. Die plek is outyds, sjarmant en baie luuks. Die personeel agter die toonbank is flink en vriendelik en al gou loop sy agter ‘n jong man aan na haar kamer toe. Hy sluit vir haar oop en wys vir haar die vrugte en biltongmandjie wat hulle vir haar voorberei het. Daar is ook ‘n bottel sjampanje in die klein yskassie. Sy bedank hom, krap in haar beursie vir ‘n fooitjie en druk die deur agter hom toe. Sy haal die bottel wyn uit haar tas uit en sit dit ook in die yskas. Dan pak sy haar klere in die kas. Sy voel sweterig, maar sy en Herman het besluit dat hulle saam sal stort as hy daar aankom. Sy wonder of sy haar klere moet uittrek en in haar japon vir hom moet wag, maar dan dink sy dit sal dalk ‘n bietjie voorbarig wees. Sy maak die skuifdeur oop en gaan sit op die piepklein balkonnetjie en kyk na die tuin.
-0-
Dis al sterk skemer as iemand aan haar deur klop. Sy haal diep asem en probeer die knop in haar keel en die hol kol op haar maag ignoreer.
Sy stap na die deur toe en maak oop. Herman staan in die gang met ‘n klein tassie in sy linkerhand. Hy steek ‘n bewerige regterhand na haar toe uit. Sy vat sy hand en voel dat sy palm natgesweet is. Sy besef skielik hy is nog meer senuweeagtig as sy.
Sy leun vorentoe en soen hom op die wang. Dan trek sy hom die kamer binne.
In die helder lig van die hotelkamer besef sy hy is effens korter sy. Nie dat haar pla nie. Sy is ‘n lang vrou en kry gereeld met mans te doen wat korter as sy is.
Hy maak keelskoon.
“Jammer ek is so laat. Die verkeer …”
“Ek kan dink.”
Hy sit sy tassie neer en kom nader. Hy sit sy arms om haar en gee haar ‘n sagte soen op die mond.
“Ek het wyn gebring,” sê hyen buk om sy tassie op te tel.
“Ek ook …”
Hulle kyk na mekaar en grinnik. Hy sit sy tassie op die bed, maak oop en haal ‘n bottel Beyerskloof uit. Sy vat dit en loop na die yskassie toe. Sy haal haar wyn en die sjampanje uit en wys dit vir hom.
“Watter een?”
“Uhmmm … Sjampanje?”
Sy gee die bottel vir hom om oop te maak en hoop hy weet hoe. Sy sit haar wyn en syne in die yskas, maak toe en kry twee glase. Sy hoor die sagte “floep” as hy die sjampanje se prop uitdruk. Sy gee die glase aan en kyk hoe hy behendig die glase vul. Hy sit die bottel neer en gee vir haar ‘n glas.
“Is jy so senuweeagtig as ek?” vra hy.
Sy lag.
“Nogal.”
Hulle klink glasies en vat elkeen ‘n sluk. Die koue vog en die borrels laat haar ontspan.
“Kom ons drink die een klaar dan klim ons in die stort,” stel hy voor. Sy knik en wonder hoe die naweek gaan uitdraai.
Sy en haar man se sekslewe bestaan lankal nie meer nie en as hy die aand omrol en haar vat is die seks verbeeldingloos, energieloos en opwindingloos.
Dit was nie altyd so nie, maar in die laaste paar jaar het dit al meer die patroon geword. En die tussenposes tussen die seksdaad het al langer geword. Uiteindelik het sy op aandrang van ‘n anonieme internetvriend dit begin oorweeg om seks buite haar koue huwelik te gaan soek. En hier staan sy nou teenoor ‘n man wie sy nog net elektronies mee gepraat het.
Hy lyk darem soos sy foto’s. Nie minder, of gryser, hare nie en ‘n heelparty lagplooitjies om sy oë. Sy wonder wat hy van haar dink.
“En?” vra hy. “Jy teleurgesteld?”
“Nee. Jy?”
“Jy lyk soos jou foto’s. En op jou foto’s is jy pragtig.”
Sy voel skielik skaam na die onverwagte kompliment. Sy glimlag en sê: “Toe. Drink klaar dat ons kan gaan stort.”
-0-
Sy sit haar leë glas neer en kyk na hom. Skielik weet sy nie hoe om verder te gaan nie. Hy draai effens weg van haar af en begin sy hemp losknoop terwyl hy sy skoene uitskop. Sy draai haar rug op hom en begin haar klere se knope en ritssluiters losmaak. Sy vou haar romp en bloes op en sit dit op een van die groot leerstoele neer. Dan maak sy haar bra los en sit dit bo-op. Sy trek haaar asem diep in en trek haar broekie uit. Die bra en broekie is nuut, ‘n diep rooi kleur, spesiaal vir die naweek gekoop. Sy loop na haar kas toe, intens bewus daarvan dat sy kaal is saam met ‘n man wat sy nie baie goed ken nie. Sy wonder of hy vir haar kyk en wat hy van haar dink. Op agt-en-veertig is sy goed versorg sonder enige noemenswaardige vetrolle of los vel, maar sy hoop nie hy dink haar heupe is te breed of haar tieties te klein nie.
Sy trek die japon om haar en maak dit vas. Dan draai sy vir die eerste keer na Herman toe. Hy staan vir haar en kyk en hy het ‘n handdoek om sy lyf. Hy’t krullerige hare op sy borskas en ‘n effense boepie. Maar sy arms is gespierd en sy bene mooi gevorm. Sy besef dat hy breë skouers het en voel skielik hoe haar koekie nat word by die gedagte aan hom wat haar in daardie sterk arms neem.
Hy glimlag vir haar en hou sy hand uit. Sy vat dit en hy lei haar die badkamer binne.
Hy maak die groot storthok oop en draai aan die krane. Hy voel-voel tot hy tevrede is en draai dan na haar toe.
“Nou ja toe,” sê hy en trek haar nader. Hy vroetel die lyfband van die japon los en dit val oop. Sy sien hoe sy oë haar van bo tot onder bekyk.
“Beeldskoon,” fluister hy. Dan trek hy die japon van haar skouers af en laat dit val. Sy staan stil, met haar hande langs haar sye en wag. Hy trek die handdoek van sy lyf af en sy sien die klossie hare aan die bokant van sy voël wat reeds effens orent staan. Hy vat haar hand en trek haar styf teen hom aan. Sy voel hoe sy horing harder word teen haar bo-been en dan soen hulle mekaar skielik honger.
As hulle albei uitasem is trek hulle weg van mekaar af en hy trek haar die stort binne. Sy piel staan nou heeltemal regop met so ‘n efense buig na links. Hy vat die seep, draai haar om en begin haar rug was. Dan glip sy hand tussen haar boude in en hy was haar daar ook. Hy vryf die seep oor haar bene tot by haar kniëe. Dan draai hy haar om en begin haar voorkant was. Hy vryf haar borste vol seep en masseer hulle sagkens. Dan gly sy hand af oor haar naeltjie, haar maag en tussen haar bene in. Sy snak na haar sem as hy aan haar skaamlippies raak. Hy vryf die seep tussen haar bene in en staan dan terug.
“Jou beurt …” Sy stem is skor en hy haal diep asem.
Sy vat die koekie seep en was hom ook eers van agter en dan van voor. Sy vryf die seep in sy borshare in en laat haar hande stadig en sensueel afgly tot sy, sy knaters en piel omvou. Hy sug diep en druk haar dan weg.
“Kom ons spoel af.”
As al die seep af is, klim hy uit en vat een van die groot roomkleur handdoeke. Hy vryf haar ordentlik droog en vra sy moet in die slaapkamer gaan wag.
Sy gaan staan langs die bed, haar arms oor haar borste gevou. Na ‘n rukkie kom hy uit. Sy sien hoe sy pielkop effens glinster. Haar asem jaag, en sy voel hoe die vog uit haar begin loop. Hy kom nader en druk haar neer op die bed. Sy lê agter oor en wag vir hom om op te klim en haar te penetreer.
Maar dan besef sy hy het op die mat langs die bed gekniel. Hy druk haar bene oop en sy lig haar kop. Hy staar met ‘n intense kyk na haar poesie. Sy is kaalgeskeer en gewaks en sy wonder wat hy dink.
“So mooi. So fokken mooi …” fluister hy en sy wonder nie meer nie. Sy voel hoe sy hande teen haar bene op beweeg en dan voel sy hoe hy liggies aan haar poeslippies vat. Sy voel hoe hy haar ooptrek met sy duime en dan voel sy die warm asem op haar kern.
En dan…
Dan…
Vir die eerste keer in haar agt-en-veertig jaar voel sy hoe dit voel as ‘n tong haar poesie lek. Hy begin onder en lek met lang hale tot bo by haar klit.
“Fok,” fluister sy. “Fok”
Hy lek harder, dan sagter en die rime van sy liefkosing neem haar lyf oor. Onverwags en baie vinniger as gewoonlik, kom sy. Die rilling begin in haar maag, vloei deur haar bo-lyf en bars deur haar poesie uit. Sy gee ‘n lang kreet van verligting, vrees, opwinding en haar liggaam ruk-ruk-ruk tot die spasma deur haar gewerk het.
Dan staan hy skielik bokant haar. Hy leun vorentoe en druk sy glimmende, effens skewe piel in haar in en begin haar brutal hard naai. Sy kom weer en weer en weer en dan kreun hy en stamp so hard in haar in dat sy amper skrik. Hy val vooroor en lê op haar. Sy asem jaag en sy voel hou sy borskas teen hare beweeg. Sy voel hoe sy hart teen haar ribbes klop. Sy voel die trane oor haar wange loop. En net een word speel in haar kop. “Mind blowing.”
-0-
Sondagoggend na ontbyt stort hulle weer saam en hy lek haar weer tot verskeie orgasmes. Haar lyf is seer van al die seks. Hulle het net opgehou om Saterdag rugby te kyk, maar halfpad deur die wedstryd het sy oor hom afgesak en hom in haar mond geneem. Die warm sperm het in haar keel afgegly en sy het haar bene oopgemaak en sy vingers in haar ingedruk. En later weer sy wonderlike, lieflike, verslawende tong.
-0-
By hulle motors gekom, groet hulle, soen lekker en spreek af om gou weer so ‘n naweek te probeer reël. Hy ry eerste uit en draai regs. Sy draai links en as sy op die hoofpad klim soek sy een van haar gunsteling liedjies op haar iphone en speel dit deur die klankstelsel van haar motor.
Vir die eerste keer verstaan sy wat die liedjie beteken.
Do that to me one more time …
2 COMMENTS
Goed geskryf! Hoeveel van ons sit nie in dieselfde situasie in ons huwelike nie? En ja party wil nie die kans vat nie!
‘n Liedjie wat menige man en vrou al baie in hul gedagtes geneurie het na ‘n ervaring soos hierbo.
Dankie Ramkat…”you allways deliver the goods”
☺