Nymphomaniac Vol. II

Regisseur: Lars von Trier
Akteurs: Charlotte Gainsbourg, Stellan Skarsgård, Willem Dafoe

Joe: I am a nymphomaniac and I love myself for being one, but above all, I love my cunt and my filthy, dirty lust.

 

Dit is maklik om filosofies oor Lars von Trier se Nymphomaniac te raak omdat hy deurlopend intellektuele versoekinge oor sy storie sprinkel. In die tweede aflewering van Joe se verhaal, is die krummeltjies waaraan jy wil proe onderwerpe soos die effek van politieke korrektheid, moederskap, plesier deur pyn, die verskil tussen die Oosterse en Westerse Christendom, Freud en perversiteit en aseksualiteit – natuurlik alles om Joe se seksuele gedrag te probeer verduidelik.

Net soos in volume 1 kla Joe haarself aan terwyl sy haar verhaal vertel en verdedig Seligman haar met sy intellektualisering van haar liggaamlike avonture.

Die rolprent begin by die krisis waarin Joe haarself aan die einde van volume 1 bevind het. Om hierdie krisis op te los word die hooffokus in haar lewe en sy neem ons saam na haar verskeie pogings om gesond te word.

Joe: By the way, I can assure you that women who claim that negroes don’t turn them on, are lying.

Seligman: So do they satisfy you, those negroes?

Joe: No, but they showed me there was a world far from mine I had to explore. And there perhaps on the other side get my life back.

Dit is egter juis hierdie krisis wat, myns insiens, een van die groot verskille tussen die twee rolprente veroorsaak. Ten spyte daarvan dat Nymphomaniac Vol. 1 nie soseer sexy was nie, was dit tog oor sensasie. Dit was oor die eensaamheid en selfs pyn wat haar beweegredes was en dit was oor Joe se drang en plesier en bevrediging. Dit was oor orgasmes.

Maar sensasie en orgasmes is juis die probleem in die tweede helfte van haar verhaal. En omdat sy nie meer die sensasie ervaar nie, begin die hele gevoel van die rolprent verander. Soos iemand wat hulself sny om lewendig te voel, raak die rolprent gewelddadiger in sy poging om weer die orgasmiese plesier van die eerste helfte te probeer bereik. Waar mens in die eerste volume die wellus en daaropvolgende bevrediging ervaar het, is volume twee meer soos ‘n aanhoudende, gefrustreerde gevryf sonder die verligting van ontlading.

Selfs Seligman se “tussenwerpsels” werk nie altyd so seepglad nie.

Joe: I think this was one of your weakest digressions.


Daar is ‘n rede hiervoor. Alhoewel Joe by ‘n ondersteuningsgroep vir seksverslaafdes aansluit en kortstondig probeer om “normaal” te word, is die kwessies in hierdie gedeelte van die verhaal nie eintlik meer haar lus en nimfomanie nie. Dit is eerder die gevolge daarvan. Sy begin die prys vir haar leefstyl betaal – liggaamlik en emosioneel.

Nymphomaniac Vol 2 bevat nog steeds heelwat seksuele tonele wat bedoel is om te skok. Tema’s wat nie in die eerste volume voorgekom het nie (soos bi-seksualiteit, seks oor die kleurgrens en sadisme) word hier ondersoek. Self pedofilie word bespreek:

Joe: Nobody knew his secret. Most probably not even himself. He sat there with his shame. I suppose I sucked him off, is a kind of apology.

Seligman: That’s unbelievable!

Joe: Listen to me. This is a man who had succeeded in repressing his own desire, who had never before given in to it right up until I forced it out. He had lived a life full of denial and had never hurt a soul. I think that’s laudable.

Seligman: No matter how much I try, I can’t find anything laudable in paedophilia.

Joe: That’s because you think about the, perhaps 5% who actually hurt children. The remaining 95% never live out their fantasies. Think about their suffering. Sexuality is the strongest force in human beings. To be born with a forbidden sexuality must be agonizing. The paedophile who manages to get through life with the shame of his desire, while never acting on it, deserves a bloody medal.

Na alles is Nymphomaniac steeds nie ‘n rolprent wat bedoel is om seksueel te prikkel nie. Dit is ook nie bedoel om te moraliseer nie. ‘n Mens kan eerder sê dit maak ‘n verskeidenheid onderwerpe oop vir bespreking. En die grootste van al hierdie onderwerpe van bespreking is moontlik die laaste negentig sekondes van die rolprent. Want dit is net hier waar die regisseur droogmaak. Ek gaan egter nie meer daaroor sê nie, want mens wil nie iets weggee nie, maar ek skaar myself by dié wat van mening is dat die slottoneel ‘n onverstaanbaar-teleurstellende glips in ‘n andersins briljante film (albei saam) is.

As jy die eerste volume gekyk het, sal jy in elk geval nie die tweede ene kan misloop nie, want die storie is letterlik nie klaar nie. ‘n Mens wil nog weet hoe sy in daardie stegie beland het, jy wonder nog oor Seligman. En dan is daar nog die klein kwessie van sensasie. Want dis tog die punt van alles, is dit nie? Want lus.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)