Thaba Phakeme
deur Bobcat
(Lees oor Elrie se vorige avonture HIER)
Die oggend dou lê nat op die bosveldgras en -struike toe ek uit die plaashuis stap. In die slaapkamer is Elrie besig om haar skoonheidslapie in te haal. Ons was albei uitgeput van die vorige dag se geryery met die vragmotor. Ek het egter besluit om die dag se take vroeër aan te pak sodat die werkers vroeg kan tjaila. Nadat ons so teen halftien al die lekke afgelaai het en die suipings nagegaan het, het ek vir ou Jan, die voorman, nader geroep en gesê dat hulle die naweek verder mag afkry.
Terug by die opstal was alles nog rustig. Selfs die windhond by die deur het nog gelê en bak in die oggend sonnetjie. Toe ek by die kamer instap sien ek dat Elrie nog lê en slaap. Sy het op haar maag gelê met haar rooibruin hare wat los oor haar nek en oor die kussing gesprei lê. Die wit laken het afgeskuif tot net bokant haar boude en ek kon die dimpetjies in die waai van haar rug net bokant haar boude sien. Die boudjies mooi beklemtoon onder die laken soos twee parmantige prammetjies. Van laasgenoemde kon ek net die een se ronding tussen haar arm en lyf uitmaak. Die versoeking was erg om haar kaal rug en boudjies te liefkoos, maar ek het myself wreed na die werklikheid teruggeruk en besluit om eers te gaan stort.
Die stortwater was heerlik warm en ek het nie gespeel toe ek die shower gel gebruik nie. My hele lyf was vol skuim en my oё het begin brand. Terwyl ek gesig na die muur my hare en my gesig begin afspoel voel ek eers haar arms om my lyf vou en toe hoe haar borste teen my laer rug druk.
“Staan jy nou doodstil, meneer Riempies,” sê sy half vermakerig. “Jy kan mos nie môre sê nie en dan loer jy nog slapende dames af.”
Ek laat haar begaan en ek voel hoe haar hande na my voёl soek, hom omvou en hoe sy met hom begin speel. Haar hande is koud en vol seep, die water is warm en die kombinasie het my binne sekondes stokstyf. Terwyl sy my draad trek druk ek met my arms bokant my kop teen die muur. Haar tepels word hard teen my rug en ek probeer om my regterhand na haar driehoekie te stuur, maar sy druk so styf teen my lyf dat ek maar weer muur vashou. Sy is behendig met die gespelery en die seperigheid help dat haar regterhand lekker oor my voёlkop se rand glip terwyl sy my balsak liggies met haar linkerhand vryf. Die oomblik raak vir my ondraaglik van genot, maar voordat ek kan keer of knyp trek sy my verby fyndraai en ek kom met ‘n boog sulke lekker warm slierte melkerige kom teen die stortmuur.
Sy glip onder my arm deur en kom staan op haar tone voor my.
“Jou beurt,” beveel sy terwyl sy haar pienk sponsie en ‘n bottel shower gel na my toe uithou. Terwyl ek die gel oor haar sponsie laat vloei sien ek hoe sy haar lang hare in ‘n poniestert na vore vat, haar rug krom en haar voete effe uitmekaar plaas en haar hande teen die stortmuur. Ek moer die sponsie op die grond en maak my handpalms vol gel. “Ahhh,” laat sy hoor toe my hande om haar nek en oor haar rug beweeg. Hulle vind hulle pad af na die kurwes van haar heupe en omvou haar boude en later haar bo bene. Ek hervul my handpalms met gel en begin van haar heupe opwaarts beweeg, deur haar kieliebakkies en teen haar arms op.
Toe ek die derde keer hervul vat ek genoeg sodat die gel tussen my vingers afloop en begin haar borste tegelyke tyd vryf en druk. Ek maak my hande plat oor haar maag en by haar heupe. Daarna omsirkel my hande haar bobene en bring ek my hande terug op in haar binne bene tot in die lieste. Terwyl ek haar van agter begin soen vleg ek my vingers deur die krulhaartjies van haar koek en vryf my handpalm oor die lengte van haar plesier paleis.
Haar boude druk terug in my rigting en ek vat haar poesie van agter af met die oop hand. Ek voel die opgehewendheid van haar lippies op my handpalm en dit ruk my “pyp” weer tot verhaal en tot in die orent posisie. Ek trek haar teen my lyf vas en help haar met my hande afspoel. Sy maak sulke sagte kreun geluidjies en ek laat my hande oor haar hele nat lyf glip, speel bietjie met haar tiete en haar genotgrot.
Sy draai in my arms om, vat my om die nek en wip tot op my heupe. Haar pragtige lang bene vou sy om my lyf en ek sien daardie bekende duiweltjies swem in haar grys-groen oё. Die dimpels om haar mondhoeke begin speel en sy prul haar mondjie voordat sy haar lippe teen myne druk terwyl sy haar lyf teen myne afglei tot teen my voёl. Ek druk op terwyl ek my rug krom en my pielkop glip tussen haar lippies deur totdat sy hele skag in haar verdwyn. Sy laat hang haar kop effe agteroor en ek sien hoe die stortwater haar tepels bombardeer.
Ek begin ritmies in haar instamp terwyl ek my hande om haar boude vou en haar sodoende ondersteun.
“Naai my Riempies,” laat sy in die lug hang.
Haar woorde ontketen weer daardie barbaarse voortplantingsdrang in my en ek gee daaraan oor. Die stort se water bombardeer ons lywe nou vasgevang in ‘n hemelse wedloop.
“Ek gaan kom,” sug sy en ek stamp hard in haar vas terwyl sy haar bene styf om my vastrek. Die saadbal (so voel dit) in my voёlkop ontplof diep binne in haar en ek voel hoe haar lyf sulke ligte trillings maak.
Nadat ons behoorlik klaar gestort het, het ek haar met handoek om die lyf terug gedra bed toe en sagkens neergelê.
“Riempies?”sy laat haar vraag in die lug hang. “Kan ons nie maar so ‘n paar dae langer hier bly nie?”
Ek glimlag en besef … die stories oor rooikoppe is waar … hulle kan spyker en gedagtes lees.
3 COMMENTS
Hmm te lekker!
Bobcat jy is n meester. Absolute fantastiese storie .
Bobcat, hierdie “rooikop” van jou is so vurig en warm soos net hulle kan wees.
Heerlik gelees en jou taalgebruik en volhoue spanningslyn het Elrie lewendig en waar gemaak.
Dankie vir ‘n goeie storie !