Erotiek in Afrikaans: Erotikaans
Liewe Kombiekiehier-leser en Kombiekiehier-skrywer,
Dit is weer so ‘n bietjie tyd vir terugvoer, huishouding en aankondigings van nuwe projekte.
Baie dankie, eerstens dat julle in sulke groot getalle die vraelyste ingevul het waarmee ek so ‘n paar weke gelede julle leesbehoeftes wou bepaal. Dit het julle begeertes baie duidelik gemaak en dis ook waarom ek hierdie brief skryf.
Dit sal waarskynlik vir die lesers interessant wees om te sien hoe hulle voorkeure met dié van die res van die lesers ooreenstem, maar vir die skrywers behoort dit nog meer waarde te hê. Julle vra my nogal dikwels watter temas nog nie genoeg gedek word nie en nou kan ek vir julle ‘n wetenskaplike antwoord gee.
Soos almal seker teen hierdie tyd weet, verskil Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos in terme van graad. Sommige temas sal uit die aard van die saak net in Kombiekiehier Vreesloos gepubliseer kan word. Maar soms word stories waarvan die tema aanvaarbaar is vir Kombiekiehier eerder in Kombiekiehier Vreesloos gepubliseer as dit dalk meer kru as gewoonlik geskryf is.
Die oplettendes onder julle het seker ook al agtergekom dat ek soms temas behandel wat oor die verskillende afdelings en webwerwe heen strek. Byvoorbeeld, daar sal ‘n storie met ‘n sekere tema verskyn in Kombiekiehier. Dan sal ek dit verduidelik in “Ken jou Kink”. Soms, as ek een het, sal daar ‘n storie met dieselfde onderwerp in Vreesloos verskyn. Dit sal dan ook in die Bloumaandagfoto’s uitgebeeld word. Ek sal dan op ‘n Vrydag ‘n video daarvan op Kombiekiehier Vreesloos publiseer. (Die urineer-tema van hierdie week is ‘n goeie voorbeeld van so ‘n reeks.) Soms vra ek skrywers om my met hierdie spesifieke temas te help – as hulle tyd het en lus is.
Ek wil sommer nou van die geleentheid gebruik maak om al die skrywers te bedank vir hulle wonderlike, sexy, lusmakende stories. Julle maak die webwerf wat dit is – julle het “seks in Afrikaans.”
Dis juis omdat dit die enigste webwerf is waar erotiek (geskrewe, visueel en selfs intellektueel) spesifiek wyd in Afrikaans beleef en “gepleeg” word, dat dit tyd geword het om met meer fokus taalsake te bespreek op die gebied wat vir ons belangrik is. Om daardie doel te bereik, gaan daar ‘n nuwe afdeling op Kombiekiehier wees: Erotikaans.
In hierdie kategorie sal Lusman, soos wat hy kans en lus kry, oor taalsake wat met seks en erotiek in die algemeen verband hou, gesels. Hy sal ‘n onderwerp of woord kies wat ons meen aandag verdien – en waaraan hy dalk saam met julle wil kou. Die gesprek word dan (soos met al die plasings) in die kommentaar-gedeelte gevoer. Wat dink julle hiervan? Dit kan vir almal wat hul taalgebruik op die gebied van die seksuele en die erotiese wil verbeter, ook die skrywers ,van waarde wees.
As ‘n tweede faset om taalgebruik en skryfwerk te verbeter het Lusman ook aangebied om enigeen wat dit wil hê se verhale te versorg. Hy sê dis hoofsaaklik om die taalgebruik meer effektief, leesbaar en verstaanbaar – lekker loslit en vloeiend en dalk meer jagsmakend! – te maak. Hier en daar kan hy moontlik ‘n strukturele verandering aanbring om die storie beter te laat vloei. Spelling en leestekens, veral aanhalingstekens, kry ook aandag. Hy probeer egter om nie grootskaalse stylveranderinge te maak nie. Soms is die kwaliteitsverskil wat sy taalversorging aan die verhale maak nogal dramaties. Dit sal so ‘n bietjie langer vat voor ek die verhaal kan plaas. Oor die algemeen, egter, neem dit nie meer as ‘n paar dae vir die redigering nie. Laat weet my asseblief spesifiek as jy wil hê ek moet eers jou verhaal vir hom stuur voor ek dit publiseer. Wanneer hy ‘n verhaal versorg het, sal ek dit, soos ek reeds doen, elke keer aandui. Jy kan gerus ook aan my terugvoering gee, wat ek aan hom sal deurgee. Lusman sal graag wil weet wat jy dink van sy redigering, ook waarmee jy nie gelukkig was nie.
Ek gaan ook harder werk aan die erotiek-woordelys. Dis al lankal op die webwerf en die idee was dat ‘n skrywer daar sinonieme kan gaan soek as hy/sy byvoorbeeld nie vir die soveelste keer die woord “voël” na mekaar wil gebruik nie. Ek vestig nou net weer jou aandag daarop met die voorneme dat ek dit ook meer gereeld sal bywerk.
Laastens, ek wil van volgende jaar af probeer om ‘n bundel met die beste verhale van daardie jaar te publiseer. Ek sal wel eers fondse daarvoor moet insamel, maar sal julle daarvan vertel sodra ek alles uitgevind het. Dit sal nie vervolgverhale kan bevat nie, so help asseblief deur so nou en dan verhale in te stuur wat op hulle eie kan staan. J
Hier onder kan julle die uitslae van die navorsing sien. Weereens dankie vir almal wat deelgeneem het.
Julle sal die Erotikaans-afdeling onder Sapioseksueel in die kieslys kan opspoor, maar die artikels sal soos al die ander inhoud ook op die voorblad se vloei verskyn. Ek sien uit na hierdie nuwe toevoeging.
Met lus en liefde
Annelise
16 COMMENTS
Dankie Annelise an al die bydraers.
Ek het die twee grafieke nou groter gemaak – en onthou dis moontlik om in te zoom op ‘n webwerf bladsy deur control op jou rekenaar se keyboard te druk en dan die wielietjie op jou muis te rol. 🙂 Ek glo dit behoort nou vir meeste mense leesbaar te wees. x
Dankie Annelise.
Daar is niks so sexy soos erotiek in Afrikaans nie… some vind mens iemand in jou lewe wat dit met jou vreugde kan deel…soms het ons net jou en Kombiekiehier. Dankie tog… ek waardeer dit baie.
❤️❤️
Julle sal altyd my hê
Dierbare vriende
Ek kon op die diagramme op my selfoon inzoom en sien wat wat is.
Aangesien meeste skrywers se stories in meeste lesers se smaak val, is ek heeltemal tevrede daarmee om die buiteperd te wees en sal graag die minder populere perversies dek (ja daardie was ‘n woordspeling). Ek deps ook egter die filosofie, mitologie/religie en geskiedenis temas (al was hulle nie gelys nie) – miskien moet dit juis onder die kinky kategorie val want ek dink dit moet seker (vir normale mense) af wees om enigiets te kan seksualiseer. 🙂
Daar is wel in Vreesloos van jou temas wat voorkeur geniet. BDSM is nogal hoog op die lys ?
Dis altyd goed om te weet dat mens se kinks iewers ‘n klammigheid bring.
Dit is ook so dat mens vir jou seksobjek so ‘n bietjie Sun Tzu kan lees as sy nerens heen kan ontsnap of jou in die rede kan val nie (vir die normales: dis omdat sy vasgebind en gemuilband is). En daar het ons dit: filosofie is toe al die tyd ‘n kink.
🙂
??
Maangodin,
Eers gedink dat jy net die Madam van Lus en Plesier is. Nou is jou ook ons ONDERwyser. 🙂
(Brein, moenie verder prentjies maak nie…)
Dankie vir jou en al die ander wat soveel tyd spandeer om Kombiekiehier diè uitstekende blad te maak wat dit IS met oorspronklike idees, stories, grens-skuiwende uitdagings en ook ‘seksonderrig’. Dit het defnitief my horison verbreed. Mag ek sê dat ek die blad as opvoedkundig ervaar? 🙂
Groot waardeering en dankbaar.
Dankie Bok,
My idee was van die begin af om op hierdie werwe ook inligting te gee, mense se grense so bietjie meer te verbreed en te verskuif met kennis. Soms gebeur dit deur ‘n storie oor ‘n onderwerp waarvan niemand nog geweet het nie (Uther skryf dikwels daardie), soms deur direkte inligting wat ek gee soos by “ken jou kink” of sekstips en soms deur die filosofiese deel (wat ook my vakgebied is.) Daar is verskeie mense wat so deur hulle bydraes ook met daardie “opvoeding” help. Lusman is egter die taalversorger. Ek is ‘n skrywer en kan inhoud genereer en kan vir dae lank filosofeer en lusmaak, maar ek het nie die hart (en geduld) van ‘n taalversorger nie. En ek het ook nie daardie fyn kennis nie – dis net nie my ding nie. Ek spel heel goed genoeg (beter as die meeste op facebook en Netwerk24 se kommentaar) en dink my sinne maak sin 😉 maar my taalversorging is steeds nie so in diepte nie. So vir daardie deel kan hy bedank word.
Nou gaan KBH nog meer lekker raak, hou vas jou matras, Annelise gaan nou jaag. HEHEHEHE
Het gelees. Dink dis van groot waarde. Dankie.
Ek’t hierdie pos gelees net na dit geplaas is en nou weer. Die doelwit daarmee, die inligting en die voorstelle is uiters interessant en ek dank jou vir die konsep en sal graag daarmee saamgaan en uitbrei en toevoeg waar ek kan.
Baie dankie vir jou werk, dit word hoogs waardeer asook Lusman se entoesiasme en waardevolle insette en bystand.
My enigste probleem is dat die 2 diagramme baie klein is en ek kan nie al die inhoud lees nie.
Kan dit (diagramme) nie vergroot word nie, huidig is dit bykans nutteloos want ek kan met skrefies oe en inspanning net hier en daar ‘n woord ontsyfer. ?
Dis reg en sorry Will ? Ek sal dit gaan regmaak
Ek hoop die skrywers lees darem hierdie pos … 🙂