
Kombiekieweer Donderdae ;)
Hello daar geliefde Kombiekiehierleser,
Hierdie is net ‘n kort notatjie om heel eerstens dankie te sê vir die donasies wat ek van tyd tot tyd ontvang. Ek weet dikwels nie van wie dit af kom nie omdat jy dit net “Kombiekiehier donasie” noem en ek nie eens ‘n epos adres kry waarheen ek my dankbaarheid kan stuur nie. En ek vermoed jy sal nie wil hê ek moet dit uitbasuin nie wanneer ek weet wie dit is nie, maar ek is baie, baie dankbaar.
Dis weird hoe dit dikwels werk dat ek so donasie kry net mooi wanneer ek die domein moet hernu of die sekuriteitssertifikaat moet hernu of meer spasie koop of so. Baie, baie dankie dat jy daarmee help.
Dan wil ek jou net vertel van Kombiekiehier se eie variasie van Throwback Thursday. Wikipedia sê van Throwback Thursday: “Throwback Thursday is a trend among social media sites such as Instagram, Twitter and Facebook wherein users post or repost older photographs (often from their childhood) with the hashtag #ThrowbackThursday or #TBT”
Ek het deur die webwerf se statistiek agtergekom dat lesers soortvan vergeet dat daar baie stories in die argief lê. Die nuwe stories word gelees, maar min mense gaan menu toe en soek na die ou stories wat hulle nog nie gesien het nie. So op Donderdae gaan ek “oorbegin” en letterlik van voor af die stories deel. Vandag deel ek dus die heel eerste storie wat ooit op Kombiekiehier verskyn het.
Ek gaan dit sommer Kombiekieweer Donderdag noem en hoop dat jy op hierdie manier so paar van die stories in die argief sal herontdek en sommer van voor af daardeur geprikkel word.
Ek hoop jy geniet dit!
Lus en liefde
Annelise
1 COMMENT
Daardie foto! eish
So mooi!