‘n Ware verhaal (1)

deur Arauna

Ek het met sterre in my oë getrou in 1973 en gedink dat ek nou genoeg seks sou kry in die huwelik en nie meer sou draadtrek met al die skuldgevoel daarna nie. Tot my ontnugtering het ek gou agtergekom dat die huwelik nie maanskyn en rose is nie. En dat ek met ‘n yskas getroud is. Nou wat nou?
Ek het maar aanhou fantaseer en na fotos van naakte vroue gekyk en hand aan eie vlees geslaan. Daardie dae was omtrent net die Scope beskikbaar, met blinkertjies op die mees strategiese plekke van naakte wulpse meisies. So het ek maar aangesukkel deur die lewe. Gou het ons ook agtergekom dat ek nie ‘n vrou kon swanger maak nie. My spermtelling was te laag. Met my koerasie was niks fout. Dit het natuurlik nie die situasie in die slaapkamer enigsins verbeter nie … eerder vererger.

Kom ons spring ‘n aantal jare. Die draadtrek het meer plaasgevind as die enkele kere wat daar wel gekafoefel was. Voor internet en epos die wêreld van virtuele seks, en ander aanlyn skelm ontmoetings (online dating) oorgeneem het, is ‘n weeklikse koerant met advertensies in die mooi stad met die baie Jakarandas uitgegee. (Ek bly nie meer daar nie!) Daar was ook ‘n afdeling : “Personals: she looking for him.” Natuurlik het die versoeking gekom om te antwoord op hierdie advertensie: “Getroude dame, 29, soek na ‘n getroude man vir pret en speletjies.” Tot nou toe (1996 – dus 23 jaar!) was ek absoluut getrou in die huwelik en het geen buite-egtelike verhouding(s) aangegaan nie. Nie dat ek noodwendig gesoek het daarna nie. Die hand aan vlees moes maar die ergste lus demp.

Ek het geen reaksie verwag. Een oggend, net toe die lentebloeisels begin uitkom en ‘n man se koerasietelling dalk seker op die hoogste is, kom die oproep. Ek het darem toe al met die tegnologie by wyse van ‘n selfoon, wat persoonlike privaatheid bied, kennis gemaak. “Is dit Jacques?” (Ek het natuurlik ‘n skuilnaam gebruik in my antwoord op die advertensie …dis ook nie my regte naam nie)

Die bloed het deur my are gepomp. Ek het geweet: dis dit! ‘n Afspraak is gemaak. Ons het ontmoet. Ek was toe 48 en sy regtig 29. Mooi. Diep blou oë en blonde hare. Maer. Ek hou van slanke dames. Watter man wil nie ‘n slanke vrou in sy arms toevou? Haar “storie” was dit: sy het so pas geboorte gegee aan haar tweede kind (ongeveer twee maande gelede) en haar en die man se intieme lewe was nie op standaard. Sy voorstel was dat sy ‘n man soek om haar te naai en dan later vir hom alles in detail moet vertel …. van hoe dit was en wat sy en die vreemde man alles gedoen het. Ek was stomgeslaan.

“Ag wat,” het sy geantwoord, ander ouens se fantasie is om met swepe geslaan te word. Hierdie is niks. Buitendien is ek self lus vir bietjie seks.”

Ek het my universiteitssielkundeboeke nadergetrek. “Cuckolding. Where a man gets sexual satisfaction of his wife being fucked by another man.” So sê Masters en Johnsons.

Na nog so maand waarin ons koffie gedrink het by verskillende koffiewinkels het die groot dag (aand) aangebreek. Die oggend bel sy my en vra of ek die aand sal kom besoek aflê. Natuurlik het die “besoek aflê” alles ingehou waarna ek al hoe lank gesmag het. My meneer het by die aanhoor van haar stem al in beroering gekom…..

“Waarvan hou jy?”

“Hoe nou?”

“Ek bedoel, wat moet ek aantrek?”

“‘n Swart nommertjie.” Ek vrek oor ‘n swart nommertjie … watter man hou nie van swart panties of ‘n swart G-string nie? Die dag kon nie gou genoeg verbygaan nie. (Gelukkig het my vrou gewerk en ek het ‘n beroep beoefen wat my ruimte gebied het om saans uit te wees.)

“Moenie die voordeurklokkie druk nie, bel my en gaan staan net voor die deur. Ek sal jou sien en oopmaak.” By haar huis sou my eerste groot avontuur plaasvind, nie ver van waar ek destyds gebly het.

So gemaak. Toe sy die deur vir my oopmaak het hierdie pragtige vrou voor my gestaan met ‘n swart mini-rompie aan en ‘n deurskynende bloesie. Hoë hakke. Haar pragtige volrond borste (ek verkies die woord borste bo tieties) kon ek in die skemerlig deur die deurskynende bloes sien.

“Kom in.” En bietjie later: “Wat kan ek jou aanbied? Tee, koffie, koeldrank? Of myself?”

Demmit … die roering in gulp moes nou al sigbaar wees.

“Praat, gesels met my,” kom die opdrag.

Hoe kan mens chit-chat as jy net een ding op jou brein het? Toe staan sy op en kom neem my aan die hand en lei my die trappe op..slaapkamer toe… Nog ‘n groter skok. In die wiegie langs die bed lê ‘n slapende baba. En op die bedkassie staan ‘n boks met kondome.

“Ek hou nie van condoms nie,” sê ek.

“Maar dis tog beter dat jy ‘n reënjassie aantrek,” sê sy liefies. “Ek wil nie weer swanger raak nie.”

“Ek kan jou nie swanger maak,” sê ek. “Ek is infertiel. Beslis nie impotent nie,” voeg ek by.

“Trek aan die reënjas,” kom die bevel, ferm, beslis.

“Maar eers moet ons kaal kom,” seg ek.

“Natuurlik”, kom die skor en hees stem. Ek kan die lus en begeerte in haar hoor. “Kom ek help jou.” Stadig, maar met nogal ‘n liefderike teerheid maak sy my hempsknope los, dan die belt, dan die zip van my broek. Meneer het geen verdere aanmoediging nodig nie, en wys sy kop.

“Mooi,” sug sy.

Ek doen dieselfde. Trek die deurskynende bloes stadig uit. ‘n Man se hande bewe en die knopies is maar klein. Dan is haar tieties los en kan ek die nippels streel. (Sien nogal nou op Kombiekiehier ‘n kort video van ‘n man se hand wat ‘n vrou se tepels ronddraai.) Sy maak self die zip van haar mini-romp los en laat dit op die vloer val. Teen hierdie tyd is ek in Adamsgewaad en skuur my regopstaande voël teen haar pubiese dele. Sy het sowaar ‘n rooi g-string aan. Dis my voorreg om dit versigtig oor haar dye en bene af te laat skuur. Daarvoor moet ek buk en is haar poesie op my ooghoogte. Kaalgeskeer. Moes dit daardie dag gedoen het want die rooierige tekens van ‘n onlangse skeermeslem is duidelik te sien. “Nog mooier,” sê ek. “Ek bedoel, ek hou van ‘n kaalgeskeerde vrouegleuf.” “Bly jy hou daarvan”, kom dit saggies terug.

En toe begin die verkenningstog. Oor haar liggaam. Nek, borste, arms plat magie (sy moes beslis ge-gym het want sy is perfek glad en ferm.) “Net nie te hard praat of asemhaal …netnou word die baba wakker!”

Demmit weer! Hoe kan mens jou mond hou as jou koerasietoereteller op loop gaan. Saggies naai? Maar ek doen my bes. Kan nie hierdie oomblik opfok nie. Dan af-af … ek proe die vogtigheid tussen haar bene en “skryf” my naam in haar koekie, soos ek iewers gelees het in ‘n sekstydskrif wat aanbeveel dat dit nogal die ding kan doen om ‘n vrou nog meer belustig te maak.

“My beurt!” Sy druk my plat op die bed en begin my ook verken …van kop tot tone. ‘n Spel van tonge wat in en uit beweeg. French-kissing. Hoekom noem hulle dit French-kissing? Sal nie weet, maar al wat saak maak is dat dit oneindig intiem is. Dan bewerk sy ook my nipples. Mans is beslis (wel ek is) eroties gevoelig op jou (kleiner) tiete, nes ‘n vrou. Dan die instrument. Saggies, stadig eers net die voëlkop, die skag(shaft) en die balle. Hemels. Ek het dit nog nooit so beleef … die vrou by die huis wou nooit. “Going down on one,” sê die Engelse. Wat ek van liefdemaak daardie aand geweet het en probeer het is maar wat ek in erotiese videos gesien het. Daaroor nagelees en oor gefantaseer het.

Sy neem self ‘n kondoom uit die pakkie en stryk dit saggies oor my dipstick. Het êrens ‘n “bumper-sticker” gesien: “There’s nothing like lipstick on your dipstick.” Absoluut waar.

“Kom in”, nooi sy vir die tweede keer.

Hierdie keer nie om oor die voordeurdrempel te gaan nie maar om in haar te kom. Saggies, versigtig nou. Ek is/was nog altyd nie ‘n rowwe ou wat net inploeg nie. Stadig stoot ek na binne. En dan is ek in haar. “Missionary style.” Omtrent al wat ek aan gewoond is/was. Die feit dat ek besny is (nee, ek is nie ‘n Jood nie..is as gevolg van mediese redes besny in 1992 … die vel om die voël het te styf begin raak … by party mans gebeur dit blybaar.)

So het ek haar seker vir ‘n uur of wat genaai, gespyker, gefok…met haar liefde gemaak…noem dit wat jy wil. En as ek reg getel het, het sy drie keer gekom. Jy kan mos die trillings in haar dosie voel. Ek haar bene en arms wat ritmies saambeweeg. Verseker het sy orgasmes gehad. “Multi-orgasmic” soos hulle van party vroue kan sê. Maar ek kan nie “kom” nie. Die kondoom pla verseker …en die feit dat ek besny is.

“Watter ander posisies ken jy?” vra sy naderhand. Wel eintlik geen. Want in my huwelik was dit al wat gebeur het. Die sendingposisie. “Kom ons lê op die mat met jou bo-op my,” stel ek voor. Dalk ook om nie die baba wakker te maak nie.

Hier teen 22:30 moet ek aanstaltes maak om huis toe te gaan. Haar man? Waar is hy? Saam met die boys gaan kuier, maar sal seker ook nou terugkom. Dan sal sy hom alles vertel. Sal hy haar dan kan naai? ‘n Pielstyf kan kry en haar verdere orgasmes kan gee? Die baba het deur alles geslaap en ook die ouer boetie in sy kamer.

By die voordeur groet ek. “Dankie vir ‘n wonderlike aand!”

“Dieselfde van my kant.”

My “groet” is om haar kamerjas oop te maak en aan haar vrouegleufie te raak.

Terug by die huis was alles stil. Die vrou het al geslaap. Ek het in die spaarkamer gaan slaap … eets wat al hoe meer begin gebeur het.

Volgende episode volg. Daar was vier sulke geleenthede waar ek die voorreg gehad het om as ouer man (48) ‘n jong vrou (29) te kon naai. Kan dit dalk nou (2018) weer gebeur?

(Lees volgende episoede HIER)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

24 thoughts on “‘n Ware verhaal (1)

  • August 8, 2018 at 9:21 pm
    Permalink

    Net ingeval julle gewonder het, nie net mans wat hier deur gaan nie. Vrouens in dieselfde bootjie.

    Reply
    • August 8, 2018 at 11:06 pm
      Permalink

      Juis daarom moet ons met mekaar kan praat op ‘n veilige en beskermde platfor. Hoop Annelise kry iets gereël. Dat gepynigde siel na gepynigde siel mekaar kan opbeur…en dalk meer VERTROOS” Kan net huwelike help.
      Dankie
      Arauna

      Reply
    • August 21, 2018 at 9:44 am
      Permalink

      Avanni…nou wat sal ek sê? Roep maar as jy hulp nodig het??? Arauna

      Reply
  • August 8, 2018 at 10:21 am
    Permalink

    Ek hou ook baie van Annelise…of tewel Tiacapan! Ek het die tweede deel van my “‘n Ware verhaal aan Annelise gestuur. Hoop sy het dit gekrt
    y. Het jy edeldierbaarste Annelise? Groet Arauna

    Reply
    • August 8, 2018 at 1:32 pm
      Permalink

      Ek het jip, dankie 🙂 Sal hom eersdaags post.

      Reply
  • August 7, 2018 at 4:51 pm
    Permalink

    Ek is n warm vrou, ek geniet seks met my man. Ons geniet mekaar. En as hy voel hy het n plesiertjie met iemand anders nodig, beter hy my saamnooi. Ek verstaan glad nie hoe mense, veral vroue kan se hulle hou nie van seks nie.

    Reply
  • August 7, 2018 at 11:47 am
    Permalink

    Ai… nou voel ek nie meer alleen in hierdie wereld nie. Nog mense soos ek.
    En ek kan ook myself vereenselwig met jou 29 jarige avontuur…. dit was ook my ervaring.
    Skryf gerus die opvolg verhale….
    Dankie vir die deel hiervan Arauna

    Reply
  • August 6, 2018 at 11:39 am
    Permalink

    Help ‘n oningewyde asseblief Annelise. Wat is ‘n TIACAPAN? Nog nooit daarvan gehoor. Wys jou hoe onskuldig ek is. Nog net een buite-egtelike “verhouding” gehad…as jy dit so kan noem. Die ander dele van my storie (‘n Ware verhaal) volg binnekort

    Reply
    • August 6, 2018 at 12:44 pm
      Permalink

      Tiacapan, goddess of sexual hunger. 🙂

      Reply
      • August 6, 2018 at 1:28 pm
        Permalink

        Ok mooi Dankie. Arauna

        Reply
      • August 8, 2018 at 8:29 am
        Permalink

        Nou daars twee goddesse wat ek “like” – een is genaamd Annelise, en die ander een is hierdie Tiacapan girl.

        Reply
        • August 8, 2018 at 8:42 am
          Permalink

          Hahahaha!

          Reply
  • August 3, 2018 at 11:06 pm
    Permalink

    Ag Ja…hoeveel van ons ouens was nie al deur hierdie meul nie..
    Lekker storie, Arauna.

    Reply
  • August 3, 2018 at 8:58 pm
    Permalink

    Ai, baie goed geskryf en kan my vereenselwig met jou situasie. Lykmy daar is hopeloos te veel van ons in dieselfde bootjie. Dit voel eintlik ongelooflik om iemand te ervaar wat jou laat besef daar is niks fout met jou eie tegniek en vermoë nie. Wat ‘n bonus as sy basies 20 jaar jonger is. Nie dat daar fout is met enige vrou op enige ouderdom nie, maar streel mens se ego net bietjie meer. Welgedaan.

    Reply
  • August 3, 2018 at 8:21 pm
    Permalink

    Dankie vir terugvoer. My eerste poging to erotiese skryfkuns. Nie dat ek dit juis “kuns” wil of sal noem nie! Die skryf daarvan…nie die erotiek daarvan! Om liefde te maak dat jy ‘n vrou bevredig en ‘n orgasme gee is m.i. ‘n hoë vorm van kuns

    Reply
  • August 3, 2018 at 6:39 pm
    Permalink

    Arauna, baie netjies geskryf ou maat. Klink so min of meer na my storie ook. Sien uit na die opvolg.

    Reply
  • August 3, 2018 at 5:45 pm
    Permalink

    Sjoe, dit klink só baie soos my verhaal.
    Mens vra hulle om seks te hê, wat veronderstel is om lekker te wees, nie om tandarts toe te gaan waar ‘n tand sonder verdowing getrek moet word nie.
    Ek ek WEET dis my my of jou tegniek wat die probleem is nie, inteendeel!
    En dit is bitter goed geskryf! Sien uit na nog!

    Reply
      • August 6, 2018 at 8:00 am
        Permalink

        Ja-nee Tiacapan jy het omtrent ‘n spul sad cases hier versamel (ek sluit myself daarby in). Gelukkig weet jy dat jy ons altyd gelukkig maak.

        Dankie dat jy met ons deel Jacques

        Reply
        • August 6, 2018 at 9:58 am
          Permalink

          Noem jy my Tiacapan? Kan nie besluit of dit ‘n belediging of kompliment is nie. 🙂

          Reply
          • August 6, 2018 at 10:34 am
            Permalink

            Is jy dan nie ons seksgodin of godin van “lust” nie?

            Reply
            • August 6, 2018 at 10:46 am
              Permalink

              🙂 Op een bron het hulle sommer adultery en filth ook bygesleep. Lust sal ek as ‘n kompliment ervaar, ja. 🙂

              Reply
              • August 6, 2018 at 10:49 am
                Permalink

                Ek like die naam actually. 🙂 Dankie x

                Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)