Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos se groot behoeftebepalingsvraelys

10+
Hoe lank gaan ek lees: 3 minute

(LEES ASSEBLIEF OOK BELANGRIKE VERDUIDELIKING NA DIE KOMBIEKIEHIER VRAELYS. DANKIE.)

 

Liewe leser,

Kombiekiehier se hele rede vir bestaan is om jou lus te maak, in Afrikaans. Maar verskillende mense word deur verskillende dinge geprikkel. Sommige van ons hou van sag en romanties met liefdeswoorde en teerheid. Sommige van ons hou daarvan so bietjie waaghalsig. Sommige van ons hou daarvan vuil of word aangedraai deur pyn. Sommige van ons hou daarvan kru.

Dis omdat mense verskil dat twee variasies van Kombiekiehier ontstaan het. Daar is hierdie hoof Kombiekiehier webwerf wat die groot ene is en waar amper alles gebeur. Maar dit gebeur so bietjie “ordentliker” as in Kombiekiehier Vreesloos. Alles hier is ook bedoel om jou lus te maak, maar die plekke is geskei omdat ek nie wil hê iemand moet hier afgesit of gewalg word nie. Hier weet jy dat die wildste foto’s wat jy sal sien borste en boude sal wees en dat die meeste stories romanties is of darem nie te “uitdagend vuil” nie.  😉

As jy ‘n Kombiekiehiehier Vreesloos leser is (ek weet ek kan met jou hier gesels, want julle almal is hier ook) dan lees jy stories wat soms skokkend is. Jy lees heeltemal buite die “ordentlik” kassie. (Nie dat dit nie onderwerpe is wat op alle bekende pornografie webwerwe gesien en gelees kan word nie – net nie in Afrikaans nie.) Jy lees goed wat nie PC en reg is nie en waarvoor jy nie altyd verskonings in die storie kan kry as dit jou aandraai nie (soos “dit was in die einde vir haar oor lekker” nie. 😉 ) Dieselfde geld ook vir die video’s daar – daar word niks weggesteek nie, alhoewel ek steeds probeer om die “niks” smaakvol te wys.

Daardie stories in Kombiekiehier Vreesloos is daar omdat sommige mense daardeur aangedraai word en dit ook in Afrikaans wou lees – en sien.

So nou wil ek dit nog beter vir jou maak. Sal jy asseblief die onderstaande vralyste (of net een as jy wil) invul en aanstuur? Dan kan ek en my skrywers begin werk aan die stories wat julle nog wil lees.

Net ek (Annelise) kry die inligting en dis anoniem selfs vir my. So nie eens ek weet wie watter vorm ingestuur het nie. Ek kry net antwoorde. Maar ek het dit nodig, so asseblief vul dit in? Jy kan dus  vir Vreesloos al die onderwerpe kies wat jy nog wil lees of altyd wou lees – sonder om skaam te wees dat iemand weet dis jy. En jy kan Vreesloos se vraelys ook invul as jy wil – al is jy dalk nie nou daar ingeteken nie.

Baie dankie vir elkeen wat ‘n tydjie sal afknyp.

* Jy kan enige hoeveelheid kategorieë kies, maar probeer om nie meer as so vyf nie, want as almal amper alles kies gaan die oefening nie regtig sin maak nie. 🙂 (En niemand word deur almal aangedraai nie.)

Eintlik doen jy dit op die einde vir jouself – want ek gaan jou net meer en beter lus maak. 😉

(Die bygaande foto is omdat baie van julle beter oplet as julle tieties sien… 🙂

Met lus en liefde

Annelise

 

KOMBIEKIEHIER SE GROOT BEGEERTE VRALYS

 

KOMBIEKIEHIER VREESLOOS SE GROOT BEGEERTE VRALYS

 

LET WEL: STORIES OOR MINDERJARIGE KINDERS SAL NOOIT OORWEEG WORD NIE. NOOIT GESKRYF WORD NIE. DIS DIE EEN GROOT NEE VIR HIERDIE WEBWERF. 

* MET BLOEDSKANDE WORD BEDOEL VOLWASSENES. EK HET REGSADVIES INGEWIN OOR TABOO (EN IN REAL LIFE ONWETTIGE) ONDERWERPE SOOS BLOEDSKANDE EN BESTIALITEIT EN DIT WIL VOORKOM ASOF DIT NIE ONWETTIG IS OM STORIES DAAROOR TE SKRYF NIE. DAAR IS NOG NIE STORIES OOR EEN VAN DAARDIE TWEE ONDERWERPE OP ENIGE VAN DIE TWEE WEBWERWE NIE (GAAN KYK MAAR) MAAR EK HET DIT WEL INGESIT AS KEUSES OMDAT DIT OP BAIE INTERNASIONALE “EROTICA” WEBWERWE EN PORNOGRAFIESE WEBWERWE VERSKYN (WAT VREESLOOS MEER IS) EN EK (ANONIEM) WEL WIL WEET OF DAAR BEHOEFTE DAARVOOR IS EN HOEVEEL. 

XXX 

10+

6 thoughts on “Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos se groot behoeftebepalingsvraelys

  • Avatar
    Aug 25, 2019 at 11:14 pm
    Permalink

    Soos gewoonlik sien jy om na ons (die lesers) se behoeftes, lusmaak, lusword en genietginge met hierdie vraelyste.
    Dankie.
    Ek wil egter vra watter stories geniet JY ( as redakteur) die meeste om te lees? Watse stories laat jou self begn nat word van luskry?
    Vra maar net…..

    Reply
  • Avatar
    Aug 16, 2019 at 8:40 am
    Permalink

    hahaha ja jys reg die tietie foto trek en hou my aandag…ek kom nie by die vraelys uit nie…hahah
    Dankie vir die moeite Annelise.
    Hoop die antwoorde maak sin

    Reply
  • Avatar
    Aug 15, 2019 at 7:07 pm
    Permalink

    E-pos my stories

    Reply
    • Avatar
      Aug 15, 2019 at 7:17 pm
      Permalink

      Ekskuus, war bedoel jy?

      Reply
      • Avatar
        Aug 15, 2019 at 8:32 pm
        Permalink

        Nou gaan ons baie lus gemask word.

        Reply
      • Avatar
        Aug 16, 2019 at 6:40 am
        Permalink

        Dankie Annelise waardeer jou moeite.🤗😍

        Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)