
Kombiekieweer Donderdag: Harde Ware
deur Annelise
Ek hou nog altyd van hardeware winkels. Dit is vir my ʼn plek wat my kreatiwiteit laat vloei. Tussen die verf en spykers en planke en drade kon ek nog altyd eksotiese skeppings visualiseer. Ek hou van die verskillende teksture en reuke en al die skrikwekkende gereedskap waarmee hulle bewerk word. Dis soos die manlike weergawe van ʼn materiaalwinkel.
Die outydse soort hardeware winkels bestaan amper nie meer nie. Ek kan nog steeds hulle onthou van toe ek klein was – die vriendelike gryskop omie agter die toonbank en sy seun wat eendag die besigheid oor gaan neem. Hulle het onthou watter projekte jy mee besig was en selfs die volgendes voorgestel. Nou besoek ons Builder’s Warehouse waar onpersoonlike winkelassistente onpersoonlik met mens omgaan.
Maar ek is gelukkig. In my hoekie van die wêreld het daar een klein hardeware winkeltjie oopgemaak. Dis nie ʼn pa-en-seun besigheid nie. Dis ʼn vriend en vriend ene. Dit het so half stilletjies gebeur. Die een maand het jy jou skuurpapier by Builder’s gaan koop en die volgende maand het jy sleutels by jou eie persoonlike hardeware laat maak.
As ʼn mede-huurder in die klein sentrumtjie in die stil voorstad was nuwe bloed op die blok baie welkom. Werner en sy haarkappervriende sorg vir daaglikse drama, Dries wat die Spar bestuur is die grys-skoene staatmaker, Adele van die apteek is my vertoueling en Sonja trek haar preutse neus op ʼn permanente plooi agter die video winkel se posters. Saam met Frans wat sy drankwinkel se wins deur sy eie gorrel re-cycle is dit genoeg karakters om enige tweedehandse boek in my klein winkeltjie aan te vat.
Ek sit die boek waaragter ek sit en dagdroom neer om ʼn kliënt te help. Dis ʼn ou tannie wat Fifty Shades of Grey soek. Ek beduie vir haar waar sy dit langs die Mills & Boons kan kry. Die stupid boek sorg amper eiehandig dat ek maandeliks die huur kan betaal, maar ek wens ek kon soms iemand verby dit na die classics op die volgende rak lei. Ek kruip weer agter my boek weg terwyl sy deur die ander lou boekies met warm voorblaaie kyk. En dink aan Con.
Net soos in storieboeke het sy liggaam ʼn skaduwee op my winkel se vloer gegooi toe hy daardie eerste dag binnegekom het. Net soos in storieboeke het my knieë simpel goed gedoen toe my oë hom sien. En net soos in storieboeke het sy eerste woorde my hart gesmelt.
“Hi, ek is Con van die hardeware. Ek is op soek na iets om te lees – anders gaan ek nog mal raak daar tussen die tools en tuingereedskap.”
Ek kon dit nie glo nie. ʼn Leser! Die spesie is skaars. En hierdie ene het bruin oë en breë skouers en ʼn hardewarewinkel! En toe stap hy na die classic rak toe – en trek Camus uit die rak. Dit was genoeg om my amper spontaan te laat ontbrand.
“Ahem!!”
Die tannie plak haar hopie boeke ongeduldig op die toonbank neer. Sy betaal vir haar gedrukte passie en ek pak dit in ʼn sak. Vyf boeke vol hartstog en amper-regtig-seks. Ek wil eerder regte seks leef. Vanaand. Vanaand….
* * *
In die somer is dit nog lig wanneer ons seweuur ons winkels sluit, maar die lae stoepdak maak lang skaduwees tot diep binne die winkels. Dis op hierdie skaduwees wat ek staatmaak wanneer ek deur die agterdeur van my plekkie uitsluip. Die laai-area agter die gebou is stil en ek sien die meeste ander huurders is al huis toe. Con se bakkie staan nog naby hulle deur geparkeer.
Dit was winter toe hy daai eerste boek kom koop het. Daar het baie meer boeke gevolg. Maar ʼn vrou kan nie van boeke alleen lewe nie. Dis nou somer en my arms is kaal en my rok is kort en my hand bewe effens op die deurknop wanneer ek myself stilletjies by sy winkel inlaat en die deur dan agter my sluit.
Hy is besig om die laaste klient te groet. Ek hoor hoe hy die voordeur agter hom toemaak. Sluit. Ek staan tussen die motor-rak en die tuin-rak en wag. Hy loop om die toonbank. Ek hoor ʼn boek toeslaan. Stoel skuif. Sleutels word opgetel. Ek stap deur die skemer winkel vorentoe.
Hy skrik eers vir die beweging wanneer ek in die oop ruimte voor in die winkel inloop, maar dan glimlag hy verbaas, vra wat ek daar maak.
Dis nog nie donker nie. Dis skaduwees. Maar dis perfek.
Ek skuif my rok se dun bandjies van my skouers af.
Hy verstar.
Ek laat gly die sagte materiaal teen my lyf af. Oor my borste, oor my heupe, dit val los oor my bene – land op die stowwerige spore wat sy kliënte op die teels gelos het.
Hy glimlag.
Ek knip my bra agter my rug los. Trek my arms uit. Laat val dit. Dit lê soos ʼn vlek op my rok.
Con kom stadig om die toonbank geloop.
“Meneer, kan jy my help?” vra ek. “Ek het so paar goedjies nodig uit jou shoppie.”
“Soos wat? Soek jy nie dalk ʼn klerewinkel nie?”
Hy probeer my bykom, maar ek koes agter die rak vol batterye in.
“Kan ek ʼn mandjie kry? Ek sal kom betaal as jy hier sal wag?”
Hy gee vir my ʼn mandjie uit die netjiese hoop agter hom aan. Sy oë is op my borste. Wit na die winter. Tepels soos die skaduwees tussen die rakke. Sy oë volg my wegstap. Volg my pad deur die rakke. My bene lyk langer met my hoë skoene. My panty lyk witter in die skemer. My hare is lig oor my skouers. Ek weet hy kyk. Hy moet. Dit is die plan.
Maar hy kan nie orals sien nie. Sommige plekke is reeds donker. Wanneer ek agter die verste rak verdwyn verdwyn ek uit sy sig. Maar hy kan my hoor, want my hakke weerklink deur die stil winkel. Hy kan hoor hoe ek stop. Iets van die rak afhaal. Aanloop. Hy kan hoor ek kom nader. Ek is op pad terug na hom toe.
Ek is kaal wanneer ek om die laaste rak kom. My broekie lê in die mandjie bo-op die ander items. In my ander hand sleep ek die punt van ʼn tou. Kliek, kliek, kliek maak die groot rol agter in die winkel wanneer ek dit agter my aantrek. Kliek, kliek, kliek maak my hakke tot voor Con.
Daar is nou meer as skaduwees in die winkel. Dit begin donker word. Maar hy sien my nog. Hy sien die ligte haartjies op my kaal. Maar hy sien nie alles nie. Hy sien nie my bang-waaghalsig hartklop nie. En hy sien nie my klam nie. Nog nie.
My tepels raak amper aan sy bors wanneer ek sy hemp se knope los maak. Dit skuur veerlig teen hom wanneer ek die hemp oor sy skouers en arms aftrek. Dan knoop ek die punt van die tou om sy een pols. Hy lag, effens senuweeagtig, maar laat my toe. Ek maak ʼn lus om sy ander pols en maak die twee met dieselfde tou aan mekaar vas. Dit is baie los en baie ontsnapbaar, maar tog.
Dan kniel ek voor hom. Skoene, kouse. Onseksie. Gou verby. Broek is ʼn ander saak.
My vingers sukkel eers met die gespe van sy belt, maar dan gly dit skielik los. Rits hom oop. Onderbroek swel reeds. Ek gly sy broek oor sy boude af en doen dan dieselfde met sy onderbroek. Hy is styf. Blinklus. Ek wil proe, maar nog nie.
Hy glimlag wanneer ek opkyk en pluk aan die tou om sy polse. Hy verstaan wat ek bedoel. Sit. Ja. Rug teen die toonbank. Selfversekerd wydsbeen soos net ʼn man sal.
Ek ontduik weer sy hande. Nog nie. Nou-nou.
Wanneer ek omdraai om weg te kruip van hom af is die tou om sy polse ook die tou tussen my bene. Hy kyk vir my boude terwyl ek na die mandjie kruip en trek die tou stywer. Ek voel hoe dit tussen my lippe inglip. Ek wil stop, voel, maar dis nou donker. Ek haal die eerste item uit die mandjie uit en kruip terug.
Sy asem hyg so ʼn bietjie wanneer ek by hom kom. Ek gee vir hom die item. ʼn Flits. Hy hou dit tussen sy los-vas hande, maar skakel dit nie dadelik aan nie, want ek raak vir die eerste keer aan hom. Ek raak aan sy mond, met myne. Sy mond is droog, maar ek maak dit nat met myne. My mond raak sy nek en ek meet sy pols met my tong. En dan is dit tyd vir die volgende item. Ek draai om vir wegkruip.
“Wag,” sê hy met sy stem iewers onder gruisklippies.
Ek wag. Ek hoor die kliek wanneer die flits aangeskakel word. Sien hoe die donker ligter word. En dan is die straal op my. Dit skyn onderdeur my lyf op my borste wat vol hang. Dit ligkol op my boude en op my bo-bene en dan skyn dit op my donker. Ek maak my bene wyere oop en maak my rug hol en wys vir hom myself. En ek weet hy sien nou meer. Hy sien my nat. En dan gaan die lig weer af.
Ek kruip nog ʼn keer mandjie toe. Hy speel die tou deur my. Trek dit styf daar waar dit nou klop soos die pols in sy nek klop. Die flits gaan weer aan wanneer ek nader kom. Verlig my pad, verlig my lyf.
Daar is nog items in die mandjie, maar ek is nie seker of ek gaan terugkom nie. Daar sal ander dae moet wees.
Die laaste item is in my hand. Dis my laaste wys.
Ek lê op my rug voor hom op die vloer. My voete is op sy knieë. Ek is so naby aan hom hy kan aan my raak as hy vorentoe leuen. Maar hy raak nie. Hy kyk. Met die flits.
Die hamer se steel is dik gladde hout en dit gly maklik in my nat poesie in. Ek naai myself vir hom. Ek draai die steel effens sodat dit oor my klit skuur ook. My ander hand gly oor my borste, speel met my tepels. Die lig van die flits bewe tussen my bene, flikker na my borste, beweeg terug na die hamer se steel. Ek voel hoe die lus opbou. Die in-uit-geluid is hard en sopperig in die stilte. Sy asem is hard. My kreun is hard.
En dan is dit skielik donker.
Sy hande is nie meer vas nie, want dit tel my voete van sy knieë af en druk dan my bene wyer oop. En dan maak sy lyf skaduwee oor my soos daai keer in my winkel se deur. Die hamer is nie meer in my hand nie – dit lê iewers in die donker. Dis nou Con in my. Oor sy kop sien ek dis nou nag buite die venster en ek wonder hoekom die vuur wat hy in my poesie aansteek nie die wêreld verlig nie. En dan wonder ek nie meer oor sulke onbenullighede nie. Want die tyd vir kyk is in elk geval verby. Wanneer ons ontplof is dit tyd vir voel.
9 COMMENTS
So n klein bietjie Mr Grey!
Awesome
Nat….Natter……Fred
Ja so word party mense se wildste drome waar en ons arme spul sukkel voort. Weereens het Onse Edeldierbare nietjies gedoen.
Erg…erger….ergste lekker storie!
Liewe ouers, maar ek wens dat so iets met my sal gebeur!
Annelise, jy konnie ‘n beter storie kies vir “Uit Vervloëe se Dae” !
Bly steeds ‘n uitmuntende verhaal.
Baie nuwe lesers wetie van die skat van verhale wat hulle noggie gelees het nie
Dankie…innoverend
Fokkit…
Nou DIT roer my .. 🙂
Fantasties!