Weskus via Botswana en Namibië – hier kom ons!…
deur Always
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Terug by ons tafel na die dansery is dit nie lank nie voor Pieter en Sandra by ons aansluit.
“Ja, en waar was julle?” wil Adri weet.
“Ons het net gou buite na die maan gaan kyk,” sê Sandra en knipoog vir my. Ek weet sommer dit was net vir ‘n bietjie oor en weer betasting. Ek sien die lus vlak in Sandra se oë lê. Pieter se broek voor is nie juis baie plat nie.
Adri stel voor dat ons na hulle huis net buite Windhoek verskuif en verder daar gaan kuier. Dit is asof ‘n dringendheid ons nou beetgepak het en dit neem ons nie lank om die kroeg te verlaat nie.
Dit is ‘n warm aand buite. Terwyl ons aanstryk na ons voertuig, wys Adri my hoe hard haar nippels is. Hulle veroorsaak duidelik sigbare punte voor teen haar rok.
Adri klim agter my in die Pajero in, langs Sandra. Pieter sit voor langs my, aangesien hy die pad moet aandui. Ek ry so vinnig as wat die padreëls toelaat. Daar is met tye ‘n afwagtende stilte in die kar. Die opgewondenheid is voelbaar.
In hul ruim woonkamer sit Pieter en Sandra op die een bank, ‘n tweesitplek-een. Ek en Adri sit op die ander een, ‘n driesitplek. Die ligte is verdof. Ons gesels oor alles en nog wat. Die effek van meer as een bottel keurwyn en likeur, saam met die heerlike koffie, dra by tot ‘n uiters ontspanne atmosfeer. Maar kort-kort kyk elke bank se okkupeerders opsommend na mekaar. Dis nou ‘n kwessie van hoe gaan ons verder.
Die meesleurende dansmusiek op die agtergrond vra dat daar gedans moet word. Soos een man staan ons op. Ek merk Adri se hand is na Pieter toe uitgehou. Ek is effens teleurgesteld en ek dog eers Sandra is ook. Maar sy kom met ‘n glimlag na my toe aangestap en vat my aan die hand.
Ons begin heerlik oor die vloer van die woonkamer sweef met die rustige dansmusiek. Pieter wys ‘n rukkie later ons moet ruil. Hy beduie ek moet vir Adri vat. Self kom Pieter breed glimlaggend na Sandra aangestap. Hulle vat hande.
A, dis mos hoe dit moet wees, dink ek: as behoorlik geruilde paarlede gaan ons nou verder dans. In egte swiengerstradisie is ons nou in ‘n modus waar ons ‘n begin gemaak het met ‘n aand wat op volledige swiengersgenot kan uitloop. Daar is min dinge wat die deure vir jou kan oopmaak met ‘n swiengpartner soos ‘n intieme dansery, gaan dit deur my kop. Ek en Sandra knipoog vir mekaar as ons wegtrek met die nuwe dansnommer.
Ek streel met my hand oor Adri se rug en beleef ‘n ietwat anderse tinteling as op die dansbaan by die restaurant. Haar lyf is hierdie keer baie stywer teen myne gedruk. Ek kan haar Venus-heuwel baie duidelik teen my halfstywe piel voel. Haar donker kykers glimlag ondeund toe sy na my opkyk.
Dansnommer na dansnommer sweef ons stadig oor die beperkte ruimte van die woonkamer se vloer. Op ‘n stadium is dit beswaarlik bewegende danspare. Wiegend staan ons omtrent stil. Besige hande dwaal oor mekaar se lywe.
Adri se hand reik na die knop in my broek min of meer op dieselfde oomblik dat my regterhand op haar bors neerkom en haar tepel deur haar bloes tussen my duim en voorvinger begin karnuffel.
Ek is so besig met my eie gedagtes dat ek nie sien Sandra en Pieter het opgehou dans nie. Trouens, toe ek op ‘n stadium omkyk, sien ek hulle is nie meer in die woonkamer nie.
“Ontspan, Pieter sal Sandra goed behandel. Sal ons by hulle aansluit?” Adri klink gretig.
Toe ons die slaapkamer binnegaan, hoor ek lopende water in die en suite-badkamer se stort. Sandra se klere hang oor ’n stoel. Strelende musiek speel oor die klankstelsel.
Adri trek my nader en soen my in my nek, dan my gesig en my voorkop. Ek soek na haar mond, maar sy speel wegkruipertjie terwyl sy weer op maat van die musiek met my begin dans – sommer hier in die slaapkamer.
Sandra roep uit die badkamer: “Kom, kom … die stort wag vir julle!”
In die dowwe lig sien ek Sandra en Pieter saam in die buitengewoon ruim stort. Pieter is besig om haar lyf met ’n spons te was. Adri kyk my vraend aan – asof sy onseker is of ek gemaklik is met dit wat voor ons afspeel. Ek beantwoord Adri se onsekerheid deur my hemp los te knoop en my lyfband los te maak. Sy rits haar rok oop en tel ons klere op wat op die badkamervloer val.
’n Minuut later is ons al vier in die storthokkie. Pieter praat eerste: “Kom my vriend, ek het Sandra voorberei. Dis nou jou beurt om dieselfde met Adri te doen.” Terwyl hy dit sê, gee hy my die seep en spons aan.
Terwyl ek Adri met seep begin smeer, beduie ek vir haar dat sy wydsbeen moet staan. Ek doen eers haar onderrug. Dan smeer ek met beide hande seep oor die kurwes van haar heupe. Haar stywe boudjies is volgende. Toe my vingers naby die boudegleuf kom, staan sy effe wyer met haar bene. Ek aanvaar die uitnodiging. My een hand seil tussen haar boudjies in en stryk oor die rosie van haar ringspier. Dit pruil onwillekeurig onder die aanraking. Dan beweeg my hand ondertoe. Dit gaan van agter tussen haar bene in.
Ek voel deur die seepskuim ‘n ander sagter en gladder nattigheid. My middelvinger sak soos ‘n warm mes in botter tussen haar skaamlippies in. Nou kreun sy en druk haar boude teen my piel aan. My ander hand reik om haar en ek begin haar borste was. Eers een bors – al rondom die areola en daaroor, dan oor die stywe tepel. Ek knie die tepel saggies tussen my vingers. Dan skuif ek oor na die ander bors en gee dit dieselfde behandeling. Pieter en Sandra staan hand om die lyf eenkant in die stort en kyk glimlaggend hoe Adri se gesig vertrek van die plesier.
Pieter tik my op my skouer. “Dit raak nou te beknop hier. Ons gaan solank slaapkamer toe beweeg. Volg as julle reg is.”
Nou is dit Adri se beurt om my te was. Sy doen my skouers, my bors, my maag en dan my arms. Dan gaan sy af na my stywe voël – wat sy saggies met seep smeer. Sy trek die vel ver terug en was die taai kop dat die skuim so staan, terwyl sy my selfvoldaan in die oë kyk.
Filosofies merk Adri op: “Soos Xaviera Hollander gesê het: ‘If you don’t keep it clean as a whistle, it won’t get blown.’ Stem jy saam?” My enigste antwoord is ‘n kreungeluid. Ek wonder hoe sy van Xaviera Hollander weet.
“O dôner, jy maak my jags,” hyg Adri en draai haar kop na my toe. Ek soen haar vol op die mond en voel hoe haar tong tussen my lippe in beweeg. Praat van jags, dink ek terwyl my voël ‘n duik in haar sagte boudjie druk.
Klaar gestort, stap ons net so kaal kamer toe. Ek kyk terloops waar Pieter en Sandra is en sien dat hulle op die bed sit. Hulle kyk vir ons. Tot my verbasing soen Adri my weer hier langs die bed. Sy fluister in my oor fluister dat ons hier is om te naai.
Terwyl ons nog steeds langs die bed staan, soen ek haar terug. Sy het die heerlikste lippe en tong. Haar tiete is jonk en ferm en haar nippels stokstyf. Ek neem ‘n nippel in my mond en knibbel sag daaraan en suig dit. Adri maak haar oë toe. Ek kan aan haar klein kreungeluide agterkom dat ek iets reg doen. Sy vou haar hand om my piel, terwyl Pieter en Sandra steeds toekyk. My halwe ereksie word onmiddellik ‘n vol-ereksie.
Adri gaan lê op die bed en trek my saam met haar neer. Pieter en Sandra staan op en gaan sit op kopkussings eenkant teen die muur.
Ek moet my tong tussen haar bene kry, dink ek terwyl sy op haar rug lê. Ek vra haar of dit oukei is. In antwoord beweeg sy haar bene van mekaar af. Ek kyk om en sien dat Pieter en Sandra nog steeds toeskouers is, daar waar hulle op die vloer sit. Ek kan sien Pieter het ‘n enorme pielstyf. Sandra se tepels staan stokstyf.
Ek bepaal my aandag weer by waarmee ek besig was. Ek werk my middelvinger saggies in Adri se spleet in. Ek kan haar klit dadelik voel en begin hom liggies vryf. In enkele sekondes ruk sy haar asem diep in. Haar boude word hoog van die bed gelig. My hand is skielik nat en glad.
Ek verskuif sodat ek my mond by haar poesie kan kry toe sy haar boude weer tot op die bed laat sak. Tot my verbasing lyk dit of ‘n man daar gekom het en dit nog uit haar poesie vloei. Ek druk my tong in haar spleet en soek haar klit met my lippe. Sy trek haar knieë hoog op. Ek kan mooi bykom en sien. Bowenal kan ek ruik en proe. Lekker! Ek is nou baie verdiep in wat ek doen.
Ek gewaar beweging toe Sandra aan my raak. Sy staan op haar knieë langs my op die bed en is besig om Adri diep te soen. Dit is tot my eie verbasing vir my ‘n hengse aandraai. My regterhand en my mond is beset met Adri se spleet. Ek sit my linkerhand op Adri se bors en knyp haar nippel saggies tussen duim en voorvinger. Sy kom sittend regop op die bed. Ek los haar tiete en poesie vir ‘n rukkie en laat gly my hand agter haar rug af, tot op haar boude.
Sandra wat langs my kniel laat haar eie agterstewe mooi oop. Ek steek my hand in tot tussen haar boude, waar ek haar poepgaatjie kan voel. Ek vryf dit saggies met my vinger.
Ek merk dat Pieter soek is.
Adri het nou weer terug begin leun en gaan lê weer plat op haar rug op die bed. Ek kniel weer tussen haar bene. Met my piel terg ek haar poesie. Ek druk hom effens in en trek hom dan uit en beweeg die kop heen en weer oor haar klit. Elke keer as ek so maak, beur sy op met haar onderlyf om my piel in haar poesie in te kry. Ek druk hom na ongeveer die sesde keer stadig in. Fok, sy is supernat en glad. Ek kry my piel diep in haar in.
Pieter verskyn langs my op die bed. Ek sien ‘n klein torpedo-vormige vibrator in sy hand. Hy kniel langs my, skakel die vibrator aan en streel dit teen Adri se klit. My piel is steeds in haar. In sekondes boog haar rug diep hol soos ‘n reënboog. Haar kop is agteroor gebuig. Haar lyf lyk soos een groot spasma. Die mond is groot oop, hoewel sy nie ‘n geluid maak nie. Haar oë is groot en haar kneukels is spierwit soos sy die matras deur die laken vasklem.
Dit voel of Adri my piel wil afknyp soos haar poesspiere saamtrek. Ek voel hoe sy begin ruk en ek weet sy kom. In die hitte van die oomblik besef ek dat ek gaan kom. Ek skree-vra of ek moet uittrek. Al antwoord wat ek kry, is haar kop wat heen en weer ruk. Toe kom ek.
Pieter vat die vibrator weg en skakel dit af. Ek trek stadig uit. Ek en Adri se gesamentlike kom borrel uit haar liefdesgleufie en vorm ‘n plas onder haar boude. Ek kan nie beskryf hoe goed dit voel nie. Adri lê stil – seker vir vier of vyf minute. Ek kan sien hoe haar poesie saamtrek en ontspan. Sy kom regop, trek my nader en soen my. In my oor sê sy: “Dankie, dankie – dit was buitengewoon.”
Adri staan op. Sy sê sy gaan net gou toilet toe.
Pieter wend hom nou na Sandra, wat op haar rug op die bed gaan lê het. Hy begin haar soen. Hy vroetel met haar borste en vinger haar saggies. Hy soen haar innig.
Ek sit eenkant op ‘n kussing en slaan die toneel gade. Adri kom sit langs my op die kussings.
Pieter trek ons aandag en wys ons moet nader kom. Adri begin dadelik weer met die soengedeelte. Sy gaan kniel langs Sandra se bene. Waar Pieter nou tussen Sandra se bene kniel, het hy ‘n pielstyf wat ‘n stoetperd na hom sal laat verlang. Sandra is sopnat en ek kan sien Pieter gaan nie sukkel om in te gaan nie. Hy laat sak sy lyf en werk hom ook tot by die kern in. Dan begin hy vir Sandra stadig ritmies pomp.
Diep in en uit steek Pieter vir Sandra. Sandra skuif haar hand tussen Adri se bene in en druk haar vinger in daai mooi poesie in. Sy begin haar vinger. Ek vat die vibrator en werk dit liggies tussen die buitelippe in, en dan die binnelippies, van Sandra se gleuf. Ek bewerk ook haar klit met die vibrator soos Pieter dit ‘n rukkie gelede met Adri gedoen het. Dit het die effek dat haar onderlyf opbeur van die matras af, asof daar elektrisiteit in is.
Pieter naai nou vinniger. Sommer gou skree Sandra aaneen dat sy kom. Pieter begin nou wild met Sandra werk, In minder as ‘n minuut ervaar hy self die ontploffing van lekkerte.
Ons gaan gou almal stort. As die groot dubbelbed kon praat, sou hy ’n verhaal van groot genot hier agter ons kan uitblaker terwyl ons badkamer toe stap.
Ek en Sandra val kort na die stortery in die pad, terug na ons lodge toe. Ons sou graag langer wou bly, maar môreoggend moet ons vroeg ry as ons nie ons reisplan in die wiele wil ry nie. Ons is egter by Pieter en Adri weg met ‘n belofte dat ons weer so sal maak.
Ek en my vrou slaap nie dadellik nie, maar lê en gesels oor onsself – ‘n gelukkig getroude paartjie. Want wat ‘n heerlike swiengersaand was dit nie. Ons geniet die kienky en stout kant van die lewe, sê ons vir onsself. Dan draai ons na mekaar toe en geniet een van die lekkerste naaie in ons lewe.
Die volgende oggend sien ek Sandra voel goed genaai. Want sy loop effens wydsbeen toe sy opstaan. Sy vat saggies en liefderik aan haar koekie op pad badkamer toe en weer toe sy terugkom in die kamer. Ek voel trots daarop dat ek haar, met behulp van haar ou kollegevriend, soveel kon plesier.
“Dis ietwat jammer dat ons Windhoek moet verlaat,” sê ek vir Sandra toe ons in die pad val, op pad na ons volgende bestemming.
“Ek voel ook so,” sê sy terwyl sy betekenisvol vir my kyk en my voël deur my broek ‘n drukkie gee.
(Lees volgende episode HIER)