Liedjiestorie: I ain’t as good as I once was…
deur Ramkat Erasmus
Die reuk van die plek slaan my, soos gewoonlik, soos ‘n hamer teen die voorkop. Sweet, Deep Heat en leer. Die geluide is ook soos altyd dieselfde. Asems wat jaag, houe wat val, voete wat skuifel. Dis ‘n outydse boksgym. En alhoewel daar soms vrouens ook hier oefen is dit ‘n plek vir mans. Harde mans wat hulself teen ander soortgelyke harde mans toets.
Sielkundiges sal seker redes hê vir hoekom ons dit doen, maar vir my maak dit nie saak nie. Dis deel van my lewe sedert ek 13 jaar oud was. Ek was suksesvol, het selfs ‘n SA titel of twee verower en het dit oorweeg om Pro te draai, maar toe Brain Baronet na ‘n geveg sterf, het ek besluit dis nie die moeite werd nie.
Ek het ophou boks, maar ek het nooit ophou oefen nie.
Doon, die eienaar, staan nader. “Hier’s ‘n laaitie wat teen jou wil skerm” sê hy sonder om te groet.
“Wie en hoekom?” vra ek.
“Hy sê jy het eenkeer teen sy pa geboks,” en hy noem ‘n naam wat geen klokkies by my lui nie.
“Hoe goed is hy?” vra ek.
“Dalk nie so goed as wat hy dink hy is nie …”
“Oraait. Een rondte. Met kopskerms.” Ek is al soveel keer teen die kop gedonner dat ek nie wil kanse vat nie.
Ek gaan kleedkamer toe en trek my oefenklere aan. Dan gaan warm ek op. Eers met die springtou, dan die peerbal en dan die swaar sak. As ek lekker sweet stap ek na die kryt toe waar Doon staan en kyk hoe ‘n jong laaitie skaduboks. Ek kyk ook vir hom. Hy’s fancy, baie fancy. Hy sit kombinasies aanmekaar van 8 tot 10 houe op ‘n slag. Reguit linkers, regterhaak, boulhou, reguitregter. Skielik onthou ek sy pa. Hy’t op dieselfde manier geboks. Ek het hom oor drie rondtes op sy voete gehou en hom ‘n boksles gegee. Hy’t dit geweet, die ref het dit geweet en almal in Cotteslow se gemeenskapsaal het dit geweet. En toe ek uit die hoek van my oog sien sy afrigter tel die handoek op toe bêre ek hom. Uit soos ‘n kers op die naat van sy rug. In die kleedkamer na die tyd het hy my hand kom skud op aandrang van sy afrigter en dit was die laaste wat ek van hom gesien het.
Ek buk deur die toue en sit die kopskerm op. Doon maak seker dit sit reg en gee dan vir my die verbande. Ek draai my hande lekker styf vas en trek dan die handskoene aan. Maar heeltyd staan ek met my rug na die laaitie toe. Doon roep hom nader vir sy kopskerm en ek draai weg en gaan staan in ‘n ander hoek.
Dan blaas Doon sy fluitjie en ek draai om. As jy in die bokskryt skerm is die doel nie om jou opponent seer te maak nie. Dis skaduboks – jy oefen kombinasies. Jy koes. Jy keer, en so nou en dan land jy ‘n ou. Maar almal wat boks, weet dis nie daar om iemand seer te maak nie.
Die laaitie het egter ander planne. Hy storm nader en begin my peper met reguitlinkers en hy speel nie. Hy slaan om my seer te maak. Ek koes-koes die kant toe, dan daai kant toe en hy slaan my net so een of twee keer raak. Dan begin hy my dryf na die toue toe, maar ek is ‘n ou bergbobbejaan en ek laat my nie teen die toue vaskeer nie. Ek begin wel my jare voel. Alhoewel ek nooit ophou oefen het nie staan die tyd nie stil nie en die mannetjie is duidelik vinniger en fikser as ek.
Hy begin my peper met die kombinasie wat ek vroëer gesien het. Die keer laat ek hom my na die hoek toe dryf. As ek die kussing teen my rug voel lig ek my elmboë en maak toe. Hy probeer my deur my arms raakslaan, maar ek hou toe. Dan begin hy weer met daai fancy kombinasie. Reguit linkers, regterhaak, boulhou, reguitregter. Reguit linkers, regterhaak, boulhou, reguitregter. Ek tel sy ritme op en wag vir hom. As hy weer met daai boulhou kom, koes ek onder hom in en pos hom in die solar plexus. Sy kniëe knak en hy hyg na asem. Dan eet ek hom weer. Hy begin in stadige aksie omkantel. Sy kop sê: “Staan op”, maar sy bene sê: “Noddefok.” Hy lê op die krytvloer en ruk en sy blou lippe suig desperaat asem in. Doon kom nader en trek die kopskerm af. Die laaitie kreun en proes ‘n slag. Ek staan weg om te keer dat hy nie op my kots nie, maar die hou hy darem in.
Doon kyk na my. “Was dit nou regtig fokken nodig?”
“As hy dit nie kan vat nie is hy in die verkeerde game …”
Die laaitie begin gemakliker asemhaal, dan gaan sy oë oop en hy kyk na my. Daar is iets in sy blik wat my laat dink dat hy dalk nie meer gaan boks nie. Ek gimlag. “Sê groete vir jou pa…”
Ek haal die kopskerm af, laat dit val. Trek die handskoene uit en maak die verbande los. As ek deur die toue buk om uit die kryt te klim hoor ek Toby Keith se Country song in my agterkop. “I ain’t as good as I once was, but I’m as good once as I ever was …”
-0-
Ek werk as konstruksievoorman vir ‘n groot maatskappy. My baas is Andriesa. Sy’s ‘n bou-ingeneur en sy kan kwaai raak as sy die dag wil. Sy vat nie kak nie en as jy op die site staan en haar sien aankom kan jy maar weet sy gaan elke foutjie vind en dit vir jou wys.
Ek sien haar bakkie van ver af aankom. Sy stop en klim uit. Soos gewoonlik dra sy ‘n oorpak, werkboots, ‘n hard hat en veiligheidsbril. Haar hare onder die hard hat is met ‘n lap toegedraai.
Ek grawe in my sake en sit my veiligheidsbril op. Ek kyk haastig rond, maar al die ouens het, wonder bo wonder, vandag die regte PPE aan.
Sy kom op my afgepyl met ‘n clipboard onder haar arm. Ek en sy groet en loop dan van die een probleempunt na die ander. Ek wys haar waar ons brouwerk reggemaak het en sy vra ‘n paar vrae en maak ‘n paar opmerkings, maar oor die algemeen voel alles redelik vrolik en sonder pyn. Dan as ons klaar is kyk sy my in die oë en sê: “Stap saam bakkie toe …”
Ek wonder wat nou aangaan, maar ek stap maar saam. By die bakkie haal sy haar harde hoed en veilgheidsbril af en gooi dit deur die venster. Sy vroetel in haar oorpak se bo-sak en haal ‘n stukkie papier uit. Sy staan met die papier in haar hand. Dan haal sy diep asem en draai na my toe. Ek kyk vir haar en besef dat sy eintlik ‘n fokken mooi gesiggie het sonder die bril en die hard hat.
“Ek wil jou ‘n guns vra, maar as jy nie kan nie of nie wil nie sal dit oraait wees …”
“Vra” sê ek en wonder wat gaan aan.
“Ek moet Vrydag na ‘n dinee gaan en ek het gewonder of jy bereid sou wees om saam met my te gaan?”
Ek besef skielik dat die girl verskriklik senuweeagtig is. Ek glimlag en sê: “Dit sal nice wees.”
Ek kan sien hoe sy relax. Sy smile ook, en gee vir my die papiertjie. “Dis my adres. Kan jy my Vrydagaand so teen kwart voor sewe oplaai?”
Ek kyk na die adres. Dis ver van waar ek bly, maar daar is diesel in my bakkie en ek is nie bang om te ry nie.
“Sure, ek sal nie laat wees nie …”
Sy gee my arm ‘n drukkie. “Ek weet. Het jy ‘n aandpak?”
Ek lag en skud my kop.
“Ongelukkig moet jy een aan hê. Kan jy een gaan huur? Ek sal betaal …”
Ek glimlag weer vir haar en sê sy moenie worrie nie ek sal daar wees in ‘n tux met ‘n strikdassie en al.
Sy wip in die bakkie waai vir my en ry. Ek druk die papiertjie in my bo-sak en wonder waar mens aandpakke huur.
-0-
Vrydagaand is ek tien minute vroeg buite haar hek. Ek wonder of ek moet ingaan en of ek moet wag. Dan besluit ek foggit en druk die knoppie. Na ‘n ruk vra sy wie daar is en ek sê. Die hek gaan oop en ek ry in. Ek stop voor die deur en klim uit. Die voordeur gaan oop en ek bliksem amper om. Haar donker hare is lank en hang tot amper by haar sitvlak. Sy’t ‘n kort swart minitjie aan en ‘n string pêrels om haar nek. Sy’t fokken make-up aan! En fok, sy’s mooi. Lang bene in hoë hake met sykouse en as sy draai en voor my die huis inloop besef ek dat haar overalls baie weggesteek het wat ek nie eers vermoed het nie.
Ek staan in die voorportaal en sy gryp ‘n klein plat handsakkie en ‘n bos sleutels. Sy glimlag vir my. “Jy lyk baie goed in ‘n aandpak. En daai strikdas laat jou baie gesofistikeerd lyk.”
“Die ou by Top Hat moes my drie keer wys hoe om die ding te knoop. By the way, jy lyk stunning …”
“Dankie meneer! Sal ons ry?”
Sy sluit, sit die alarm aan en loop saam met my na die bakkie toe. Ek het die ding laat was en vacuum en ek maak vir haar die deur oop. Sy druk die remote vir die hek en ons vat die pad.
-0-
Die dinee is by ‘n vyfsterhotel en die kos is lekker en die bier koud. Sy drink rooiwyn en ons sit en luister na die boring speeches. Na die poeding sê sy sy moet net gou met iemand gaan praat. Ek herken die grootbaas van ons maatskappy. Hy soen haar op die wang en hou haar hand vas terwyl hy met haar praat. Dan kom sy terug, tel haar handsakkie op en vra of ons maar kan ry.
-0-
Haar huis lyk soos een van daai wat jy in tydskrifte sien. Sy kry vir my ‘n bier, skop haar skoene uit en gooi vir haarself wyn in. Ons gesels oor die aand en ek vra wat sy en die baas bespreek het.
“Ag sommer werk goed.”
“Hou hy altyd jou hand vas as julle oor werkgoed praat?” en ek smile om haar te wys ek maak ‘n grappie.
Sy bloos en kyk weg en ek besef ek moet nie verder karring nie. Ek sluk my bier en staan op. “Nou, ja, laat ek ry …”
Sy staan ook op en kom nader. Sonder haar hoë hakke is sy eintlik nogal klein.
“My wyn is nog nie klaar nie” sê sy. En skielik voel dit vir my asof ek in die boksgym ingeloop het voor ‘n groot fight. Ek haal asem, vat haar glas uit haar hand uit en soen haar. Sy wil eers terugtrek, maar dan begin sy my terug soen. Sy soen lekker en ek verstaan ook die werk so ons soen mekaar sommer gou-gou uitasem.
Ek trek my baadjie uit en wikkel die strikdas los. Sy staan net met groot oë vir my en kyk. Dan begin ek my knope losmaak. Halfpad stop ek.
“Is ek te haastig?”
Sy skud haar kop. Ek maak my hemp heeltemal los en trek dit uit. Ek sien hoe sy na my lyf kyk en ek is bly dat ek ophou boks het, maar nie ophou oefen het nie.
Ek sit my hande om haar nek en trek die zippie agter haar rok af. Dan vat ek die onderkant van die rok en trek dit oor haar kop. Ek draai vinnig weg, vou die rokkie op en sit dit op ‘n stoel neer. Dan draai ek terug. Sy’t ‘n swart deurskynende bra en pantie aan en pantyhose. Sy’t ‘n six pack en haar nippltjies staan regop onder die dun material van haar bra.
Ek haak my hande deur die rek van die pantyhose en trek dit af. Sy trap uit dit uit en staan weer en wag. Ek glip my duime onder haar bra in en lig dit op. Haar nippeltjies is donkerbruin en stokstyf. Ek vryf hulle liggies tussen my vingers en sy maak haar oë toe. Ek buk vorentoe en soen haar ooglede. Sy gril van die lekker.
“Help my met die bra” sê ek saggies en sy gly haar hande agter om haar rug en maak los. Ek trek dit af en staan terug om haar beter te kan bekyk.
“Wat?” vra sy.
“Jy’s mooi.”
“Dankie”
En dan is die tyd vir praat verby. Ek maak my broek los en laat val. My horing staan soos ‘n paal onder my bokser. Ek pluk hom ook af en loop nader. Deur die materiaal van die pantie kan ek haar koekhaartjies sien. Ek trek die ding versigtig af en gaan op my kniëe. Ek haak een van haar bene oor my skouer en ruik aan haar. Sy’t een of ander parfuum aangespuit, maar deur die parfuum ruik ek haar tog ook.
Ek glip my tong in haar gleufie in en sy sit haar arms om my kop. Ek wikkel my tong heen en weer en sy fluister my naam. Ek druk haar terug sodat sy op die stoel agter haar gaan sit. Ek lig haar ander been ook oor my skouer en nou werk ek haar behoorlik met die tong. Haar asem jaag. Sy vleg haar vingers deur my hare en probeer my dieper in haar intrek. Dan begin haar lyf ruk en sy kom terwyl sy my naam oor en oor sê.
Ek draai haar om en steek my horing, wat nou al seer is van die styfgeid van agter af in haar kloppende nat poesie in. Ek begin stoot en sy stoot terug. Hoe harder ek haar naai hoe harder skree sy my naam. Uiteindelik kom ek ook. Ek bly regop en druk myself diep in haar in. Ek voel hoe haar binnespiere my piel druk en laat los, druk en laat los …
Na ‘n ruk trek ek uit en help haar op. Sy druk haar hande om my lyf en gee my ‘n stywe druk. “Fok dit was lekker…” prewel sy.
Ons staan lank so dan druk sy my weg. “Ek gaan jou moet uitgooi. Ek ry moreoggend vieruur lughawe toe en ek moet nog pak”
Ek smile en soen haar.”Okay” Ek trek aan, maar druk die strikdas in my sak. Dan soek ek haar weer waar sy nog steeds poedelnakendkaal vir my staan en kyk.
“Ons gaan dit weer doen,” sê sy “ons gaan dit baie beslis weer doen.” En weer noem sy my naam.
Ek soen haar ‘n laaste keer en loop voordeur toe.
As ek die bakkie omdraai om uit te ry, sien ek haar kaal op die stoep staan en ek hoor weer daai Toby Keith Country liedjie. “I ain’t as good as I once was, but I’m as good once as I ever was…” En ek begin lag.
2 COMMENTS
Ek beaam Greig. Dis moerse befok !
Dit was befok mooi…….