Skokterapie (2)

deur Bobcat

(Lees eerste episode HIER)

 

Ek raak bewus van die ligte reuk van amandel in my neus, die gevoel van satyn waar haar lang swart krulle oor my skouer gedrapeer is. Ek lê op my rug, sy op haar maag met haar een arm om my lyf en haar regterbeen oor myne. Haar stadige asemhaling en slapheid van lyf, bewys van haar diep, rustige slaap.

Ek skuif versigtig onder haar uit. Staar vir ‘n oomblik na die perfekte estetika van haar naakte liggaam, soen haar liggies op die skouer en sluip na die badkamer. My bo-been se hare is nog effens klam en gekoek waar haar Evas’vy vasgedruk het nadat ons aan die slaap geraak het. Ek vryf my handpalm daaroor en ruik daaraan.

Die muskusreuk van ons gesamentlike orgasme ruk my pishoring orent en ek oorweeg vir ‘n sekonde om haar te gaan wakker maak.

Verstand kry die oorhand en ek maak die badkamerdeur stilletjies toe en draai die stort oop. Die water is warm en spoel gou die nag se styfheid van my lyf. Ek glip my klere aan nadat ek tande geborsel het met die tandeborsel wat ek die vorige nag uit die Kompressortjie se paneelkissie gehaal het.
Op die kombuisblad sien ek ‘n notaboekie en skryf: ”Jammer, moes gaan. Wou jou nie steur. Xxxx.” Die nota skuif ek onder haar motorsleutels in en laat myself uit.

Terwyl ek huis toe ry speel die vorige nag se gebeure in my geheue af. Ons ontmoeting by die praktyk, die uiters erotiese orale seks op die stoel, die uitnodiging om iets te gaan drink en een van die “warmste,” mees bizzare nagte tot datum vir my.

Nadat ons by haar praktyk weg is het ek haar gevolg tot by ‘n klein Italiaanse restaurant in een van die voorstede. Die kelnerin het, op Juanita se versoek, ons na ‘n baie private tafel in die een hoek van die restaurant begelei. Daar was geen stoele nie, maar sulke ronde gestoffeerde banke knus om ronde tafeltjies. Sy het ingeskuif en ek het gevolg tot byna teen haar. Die beligting was gedemp en die ambience soel en romanties.
Ons het bestel en koue witwyn en warm focaccia genuttig terwyl ons vir die hoofmaal wag. Die gesprek was nie subtiel nie en Juanita het gereeld wanneer sy lag aan my hand gevat. Ek kon my oё nie van haar afhou nie. Haar gitswart hare en spierwit tande het geblink en haar groen oё het gevonkel in die kerslig.

Die ete het sonder voorval geskied, maar terwyl ons vir die nagereg wag het sy half skuins teen my aangeleen, en saggies in my oor gefluister dat sy steeds nie ‘n panty aan het nie. Voorts het sy geskimp dat die wyn na haar kop toe is en dat sy sopnat en erg lus is vir ‘n “smerige potjie owerspel.”
Delila se bloed vloei sterk deur haar are en binne sekondes het haar gefluister in my oor my totaal opgewek gehad. Ek het my servet op my skoot oopgevou om my opgehewendheid te probeer verberg, maar sy het dit raakgesien en haar warm hand op my bo-been gesit en toe effe ferm opgeskuif tot op my voёl. “Mmmmh … sien jy voel dieselfde …” fluister sy weer in my oor.

Ek het die kelnerin nader gewink vir die rekening terwyl ons die Don Pedro’s kafdraf. Daar was nie tyd vir wag nie en ek het sommer op pad uit by die kassier betaal. Juanita het my aan my hand gelei tot by haar motor. Hier het sy my teen haar kar vasgedruk, op haar tone gaan staan en my begin soen. Die soen was sag en strelend en sy het midweg weer haar hand oor my voёl gevryf. Ek was nou rasend jags, maar sy het net geglimlag, my weggestoot en gesê: ”Volg my as jy kan bybly.”

Die Kompressortjie het weer gesing om by haar wit sportmotor by te bly. Tot my teleurstelling het sy by ‘n openbare park stilgehou. Toe ek uitklim was sy wuifend, dat ek gou moet maak, besig om in een van die paaidjies af te stap.

Ek het haar gevolg tot by ‘n groot boom met ‘n krom stam, waarteen sy met haar rug aangeleun het, een been opgetrek en haar voet rustend teen die growwe bas. Sy het die opgetrekte been heen en weer geswaai en haar rok het oopgeval en haar bo-been ontbloot. Die gedagte van wat in die mik van die bo-bene was het my voёl teen my broek laat beur.

Terwyl ek tussen haar bene instap het ek my hande weerskante van haar kop teen die stam vasgedruk en haar begin soen. Sy het my bors teen haar tiete vasgtrek en vurig terug gesoen. Eers het ek die “grrrrits” van my ritssluiter gehoor en toe gevoel hoe haar warm hand my voёl omsluit en effe hardhandig by die gulp uitwerk. Sy het my piel afgedruk, haar rok opgetrek met die ander hand, op haar tone gegaan en my voёlkop tussen haar opgehewe lippies deurgetrek. Haar poesie was sopnat en sy het met ‘n afwaartse beweging oor my genotstok afgegly tot waar sy nie meer kon nie.
Die diepte en warmte van haar vroulikheid het my oorweldig. Ek het albei haar bene, net bokant die waai van haar knieë, een in elke hand, van die grond opgetel en haar met my onderlyf teen die boom vasgedruk. Haar arms en hande het oor my skouers agter my nek gesluit en ek kon my voёl bietjie uittrek. Ek het gehoor hoe sy haar asem intrek terwyl ek weer diep in haar instamp.

Haar lippe het my nek verken terwyl ons onderlywe teen mekaar vryf en bots. Jagsheid het soos golwe oor ons liggame gespoel. Ons asems het gejaag en ons lippe het naarstigtelik begin rondsoek na soen, byt en suigplek op mekaar se lywe. Ek het gevoel hoe Juanita se lyf begin saamtrek en kriewel en ek het begin gereedmaak vir ‘n simfonie van orgasme. Haar lyf het egter meteens snaarstyf gespan …
Sy het begin giggel en ek was vir ‘n oomblik oorbluf. Nie geweet of my vermoёns vir haar snaaks is en of sy die seks geniet nie. Ek het haar groen oё met myne opgesoek en tot my skok ontdek dat sy oor my skouer kyk. Sy het nou gekraai van die lag. Ek het diep in haar vasgesteek en oor my skouer geloer in die rigting waarna sy kyk.

Ek kon myself nie help nie en het terwyl ek my semenbol diep in haar los, ook begin lag. Die skoot van my kom en die skud van ons liggame het haar oor die afgrond van genot gestoot. Ek kon die vloed van haar orgasme teen my voёl se kop en skag voel. Ek het vir ‘n paar sekondes in haar gehou en haar toe met ‘n terugtrek sweepslag verlos van my piel.

Agter my, so vyftien treё van ons af, op ‘n parkbankie het ‘n ouer man wydsbeen gesit. Hy was besig om sy enorme onbesnede ereksie, wat onder ‘n lang jas uitsteek, stadig met sy hand op en af te vertroetel. Ons het na ons motors gehardloop met die man wat agterna skree: ”Come on … fuck … please come back … I’m not a pervert you know …”

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Skokterapie (2)

  • June 20, 2018 at 8:52 pm
    Permalink

    Weereens goed gedoen Bobcat. Niks so lekker as n buitelig rapsie nie, ne.

    Reply
  • June 20, 2018 at 12:43 pm
    Permalink

    Ek dink dis die “teen die norm”-sindroom dat mense/owerhede (?) ‘n verbod plaas op openbare naaktheid/seks, maar tog maak dit die die daad soveel meer uitnodigend en waaghalsig.
    Ek onthou ‘n seksspel met ‘n ywerige metgesel een aand op ‘n voorstedelike trein : Dit was adrenalien-gedryf nogal asemrowend, veral met die feit dat daar ander passasiers in die banke agter ons ook op die trein was !

    Reply
  • June 20, 2018 at 12:24 pm
    Permalink

    Nice ene Bobcat. Soos elders vermeld like ek dinge in die openbaar

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)