Lusweer Donderdag: Ira

Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Rudi

Die son brand ongenadiglik. Ek kyk op my horlosie. Dit is al amper vyfuur. Ek druk ʼn knoppie en skakel my hologramskerm aan. Die blou lig vloei helder uit die horlosie en verander dan van ʼn deursigtige blou skynsel na ʼn reghoek met ʼn wit agtergrond. Ek raak aan die ikoon wat die toepassing vir Ira na vore bring. Dit is ʼn klein blou driehoek op ʼn swart agtergrond met die naam I-r-a klein geskryf daaronder.

Die toepassing dui die posisie van Ira aan, waar Ira sigbaar gaan word. Byna reg Noord, 358 grade, en presies om 17:21:33 sal Ira bokant die horison begin verskyn.

Ira, groter as die Maan, maar Ira het geen invloed op die oseane nie. Op een of ander manier het die driehoekvormige voorwerp geen gravitasiekrag nie. Ira, so gedoop deur een of ander Amerikaanse wetenskaplike, hang net daar in die lug, maar nie volgens die wette van fisika wat ons ken nie.

Die Weermag en politici regoor die wêreld, selfs Nasa, sê dit is maar net ʼn driehoekvormige rots, wat hol is aan die binnekant. ʼn Hol voorwerp, wat in werklikheid dus baie lig is en nie ʼn beduidende gewig het nie.

Ira volg al vir langer as drie dekades dieselfde wentelbaan, en behalwe dat dit elke keer ʼn skouspelagtige gebeurtenis is wanneer Ira sigbaar word, het niks anders verander nie. Temperature, reënval, getye, alles wat beïnvloed word deur die swaartekrag van ʼn eksterne voorwerp soos die Maan, het dieselfde gebly.

Ira word stadig sigbaar. Ek het dit al duisende kere gesien, maar ek gaan staan stil en kyk. Al skyn die son nog, begin die horison in die noorde ʼn asemrowende skakering wat wissel tussen blou, pers en violet, te verkleur. Al is dit baie helder kleure, is dit nie skadelik vir mens se oë nie. Dit is een van die eerste dinge wat die wetenskaplikes uitgevind het dertig jaar terug, en tot vandag toe kan hulle dit nie verklaar nie. Dit is ʼn lig wat ons kan sien, maar dit het nie die eienskappe van lig soos ons dit ken nie. Die intensiteit van die lig en die golflengte, kan nie gemeet word nie. Een van die verklarings is dat die lig nie deur ons oë waargeneem word nie, maar dat dit op een of ander onbekende manier, direk na ons breine gestuur word. Dit word nie sintuiglik waargeneem nie.

Ek staan oopmond en kyk na die skouspel soos wat Ira al hoër bokant die horison begin klim. Ek kyk totdat die son ondergaan en dit donker geword het. Ira hang helder in die lug, maar tog is dit donker hier onder. Daar is iets anders aan Ira, ek kan dit voel, kon dit nog altyd aangevoel het. Ek het al gesoek en gelees, navorsing gedoen, maar kon nie ʼn soortgelyke geval vind nie. Ira prikkel my seksueel. Nie die vorm of die lig of iets wat ek kan waarneem nie, maar iets anders, iets binnekant my.

Ek loop na die huis toe en gaan binne. In die woestyn is dit warm. Die winter het verdwyn, maar dit was lank terug, voor my tyd. Ek haal ʼn bottel koue water uit die yskas en gaan sit by die kombuistafel. Die water vloei koel in my keel af. ʼn Gedagte kom by my op en ek dink aan Ira as ʼn vrou. Nie as ʼn vroulike “iets” soos wat mens ‘n skip “sy” of “haar” noem nie, maar as ʼn regte vrou. ʼn Mense vrou. Skielik spoel daar ‘n erge gevoel van hartseer oor my, asof sy hulp nodig het. Dit het nog nooit gebeur nie.

Ek skrik, ek weet nie waarvoor nie, maar ek vlieg skielik op en draai om. Sy staan daar. Ek vergeet om asem te haal. Eers toe ek voel ek gaan flou word, asem ek weer in. Sy is dieselde kleur as Ira. Sy is heeltemal kaal. Haar lyf, haar kurwes is perfek. Haar gesig, sy is so mooi, sy kan nie beskryf word nie. Ek kyk weg, maak my oë toe, maar dan word ek bang sy verdwyn skielik en ek sien haar nooit weer nie en ek kyk weer vir haar. Haar oë is soos blou diamante, maar sagte, vriendelike blou diamante. Sy het borste en tepels en tussen haar bene kan ek sien dat sy wel ʼn vulva het.

Die seksuele drang in my word meer en dringender. ʼn Idee is skielik in my kop. Sy maak wat ek dink, al hoe meer en intenser. Ek kyk vir haar en dink hoe mooi sy is. Sy word net al hoe beeldskoner vir my, sy word so mooi, ek sal enige iets vir haar doen, ek sal my lewe gee vir haar, ek wil my lewe gee vir haar, nou dadelik.

Ek maak my oë toe, dit word gevaarlik. Sy is dodelik mooi as ek te lank aan haar skoonheid dink.

Ek is jags. Ek probeer aan iets anders dink, maar hoe meer ek probeer om nie aan jags te dink nie, hoe meer dink ek aan kaal vroue en hoe jagser word ek.

Die jagsheid neem my oor. Ek het geen beheer meer daaroor nie. Ek maak my oë oop. Sy staan baie nader aan my, haar regterhand is uitgestrek, sy nooi my na haar toe. Ek gee in en loop na haar toe. Ek raak aan haar. My hele lyf word geprikkel deur een enkele aanraking. My hele lyf is seksueel opgewerk.

Wanneer haar vol lippe aan myne raak, vloei my klere van my lyf af en val in ʼn hopie op die vloer. Ek vat baie versigtig aan haar lyf terwyl ons al hoe driftiger begin soen. Wanneer my tong in haar warm en begeerlike mond ingaan, is dit soos ʼn duisend orgasmes wat ek gelyk kry. My hele wese reik uit na haar. Haar kaal lyf voel koel en ook intens teen myne. My hande gly oor haar kurwes, oor haar boude. Ek vat aan haar tussen haar bene. Ek kan nie my hande weer wegvat nie, ek wil haar hê, ek wil myself vir haar gee. Dit is wat sy wil hê, besef ek, vir my. Die hele ek.

Ons gaan lê op die vloer, ek bo tussen haar bene wat sy wyd oopgemaak het. Ek gaan in haar in. Sy is styf, maar baie nat. Golwe van kleur wat wissel tussen pers en blou trek oor haar lyf. My hele wese penetreer haar en sy ontvang nie net my orgaan nie, maar vou alles wie ek is, my wese, toe in haar. Ek word haar en sy word ek, ons word een.

Tyd bestaan nie meer nie. Orgasme na orgasme kom oor ons. Ek word tot op die diepste vlak gestimuleer en bevredig ook. Dit kan minute wees, dit kan ure wees, dit kan dae en dit kan jare wees, ek het geen idee nie, maar stadigaan verdwyn die lus uit my, die passie, hartstog en onkeerbare seksuele energie kom tot rus.

Sy lê langs my, beeldskoon, en eers dan besef ek dat sy mens geword het. Sy het ʼn vel, vlekkeloos en perfek en die pers ligte wat oor haar gegolf het, is weg.

Ek kyk na die venster toe, probeer buitekant toe te kyk en kan nie vir Ira sien nie. Ek skakel die hologram aan. Die toepassing sê Ira moet omtrent reg bo wees. Ek gaan buitekant toe en kyk op, niks nie. Nêrens. Ira is weg.

Ek gaan weer terug in die huis in. Sy is wakker en sy glimlag. Ek hoef nie met haar te praat nie, ek weet wie sy is. Ira. Ek weet ook sy is swanger en sy gaan nie bly nie, maar daar is geen hartseer in my nie. Dit wat tussen ons gebeur het, is in my geheue vasgelê. Dit is nou deel van my, en ek weet ek sal dit nooit vergeet nie. Ek besef skielik dat sy nog meer vir my gegee het ook. Die heelal. Ek weet waar is alles, sy het vir my ʼn kaart gegee, ek weet waar elke ster, planeet, gaswolk, sterrestelsel, maan, alles is.

Sy stap vorentoe, ek wil nie hê sy moet gaan nie, maar sy moet. Sy hou my vas, druk my styf teen haar vas en haar naaktheid word deel van my. Deur net aan haar te dink, het ek dit alles by my, helderder as die werklikheid.

Die skakerings van pers en blou vloei weer oor haar. Ira is skielik weer in die lug, die driehoek glinster daar bo. Sy staan nog hier onder en wuif vir my en dan is sy weg.

Ek gaan sit net so kaal op die warm sand en kyk hoe Ira na ʼn rukkie al kleiner raak en dan heeltemal verdwyn.

4 thoughts on “Lusweer Donderdag: Ira

  • Wille Will

    Rudi, ek was vasgenael deur die storie !
    Dis die enkele skrywers soos jy wat ons as lesers altyd sal boei en vermaak dat daar nooit ‘n tekort aan lesers sal wees nie.
    Baie dankie en mag jy nooit jou skeppende skatkis van verhale ooit vir ons toemaak nie.
    Opregte Groete, Wille Will

    Reply
  • Dirk van Rensburg

    Awesome love it.boeiend

    Reply
  • CunningLinguist

    Verfrissend

    Likes(0)Dislikes(0)
    Reply
  • Baie lekker storie die!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)