‘n Ware verhaal (2)

deur Arauna

Lees die eerste episode HIER)

Die eerste gebeure was in November 1996. Skielik het hierdie pragtige vrou wat so wild met my liefde gemaak het, my ‘n kouerige skouer gegee. Het manlief ontwaak uit sy seksuele louheidsslaap en meer intieme aandag aan haar begin gee? Af en toe het ons wel gaan koffie drink en oor die bytjies en blommetjies gepraat, maar verder het dit nie gekom nie.

“O, ons praat baie oor jou,” sê sy eendag, liefies. Ek word koud tot in my tone. Wat word alles van my gesê?

“Wat?” vra ek vervaard. Geen antwoord.

Toe word dit winter. Die stad met die pers blomme aan die bome ken nie eintlik so iets soos winter nie, maar daar is ‘n stramheid in die lug. Dit word Junie 1997. Twee dae voor Jeugdag kry ek ‘n oproep: “Hy is saam met pelle om te gaan jag. Wil jy môreaand oorkom?” Vanwaar die skielike frontverandering? Is dit so afgespreek omdat hy weer verbale stimulasie nodig gehad het om sy instrument te laat regop staan?

Wie is ek om vrae te vra? Weer kan die tyd nie gou genoeg verbygaan. Daardie aand skeer ek ook sorgvuldig rondom my pubiese dele skoon. Sy het laas gesê sy hou daarvan dat ek nie borshare het nie … en ek kan gerus my pubiese hare ook maar korter sny. Nou ja, wie is ek om teen te stribbel? Het buitendien gesien die manlike pornosterre skeer ook daar al die hare af. Is dit verkeerd om na pronografiese films (skelm) te kyk? En te fantaseer? En draad te trek vir die eerste span? Wat maak mens nou as die belustigheid jou oorval?  Maar dan net die sogenaamde “sagte” films. Ek is nie ‘n aanhanger van harde goed nie – nie hardehout nie en nie “harde” porno nie.

Hoe ookal, so teen 19:30 bel sy my. Nee ek moet maar rondhang daar naby. Die oudste boetie wil nie gaan slaap nie. Môre is ‘n vakansiedag en geen skool nie. So hoekom moet hy vroeg gaan slaap? Dit word 21:00, 21:30. Wat ‘n man nie alles sal doen vir ‘n knippie nie! Eindelik bel sy: ”Kom, maar moenie die klokkie lui nie. Staan net voor die deur.” Natuurlik dat  seun nie wakker word nie.

En toe ek inkom staan sy daar: Hierdie pragtige vrou met ‘n spierwit lang nagrok aan en ‘n kamerjas bo-oor.

“Sjuut! Versigtig. Hulle slaap nou, maar kan maklik wakker word.”

Baba is intussen ook uit die hoofslaapkamer verskuif na ‘n ander kamer.

Op met die trappe. Ek ruik haar parfuum, maar van skone verbasing en angstigheid vra ek: “Wat ruik so lekker?”

“My parfuum, onnosel!” By die huis word nie parfuum en lekkerruikgoed gebruik nie.

Ek is so styf soos kan kom.

“Ek het maar solank nagklere aangetrek, dat die kinders kan sien ek wil ook gaan slaap.”

“Maar jy is welkom om dit uit te trek.”

Daar is niks so goed om ‘n man se jagsheid aan te wakker as om hom uit te nooi om die voorwerp van sy romantiese aandag te help om van haar klere ontslae te raak nie. En, soos die vorige keer (agt maande gelede!) doen sy dieselfde met my. Hierdie keer is dit sy wat eerste afbuig om my klipharde meneer in haar mond te neem en te suig.

“Ek sien jy het toe geluister en van jou balhare ontslae geraak.”

“Vir jou doen ek enigiets.”

“Nou, trek jou reënjassie aan en naai my.”

“Ek het jou gesê ek kan nie ‘n vrou swanger maak nie. En ek het nie vigs nie. En ek hou nie van kondome nie,” is my verweer.

“Makie sakie,” is die streng bevel weer. “Trek aan.” Maar voor ek verder kon kom is dit sy wat die reënjas neem en dit oor my voël trek.

“Naai my, naai my. Jy kan later weer vry. Maar nou moet ek jou eers in my voel!”

Op die bed. (Waar haar man haar die afgelope agt maande ook gespyker het … sonder ‘n kondoom?) Sendelingposisie. Dan, op ‘n manier wat ek self nie weet hoe, draai sy my om en klim bo-op my. Nou bestryk sy my hele ligaam met haar ligaam. Amper ‘n soort van lyf-tot-lyf massering. (Ja ek het een keer, nog as student, na ‘n masseersalon gegaan, en destyds, 1975! vyftig rand betaal vir ‘n vollyf massering met alle”ekstras,” wat eintlik maar net ‘n “handjob” was, wat ek maar self kon gedoen het! Vir ‘n arm student iets vreesliks om so van jou geldjies te moet afskeid neem, maar die nuuskierigheid het my oorweldig. Wat gebeur agter die deure van die “massage palours”?)

En toe neem sy my piel en sit dit in haar binneste vroulike dele. En ry my op en af terwyl sy sê: “Ja, ja, ja. Fok my. Fok my.”

Maar steeds kan ek nie kom nie. Die besnydenis, waarvan ek die vorige keer gepraat het, en die kondom het my effe gevoelloos gemaak. Wat ‘n treurmare.

Na ‘n ruk hoor ons die gehuil van die baba uit die onderste kamer. O bliksem, wat nou? Haastig trek sy die kamerjas aan en sê: “Lê stil en wag vir my.” Gelukkig kon sy die mannetjie gou tot bedaring bring en weer die trappe ophardloop na die hoofslaapkamer.

“Nou moet jy my vry,” sê sy. En liefde het ek liefde gemaak. Haar gemasseer oor haar hele lyf. Gesoen, selfs vingers en tone gesuig … soos ek al gesien het in die erotiese films. Haar dosie met my duim binnegedring, later met twee vingers en gesoek na die G-kol. Is daar so iets? Die handboeke sê dit is ‘n harderige deel omtrent so groot soos ‘n vyftig sent stuk. As jy dit kan ontdek en masseer (of met jou hand, maar meer ideaal natuurlik met jou voël) gee dit wonderlik intense orgasmes aan ‘n vrou. Ek moet erken dat ek seker maar onhandig was, maar ek kon nie so ‘n G-kol kry nie. En natuurlik met my tong haar dosie bestryk, gelek, gesoen.

“Kom weer in,” nooi sy. Ek laat my nie nooi nie en gehoorsaam gewillig. Maar kan nog steeds nie kom nie. En toe die wonderlike: “Trek uit,” sê sy.

Hoekom? Toe besef ek … eindelik vertrou sy my volledig. Sy haal die kondoom af en sê: “Nou wil ek hê jy moet in my kom!”

Dit het nie lank geduur nie voordat ek die mees intense orgasme gekry het en lank en diep  my saad in haar gespuit het.

“Fok, dit was goed,” was haar kommentaar. “En ons het gelyk gekom.”

Ek was so oorweldig deur my eie orgasme dat ek nie agtergekom het dat daar trillings deur haar hele lyf gegaan het nie tot ek besef het dat sy nog steeds aan die ruk en beweeg is. “Prolonged orgasm,” dink ek sal die Engelse sê.

Ons het nog so ‘n kwartier of wat in die nagloed van die liefde in mekaar se arms gelê toe sy my daarop wys dat dit al 23:30 is. Traag het ek opgestaan en aangetrek.

Met die groetslag by die deur het ek weer haar vrouegleufie as “afskeid” aangeraak. Die rit terug huis toe was soet en suur. Soet na ‘n drie uur of wat van ekstase. Suur om te moes teruggaan na … niks.

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “‘n Ware verhaal (2)

  • August 21, 2018 at 2:22 pm
    Permalink

    Sjoe Arauna, wat n storie. So n skelm knippie bly darem maar vreeslik lekker ne.

    Reply
  • August 21, 2018 at 2:06 pm
    Permalink

    Nogal so nostalgiese gevoel aan die ene. En dis nogal hot ook – so in haar huis…

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)