Weskus via Botswana en Namibië – hier kom ons!…
deur Always
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Ons kom veilig in Windhoek aan, meld by die Arebbusch Travel Lodge aan en is gou-gou in ons ruim kamer. Ons kyk op die swembad uit en ek dink miskien het ons dit so ‘n bietjie oordoen met die verblyf. Maar dit is ons tuiste vir die volgende twee dae. Ons sê vir mekaar ons gaan dit geniet.
Dis net na 19:00 toe Sandra sê ons moet gaan stort en sommer by die restaurant iets gaan eet.
Na ete sit ons langs die swembad en gesels, ek met my whiskey en Sandra met haar glas witwyn. Sy sit opgekrul in ‘n groot stoel; sy lyk ekstra klein. Sy het ‘n blos op haar wange.
“Pennie vir jou gedagtes? Jy was vir ‘n rukkie sommer ver weg,” sê ek vir Sandra.
“Ek wil net dankie sê vir alles. Die vakansie is tot dusver wonderlik, jy is ‘n uitsonderlike man,” sê Sandra.
Ek staan op en gee haar ‘n stywe drukkie, soen haar saggies in haar nek en fluister in haar oor dat ek baie lief is vir haar.
Ons gesels lekker oor alles en nog wat. Sterk kommunikasie was nog altyd die sukses van ons wonderlike verhouding en kameraadskap. Maar nie lank daarna nie verskuif ons met lang gape kamer toe.
Woordeloos val ons in mekaar se arms op die bed met soekende monde wat praat oorbodig maak. Ons drink met ons naakte lywe mekaar se warmte in. Ons verken mekaar se innerlike liggaamlik en geestelik. Ek buk oor en soen haar teer op haar maag terwyl my lippe oor haar tintelende vel beweeg – in die rigting van die kom tussen haar twee pragtige bene. Ek voel die kenmerkende rukbewegings wat deur haar trek terwyl ek my lippe saggies oor haar klittie vee. My tong dartel in en uit haar stomende gleuf en ek voel hoe haar liggaam ruk. Die volgende oomblik spoel haar kokende kom oor my lippe en mond en begin ek om dit gulsig te lek en te slurp. Ek wil niks van hierdie godin se nektar verlore laat gaan nie.
Ek soen Sandra oor haar hele lyf met lippe wat haar aan die brand wil steek van vurigheid. Sandra sit regop op die bed. Sy leun oor, druk my op my rug vas en kom lê skuins oor my. Sy neem my stywe in haar oop, warm mond en laat hom diep in haar mond verdwyn. Sy beweeg haar omsluitende lippe op en af oor my skag. Ek kan voel hoe dit hier diep binne my begin oplaai. Ek weet as sy nie nou ophou nie, gaan ek kom en haar binne-lyflike warmte misloop.
Ek vat haar sag aan haar heupe en draai haar op haar rug. Haar bene vou oop. Ek voel die hitte wat vanuit haar oopgevoude heerlikheid na my roep. Asof deur ‘n magiese hand gelei, glip ek in haar nat kokende gleuf in. Ek sak stadig diep, lieflik diep, in haar heerlikheid in totdat ons koorsige lywe teen mekaar stu. Haar asem jaag nou en ek begin stadig in en uit haar beweeg. Dit is asof ’n enorme golf dreig om ons te verswelg. Ek beweeg stadiger in en uit sodat ek die fantastiese gevoel wat ek in haar ervaar kan uitrek, uitrek en nog meer uitrek.
Sandra begin haar heupe na my toe oplig asof sy nog meer van my in haar wil kry. Ek besef meteens dat sy opbou na ’n magiese klimaks. Ek hoor hoe haar kreune al harder raak. My binneste is op ’n knop getrek en ek besef ek gaan nou enige oomblik geweldig ontplof.
Die volgende oomblik is dit asof die aarde oopgaan. Ek voel hoe sy ’n verskriklike klimaks begin ervaar. Haar hele lyf ruk en sy begin skree – nee, eerder gil. Ek begin kom en kom. Ek vergeet van alles om ons en gee my totaal oor aan hierdie heerlikheid.
Asof om haar koud te lei, bly ek binne haar en beweeg – stadig in en uit. Skielik ruk en bewe sy weer. Ek besef sy klimaks al weer. Ek onttrek saggies en begin haar saggies masseer terwyl ek kan voel hoe haar klimaks aanhou en aanhou terwyl sy haar lyf geboë oplig. Ek voel hoe haar storm bedaar, en sy terugval op die bed.
“Sjoe,” sê sy saggies, “so iets het ek lanklaas ervaar.” Ons bly lê in mekaar se arms totdat ons albei later aan die slaap raak.
Net na ontbyt word ons opgelaai vir ʼn groepstaptog deur die Daan Viljoen-wildreservaat. Daarna besoek ons die Christuskirche en die Trans-Namib-spoorwegmuseum.
Vanaand gaan ons bietjie die naglewe verken en beslis ʼn kuier by Joe’s Beerhouse inkry, besluit ek en Sandra op pad terug na ons lodge.
Die skemerdonker van Joe’s Beerhouse blyk nogal gewild te wees op ‘n Vrydagaand. Die plek is besig. Sandra sê iets terwyl ons instap, maar dit word verdoof deur die hoofsanger. Hy blaker iewers agter ons oor die luidsprekerstelsel dit uit dat die orkes nou ‘n blaaskans gaan neem.
Ons kry ons sit. Terwyl ons wag vir iets vir die keel, bekyk ons solank die dansers. Sommiges, kan jy sien, dans al vir jare saam. Hulle beweeg soos een, en lyk ook gewoonlik soos een. Ander het weer die fênsieste danspassies wat hulle oral ingooi. Daar is een paartjie wat my oog vang – hulle het mekaar om die lyf beet en daar is geen spasie tussen hulle nie. Een keer toe hulle by ons tafel verby dans, kyk hy reguit vir my en groet.
Nadat ons die innerlike so effens versterk het en bietjie vloeibare moed ingekry het, besluit ons ons gaan die dansvloer aandurf. Ek staan op en begin tussen die wriemelende liggame in op die oorvol dansvloer inbeweeg, met Sandra agterna. Ek draai om in haar rigting en begin effe selfbewus my liggaam ritmies heen en weer swaai op die maat van die musiek. Sandra se groot, vriendelike glimlag, asook die alkohol wat ek vroeër ingeneem het, veroorsaak dat ek gou my inhibisies opsyskuif en my begin geniet.
Die musieknommertjie maak skielik klaar. Soos die meeste van die ander paartjies bly ons op die dansvloer staan, nie heeltemal seker wat ons nou te doen staan nie.
‘n Stadiger nommer begin speel en Sandra beweeg nader. Sy beduie-vra of ek langarm wil dans. Na ‘n paar passies kom ons agter dat die dansvloer eintlik te vol is om werklik enige gekoördineerde danspassies uit te haal. Sy los my hand en sit albei haar arms om my nek. Ek laat haar begaan en ons begin ritmies saamwieg op die maat van die musiek. Ek ervaar skielik ‘n gewaarwording in my broek weens die feit dat haar lyf so naby myne is. Ek vly myself styf teen Sandra.
Ons intieme gewieg op die maat van die musiek gaan vir nog ‘n nommer of twee aan. Dan word ek bewus van die paartjie van vroeër. Ek sien uit die hoek van my oog hoe hy sy dansmaat nadertrek, hoe hulle mekaar diep in die oë kyk en mekaar dan innig soen. Dis wonderlik dat daar nog twee mense is wat so lief vir mekaar is soos ek en Sandra vir mekaar is.
Ons stap hand om die lyf na ons tafel toe. Die ligte het ‘n besonderse sagte, goue kleur en laat Sandra se gelaat nog sagter lyk. Wat ‘n pragtige voorbeeld van die vroulike geslag is sy nie!, dink ek toe ons naby ons tafel is.
“Sandra,” sê iemand skielik langs haar. “Ek kan dit nie glo nie, dit is regtig jy.” Sy herken dadelik die stem. Dis Pieter, haar ou vlam van kollegedae. Sandra draai met ‘n groot glimlag na my toe en stel my voor aan Pieter. Op sy beurt stel hy ons voor aan sy vrou Adri. Ek kry ‘n glimpsie van haar kaal borug toe sy met haar skouerlose rokkie reg voor my kom staan en haar hand uitsteek. Dan tree sy na Sandra toe en gee haar ‘n wangsoen en ‘n drukkie.
Die egalige sonbruin op Adri se rug vertel dat sy gereeld sonbaai of sonbed. Haar blonde hare is netjies vasgevang in een of ander haarstylrol. Haar slanke nek fassineer my. Mooi heupe en wulpse boude vertoon onder die dun rokmateriaal, met geen weggeetekens van broekiebuitelyne nie. Sy’t seker ‘n deurtrekkertjie aan, dink ek. Pragtige, welgevormde, ewe bruin bene voltooi die prentjie. Ek is dankbaar vir die redelik helder daklig skuins bokant ons wat my die geleentheid gee het om haar goed te bekyk in die andersins ietwat gedempte lig van die kuierplek.
Pieter en Adri word saamgenooi na ons tafel en ons bestel nog drankies. Waarskynlik net soos op kollege, begin Sandra en Pieter dadelik lekker te gesels. Kort-kort raak-raak haar hand aan sy bruingebrande arm soos wat sy beduie terwyl sy praat. Ek sien dit gee haar hoendervleis. Ek sit my hand op Sandra se been hier aan my linkerkant. Sandra haal haar regterhand van die tafel af. Die volgende oomblik voel ek die hand op my been. Maar dan skuif dit verder na regs. Ek voel sy vryf toetsend oor my semi-ereksie in my broek. Dis vir my die teken dat sy Pieter sal wil naai.
Dis asof Pieter en Adri se gesigte ophelder toe hulle agterkom Sandra is besig met iets onder die tafel. Hulle glimlag breed. Ek kyk na Sandra en sy vir my. Sy het ‘n groot glimlag op haar gesig. Sy knik liggies vir my. Terwyl sy weer na Pieter kyk en begin praat, wonder ek of sy en Pieter op kollege genaai het.
Pieter vra uit die bloute: “Is julle mense wat hou van pret saam met ander pare? Ek praat van die soort pret wat die meer waaghalsiges onder ons soms wil hê. Jy weet mos Sandra, op kollege was party van die studente meer avontuurlik.” Pieter se oë blink as hy vir Sandra kyk en sy betekenisvol glimlag.
“Jip,” kom dit van Sandra terwyl sy vinnig na my kant toe kyk en toe na Adri. Die glimlag op Adri se gesig verbreed. Dis toe dat ek weet Sandra en Pieter het mekaar al genaai.
Dan is dit Pieter wat ons vertel dat hy en Adri swiengers is. Hulle glo, soos ek en Sandra, dat die huwelik oor “eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue” gaan. Romantiese liefde met jou wederhelf en ontspanningseks soos in swiengery, is twee verskillende goed, sê hy. As ek en Sandra instemmend knik, druk ek haar been hard bo die knie. Sy gee my broek voor ‘n harde vryf.
Pieter en Adri vervolg met hul geselsery oor die ou dae terwyl ek Adri bietjie uitvra oor die swiengscene in Windhoek.
Met die volgende deuntjie vra Adri my of ek en sy sal gaan dans, aangesien die ander twee so verdiep is in hulle gesprek. Sy het my stewig aan die hand toe ons die dansbaan betree. Ons dans die eerste nommertjie los van mekaar. Ek is half verlig toe die joggie daarna ‘n sokkie-wals begin speel. Ek trek vir Adri nader om te langarm. Dan sien ons Pieter en Sandra kom aangestap. Hulle is blykbaar ook lus vir dans.
Ek en Adri kyk mekaar kort-kort in die oë. Dis heerlik om so vas met haar te dans. Pieter het vir Sandra op die dansvloer ook in ‘n langarmposisie. As hulle op ‘n kol laggend by ons verby gedans kom, sien ek hoe styf Sandra en Pieter teen mekaar dans.
“Pasop vir Pieter, Sandra. Hy vat soms waar hy nie moet nie,” spot Adri. “En pasop vir daai knop in sy broek, hy’s gevaarlik!” sê sy sonder om te bloos. Dêmmit, my vrou ken my goed – sy het geweet, dink ek terwyl ek voel hoe my knop nog ‘n rapsie verder uitswel.
As hulle Sandra en Pieter weer verby dans, sien ek en Adri dat Sandra haar hande tot by haar polse agter in Pieter broek het. Sy is duidelik besig om sy onderlyf teen haar vas te druk.
“Jou vrou weet hoe om ‘n man lus te maak,” merk Adri droogweg teenoor my op.
Ek laat sak my regterhand teen Adri se rug af. Dit voel vir my meer gemaklik hoe laer dit op haar rug rus. Op ‘n stadium het ek my hand sensueel op haar stuitjie. Nie lank daarna nie, begin my middelvinger haar boudegleuf onder haar stuitjie opsoek. Net liggies rus dit daar. Sy fluister dat dit haar mal maak, en sy druk haar onderlyf verder vorentoe as wat nodig is. Haar tiete raak af en toe aan my bors.
Adri se een been gaan nou met tye tussen my bene in. Sy moet beslis die aandrukking van my hardheid teen haar bobeen voel, dink ek stout. Ek trek haar stywer teen my vas. Sy het geen beswaar daarteen nie en vly haar teen my aan. Haar borste druk teen my bors. Ek sien die glinstering in haar ligbruin oë as sy opkyk in my gesig. Haar asem is warm teen my wang.
Op ‘n stadium, toe ons by ‘n donkerder hoekie van die baan kom, gaan staan ek stil met haar. Ek wonder of sy my stywe lat voel as sy liggies met haar bekken teen my onderlyf aandruk. Haar hande is om my nek. Ek sien die lus in haar ligbruin oë en hoop sy sien dit in myne ook. My bekken is nou reg teenoor hare. Ons staan doodstil. My arms is om haar.
Ek stoot my onderlyf stadig vorentoe. Ja Adri, voel die knop daar, gaan dit deur my gedagtes. Sy stoot harder daarteen en ek voel hoe haar skaamheuwel teen my knop druk. My hande gaan oor haar rokkie, al laer af. As my hande regoor die hoofuitbulting van haar boude beweeg, druk ek hard teen die bouderondings. Haar bekken beweeg verder vorentoe. Ek kom agter sy skuif haar voete verder uit mekaar. As ek ondertoe loer, sien ek haar knieë begin rem teen die styfgespanne soom van haar blou rokkie.
Met haar bene nou wyer uit mekaar, is daar meer plek vir my in haar bekkenholte. Die hardheid in my broek neem gretig daardie plek op. Ek hoor en voel haar asem jaag hortend tussen haar lippe deur. Sy weet beslis ek voel haar jagende asem op my gesig. Sy kyk my op en af in my gesig.
“Ons moet hier uitkom,” fluister Adri, “waar is die ander twee?”
(Lees volgende episode HIER)
1 COMMENT
Ek hoop hul 4 gaan saam naai. Dit sal ‘n asemrowende ‘4-some’ wees !
Opruiend goed geskryf Always, dankie man !