
Liewe Kombiekiehierleser
Weet jy dat Kombiekiehier in Januarie volgende jaar al ses jaar oud is? Ek kan dit self nie glo nie. Dit voel soos gister wat ek die eerste en beste Afrikaanse erotiese webwerf 😉 begin het. Vandag lok die webwerf jaarliks ongeveer 54,484 lesers wat meer as 579,063 keer iewers op die werf iets lees of kyk.
Vandag het Kombiekiehier al uitgebrei. Daar is Kombiekiehier Vreesloos – die waaghalsiger, maar ook vryer variasie van Kombiekiehier en Gemeenskap – Kombiekiehier se sosiale network.
Vanjaar het Kombiekiehier ook met Lusman se hulp meer aandag begin gee aan die bydrae wat ons kan maak tot die uitbou van die erotiese woordeskat van die Afrikaanse taal. Ons vry al lank hier in Afrikaans, maar wanneer dit by die “Taal” kom word die erotiese net so erg so vloekwoorde vermy. Miskien kan Kombiekiehier eendag help om die taal net so te bevry soos ons die lesers van Kombiekiehier se seksualiteit wou bevry. Dankie Lusman vir jou hulp hiermee.
Om aan te sluit by die nuwe fokus op taal het ons ook so ‘n paar Literêre erotiese verhale gepubliseer. Ek is sommer baie trots op hierdie verhale – hulle is uit die boonste rakke. Gaan lees dit gerus as jy nog nie tyd gehad het nie.
Kombiekiehier was so gelukkig om ook vanjaar meer bydraes vir die Kinky filosoof afdeling te ontvang. Hiervoor kan ons Uther bedank. Seksualiteit is nog altyd vir my ook intellektueel en dis belangrik dat daardie aspek ook op die webwerf aangespreek moet word. In nog ‘n nuwe afdeling van Kombiekiehier word die filosofie agter sekere kinks ook bespreek. Selfs al is ‘n sekere kink nie iets wat jou spesifiek aandraai nie, is dit soms makliker om dit by ander mense te aanvaar en nie te oordeel nie as ‘n mens ten minste dit op ‘n intellektuele vlak verstaan.
Vanjaar was ook die jaar van Kombiekiehier se groot behoeftebepaling waar ons uitgevind het watter onderwerpe julle die meeste prikkel. Enige skrywer kan die uitslae gebruik om stories te skryf wat ons lesers laat sweet. Hierdie jaar het ‘n paar fantastiese nuwe skrywers opgelewer terwyl ons ou geliefde staatmakers steeds ons lusgeskryf het. Ek sien sommer reeds uit na die warm woorde wat nog uit almal se “penne” gaan drup …
In Gemeenskap se forum is daar oor alles seksueel onder die son gesels. Die nuwe “sekskamer” is ingewy deur ‘n vuurwarm “cyber”sekssessie waar Sneeuwitjie my tot ‘n orgasme verlei het 🙂 terwyl ‘n groep voyeurs deur die venster ons dopgehou het. Klitklets gloei soms amper soos Gemeenskappers mekaar uittrek en lek en soen en liefkoos en naai. Dis nog steeds verniet vir vroue (laat my net weet dat ek jou kan registreer), maar die inskrywingsgeld sal waarskynlik hersien word volgende jaar wanneer dinge anders aanmekaargesit gaan word.
In Kombiekiehier Vreesloos het ons al donkerder en sexyer geword en nog meer vreesloos. Daar is amper geen meer grense nie en dis verskriklik eroties. Kombiekiehier Vreesloos se minimale kostes sal ook volgende jaar in ‘n nuwe struktuur ingebou word.
Vanjaar was ‘n goeie jaar vir Kombiekiehier. Sommige van julle wat al jare hier lees sal weet dat ons al deur moeilike tye was. Kombiekiehier het al meer as een “host” verloor as gevolg van mense wat nie van die webwerf se tema hou nie, ons moes al cyber-aanvalle oorleef en ons het al al die inhoud van die webwerf verloor wat veroorsaak het dat ek van voor af moes begin. Hierdie jaar was eintlik tegnies ‘n rustige ene. Dis nou moeilik met die beurtkrag, maar dis iets wat almal mee sukkel en dus sal verstaan.
Ek het egter persoonlik ‘n annus horribilis gehad wat nie so lekker is as wat dit vir sommige van julle kan klink nie. 😉 Die lesers wat ook op Gemeenskap is en my daarom meer persoonlik ken sal weet dat hierdie jaar net te veel gevra het. Ek het daarom nodig om ‘n breek te vat sodat ek met nuwe lus en ywer in 2020 terug kan kom om julle van voor af lust e maak.
Soos altyd het ek planne vir die webwerwe vir die nuwe jaar. Ek werk saam met Uther aan ‘n verrassing vir julle, ek wil daardie beloofde bundel van die grond af kry, daar is ‘n Vreeslose boek in die pyplyn en daar is nog baie, baie sexy kinks waaraan ons nog kan proe en peusel. Om te verseker dat Kombiekiehier (en ek) nog sewe jaar kan aanhou om dit te doen, sal die webwerf ook bietjie van volgende jaar af moet verander. Adverteerders is bang vir seks – om een of ander rede wil jou vriendelike lewensversekeraar nie op Kombiekiehier adverteer nie en motorhandelaars dink nie mense wat van seks hou sal dalk ‘n motor wil koop nie. 😉
So daar gaan aan ander planner gedink moet word om vir Kombiekiehier ‘n inkomste te gee. Voorstelle sal waardeer word. 🙂 Miskien sal dit werk om die deel waarvoor jy moet inskryf te vergroot. Jy betaal alreeds vir jou flieks en jou musiek, waarom nie ook ietsie vir jou gunsteling Afrikaanse sekswebwerf nie? Sal jy bereid wees om maandeliks iets in Kombiekiehier se spaarbussie te sit?
Om myself en al hierdie planne te bedink het ek bietjie tyd nodig. So Kombiekiehier gaan bietjie stiller word vir die volgende maand. Ek gaan nog tot net voor Kersfees so nou en dan iets plaas; soos ‘n Kersfeesstorie wat Ramkat nog vir ons skryf en nog ‘n aflewering van ons gesamentlike vervolgverhaal. Miskien plaas ek nog ‘n stoute video in Kombiekiehier Vreesloos of ‘n prikkelende foto. Maar ek gaan stiller wees en wanneer ek uit sein gaan, gaan ek ‘n ruk heeltemal verdwyn.
Ek sal almal wat in Gemeenskap en Kombiekiehier Vreesloos is se lidmaatskap verleng sodat dit sal oop bly vir jou tot ek in die middel van Januarie 2020 weer terug is.
Ek sal egter altyd terugkom, want ek kan en wil nie meer sonder Kombiekiehier en jou, my leser nie. Baie dankie vir jou ondersteuning, dat jy aanhou terugkom, vir al die skrywers se wonderlike stories, vir al die lusmaak en sexy en charf en gesels. Dankie dat ek kan weet dat jy weer in 2020 saam met my ons rekenaarskerms gaan laat vogtig raak. Dankie dat jy nie bang is vir seks nie.
Met lus en liefde
Annelise
14 COMMENTS
Annelise
Dankie voel vir my amper te min om uit te spreek watter rol Kombiekiehier en veral sy skepper, jy, vir ons almal beteken nie.
Die leemte wat jou blad vul in my lewe kan ek nie in woorde omskryf nie.
Ek wil egter graag vir jou en jou geliefdes God’s rykste seen toewens met Kersfees en vir jou die blinkkant van die lewe toewens in die Nuwe Jaar wat die seer en swart van 2019 sal oorskadu.
Baie Tjoekoes
Willewill xxx
Kombiekiehier sal Maandag weer lewendig word. ? Ek het nie goeie sein nie en nie ‘n rekenaar nie so ek kan nie ander goed doen soos julle lidmaatskappe opdateer nie. Ek het vooraf almal s’n op Gemeenskap en Vreesloos verleng tot ek terug gaan wees. Ek kan ongelukkig probleme eers volgende week uitsorteer.
Ek is al lus om julle weer lus te maak. ??
Ons mis jou “lus” maar LUS DIT OOK!
Kom veilig tuis.
Liewe hemel Annelise. Ek besef opnuut hoe pragtig jy is. Geniet die blaaskans!
Liewe Annelise
Dit is die slegste nuus wat ek nog die jaar gekry het. Om te dink ons moet sonder jou klaarkom vir so lang ruk maak my sommer depresief!
Maar ek verstaan en gun jou die breek, intussen sal ons kliphard dink aan maniere om “ons” webwerf meer winsgewend te maak. Nie almal van ons kan dit bekostig om maandelikse subskripsies te betaal nie so daar sal ander planne gemaak moet word.
Geniet die wegbreek en “soet wees”.
Vir my medeskrywers rig ek ‘n uitdaging om elkeen ten minste drie stories oor die vakansie te skryf, sodat Annelise baie leesstof het as sy terugkom en sodat sy ons almal heerlik kan bederf deur elke dag een te plaas.
Vir die lesers wat nog nooit geskryf het nie, probeer dit gerus. My herhinneringe en fantasieë word inmekaargevleg om my stories te word. Ek daag julle uit om elkeen ten minste een te skryf of te probeer skryf!
Mag julle almal wat reis veilig reis en veilig terugkeer na die feesgety en die wat tuisbly moet dit ook geniet.
Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwejaar by voorbaat.
Jan Pielewiet
Onse Edeldiebaarste,
Hartlik baie dankie vir n fantastiese webblad. Ek weet nou nie van ander nie maar ek geniet dit uiters baie. Ek wens jou ‘n fantastiese Feesgety, ‘n Geseende Kersfees vol van baie Rus, Lus en Liefde toe. Ons sal wag op jou terug kom in 2020.
Aan ons lustige koningin van speel in Afrikaans – Annelise
Baie lekker vakansie hou en mag jy lekker uitrus en met baie idees terugkom.
Seen wense vir n heerlike rustyd.
Beste Annelise
My insperasie vir die afglope 6 jaar, en hopenlik vir die volgende 20 jaar. Jy is n Ster wat uitstaan en wat jy vir die verligte Afrikaner doen moet aan jou n ere plek besorg.
Dankie vir hierdie lekker saamloop en geniet jou vakansie en kom veilig terug.
Ek wens jou ook n welverdiende ruskansie toe (asook n vakansie romanse..lol). Mag jy uitgerus, vol liefde en lus terugkeer. Baie dankie v al die persoonlike en professionele opofferinge wat jy maak om ons gelukkig en vermaak te hou.
Madam van Liefde en Lus.
Dit was heerlik om jou “tuiste” te ontdek en deel hiervan te kon word. Baie dankie vir jou kennis en passie wat jy hierin gooi. Ek en ek glo die meeste waardeer wat jy doen en bereik.
Neem ‘n welverdiende rus en kom Lus terug.
Annelise
Dit was vir my heerlik om met jou saam te werk oor die taaldinge en hopelik sal ons daarmee kan voortgaan in die nuwe jaar. Dankie vir die erkenning wat jy hierbo aan my betrokkenheid gee.
Dis vir my verstommend oor hoeveel dinge jy gelyk aan kan aandag gee. In terme daarvan het jy ‘n welverdiende rus nodig.
Ek het nog heelwat bydraes vir Erotikaans wat ek so min of meer in parallel aan werk. Hopelik kan ons die pas met Erotikaans in die nuwe jaar versnel.
Geniet jou breek en ook ‘n Geseënde Kersfees vir jou.
Lusman
Baie dankie vir die heerlike sappige vermaak en beste ervarings in Afrikaans. Wens jou ‘n ANNUS MIRABILLIS vir 2020. Mag dit meer as net vogtig wees, soos die kole van EKSDOM tans is. Geniet die lekker rus oor die kersgety.
Dankie vir jou my liewe Annelise. ‘n Profeet word nie in sy eie land geken nie, maar ons die gereelde lesers en bydraers waardeer jou harde werk en waardeer jou!
Jy moet ‘n ,lekker vakansie geniet en verkwik en vars terugkom!
?? dankie Ramkat en vir al jou wonderlike stories ook x