
Ken jou Kink: Prostaatmassering
Jy lê voor my op jou maag oor die rand van die bed. Ek is seker jy hoor wanneer ek die latekshandskoen om my pols laat skiet. Ek smeer dit mildelik met jellie en sien hoe jy jou heupe beweeg in … opwinding? Afwagting? Met my een hand druk ek jou een boud so ‘n bietjie eenkant toe en dan gly ek my vinger stadig, maar seker agter in jou in. Jy kreun en ek weet dis van lekker. Ek soen jou op jou boud, beweeg my vinger versigtig, druk dit nog ‘n bietjie dieper in en begin jou dan malmaak …
‘n Groepie Kombiekiehierders het in Gemeenskap oor prostaatmassering gesels en oor watter mans dit al ervaar het. Min mans was, klink my, al so gelukkig, maar baie van hulle hoop vir eendag.
Ramkat was so dierbaar om ‘n storie te skryf waarin dit plaasvind. Jy kan dit HIER lees, dis baie seksie en laat my amper wens ek kan ook ene ontvang …
Na die storie het ek ook in Kombiekiehier Vreesloos ‘n video van prostaatmassering geplaas. (Ek maak mos soms sulke tema’s wat in albei die plekke verskyn.)
Nou moet die “kring” net voltooi word deur vir jou hier in “ken-jou-kink” bietjie te vertel waarom dit lekker is en sommige mense daarvan hou.
Prostaatmassering kan ook vir mediese redes gedoen word, maar omdat dit Kombiekiehier is en als hier oor lusword gaan, bespreek ek spesifiek die seksuele variasie daarvan.
Prostaatmassering word in Engels soms ook “milking” genoem (melking in Afrikaans) en dis basies net soos die woord sê die massering van die prostaatklier by mans. Die prostaatklier is ook soms as die p-kol bekend (die manlike G-kol). Dit is net agter die rektale wand geleë. Vloeistof wat in die prostaat ophoop word tydens orgasme uitgewerk.
Baie mans vrees die dokter met die handskoen wat sy vinger agter jou indruk om te voel vir enige ongeruimdhede, maar as ek of jou geliefde nou daardie handskoen sou aantrek sal jy dalk meer gewillig buk?
Gebruik ‘n prostaatmasseerder of gesmeerde vinger en masseer die prostaat baie liggies daarmee. Gebruik die indeksvinger (in ‘n lateks-handskoen is dit vir sommiges meer sexy en vir ander meer ‘n “moet”) om die lobbe weerskante van die klier te masseer. Moenie die senuwees in die middel van die klier te hard vryf nie. Jy kan ook die prostaatklier stimuleer deur dit uitwendig te masseer deur die perineum. Gedurende seks kan jy jou minnaar mal maak as jy die prostaat gelyk met die anus stimuleer.
As die klier vol is en so gevryf word kan dit saamtrek en ook saadvog uitskei net soos as jy normaalweg kom.
Ek hoor jou al harder hyg en dan trek jou bene onder my styf waar ek teen die tyd wydsbeen daaroor sit. Die orgasme ruk deur jou lyf. Wanneer jy uiteindelik stil word trek ek my vinger weer stadig uit jou dieptes uit …
7 COMMENTS
Vir diegebe wat ‘n bietjie gril oor die inhoud in die rektum help dit natuurlik as ‘n enema kort voor die melking gedoen word. En dan is dit ook lekkerder as dit gedoen word deur ‘n seksmaat, met ‘n naakte, goed gesmeerde vinger, eerder as met ‘n latekshandskoen aan. Higiëne is natuurlik belangrik en die hand (met die gebruikte vinger) moet natuurlik na die tyd gewas en verkieslik ontsmet word. Dieselfde geld die hol — ten minste ‘n goeie was met seep en water is nodig.
Die term “melking”‘ (wat in die suiwelbedryf gebruik word) dui natuurlik op die massering met die vinger totdat ejakulasie plaasvind. So as jy nie kom nie, is jy nie gemelk nie!
Anders as G-kol, wat met ‘n hoofletter-G gespel word (omdat dit staan vir die naam van die uitvinder, dr. Grafenberg), kan p-kol met ‘n kleinletter gespel word. En onthou, “p” staan nie vir “poephol” nie; dit staan vir “prostaat”.
Was jou vinger en agterent agterna – of moenie. Beweeg na die volgende kink toe. Doen net wat jy wil solank dit vir albei lekker is. ?
Ek sal my spelfoute en taalgebruik gaan regmaak, Lusman.
En sommige lesers het juis vir my gesê dat die lateks deel van die prikkel is. So verskil mense maar. 🙂
Try it. You’l like it. En as jou geliefde nie bereid is nie… Gaan soek op ESA.co.za vir ‘n pro. (moet net nie dat jou geliefde uitvind nie…)
Dankie, Meesteres. Jammer dat mans soms ‘n prostatoskopie moet laat doen vir latente kankergewasse.Dit laat meer as net ‘n leeemte in sy liggaam.
Madam. Ek sal nooit my komkommer-vinger Dokter ervaring kan beskryf as “want lus” nie, maar die woorde hierbo het my koorstig aan die dink. “… maar as EK of jou geliefde nou daardie handskoen sou aantrek…”.
Ouens, soos ek, wat in prentjies dink maak oombliklik Ja Ja Ja besluite. Dankie 🙂
JouBok, jou “jajaja” besluite is innie kol☺