
Praktiese eksamen
deur Whale
Ek en Donkerkant het haar hier ontmoet. ‘n Website waar ek en hy onsself kon verloor in die sopperige wellus van ander wat ook soos ons voel, fantasseer en dink. Sy is die sogenaamde moeder van die site, ons die gewillige en vrywillige mede-spelers in wat vir my en Donkerkant soos ‘n baie lang en sexy sepie voel.
Ek het per ongeluk op die site afgekom toe ek eendag op die internet na Afrikaanse erotika gesoek het – Donkerkant was daardie dag effens omgekrap omdat ek hom vir so lank ignoreer het. Dit was nie lank voor ek (onskuldig) met haar kontak gemaak het en gevra het of ek asseblief mag saamspeel nie. Sy het dieselfde dag nog geantwoord en sedertdien is ek en Donkerkant gereelde besoekers op haar speelgrond.
My hand bewe as ek die rugsak oor my skouer stywer vasvat voordat ek deur die deure van Lanseria-lughwe stap. Selfs Donkerkant is vir ‘n slag stil en dit gee my tyd om te besin oor die gevaar van waarmee ons besig is. “Te fokken laat nou, die kaartjie was duur” laat Donkerkant snedig uit sy hoek in my gedagtes hoor. In my kop gee ek hom die vinger en ons stap met haastige treë na die Avis-toonbank, doen die nodige en kry ons huurmotor. Ek voel effens koud as ek die Pretoria-adres vir die GPS voer (Donkerkant mompel binnensmonds iets van Google-maps en smart phones), maar ek ignoreer hom met ‘n “ag fok jou man!” en vat die snelweg noordwaarts, skielik haastig om daar te kom.
Die verkeer is nie so erg soos ek verwag het nie, en kort voor lank stop ons voor die huis – dit lyk anders as wat ek verwag het, en ek sidder, weereens bewus van die gevare. Die spel het begin. Ek klim versigtig uit die huurmotor, moet hard konsentreer om nie die deur saggies toe te maak soos iemand wat skelm perskes steel nie (die goeie ou dae!). ‘n Hond blaf iewers in die agterplaas toe ek die klokkie druk, en voor ek nog my pose kan hou gaan die deur oop en staan sy voor my. Lisa. Sy lyk heeltemal anders as wat ek gedink het, en vir die eerste keer vandag skuif Donkerkant nader, sy nuuskierigheid geprikkel.
Ek kan my oë nie van die netjiese agterstewe afhou toe sy voor ons uit stap in die huis in nie – sy stap met doelgerigte treë en ek weet sy is op pad na die vertrek waar die “transaksie” gaan plaasvind. Die ou bekende roering in my broek bevestig dat Donkerkant besig is om homself voor te berei. Ek sidder, as hy so op sy stukke is kan hy ‘n bliksem wees. Nes ‘n bronstige bok, en almal weet ‘n bok is ‘n bliksem. Sy draai by ‘n dofverligte vertrek onder in die gang in, en my oog vang eerste die groot bed met die swart beddegoed daarop in die middel van die vertrek – gegewe die situasie lyk dit aantreklik en selfs sexy. Sy kyk met ‘n skalks glimlag na my, wys dan woordeloos na die hoek van die vertrek waar ‘n tafel staan met ‘n verskeidenheid krale daarop – jy weet, die tipe wat mens om jou nek dra. Ek sluk, Donkerkant kug en treë na vore. Dan stap sy grasieus na die bed.
Sy het kant-onderklere aan; ek weet nie eers waste tipe onderklere sy verkies nie en of sy normaalweg enige onderklere dra nie. Sy lê op haar rug op die bed, haar bene oopgesper. Soos in die e-pos beveel is, sit ek op ‘n stoel reg voor die bed, kaalgat met my kloppende horing voor my. Sy kan dit sien, en sy sê dit vir my. As dit nie was dat Donkerkant in beheer was nie het ek die berge in gevlug van skaamte. Dan vat sy die eerste string krale wat langs haar op die bed lê, trek die panty se voorkant oop en begin die krale stadig in haar nat koekie in ryg – die opdrag was eenvoudig en maklik om te verstaan toe ek haar e-pos gekry het: ek trek draad terwyl sy haarself stimuleer en terselfdertyd die krale in en uit haar ryp vroulikheid werk. Met elke string volledig in haar opgedruk stap sy eers deur die vertrek voor sy haarself tot klimaks stimuleer. Vlugtig verwens ek myself dat ek op haar artikel op die site oor hierdie juiste onderwerp kommentaar gelewer het en iewers laat val het dat so iets my nooit beskore sal wees nie; dit is waar dit my nou gebring het. Donkerkant grom, hy gee nie om nie.
“Jy het gestop” ruk haar hees stem my terug na die hede. Ek het dit nie eers agtergekom nie, te gehipnotiseerd met die manier waarop haar skoon koeklippies die verskeindenheid krale insluk. Ek begin weer stadig aan my horing pluk terwyl sy vir die soveelste keer hortend begin asemhaal.
“Trek my klere uit!” kom dit gebiedend van die bed en ek gehoorsaam soos ‘n robot.
Haar sopnat volwasse koekie maak weer oop voor my, ‘n groot deel van ‘n string hout-krale reeds daarin begrawe. Sy begin haar klitoris verwoed stimuleer terwyl sy een van die krale teen haar kringspier druk en ek wag vir die oomblik – die opdrag was weereens duidelik: “as ek begin kom trek jy die krale uit my uit!”
Ek mag nie aan haar raak nie, net aan die krale. Dan fluister sy hees dat sy gaan kom en ek trek die krale stadig uit haar donker, nat vroulikheid uit. Ek sien hoe haar koekie pols soos die orgasme haar oorweldig en ek moet myself vining beheer voordat ek self ook knak. So hou dit aan, en met elke string krale raak sy natter en natter, die bed naderhand deurweek onder haar. Dis toe ek die laaste groot string krale uit haar trek en haar souse daarop sien kleef dat ek die laaste beheer oor Donkerkant verloor. Hy druk die krale een vir een amper gulsig in sy mond en lek die sout van haar genot af. Dan staan sy op, draai om en terwyl sy op haar knieë staan sak sy met haar bolyf af tot haar tiete in sagte vorms op die bed druk. Haar boude staan prominent voor my op en ek gee Donkerkant die eer om die laaste deel van die opdrag uit te voer.
Ek vind die skulp-krale maklik tussen die ander stringe. Ek stap nader, my voël kloppend en half in die pad. Haar koekie het die bekende stekelrigheid van skoongekseerde hare toe ek twee vingers deur die nat slootjie trek en van die sappe oor haar kringspier smeer. Ek herhaal dit, en hierdie keer maak ek ‘n punt daarvan om ‘n vinger in haar in te glip om te sien hoe sy reageer. Haar hand volg myne en sy begrawe skielik drie vingers in haarself – dis my teken om die laaste opdrag in haar e-pos uit te voer. Ek begin die gladde skulpe stadig en versigtig in haar kringspier in druk, sy het mos in haar artikel geskryf sy wil hê iemand anders moet dit doen. Sy kreun met elke kraal wat ek in haar opdruk, en met elke kreun verloor Donkerkant nog bietjie geduld en beheer. Uiteindelik is daar net drie krale oor, soos die opdrag was. Ek skreeu amper van blydskap, want die vingers word uit die nat koekie getrek, nog ‘n teken. Ek stap nader, druk my koppende voël sonder praat in haar nat koekie en laat Donkerkant die res doen. Ek voel haar saamtrek om my voël, herken die nou bekende kreune uit haar keel. “Ek kom!” skreeu sy dit teen die beddegoed uit en ek voer die beste deel van my opdrag uit – ek ruk die krale uit haar anus uit terwyl ek my eie kom polsend oor haar rug skiet.
Die oomblik is verby, die foto’s geneem en ek is op pad lughawe toe. Die muskus-reuk van haar sappe nog steeds aan my vingers. Twee dae later is die gesiglose fotos van ons “praktiese eksamen” op die site saam die opvolg-artikel oor die effektiwiteit van die eskperiment. Ek tik in die commentaar blokkie “ek will graag volunteer vir nog so eksperiment.” Die oproep kom later daardie middag, sy sê ek is enige tyd welkom.
15 COMMENTS
wow wow!
Lekker man!
Dankie vir die deel hiervan.
Kinky bliksems….
Hahahaha!
He lives! 😉
Ek volunteer ook asb?
Hahaha, julle moet nou nie dat die storie julle heeltemal van die wal af in die sloot in jaag nie. :p
Ek sien al daai sloot in my drome…
HAhahahaha! Man!
Annelise….
eks op pad!!!!!
Wah vir my, ouens!!!
Dit lyk my Annelise gaan haar…uhm…hande vol hê
W
Dit doen dit beslis vir my!!!!
Ja Nee ou Whale – ek dink dit kan net vreeslik baie lekker wees.
Ek skreeeeee saam !
Ons almal se droom Whale… Skree ek nou amper soos daai donkie in die Shrek fliek!