
Gastehuis Gunsies (encore)
deur Wille Will
(Lees vorige episode HIER)
Die oomblik is vir albei heilig.
Vir Jani voel dit asof sy ‘n seksuele kronkelpad gestap het regdeur haar lewe en vele deure en hekke oop- en toegemaak het op die pad en nou voor die laaste ingang staan. Hieragter sal sy die Nirvana vind, die goue vallei van al haar drome, die baken van haar seksualiteit, die geestelike en fisiese akkumulasie van haar seksuele genot en bevrediging.
Melt wil die oomblik vries in sy gedagtes, want hy weet hierdie is eenmalig en hy wil dit ets en inbrand in sy brein sodat hy dit kan koester en terugroep vir altyd in die toekoms.
Hy omvou haar een bo-been met sy een hand en trek dit op teen hul lywe. Hy voel sy voëlkop raak aan haar poesie en dan druk hy fel op in haar in.
“M-m-e-e-l-t,“ gil sy en smoor dan haar stem met ‘n byt in sy skouer terwyl haar vingernaels krampagtig in sy rug inboor.
Hy vul haar van onder. Sy voël suig teen haar poesiewande vas soos hy tot heel agter in haar opgaan.
Hy hou vir ‘n sekonde stil asof hy die oomblik wil vaspen, maar die vuur in haar vat vlam en sy begin op en af ry op sy stywe stam.
Haar bene slaan amper outomaties albei om sy middellyf en sy twee hande slaan van agter oor haar skouers asof hy haar nog dieper in homself wil trek.
Albei se asems hyg asof hulle wil lugskep as hulle teen versnelde pas mekaar ry.
“… jissus Jani … uh..huh … jy’s o-n-g-e-l-o-oflik,” kreun hy dit uit en kyk in haar gesig asof hy bevestiging soek. Haar oë gaan oop en sy staar terug as hul albei hul tempo’s versnel en genadeloos teen mekaar se lywe stamp.
“M-elt … o fok … ek is naby,” roep sy teen sy oor en haar hande fladder verwilderd rond op sy rug asof sy wil vashouplek soek.
Maar die oomblik is te intens. Jani voel asof haar liggaam aan die brand slaan en sy voel sluise oopmaak binne haar om die vlamme te blus. Haar hele lyf verstyf en haar rug buigspan nog meer na hom asof sy wil hê hy moet haar liggaam verorber. Sy wil gil as haar klimaks verstalt, maar sy lippe is oor haar mond as hy gulsig haar tong soek.
Haar lyf ruk so erg dat hy net vasklou dat hulle nie albei val nie. Hulle ritme is nou so freneties dat Melt amper lighoofdig voel, maar hy pomp nog harder dat haar klimaks kan piek.
Soos haar lyf begin bedaar na sy oor die rand gegaan het trek sy haar mond weg van syne en soen hom oor sy hele gesig, op die wange, ken voorkop, oë …orals.
Hy voel haar ritme stadiger word en trek dan uit.
“Nee … nee … bly in my,” wil sy nog desperaat keer, maar hy stap tot teen die bed en lê haar saggies neer op haar rug.
Sy kyk op en sien hul albei se kom soos ‘n sliert hang vanaf sy nog steeds stywe penis. Sy neem sy voël in haar een hand en trek hom op die bed op dat hy op sy kniëe staan langs haar gesig.
“Wil jy nie ook ‘n beurt hê nie ?” sê sy saggies met haar oë in syne en omvou sy meesterlike nat kop met haar vol lippe.
Melt het baie na aan ‘geen-omdraai’ punt sy voël uit Jani getrek terwyl sy liggaam nog die ongelooflike galop van haar poes voel vibreer in hom.
Toe hy op die bed is en haar lippe sy tril omvou het hy op sy tande gekners dat hy nie dadelik klimaks nie.
Hy swaai sy een knie oor haar ander skouer dat hy nou afkyk na haar voete en sy meneer glip uit haar mond uit, maar sy gryp dit dadelik met een hand en druk dit diep in haar keel af.
Hy buk vorentoe oor haar maag en spêr met sy twee hande haar bo-bene oop en asem haar vrug en hul liefdessappe in.
Dit ruik soos muskus en sy mond sak af op haar mons.
Wanneer hy haar lippe lek met sy tong en dit dan laat soek na haar klit voel hy hoe sy sy voël uir haar keel uit trek en sy voorvel nog meer terugtrek en dan al in die rondte sy glans skoonlek.
As sy haar tong vinnig in die gleuf van sy voëlkop flirt, vind hy die harde knoppie van haar klit en teen rassnelle gang roer hy dit met sy tong.
“M-e-l-l-t, wat doen j-j-y aan my,“ kreun sy. En dan neem hy haar klitteraar ten volle in sy mond en suig en knibbel daaraan.
Sy druk sy voël weer in haar mond en suig, byt aanhoudend daaraan terwyl haar vingers, styf geklem om sy stam, hom op en af masturbeer.
Sy manupulasie op haar vrug maak haar haar mal en sy voel haar orgasme gewetenloos toeslaan.
Melt het geen beheer meer nie en sy saad skiet in dik strale in haar keel af.
Toe sy sy warm saad voel skiet, gee sy ook mee en ontspan al die terughou pogings en orgasmeer saam met hom.
2 COMMENTS
Heerlike genot
Ja nee as ons maat Will die pen vat dan moet jy weet jou rekenaar skerm gaan stoom, want sy storie is altyd vreeslik hot. Weereens netjies gedoen Will.