Die Tremloods

Hoe lank gaan ek lees: 3 minute

deur Homo Erectus

Die Tremloods in Pretoria het op ‘n stadium sulke wonderlike kunsflieks gewys. My gunsteling was Aunt Julia and the Scriptwriter met Peter Falk en ‘n baie jong Keanu Reeves in die hoofrolle. Dit was ook die plek waar ek en ‘n meisie vir wie ek baie lief was vir ‘n laaste keer gegroet het.

Dit was ‘n komplekse verhouding. Ons het baie van mekaar gehou, en sy was ‘n maagd toe ons begin uitgaan het. Dit was vreemd om 21 te wees en nog ‘n maagd, maar haar omstandighede was uniek. Weens komplikasies op ‘n vroeë ouderdom is haar eierstokke verwyder, en dit het ‘n bepaalde invloed op haar vrouword gehad. Ons was vriende vir byna 4 jaar toe ek op haar verlief geraak het.

Ek en my destydse meisie se verhouding was op die rotse en sy het gesukkel om te breek. Hoe meer afstand ek probeer skep het, hoe meer het sy my versmoor. Mans is vreemd op ‘n manier. Ons hou nie van reguit afsê nie. Ons skep afstand en hoop dat sy die boodskap sal kry en die verhouding beëindig. Hierdie een wou nie. Ek doen toe na maande se gesukkel die moeilike ding en sê haar af, want ‘ek is verlief op iemand anders’. Dit het gewerk.

So week of wat later het ek die nuwe meisie begin uitneem. Nog ‘n week later het sy vir die eerste keer haar onskuld verloor. Sy was heeltemal gereed. Sy was honger om bemin te word, om verken te word, om geken te word. Sy het met oorgawe gevry, en met oorgawe geleef. Sy was bietjie mollig, maar het oornag ‘n paar kg geskud en in al haar natuurlike glorie geblom. Die seks was altyd warm en liefdevol, ons lewe vol pret, musiek, avontuur en kultuur. Sy het die gewoonte gehad om my op my verjaarsdag in my kamer in ons kommune te kom wakker maak met ontbyt, sjampanje en ‘n mondbederfie.

Tot vandag toe nog is sy een van die mense van wie ek die heel meeste hou, en sal ek altyd op ‘n manier lief vir haar wees. Toe ons eersteling gebore is, was sy een van die eerstes wat gebel het en my en vrou gelukgewens het. Ons verhouding is een van min wat na ‘n liefdesverhouding weer ongeskonde teruggekeer het na ‘n goeie vriendskapsverhouding. Hoekom het dit nie uitgewerk tussen ons nie? Grotendeels was dit my skuld. Ek raak vinnig verveeld en vrouens voel vinnig nie meer oulik genoeg nie, al is hulle nie die oorsaak van die verveling nie. Die grootste rede was egter dat ek nie kon vrede maak met die vooruitsig van ‘n kinderlose bestaan nie. Baie van ons vriende en familie het begin ouers word. Ek is versot op babatjies en kleuters. Hulle is altyd op my skoot. Dit het haar gepla. Op die ou end het sy my afgesê. Alhoewel ek bitter hartseer was, het ek geweet dis die slimmer ding om te doen.

In die begin was dit moeilik. Ons was regtig vriende ook, en het mekaar nog gereeld gesien, selfs gaan fliek ook. Dit was vreemd. Ons het een aand die 10 uur-vertoning van ‘n Italiaanse fliek in die Tremloods gaan kyk, en ons was die enigste mense in die teater. Ons het teen mekaar gesit, sy met haar kop op my skouer. Ek het haar hand op haar been vasgehou. Op ‘n manier het ons albei geweet dit sou ons laaste fliek wees. Dit was tyd om aan te beweeg. Ons het mekaar begin vryf, en kort voor lank was ons altwee se broeke uit. Sy was sopnat. Ek het haar laat kom en kom. Seker 5 of 6 keer, en toe sy vir my. Ons het mekaar vasgehou en ons het altwee gehuil. Ek het haar by haar woonstel gaan aflaai, ons het gegroet, en dit was die einde. ‘n Jaar en ‘n half later is ons ‘n week uitmekaar getroud en so jaar later was ons weer normale vriende.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)