Selfaanvaarding (3)
deur Jan Pielewiet
Taalversorging deur Lusman
Lees vorige episode HIER
Sandra se naam verskyn op my foon se skerm as ek die biep hoor. Ek voel hoe die opgewondenheid klop aan my lende. Alhoewel ons albei by ons ouers se naby aan mekaar geleë huise is – ons studies by ons onderskeie inrigtings onderbreek weens lockdown – sien ek haar uit die aard van die saak nie meer nie. Die gebrek aan aangesig-tot-aangesig-kontak stil egter nie die lusgevoelens vir haar nie; inteendeel dit maak dit erger.
Ek ag myself gelukkig dat my ouers op hierdie oomblik nie tuis is nie – dis elfuur in die oggend. My ouers is deel van die “essensiële dienste” omdat hulle kos verkoop en hulle dus meestal by die werk is. Die personeel is in twee groepe verdeel, sodat slegs die helfte van hulle inkom. Die ure wat die winkel oop is, is ook verkort. Dus probeer my ouers alles moontlik doen om te help om die verspreiding te keer.
Gedagtig daaraan hoe vrylik ek nou met Sandra kan kommunikeer – ek het reeds die inspirasie dat dit oor seks moet wees – glimlag ek by myself. Ek laat my regterhand behaaglik oor my broek se voorkant gaan terwyl ek die foon in my linkerhand vashou.
“Wat maak jy?” lees ek haar vraag.
“Lees boek, alleen op my bed. En jy?”
“Ek ook …” antwoord sy. “Watse boek?”
“13 uur van Deon Meyer. Dit hou my vasgevang. En jy?” antwoord ek.
“Fifty shades of Grey” kom haar antwoord. H’m, dan is sy besig om in die regte luim te kom, dink ek.
Onmiddellik daarna is die volgende boodskap op die skerm dat sy mal is oor Deon Meyer se boeke. Haar pa het die hele reeks.
Snaaks dat ek nog nooit aan Sandra se pa gedink het as iemand wat lees nie. Die oom is ‘n voorman by ‘n groot konstruksiemaatskappy wat aftreeoord-ontwikkelings doen. Hy is dus meestal in die stad waar die ontwikkeling is, maar hy verkies om in sy huis hier naby ons op die platteland te bly. Voor die inperking was hy gewoonlik elke tweede naweek tuis, van die Donderdag af. Maar hy moes aanpas by die ekonomiese omstandighede waarin ons land tans is. Nou dat ek aan hom dink as iemand wat lees, neem ek aan hy lees in die aande as hy alleen in sy kamer of woonstel is, of waar hy ook al bly, as hy nie tuis is nie. Ek het nog nooit daaraan gedink nie en besef nou hoe min ek eintlik van die mense rondom my weet.
Ek het net begin tik aan ‘n boodskap, toe haar volgende boodskap al weer inkom: “Ek is alleen en moet my daaglikse voorskrif neem.”
Ek glimlag, want ek weet onmiddellik waarna sy verwys met “daaglikse voorskrif”. Ek onthou hoe ons in die begin met ons herontmoeting, toe ons albei net voor die inperking huis toe gekom het – vanaf die plekke waar ons besig was om te studeer – weer dokter-dokter gespeel het. Daar was onder andere my voorskrif aan haar van twee orgasmes ‘n dag, een saam met iemand en een alleen. Dit was as ‘n grap bedoel. Maar sy het die volgende dag – die laaste dag voor die inperking – opgedaag vir haar “behandeling”. Sy het my breedvoerig vertel hoe sy die vorige aand in die bad haarself bevredig het. Ek het geduldig geluister en toe vir die eerste keer besef ‘n handstortkop kan vir meer as hare was aangewend word.
Toe lockdown intree, kon ons mekaar maar net van ver af “sien” met ons fone en WhatsApp. Haar ouers grens aan paranoïes wat fisieke nabyheid betref. Haar pa is juis nou voltyds tuis en is besig om alles rondom die huis reg en heel te maak. Hy gaan volgende week begin om die huis se buitekant te verf, dus is daar geen manier dat ons twee skelmpies bymekaar kan uitkom nie.
“En hoe wil jy dit regkry?” tik ek vir haar uit oor haar “daaglikse voorskrif”.
“Zoom,” kom haar antwoord.
“Hoe?” tik ek terug.
“Laai die program af, werk amper soos Skype en Whatsapp se video call, net beter en mens kan groepe opstel. Ek stuur die adres net hierna.”
Ek laai die program af toe die adres deurkom. As ek konnekteer, sien ek sy is op haar bed op haar rug in ‘n grys rompie en ‘n geel toppie. Daar lê ‘n handdoek oor ‘n paar goed langs haar op die bed.
“Waar is jou foon nou?” wil ek weet.
“Op die spieëlkas naby my bed se voetenent. Sit joune ook so dat die kamera na jou toe wys. Ek wil jou sien – alles van jou.”
Ons kan nou live gesels en mekaar sien, net soos op Skype. Die videobeeld se kwaliteit is fantasties en ek kan alles tot in die fynste detail sien. Sandra begin praat en vertel my dat sy die laaste paar dae nie haar daaglikse orgasme saam met iemand kon kry nie. Maar sy het daarvoor opgemaak, vervolg sy, deur navorsing te doen oor hoe ons by mekaar kan wees sonder om op dieselfde plek te wees.
Wanneer sy die handdoek wat langs haar lê wegtrek, lê daar allerhande items, almal langerig, omtrent 3 tot 5 cm in deursnit en redelik reguit. Sy tel haar badborsel waarmee sy haar rug was op en wys vir my die geronde punt van die steel. Dan vertel sy my hoe sy die borsel die eerste aand gebruik het om haar binnekant te kielie terwyl sy haar klitoris gevryf het. Teen die tyd dat sy by haar tweede sin kom, het ek ‘n volsterkte ereksie wat ongemaklik teen my broekrek druk.
“Wil jy sien wat ek gedoen het?” Haar stem klink effens hol van die kamer se akoestiek.
“Beslis!” antwoord ek onmiddellik, voor sy dalk van plan kan verander. My stem is so hard en duidelik as moontlik, sodat my foon dit goed moet opvang.
“Dice jou wie is eerste kaal!” kom haar uitdaging toe sy van die bed af opstaan, haar stem harder wordend terwyl sy nader aan haar foon kom en toe uit die gesigsveld beweeg.
Ek loer vir ‘n oomblik by my kamerdeur uit om seker te maak dat my ouers nog nie terug is nie. Ek pluk my T-hemp oor my kop. Dan pluk ek my broek so vinnig af dat my horing amper my wind uitslaan. Ek skop my broek en onderbroek, wat om my enkels knoop, af en val weer op my bed neer. Wanneer ek my foon optel waar ek dit staangemaak het, sien ek Sandra is nog ten volle geklee waar sy nou weer langs die bed staan. Sy is dik van die lag. Skaam-skaam trek ek die duvet oor my erekte penis nadat ek die foon weer staangemaak het met die kamera op my gerig. Ek voel afgepis dat sy my so uitgevang het – en net ek kaal is.
“Jammer, ek moes jou net uitvang. Dis after all 1 April vandag!”
Dan sien ek sy gaan staan op haar knieë op die bed, haar voorlyf en gesig na die kamera en haar rompie en top nog kuis in plek. Sy begin sensueel haar heupies beweeg terwyl haar hande oor haar middel vryf. Die beweging van haar heupe laat my dink aan ons laaste keer saam toe sy stelselmatig oor my piel afgesak het terwyl sy dieselfde beweging gemaak het – en my toe bietjie vir bietjie in haar laat inglip het.
Dan draai sy, steeds op haar knieë, met haar linkersy na die kamera toe. Sy streel met haar linkerhand oor haar boudjies oor die grys rompie terwyl haar heupies nog meer sensueel vorentoe en agtertoe beweeg. Uiteindelik draai sy weer met haar voorkant na die kamera, terwyl sy half spottend vir my glimlag. My regterhand, steeds onder die duvet, vroetel-vroetel by my voël en ballas rond.
Wanneer sy haar top stadig oor haar borste oplig, val hulle swaar na onder. Hulle bons slegs een keer saggies voor hulle stil lê. Ek sien haar tepels is regop en donker en soebat om gesuig te word. Ek begeer dit om hulle tussen my vingers te knie. Asof telepaties gekonnekteer, gee Sandra gehoor aan my gedagtes. Sy begin om haar borste te streel en haar nippels lank uit te trek. Sy los ‘n sagte kreun. Asof vanself, vind my hand my skag onder die duvet.
Ek vat my paal vas en beweeg my voorvel stadig op en af. Ek voel dat my punt al nat is. Bang dat ek dalk ‘n kol teen die duvet sal maak, skop ek dit met ‘n woeste skop van my af, alle skaamte en kwaad vergete.
Wanneer Sandra my naakte glorie raaksien, laat sak sy haar hande na haar rompie. Sy draai, nog steeds op haar knieë staande, heeltemal om op die bed, haar voetjies by mekaar. Dan lig sy die rompie so effens op, net genoeg dat ek haar kaal onderboude kan sien. Ek wonder of sy heel kaal is en of sy dalk ‘n deurtrekkertjie aanhet. Sy loer ‘n paar keer oor haar skouer na my.
Wanneer sy na die temptering met die boude weer vorentoe draai en agteroor teen die kopstuk van haar bed gaan sit, haar bene van mekaar, skuif sy die rompie se voorkant op. Ek sien hoe haar vulva teen haar deurtrekkertjie – daar’s hy, sy het hom aan! – se wit satynvoorpantjie druk. Daar is ‘n klam kol waar die materiaal effens tussen die lippies inbeur. Wanneer sy haar vingers tussen die lap en haar vlees insteek, hulle ‘n bietjie daar laat rondwoel en dan weer terugtrek, kom hulle met stringe nat drelle aan die vingerpunte uit.
Dan tel Sandra weer die rugborsel op. Sy trek haar broekie eenkant toe, sodat haar lippies ontbloot is. Sy draai die borsel om, sodat die harekop tussen haar knieë is. Dan beweeg sy die gladde verdikking van die steel wat die handvatsel uitmaak tussen haar lippies deur. Haar vingers begin te dartel oor die lippies, die handvatsel hierdie keer stil in haar slootjie. Dan word die lipgevryf heftiger. Die mik wat haar voor- en middelvinger maak, beweeg nou flink op en af oor die lengte van die handvatsel sonder om daaraan te raak, elkeen van die vingers strelend oor sy eie buitelip.
Dan gaan beweging weer oor na die borsel. Stelselmatig werk sy die borsel se handvatsel op en af in haar gleufie. Dit word al hoe natter en gladder, met dié dat sy dit terselfdertyd in die rondte draai. Die sigaarvormige borselhandvatsel blink oor sy volle beige oppervlak as sy die punt in haar begin indruk.
Teen dié tyd is ek al so jags dat ek my orgaan vurig op en af pomp. Ek voel hoe ek al hoe nader aan die punt van geen omdraai kom. Wanneer Sandra haar klitoris vinnig begin vryf terwyl sy die borsel in haar in pomp, begin ek skiet. Ek voel hoe die warm kom op my maag land en in ‘n stroompie teen my sy afsypel. Ek gryp vinng my sakdoek wat langs my lê en keer dit net betyds, voor dit ‘n blerts op my laken maak. Wanneer ek weer op my skerm kan kyk, sien ek hoe Sandra saamtrek soos sy ook haar orgasme ervaar.
Uitasem loer ons vir mekaar oor Zoom. Dis ‘n tegnologiese wonder dat ons heetheid niks aan die beeld doen nie, gaan dit vir ‘n oomblik deur my gedagte.
Dan vra Sandra: “Tel dit as ek ‘n orgasme saam met iemand kry, Dokter?”
(Lees volgende episode HIER)
1 COMMENT
Baie geniet! Ek sien sommer die prentjie op die foon!!