Reën
deur Annelise
My kinders is in ʼn klein skooltjie wat op ʼn grondpad buite die stad geleë is. Elke dag ry ek die twintig kilometer heen en weer om hulle af en op te laai. Die pad is afgryslik en verskriklik glad as dit nat is.
Een someroggend skrik ek wakker van swaar reën wat op die sinkdak neersous. Ek besef dadelik dat ons verslaap het en vlieg uit die bed om almal aan die gang te kry. Daar is skaars tyd om almal betyds wakker en gevoed te kry en ek gooi sommer net vinnig my ligte pers vlooimarkrok oor my kop. Ek sal my onderklere nou-nou kom aantrek as ek by die huis terug is. Ek gaan hulle tog net gou aflaai.
Ons kom teen alle verwagtinge, al glyend op die gladde pad, tog betyds by die skool aan. Die kinders waai vrolik as ek wegry. Dit reën nog steeds, maar ʼn bietjie sagter. ʼn Paar kilometer van die skool af tref my motor se regtervoorwiel ʼn groot slaggat vol water en skielik verloor ek beheer daaroor. Ek draai die stuur, maar dit doen niks aan die rigting waarheen ek op pad is nie. Die motor gly van die pad af en beland met ʼn stamp in ʼn sloot vol water. Ek sit die motor in tru-rat, maar my Golf se wiele spin op een plek in die dik modder. Ek gaan nêrens heen nie. Die pad is verlate. Nadat die skool begin het, is daar min verkeer op die pad en uit ondervinding weet ek dat hier nie selfoonontvangs is nie.
Ek sit nog en wonder wat ek nou gaan doen wanneer ʼn rooi bakkie agter my motor intrek. Ek herken die bakkie met ʼn sug van verligting. Dit is Dillon, een van die pa’s van die skool. Ons het al voorheen ontmoet omdat ons kinders in dieselfde klas is. Hy is uiters sag op die oog – menige ma’s het al in parodieë van hul eie blosende dogters in sy geselskap ontaard. Sover ek kan onthou, boer hy iewers hier naby. Ek klim uit. Die reën is koud.
“Haai, is jy oukei?” groet hy.
Ek verduidelik vir hom wat gebeur het en hy gaan haal ʼn sleeptou uit die agterkant van sy bakkie. Ons sukkel ʼn rukkie om die winningspunt onder my motor op te spoor, maar tien minute later staan my kar weer met al vier wiele op die pad.
Teen die tyd dat ons klaar is, is ons deurdrenk. Ons staan langs sy bakkie. Reëndruppels hardloop uit sy hare oor sy voorkop. Hy vee dit met die agterkant van sy voorarm af. Sy wit hemp is papnat teen sy bruingebrande lyf. Hy kyk na my. My rok klou aan elke kontoer van my lyf. My borste staan in koue reliëf teen die materiaal uit. Ek besef dat die dun materiaal deurskyn en al my skaduwees duidelik sigbaar is. Ek kan net sowel geen klere aanhê nie. Ek voel hoe die reëndruppels orals teen my afkielie.
“Jy is so begeerlik.” Sy stem is hees. Hy treë nader en vee my hare-toutjies uit my oë uit.
Dit motreën op my gesig as ek na hom opkyk. “Jy ook.”
Hy vat my gesig tussen sy hande. Sy asem maak wasem in die koel lug. Liggies lek hy die druppels van my lippe af. Ek maak my mond onder syne oop. Sy tong soek dorstig na myne. Hy mompel iets en trek die boog van my nat wang met sy tong. Dan stroop hy my rok van my af. Dit val in ʼn modderpoel by ons voete. Sy mond neem van my besit. Hy lek die groot, koue reëndruppels van my liggaam af. Sy tong liefkoos my nek, hy soen my skouers en suig die druppels uit die laagtes van my hals. Hy drink die koue van my borste af totdat hulle weer sag en vol in sy mond word. Dillon sak op sy knieë voor my neer en sluk aan die oorloop van die dammetjie in my naeltjie. Warm hande vee deur die druppels op my bene en agter oor my boude. Sy dors soek en vind die see tussen my bene. Ek verdrink in die hemelse oorvloed van sensasie. My vingers vleg deur sy nat hare. Dan open die wolke en my liggaam se sluise. En ons stroom in oorgawe in sy dorstige mond in.
Sy dors is geles. Myne nog nie. Die water stroom oor sy voorkop as hy teen my regop kom. Hy soen my met my geur op sy asem. Dit is nou my beurt om in die modder te kniel. My vingers gly oor die nat leer van sy belt, maar dan kry ek dit los. Vir ʼn oomblik reën dit op sy hitte wanneer ek hom uit sy broek haal, maar dan verruil hy die reën se nat vir my mond se nat. My tong speel met hom. Hy is warm en hard en omtrent dadelik gereed. Ek voel en proe sy eerste sout. Dan haal ek hom uit my mond sodat ek sy wit vloeistof met die reën kan sien meng. My hande werk dit uit totdat hy niks meer oor het nie. Dit verdun, spoel teen my hande af en drup in die modder voor my. Nou is my dors ook geles.
Hy trek my regop en hou my vir ʼn oomblik teen hom. Sy asem jaag nog wanneer hy my vir oulaas soen. Miskien ontmoet ons weer eendag onder ʼn gietende hemel. Ek tel my rok uit die modder op en loop na my motor. Agter my vee sy bakkie se ruitveërs die reën ritmies van die venster af.
3 COMMENTS
ongelooflik
Die reen seen ‘n mens op meer as een manier. Dit klink fantasties lekker.
♫ Kaalgat innie Rëen ♫