Selfaanvaarding (2)

3+
Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Jan Pielewiet

Taalversorging deur Lusman

(Lees eerste episode HIER)

Sandra vee my kom teen die bank se rugleuning af terwyl ek uitgeput regop begin sit. Die oomblik toe ek opstaan, trek sy die handdoek op die bank reg en gaan sit daarop. Dan lig sy haar boude, trek haar verpleegster-uniform uit en gaan lê plat op haar rug, met net haar bra en pêntie aan. Die wit bedek skaars wat bedek moet word en haar donker tepels slaan twee bruin kolle deur.

Ek trek my doktersjas aan, maar versuim om weer my onderbroek aan te trek. Dit voel nogal aardig om bo toe en warm te wees, terwyl die ligte briesie wat deur die vertrek waai alles onder die jas laat afkoel.

“Wat is die probleem, Mevrou?” vra ek in my mees formele stem terwyl ek langs die bank kom staan.

“Ek vermoed ek is dalk gebreklik, Dok,” antwoord Sandra.

“Wat laat jou so dink?” vra ek, terwyl ek haar stip in die oë kyk.

“Ek bly nat voel op ‘n ongemaklike plekkie,” kom Sandra se antwoord.

“Kan jy vir my wys waar?” vra ek.

“Ek is te skaam,” antwoord Sandra.

“Toemaar, Mevrou. Ons dokters is mos alles gewoond. Is dit onder u arms? Of dalk u voete wat sweet en dan stink?”

“Nee Dok, dit is halfpad tussen die twee, net so onder die pêntielyn,” bieg Sandra teenoor my terwyl sy met haar hand ondertoe wys.

“Bedoel u dat u vagina nat is?” Ek sukkel om nie te lag nie.

“Ja Dok, sy is nou ook nat,” kom dit in ‘n hees fluistering.

Ek vra haar meer uit oor haar toestand. Dan beveel ek haar om heeltemal uit te trek sodat ek ‘n behoorlike ondersoek kan doen. Sy gehoorsaam dadelik en gaan lê weer op haar rug op die handdoek op die bank.

Ek druk onder haar borste teen haar ribbes en streel dan opwaarts sodat ek haar borste skrams raak en haar tepels amper raak. Dis net genoeg, sodat sy moet weet ek is bewus van hulle. Dan druk ek teen haar voet en kuite, kamstig om te kyk wanneer ek die nat begin voel. Ek werk al hoër op tot ek aan haar koeklippe raak.

Wanneer ek die blom se blare oopkelk sien ek die nektar wat uit haar blom stroom en al ‘n nat kol op die handdoek onder haar gemaak het. Ek besef nou ook dat die handdoek wat sy oor die bank gegooi het nie net deel van die rolspel was nie. Dit was ook om makliker skoon te maak en om te verhoed dat daar enige bewyse is wanneer haar ouers tuis kom.

Terwyl ek besig is om Sandra te ondersoek, vertel sy my dat sy so jags raak dat sy soms ‘n orgasme kry deur net vinnig te loop. Want alles in die pelvisarea skuur dan teen mekaar.

Ek besluit as dokter dat ek haar ‘n deeglike ondersoek sal moet gee om die oorsaak van die natheid te probeer opspoor. Ek begin haar betas by haar kop, waar ek haar kroontjie kielie. Dan beweeg ek af na haar ore, wat ek tussen my vingers skulp. Ek trek saggies aan die oorlelle. Daarna beweeg ek af teen haar nek waar ek die nek saggies byt, kamstig om te voel of daar enige spanning is. Dan beweeg ek af na haar sagte tieties. Ek lek al om die areolas en dan suig ek haar tepels een na die ander in, todat sy kreun.

Volgende blaas ek saggies op haar magie en druk dan my tong in haar naeltjie. Dit laat haar giggel. Maar wanneer ek dan op die nat in die naeltjie blaas, sien ek hoe die hoendervleis rondom dit uitslaan. Sy trek haar asem diep in en laat dit stadig uit om haarself te probeer kalmeer. Wanneer ek weer onder by haar voete begin en haar tone suig, kan ek hoor hoe sy rukkend asemhaal.

Ek mors nie baie tyd om haar bene te ondersoek nie, want ek is nou so jags soos ‘n reunhond by ‘n teef op hitte.

Wanneer ek haar bene oopdruk en gaan kniel tussen hulle, sien ek haar koek gaap wyd oop. Dan druk ek my klipharde piel tot teen my ballas in haar in. Ek verduidelik vir haar dat die dokter haar koors moet meet en dat hy ‘n spesiale koorspen het waarmee hy dit doen.

Sandra druk haar lyf op en ons pelvisse suig teen mekaar vas. Ek begin met stadige, diep stote, maar Sandra se reaksie por my aan om al hoe vinniger te beweeg. Wanneer sy begin om allerhande woorde soos “fuck, fuck, fuck” en “o fok, ja, net daar!” te skree, kan ek nie meer terughou nie. Ek pomp my saad diep in haar in.

Ons val uitgeput in mekaar en oor mekaar neer. Stadig begin ons asems na normaal terugkeer.

Wanneer my slap piel uit haar uit gly, staan sy op en vou die handdoek om haar. Ek kan die nat kolle sien waar ons passie uitgespeel het.

“Kom help skoonmaak,” word ek opgekommandeer.

Ek stap agter Sandra aan badkamer toe waar ons mekaar met warm water afspons. Dan gaan lê ons weer voor die TV. Ons het weer ons klere aan en ek wonder wat lê nou vir my voor.

“So-o-o, dokter, wat is u prognose?” vra Sandra in ‘n soet stemmetjie.

“U ly aan ‘n ernstige tekort, Mevrou. Ek skryf twee orgasmes daagliks voor, een alleen en een saam met ‘n ander persoon. U moet asb. duidelik rekord hou van alles wat u ervaar en my dan oor 10 dae weer kom spreek. En onthou om die volledige rekordhouding saam te bring.”

(Lees volgende episode HIER)

3+

4 thoughts on “Selfaanvaarding (2)

  • Apr 7, 2020 at 8:18 am
    Permalink

    Ek dink ekt so n nursie bitter dringend hier nodig………………
    Puik Jan, ons wag op die vervolg.

  • Apr 3, 2020 at 7:05 pm
    Permalink

    Jan Pielewiet.

    Daai nursie… daai nursie sal jy gereeld moet ondersoek en behandel. Ek kry die gevoel dat sy aan ‘n kroniese sindroom-siekte sal lei as jy dit nie doen noe. Ontrekkings-Sindroom. Redelik maklik behandelbaar 😉

    Dankie – heerlik gelees.

  • Apr 3, 2020 at 11:48 am
    Permalink

    ♪ Ou Jan, Ou Jan…jou dierbare ding ♪
    Jy’t my so opgewerk met hierdie storie dat ek ook nou “geel blêrtse” moes opvee van my stoel hier voor my PC ! ☺
    Dankie, jy kan ons weer saamneem wanneer jy by Sandra gaan kuier…

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)