Vraag aan al die Kombiekiehierlesers.

Hello daar al die geliefde Kombiekiehierlesers,

Ek wil graag op hierdie Maandagoggend jou mening hoor. So sal jy asseblief comment op hierdie post sodat jy my kan help om die site te maak soos jy dit wil hê?

Al meer mense vra my op ‘n ruimte te skep waar julle met mekaar kan chat. Julle soek iets soos ‘n forum waar mens oor onderwerpe kan gesels, maar ook ‘n plek waar julle one-one-one privaat kan gesels.

Ek sal dit vir jou gee, maar daar is so probleempie of so wat ek net op een manier kan oplos – so ek soek “toestemming” of instemming of ander voorstelle.

Ons het een keer hier ‘n forum en sulke chat opsies gehad, maar dit het nie gewerk nie. Daar was twee redes – sommige mense het met mekaar vasgesit en daar was trolle.

Dis die trolle wat die groot probleem is. Deur te registreer op die forum kan hulle “binne-in” die site kom. Dit maak die site meer kwesbaar en het gelei tot cyber aanvalle. Dis die hoofrede waarom dit toegemaak is.

Ek kan net een manier uitfigure waarop ek daardie laaste probleem dalk kan vermy en dit is om te maak dat mens moet betaal daarvoor. Dis die rede waarom mense vir Kombiekiehier Vreesloos moet betaal. As iemand wil kla oor iets daar is, dan het hulle daadwerklik ingeteken daarop. Jy kan nie sommer per ongeluk daar beland nie. Trolle wil gewoonlik nie betaal net om te trol nie.
Die ander voordeel van betaal is dat mense dan opgespoor kan word. Iewers in die hele proses het (net) EK ‘n betaling ontvang (deur die bank of Paypal) wat beteken dat ‘n trol se regte naam dan ook daar sal verskyn. So dit help trolle weghou.

So dis wat ek nou vir jou wil vra: kan jy aan ‘n ander manier dink as dat ek geld vra om deel van die forum en die private chats te mag wees?  Hoeveel sal jy betaal om toegang tot so funksie te hê? (Dit kan dalk soos ‘n dating site vir Kombiekiehierlesers werk.)

As Kombiekiehier Vreesloos R50 kos (ongeveer – 5 Dollar op Paypal) hoeveel sal jy hiervoor betaal? En wat van die Vreeslooslesers? Moet hulle dan albei bedrae betaal om albei te kan lees? Ek kan nie die wat inskryf vir die forum sommer net toelaat in Vreesloos nie – daardie moet ‘n besliste, daadwerklike keuse bly omdat lesers verantwoordelikheid moet aanvaar dat hulle op Vreesloos wil wees.

Ek kan nie self alleen hierdie uitfigure en besluit nie. Ek het julle hulp nodig. Daardie persoon wat my vennoot sou wees en my gedrop het, het altyd aangedring dat ek die hele site ‘n betaalsite moet maak, maar ek wil nie. Die meeste mense betaal nie vir iets wat hulle (in Engels) verniet op die internet kan kry nie en die meeste mense kla so oor paywalls van koerante dat ek nie regtig daardie woede oor Kombiekiehier wil ervaar nie. 😉

So ek wil nooit iemand vir iets laat betaal wat altyd verniet was nie. Maar hierdie is ‘n nuwe, ekstra deel wat werk gaan vat om op te stel en wat werk gaan vat om te bestuur. En eintlik, bo alles, wat beskerm moet word.

So, asseblief, wat dink jy? 🙂

Lus en liefde

Annelise

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

32 thoughts on “Vraag aan al die Kombiekiehierlesers.

  • August 10, 2018 at 11:27 am
    Permalink

    OK. En hier is my stuiwer vir die armbeurs… Maak dit ‘n betaalfunksie. Hou die drie apart. (En jy kan bes moontlik ‘n geslote Reddit blad of iets dergliks stig vir die wat foto’s wil stuur. (n/a van die insiggewende artikel oor “tributes”)

    Reply
    • August 10, 2018 at 12:21 pm
      Permalink

      Dankie. Ek is besig om dit vir julle te bou. En ek sal ook n plan maak met die foto’s. Ek vind net nog so paar goed uit uit julle sekuriteit. 🙂

      Reply
  • August 9, 2018 at 12:05 am
    Permalink

    Ek stem saam met daardie mening Annelise – hou Vreesloos eenkant sodat mens daar kan doen wat jy wil sonder skroom of worrie dat mens iemand krenk. Jy weet hoe mense is – as julle eers daar is gaan hulle begin rondsnuffel en eerder as om aangedraai te raak, sal dit sommige eerder antagoniseer. Jou plan om die drie dele apart te hou is die beste.

    Ongelukkig sal ons maar onself moet staal t.o.v. die trolle – net soos spioene sal selfs die R50 hulle nie afsit om ons te penetreer (op die slegte manier) nie. Ek is eintlik seker dat van die mees gretige lesers op Vreesloos eintlik trolle in vermomming is – net soos die priesters wat hulle kicks daaruit kry om na mense se belydenisse te luister of die ouens wat toentertyd op die sensuurraad gewerk het sodat hulle na al die porn kan kyk. Ek is bekommerd dat sulke ouens ander se persoonlike details soos hulle epos-adresse, foonnommers, fotos of wat ookal in die hande kan kry soos wat die gesprekke meer persoonlik raak en dat hulle daardie mense afpers deur om te dreig om bv. hulle name en persoonlike gesprekke of fotos bekend te maak. Miskien moet jy met iemand in die regte gesels om te hoor hoe mens ‘n trol hof toe te kan neem as hulle iemand se fotos, gesprekke of persoonlike details bekend maak deur om dit bv. te repost. Miskien kan kopiereg die inhoud van Kombiekiehier beskerm.

    Reply
    • August 9, 2018 at 8:21 am
      Permalink

      Ek sal bietjie uitvind. Ek sal ook vir julle tips gee oor hoe om julle identiteits te beskerm.

      Reply
    • August 10, 2018 at 12:22 pm
      Permalink

      Uther! Long time no hear. Ons is regtig te besig – net een chat elke sea maande is amper soos sonde.

      Reply
  • August 7, 2018 at 6:32 pm
    Permalink

    Dalk sal een of ander vorm van “vetting” ook bydra om ongewensde elemente uit te hou. Ek dink meer sal deelneem aan n forum wat waar jy weet iemand anders in die groep staan borg vir hulle. Die mag egter ook die werks las vemeerder en dalk n logistieke challenge raak… self met moderators wat help, maar wel moontlik en die moeite absoluut werd. Viva sexy chat viva afrikaans viva lus 😊

    Reply
  • August 7, 2018 at 3:10 pm
    Permalink

    Sal van so chat site hou om bietjie meer met van die mooi dames te kan chat.

    Reply
  • August 7, 2018 at 11:08 am
    Permalink

    Ek stem saam met Arauna en ander en met Annelise maak altwee betaaldienste en hou die “vanilla” kombiekiehier mense vanilla 😄❤️❤️😉 en die Vreesloses 😈 😜👅 wa5 die prys aan betref sou ek se kyk hoeveel werk dit is in vergelyking met Vreesloos maak dit ten minste die helfte meer, dating sites is heelwat duurder as $5 per maand!

    Reply
    • August 7, 2018 at 11:20 am
      Permalink

      !!! Ek het juis gedink ek sal dit minder moet maak as Vreesloos. Dalk moet ek bietjie gaan opswot. 😉 🙂

      Reply
  • August 7, 2018 at 10:06 am
    Permalink

    Annelise,

    My ondervinding met gesels kanale is dat dit meer kopsere as plesier verskaf vir die persoon/e wat dit moet bestuur. Daar is vele daarvan orals op die internet beskikbaar. ek stem met jou kommentaar saam.
    As jy nie die tyd en reserwes het om dit te administreer nie, dan is my advies om dit liewer daar te laat en te konsentreer op dit wat tans werk in Kombiekiehier en Vreesloos.
    En
    dankie vir die voorreg om in Afrikaans stories te deel en onderwerpe in Afrikaans te kan bespreek en deel met mekaar hier op Kombiekiehier.

    Reply
    • August 7, 2018 at 10:13 am
      Permalink

      Dankie vir jou kommentaar, mydream. Ja, ek weet ek gaan my kop dalk in een of ander nes insteek, maar ek wil ook graag vir die lesers gee wat hulle begeer. 🙂 So ek gaan probeer, maar met die voorwaarde dat ek dit gaan toemaak as dit nie werk nie of meer fights as plesier is. Of anders sal ek dan die openbare chats/forums toemaak en net die private chat funksie vir die lesers gee. Dis ook waarom ek dit apart wil hou van die reeds bestaande sites. Kom ons kyk maar. 🙂

      Reply
      • August 7, 2018 at 12:05 pm
        Permalink

        Sterkte… dit lyk asof die meeste dit graag wil he. Ons waardeer die toewyding en moeite …alles vir Afrikaans en die vryheid om te kan gesels in ons taal net soos ons wil

        Reply
  • August 7, 2018 at 9:31 am
    Permalink

    Seer geagte Onse Edeldierbaarste,
    Eerstens, moewiese baie dankie vir hierdie sensasionele webblad. Die amper verslawend so goed is dit.
    Tweedens, stem ek saam met baie van ons vrinne hierbo. Ons betaal met graagte vir n chat webblad en dit kan ook aan Vreesloos gekoppel word.
    Derdens, sal dit die dr… askies tog, trolle, in toom hou en ek stel ook voor dat jy sulke mense verban uit ons ruimte uit. Ek dink ook dit sal ruimte skep sodat hierdie webblad begin geld maak en dan ook sodoende sy eie server kan bekostig,
    Weereens Vreeslik baie dankie vir ons webblad, hou so aan.

    Reply
    • August 7, 2018 at 9:45 am
      Permalink

      Hehe, dis ‘n plesier. Regtig. 🙂

      Ek dink op die einde gaan ek die drie dele “apart” hou maw dis amper soos drie websites maar mens sal deur Kombiekiehier se menu by almal kan uitkom. As een dan vou agv ‘n aanval of so iets dan is die ander twee nog daar. Dis die les wat ek laas geleer het – om nie al julle eiers in my een hand te hou nie. 😉 :p

      Dis meer werk en vir julle dalk minder nice maar ek kan nie dink hoe anders om dit veilig te hou nie. Ek sal probeer dat dit soomloos vir julle voel. En miskien kan ek ook die betalings anders doen sodat iemand wat Vreesloos saam met die forum wil hê net op een plek betaal vir albei en dan maak en die ander ene ook oop.

      Anyway, ek dink nou net hardop. Hou goeie moetd, ek sal dit uitfigure. 🙂 😉

      Ek het klaar Vreesloos goedkoper gaan maak want met die wisselkoers was dit nou al bietjie meer as R50. Ek sal die forum ook so iets maak. En ja ek sal die trolle afhaal en blok sover ek kan en julle veilig hou. 😉

      Dankie vir jou dankie. En vir jou ondersteuning. 🙂

      Reply
      • August 7, 2018 at 10:22 am
        Permalink

        Al ons eiers in jou 1 hand! 😀

        Reply
        • August 7, 2018 at 11:19 am
          Permalink

          Hehe, jip. Is dit nie wat ek doen nie? :p 😀 – Pun was totally intended.

          Reply
  • August 7, 2018 at 9:28 am
    Permalink

    ‘n Ander opsie is bv om ‘n Kombiekiehier Snapchat rekening te open, waar selfies gebroadcast word vir almal op die groep, en ná 30 sekondes verdwyn. Dalk sal meer mense dan selfies stuur?
    Óf dalk weChat group stig vir die forum?

    Reply
    • August 7, 2018 at 9:37 am
      Permalink

      Ek is besig om vir julle ‘n site te bou waar ‘n forum en ook private chats kan wees en wat ook op ‘n foon sal werk. Die snapchat idee s wel baie cool! Ek sal dit ondersoek sodra ek met hierdie deel klaar is. 🙂

      Reply
  • August 6, 2018 at 6:36 pm
    Permalink

    Hi Annelise
    Ek sal ook enigetyd betaal vir so n funksie.
    Dink ook dat as jy toegang tot vreesloos wil hê, dit op versoek kan geskied of as addisioenele lidmaatskap.
    Dit is tog twee verskillende forums.

    Reply
  • August 6, 2018 at 1:20 pm
    Permalink

    Hi my voorstel sal wees meer illustratief . Meer fotos van Mense wie nie skroom om te wys nie. Fotos van Mense soos ek en jy. My man al fotos van my opgesit toe se jy nie toelaatbaar vir kompetisie.
    Ook n aan lyn winkel. Jy sal nie glo hoe ek Afrikaans porno soek nie. Ek is moeg van wonder of ek enigste mens is wie skree dat my man my moet naai en nie heeltyd soos die Ingelse yes yes se nie

    Reply
    • August 6, 2018 at 1:30 pm
      Permalink

      Wat bedoel jy jou man het al foto’s van jou opgesit toe sê ek nie toelaatbaar vir kompetisie? Bedoel jy hy het dit vir my gestuur? Wanneer was dit? Voor Vreesloos kon ek net boobs opsit, maar nou kan ek op Vreesloos meer wys. So sal jy asb dat hy/jy dit weer vir my mail sodat ek kan kyk of dit nou kan werk? Ek sukkel om mense te kry om selfies te stuur, maar daar is wel op die twee sites en ek het so vier wat ek nog gaan post. Wat sal jy in die winkel te koop wil hê? 🙂

      En nee jy hoef nie te wonder nie, jy is beslis nie al ene nie. Net in Kombiekiehier se stories word dit al duidelik. 🙂

      Reply
  • August 6, 2018 at 12:37 pm
    Permalink

    Annelise, ek is bereid om vir die diens te betaal.Soos bv om 1 on 1 private te chat sal nice wees. Dankie vir ‘n great website!

    Reply
  • August 6, 2018 at 12:27 pm
    Permalink

    Hi Annelise en mede Sensuele Sexies!
    Man, ek sal stem vir so iets. Ons kan dit op een van twee maniere doen:
    1. Hou dit apart en vra ‘n maandelikse fooi vir jou tyd en moeite.
    2. Hou dit apart van Vreesloos, maar as die gebruiker wil kan hy/sy vir jou kn epos stuur waarin hulle eksplisiet vra dat hulle lidmaatskap tot die forum ook hulle toegang tot Vreesloos “oopsluit”. Sodoende neem ons willens en wetens ‘n doelbewuste besluit om Vreeslooste wees.

    You keep on with the good work, we will keep “it” up!

    Reply
    • August 6, 2018 at 12:46 pm
      Permalink

      Goeie plan daardie! 🙂

      Reply
  • August 6, 2018 at 12:19 pm
    Permalink

    Hallo Annelise.
    Ek dink dis ‘n briljante idee, en kan óf onafhanklik van Vreesloos funksioneer, óf jy kan jou toegang tot Vreesloos “oopsluit” deur doodeenvoudig vir jou as webmeesteres ‘n epos te stuur waarin jy vra dat jou toegang oopgesluit word, en op die manier weet jy dat die mense wat Vreesloos besoek is regtig mense wat daar wil wees?
    Enige opsie is vir my piekfyn!

    Reply
    • August 6, 2018 at 12:45 pm
      Permalink

      Goeie plan!

      Reply
  • August 6, 2018 at 11:34 am
    Permalink

    Annelise…so tussen hakies….wet jy ongeveer hoeveel mense lees KOMBIEKIEHIER? Wat sou die ratio wees tussen mans en vrouens. Enige idee? Dankie

    Reply
    • August 6, 2018 at 11:41 am
      Permalink

      Daar is tussen 400 en 500 lesers per dag. Die split tussen mans en vroue is ongeveer 60 persent mans en 40 persent vroue. Die vroue lees, maar is meer stil daaroor. 😉

      Reply
  • August 6, 2018 at 11:32 am
    Permalink

    Aan ons geliefde haar koninklike (koningin-like? Hoe’s daai vir ‘n nuwe woord) hoogheid, Annelise. Wonderlike gedagte. Ek sal betaal vir so iets. Solank die betaling op ‘n manier dodelik geheim kan bly. Wat is die fooi by Vreesloos? R50 permaand? of R50 per 6 maande of R50 perjaar. Ek neem aan R50 per maand. Dis baie goedkoop. Ek is nie ingeteken op vreesloos. Maar sal so ‘n geselsforum teen R50 verwelkom…en as jy kan wierdo’s en trolle uithou…doen dit. Ek sal graag met vroue wat RESPEK en opregte TOENADERING sou waardeer, wil gesels. Ja, ek weet, dit kan ook weer hande uitruk. Jy kry die disrespekvolle bliksems ooral. Maar dit iets wees soos Facebook. As jy nie van iemand se manier van praat hou nie, unfriend jy hom gewoonweg. As jy van die persoon hou…die moontlikhede is eindeloos… Dankie. Arauna

    Reply
  • August 6, 2018 at 11:29 am
    Permalink

    Hi. Ek gee nie om om daarvoor te betaal nie. Maak dit deel van vreesloos. As jy net wil chat dan is dit jou besluit. Jy hoef mos nie vreesloos te besoek nie. Dit sal nogals lekker wees om in afrikaans met met ander dames te kan gesels.

    Reply
  • August 6, 2018 at 10:44 am
    Permalink

    Annelise. Almal verstaan darem seker dat mens vir so diens sal moet betaal? Soos vir enige diens. Veral as mens die opsie wil hê om 1-on-1 privaat te kan chat. Ek dink die eenvoudigste sal wees as jy net eenvoudig die chat funksie deel maak van vreesloos. Dan weet ons dis redelik veilig. Sterkte met die besluit en dankie dat jy altyd ons plesier op jou hart dra.

    Reply
    • August 6, 2018 at 10:48 am
      Permalink

      Ek het daaroor gedink, maar ek worry dat daar mense is wat wil chat (goeie ordentlike meer vanilla mense) wat regtig nie Vreesloos se posts wil sien nie? Ek het ook gedink dat ek dan ook nie Vreesloos meer kwesbaar maak as ek dit distinct eenkant hou nie. Dankie vir jou dankie 🙂 xx

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)