
oor Vreesloos lusword: ‘n briefie aan ons lesers
Liewe Kombiekiehierleser,
Ek het belowe dat ek nie hierdie formaat van kommunikasie te veel sal gebruik om met julle te chat nie. Spam is die laaste ding wat ek wil wees, maar so nou en dan wil ek net seker maak dat belangrike inligting nie by julle verbygaan nie.
Vandag wil ek julle herinner aan die Kombiekiehier Vreesloos-afdeling van die webwerf en sommer vertel dat dit so bietjie gaan verander. Kombiekiehier Vreesloos is ‘n stukkie van die webwerf waarvoor julle moet inskryf. Die inskrywingsgeld is vreeslik min – net ongeveer R50 per maand. (Dit verander na gelang van die wisselkoers omdat jy in dollar betaal deur Paypal.)
Die hoofrede waarom mens vir daardie deel moet betaal is omdat ons in daardie deel van die webwerf die grense bietjie druk en nie wil he dat enigiemand sommer per ongeluk daar kan uitkom nie. As jy daar is dan het jy spesifiek ingeskryf en dan kan jy nie kla oor wat jy daar sien en lees nie. 😉
Soos met alles wat deur Kombiekiehier en Godin Onbeperk gepubliseer word, is die idee nog steeds dat dit sexy, prikkelend, maar ook stylvol sal wees. Maar daardie definisie is “in the eye of the beholder.” Sommige mense dink ‘n tepel is pornografie en vuil en ander sal weer nie blik of bloos oor kru taal of skokkende foto’s nie. In Kombiekiehier Vreesloos het ons tot nou net so bietjie meer gewys en so bietjie woester gepraat. Daardie gaan egter nou verander. Nog steeds binne my raamwerk/definisie van erotiek eerder as pornografie, gaan Kombiekiehier Vreesloos minder vreesloos word, want wat is die doel van ‘n “erger” afdeling as dit nie baie erger is nie? 😉
Daar is reeds so ‘n paar stories wat Uther vir ons geskryf het wat beslis alle grense in Afrikaans oorskrei en Babahondjie laat haar ook nie uitdaag nie. Daar gaan Selfies verskyn (manlike en vroulik) waarin geslagsdele gesien sal kan word. (Ek het reeds so paar wat vir my gestuur is.)
Daar gaan baie waaghalsiger visuele stimulasie foto’s in verskyn.
Een ding gaan ek moet verander. Op hierdie stadium kan mense wat Kombiekiehier op Twitter volg die Vreeslose Maandagfoto sien. Ek weet nie waarom dit gebeur nie, maar as ek woester foto’s wil pos dan gaan ek daardie nie op Twitter kan laat deurgaan nie.
Ek sal steeds die foto wat op die voorkant van die website wys, dieselfde moet hou, maar as jy in die post ingaan sal jy die regte foto kan sien.
Ek het drie goed van julle nodig. 😉
Eerstens: Skryf in! Dit help nie ek bou ‘n hele ekstra deel vir die site wat net omtrent twintig mense ooit lees nie. As jy nie Paypal wil gebruik of dit nie wil werk nie, kan jy direk in die bankrekening ook inbetaal. Die bankbesonderhede is hier op die webwerf, maar ek sal dit ook deurstuur as jy vir my skryf. Omdat dit bietjie geldmors is om net R50 op ‘n slag oor te betaal, kan jy sommer R150 inbetaal, dan hou dit jou drie maande op ‘n slag. Onthou om die betalingsbewys vir ons aan te stuur by Kombiekiehier@gmail.com sodat die toegang tot Kombiekiehier Vreesloos oopgemaak kan word.
Tweedens: Stuur selfies! Julle is maar versigtig vir Selfies – selfs in die veilige deel. Is dit omdat julle bang is ek gaan vir iemand vertel wie jy is? Dink jy Kombiekiehier sou so lank kon voortgaan as ek nie betroubaar was en geheime kon hou nie? 😉 (Ek sal een van die dae ‘n pos maak oor Selfies en hulle moontlikhede 🙂 ) Stuur asseblief vir albei afdelings, maar nou kan jy weet dat jy meer gewaagd kan wees as jy sou wil ….
En laastens: Ons wil stories in Kombiekiehier Vreesloos skryf oor verskillende kinks wat mense het. Ek kan bv dink aan “waterworks” of kinks waar vroue soos perde voor ‘n kar ingespan wil word. Ons kan dit self gaan opsoek, maar as jy spesifiek ‘n storie oor ‘n sekere kink wil lees, laat ons weet by kombiekiehier@gmail.com sodat een van ons skrywers dit vir jou (amper) waar kan maak. 😉
Natuurlik kan jy self ook ‘n storie skryf. Ons ontvang graag stories vir albei afdelings van die webwerf.
Intussen, omdat ons elke dag gratis en verniet die grootste deel van Kombiekiehier aan die gang hou, sal dit steeds dierbaar wees as iemand ons soms met ‘n geldjie wil ondersteun. Daar is verskeie maniere: daar is sensuele produkte in Koopbiekiehier wat jy koop om ons so te ondersteun – soos die eerste erotiese CD in Afrikaans. Of jy kan vir ons ‘n donasie gee of jy kan by ons adverteer of jy kan selfs jou eie klein advertensie hier plaas. Enige van daardie sal help omdat ek graag ons ongelooflike hosts wil betaal en soms gaan die maar broekskeur om dit reg te kry.
Intussen hoop ek julle geniet nog dit om Kombiekiehier te lees. Na drie jaar word die leserstal elke dag net meer. Baie dankie aan almal wat van die begin af saamlees en saam lus word en welkom aan die nuwe lesers. Skryf gerus vir ons by kombiekiehier@gmail.com met enige voorstelle en bydraes.
Met lus en liefde
Annelise
2 COMMENTS
Gee vir ons ‘n begroting van kostes
Wat bedoel jy? Wil jy weet hoeveel dit kos om Vreesloos te kan lees? 🙂