Elrie en die lorrie (2)

deur Bobcat

Die Ultra City is bedrywig. Dit voel of almal die nat op die voorkant van my broek kan sien alhoewel ek dit verberg onder my baadjie. Ek en Elrie stap hand aan hand na die restaurant vir ontbyt en ek sweer ek kan voel hoe die groep “bikers” Elrie van agter uit haar klere kyk. Ons het by die bloekomboom opgevars uit die watertenk onder die trok. Sy het nou ‘n baie noupassende, sexy geskeurde “Sissy Boy” jean aan met ‘n wit T-hemp en tekkies. Haar lang rooi-bruin hare met die sonstrepies is agteroor vasgepen met haar sonbril bo-op haar kop en haar lippies weer mooi kersierooi.

Ek lyk soos ‘n trokdrywer, want ek het nie ekstra klere vir die pad gepak nie. Mos nie geweet ek gaan verras en amper half dood genaai word voor ontbyt nie. Ek voel trots om haar langs my te hê en dit streel my ego dat sy al haar aandag aan my bepaal en nie reaggeer op die mans by wie ons verbyloop se “more-sê” of ligte wolfsfluite nie.

Ons bestel vrugtesap, later kom die ontbyt en steeds verkyk ek my aan die mooi vrou wat Elrie geword het. Die oggend se gebeure speel in my geheue af en ek sit ver en droom toe haar hand oor myne glip.

“Jy ok, Riempies?” vra sy.

“Sskuus man,” stotter ek terwyl ek aan ‘n verskoning dink. “O-ons het bietjie tyd verloor vanoggend …” ploeter ek voort terwyl ek haar hand liggies druk.

Sy wink my nader en begin in my oor fluister. “Jy stotter net as jy aan my kaal lyf en seks dink, mnr Riempies.”

Dit voel of die aarde my moet insluk. Ek is intens bewus daarvan dat my wange op die oomblik rooier as enige tamatie is. “Huh-huh-huh” maak ek gemaakd of ek lag terwyl ek na nog ‘n dieper skakering van rooi verander.

Na ‘n heerlike ontbyt en wonderlike geselskap pak ons weer die pad aan. Elrie sit haar musiek aan en na ‘n rukkie sit sy die oorfone op my ore.

“Spesiale enetjie net vir jou, Riempies.”

Ek herken die liedjie onmiddelik as Exile se I wanna kiss you all over en loer na haar. Die dimpels speel om haar mondhoeke en haar grysgroen oё kyk dwarsdeur my. My hart slaan tamboer en ek wonder by myself of ek hierdie naweek gaan oorleef. Terwyl ons so ry speel haar vingers deur my hare en haar tietie druk styf teen my linker arm wat nou ononderbroke op die rathefboom vassit.

Na so uur se ry met min gesels maar baie aanraking gewaar ek in die truspieël dat een van die “cargo straps” losgekom het en dreig om te verloor. Nadat ek langs die snelweg afgetrek het, glip ek teen die bale voer op om die band weer vas te maak.

“Koeweee! Help my op sodat ek jou kan help vashou,” skree Elrie vir my, reeds halfpad teen die bale op.

Ek steek my hand uit na haar en trek maar my voet haak aan die baaltou vas en ek val netjies tussen die vou wat twee bale teen mekaar maak in met Elrie bo-op my.

Haar asem jaag en sy het ‘n onheilige blos op haar wange. Terwyl sy my tussen die bale neerpen met ‘n passievolle soen, verlos haar hande behendig haar borste uit haar bra en binne ‘n oogwenk is my hemp oopgeknoop en haar nippels word hard teen my bors vasgedruk. Haar hande vroetel verder met my ritssluiter en sonder moeite het sy my stywe voёl in haar hand. Terwyl sy my soen beweeg haar hand ritmies op en af met my skag.

Ek begin wonder of die stories rakende rooikoppe waar is en slaag daarin om my hand by die voorkant van haar jean in te druk. My handpalm is met die eerste vryf vuurwarm en nat en ek besef daar is nie omdraai kans nie. Ek druk haar van my af weg, pluk my hemp oor my kop en gooi dit oor die ronding van die baal. Elrie maak haar jeans los en trek dit tot net bokant haar knieë af en gaan lê op haar maag op my hemp oor die ronding van die baal. Ek kniel wydsbeen oor haar en skop my voete stewig teen die agterste baal vas.

Asof sy my lees stoot sy haar boudjies in my rigting en ek druk my torpedo met my hand tussen haar lippies in. Met die eerste probeerslag gly sy kop verby die gaaitjie en oor haar klitoris, maar met die terugtrekslag lig ek hom met my hand en druk stadig vorentoe. Omdat haar bene teen mekaar lê voel dit asof ek deur haar kringspier druk en sy lig haar boudjies weer en ek sak in haar in tot in haar diepste.

Die posisie is effens ongemaklik, maar sy draai haar kop na my en ek proe weer die kersiesmaak van haar lippe. Ek begin haar teen ‘n baie stadige tempo steek aangesien ek elke voutjie, kreukel en kussinkie van haar vrouwees teen my skag kan voel. Sy kerm my naam en klink asof sy nie asem kry onder my nie. Ek maak verskoning, maar al wat sy uitkry is ‘n beslisde “moenie nou ophou nie!”

Ek besef dat die kop van my meneer, as gevolg van die snaakse posisie, reg oor haar G-spot verby skuur. Die blote gedagte daaraan laat my amper kom, maar ek knyp en begin haar nek en oortjies van agter af soen. Soos die drukking en gesuis in my ore begin opbou raak my bewegings effens rowwer. Ek druk my piel doelbewus harder teen die plekkie waar ek dink die G-spot is en ek voel hoe haar lyf onder myne verslap en hoe die nattigheid en hitte rondom my voёl verdubbel. Met die wete dat sy klimaks, byt ek haar liggies aan die skouer, druk met ‘n finale slag so diep ek kan en spuit my saad diep binne haar.

Ons het ‘n lang ruk net so bly lê totdat sy begin giggel het. Vir my was die giggel ‘n raaisel en ‘n verligting aangesien ek nie geweet het of ek haar seergemaak of erg bevredig het nie, maar nadat ons die voer daardie aand na nog ‘n voorval of twee afgelaai het was sy die hele nag in my arms, in my bed en in my kop. Wanneer ek en Elrie mekaar sien praat ons nog gereeld oor “Exile”- die troetelnaampie wat sy vir my ou trok gegee het …

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

One thought on “Elrie en die lorrie (2)

  • May 17, 2017 at 2:22 pm
    Permalink

    Ek het eers weer (vir die soveelste keer) episode 1 gelees voor ek kommentaar lewer.
    Puik storie, Bobcat, hierdie wedervaringe met Elrie kan nog ‘n paar episodes oplewer. Jy gaan haar nog, op verskeie maniere behaag en sy vir jou…moenie dat ons lank wag nie, hoor ☺

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)