Katja in Solitaire (1)
deur Whale
(Donkerkant het al bietjie met Katja gespeel in Kombiekiehier Vreesloos, as jy wil gaan lees. 😉 )
Solitaire, Namibië. Jy het gesê jy was al hier, van die plek gehou. Ekself is ook mal oor die eenvoud van die dorpie. Dit ruik na stof as ons na die viertrekvoertuig stap wat ons by die private landingstrook kom haal. Landingstrook, ‘n baie suggestiewe woord gegewe die doel van hierdie besoek. Ek laat Donkerkant toe om vlugtig aan die kortgeskeerde strokie op jou heuwel te dink. Maar net vining, die pad is nog lank. Ek kyk vinnig in jou rigting as jy onwillekeurig kreun terwyl ons agter in die Land Cruiser klim. Net ons in die kar.
“Kom jy Katja?” vra ek fluisterend, net vir jou ore bedoel.
Die kyk in jou oë bevestig dit. Die vibrator wat ek vroeër vandag in jou poes gedruk het voor ons weg is uit Springbok uit moet teen die tyd al seker sopnat wees en jou so opgeswel hê dat jy verseker nie meer met ‘n reguit gesig kan loop nie.
“Raaito mense, welkom in Solitaire,” groet James, die bestuurder van die lodge waarheen ons gaan, vriendelik as hy sigaret in die hand agter die stuurwiel inklim. Donkerkant sit slinks vanuit sy hoek na jou en loer, bewonder die vrees en afwagting wat terselfdertyd in jou oë dans. Jy is soortvan onder dwang hier, jy het gedink ons gaan net op ‘n plesiervlug, nie dat ons iewers spesifiek heen gaan nie. Die feit dat jy enkellopend is (op soek na ‘n goeie tyd volgens jou Tinder-profile) het baie gehelp om die plan deur te voer. Dit en die feit dat ek my eie vliegtuig besit. Die doel van hierdie naweek is om jou grense te toets en te oorskry. Die seks tussen ons tot nou toe was relatief vanilla in vergelyking wat ek vir jou en my beplan, maar jy het ‘n ruk terug genoem dat jy meer wil eksperimenteer. Ek het besluit om jou hierdie naweek aan Donkerkant voor te stel.
Ek kan die sagte kreune in jou keel nie ignoreer as die voertuig oor die sinkplaatpad sukkel nie. Die duur voertuig ten spyt, die pad is nie van die bestes nie en ek is seker die geskud en gestamp werk daai vibrator diep in jou in. Ek kan die lus en vernedering aan jou ruik, besluit dat Donkerkant sy eerste bevel moet gee.
“Trek uit jou bra,” beveel hy half afwesig.
Jy ken die deal wat ons het vir die naweek, doen wat ek sê, sonder teëpraat. Jy knik, sukkel eers met twee hande onder jou hemp, sien dit gaan nie maklik wees nie.
“Ek stel voor jy trek maar die hemp uit jy weet,” laat James van hom hoor.
Die besef van wat aangaan is in daai goddelike blou oë. Donkerkant giggel. “Het jy gedink James weet nie hoekom jy hier is nie? Wys maar daai lieflike tiete van jou.”
Ek vryf my hande, Donkerkant is tevrede. Ek sien jou twyfel, vraend na my kyk. Ek besluit om vroeër as beplan in die rol te kom.
“Doen wat ek sê slet!” beveel ek bars, James giggel, jou oë versluier – daarsy, beter.
Daai volronde tiete van jou val uit die fyn kant bra asof hulle bly is om los te wees – laat dink my onnodig aan twee lammers wat uitbundig in die veld speel soos wat hulle in ritme met die kak pad hop.
“Wat dink jy James, sal dit werk?” vra ek terloops na voor.
Ek sien sy oë in die tru-spieël, herken die reuk van ‘n jagse tiener.
“Natuurlik sal dit, ek sal haar soos ‘n …”
Ek knip hom met ‘n vinger voor my mond kort, die klein bliksem moet nou nie als staan en spoil nie. Ek was darem voorbereid vir sy hormone wat sy 22-jarige liggaam binne oomblikke gaan oorheers as hy jou eers gesien het. Jy het nie veel meer as dit nodig om stadig te besef wat hier aan die gang is nie. Maar jy is in die zone, weet waar jou plek is. Jou kop hang, tiete hoppend langs my. Ek herken die tekens dat jy naby is om weer te kom, jou lippe effens oop, die rooi vlekke in jou hals. Donkerkant skuif vorentoe, sy mond by jou oor. “Spuit vir my.”
Saggies, skaars ‘n fluister, maar jy weet dit is ‘n opdrag wat jy moet uitvoer as jy nie gestraf wil word nie. Jy kom rukkend en ek ruik jou. Ek is tevrede, word self ‘n sweempie jagser as ek sien hoe jou konserwatiewe gewete teen jou oor-jagse liggaam stry. Ek vryf jou hare ingedagte, jy verstaan, lyk bly oor die erkenning. Aandag weer by James.
“Is als gereed daar by die lodge?” vra ek hom.
Hy kyk weer in die spieël.
“Jip, set up and ready to go.”
“Fantasties.”
Ons ry so vier kilometer in stilte, dan herken ek die aftrek-plek net voor die afraai na die lodge. “James, stop gou hierso assewblief, ek wil net seker maak Katja is honderd persent gereed voor ons by die lodge kom?” Hy grinnik, trek af.
Jy het duisend vrae in jou oë as ek die deur aan jou kant kom oopmaak.
“Klim uit!” ‘n Bevel, kortaf, militêr. Jy gehoorsaam, jou kakie kortbroek donker gevlek waar jou poes se sappe gespuit het.
“Draai om, hande teen die kar, bene uitmekaar!” Jy gehoorsaam, word eers van James bewus wat ons afneem as sy sigaret se rook om jou kop ‘n draai maak. Jy staan nou soos ‘n skelm in al wat skop-skiet-donner-movie is wat ek al gekyk het. Jou sexy bene dreig om my vir ‘n oomblik te oorweldig, maar ek en Donkerkant ruk onsself gou reg. Ek trek eers jou broek, dan jou fyn g-string uit. Die vibrator is besig om uit jou poes te sak, die reuk van jou lus ‘n wolk om jou. Ek druk dit met een beweging terug, jy kreun binnensmonds, maar staan doodstil. Dan die oomblik waarvoor ek die hele dag al wag. Die butt-plug wat ek uit my sak haal laat selfs James se oë rek, die sigaret vergete tussen sy vingers. Jy waag dit om om te kyk, sien wat ek in my hand het. Ek en Donkerkant sien die twyfel in jou oë, die tweestryd in jou. Dan kyk jy weg en ek weet. Ek trek die punt van die butt-plug so paar keer deur jou poeslippe, daar is genoeg sous daar. Dan so twee ligte drukkies teen jou kringspier, ons teken vir ‘ontspan.” Ek tel die gewone drie sekondes in my kop af en druk die plug weg in jou hol. Jy kan die gil nie keer nie en ek los jou rukkend van ekstase om self jou klere van die stowwerige grond af op te tel. Dan klim ons in en ry lodge toe.
***
Die donker vertrek waarin ons staan is heerlik verkoel in skrille kontras met die hitte buite. Daar is geen vensters, slegs sagte beligting en ‘n enkele koningsgrootte bed in die middal van die vertrek. Jy staan op jou knieë voor my, skoon gewas, maar steeds kaal. Donkerkant is nou in beheer.
“Ons wag net vir jou slagoffer Katja, dan kan ons begin,” gesels Donkerkant lakonies.
‘n Deur gaan oop in die donkerste deel van die vertrek en ‘n gemaskerde man met ‘n impossante piel wat reeds stokstyf regop staan stap in. Jy beweeg vlugtig en ek weet jy het ook gesien. Hy gaan lê sonder ‘n word op die bed voor ons, vryf ‘n paar keer oor die pers kop van sy voël.
“Katja, ontmoet die Kavalier, Kavalier, ontmoet Katja,” stel ek julle voor.
Hy knik, jy knik. Dan stilte.
“Outjies, dit gaan as volg werk. Katja gaan ‘n anale massering doen vir die Kavalier, slegs met haar mond. Die Kavalier mag slegs aan Katja vat, nie aan homself nie. Ons gaan sy saad en die vrug van haar arbeid in hierdie houertjie oes, voordat Katja dit mondelings gaan inneem.”
Jou kop het opgeruk by ‘anale massering’ en die eerste klanke van “ek wil nie …” het reeds oor jou lippe gekom toe jy besef wie nou in beheer is. Ek kan jou hart sien klop in jou hals. Donkerkant vryf tevrede sy hande teen mekaar.
“Posisies, asseblief,” roep ek soos ‘n rolprent-regiseur. Kavalier draai om, ontbloot sy harige ringspier. Ek sien jou sluk, dan hoe jy jou aan die situasie oorgee. Dan begin jou tong tussen sy boude dans, oor sy ringspier, oor sy boude, om sy ringspier. Dan proe-proe jy daaraan, hy ontspan, jou tong gaan in, jou asem jaag, jy suffer, jy wil nie, hy kreun, jy gaan vinniger, hy trek jou kop geweldadig tussen sy boude in … jy snak na asem, dit gaan vinniger, jou gesig weg in sy hol. Dan kom hy, sulke lang slierte oor die lakens, die bed, tot teen sy eie maag. Hy los jou kop, sak in die kussings neer. Jy treë terug, ruik na sweet, kniel weer. Dit is verby. Ek voel aan jou, jou poes is sopnat. Jy het dit geniet.
***
Sessie twee, later daardie middag. Jy lê op jou maag op die bed waar Kavalier se komskote groot, slymerige nat kolle gelos het, jou boude in die lug. Jy kringspier nooi Donkerkant nader.
“Jou beloning Katja,” is al wat hy sê. Dan sak ek af tussen jou boude, doen met jou wat jy met Kavalier gedoen het. Ek lek van jou klit af in een strook tot op jou kringspier, dan weer en weer. Jou hol maak oop onder my, en ek dans my tong daarin. Jy kreun hard. Ek ruik jou poes, die sappe daaruit. Dan verloor ek die laaste beheer, ruk my broek af en druk my voël weg in jou gapende poes. Ek druk vanoggend se butt-plug weg in jou hol. Jy gil dat my ore tuit, ruk-ruk en sak dan vooroor, heeltemal buite beheer van jou eie orgasme. Die sametrekkings van jou poes is te veel vir my, en spuit jou vol kom. Dan is als verby, die euforie van orgasme, die lekkerte van in beheer wees. Ek draai jou op jou rug, hou my voël dat jy my met jou mond skoonmaak. Jy doen dit, onwillig, maar gehoorsaam. Dan braak jy vir die eerste keer vandag.
***
Die aand by die vuur is jy stil, maar ek mis nie die kyke wat jy my gee nie. Jy soek nog beheer en dominasie, ek kan dit sien. Die vleis sis op die hardekool-vuur, die aand is stil. James stap binne die ligkring in, gaan sit langs jou. Jou oë rek en ek weet, jy het die Kavalier herken. Hy bring ‘n houertjie met wit vloeistof te voorskyn, sy saad van vroeër.
“Katja, hiermee heet ons jou welkom by Donkerland, Pieter se plaas. Cheers.”
Hy gee die houer vir jou, jy kyk na my, die verbasing dat ek die eienaar is steeds in jou oë. Dan maak jy die houer oop en bring dit na jou lippe. Fok, die naweek gaan lekker wees.
***
(Lees volgende episode HIER)
Lees HIER meer oor die rimmelary (rimming) kink lees as jy belangstel.
Jy kan HIER op kombiekiehier Vreesloos video’s kry van waar ‘n vrou ‘n man kringlek asook een van waar die guns deur ‘n man gedoen word.
Jy kan HIER op kombiekiehier Vreesloos fotos sien van hoe dit as dominasie en onderwerping in BDSM-toestande gedoen word.
3 COMMENTS
‘n Puik storie so reg in my kraal
Whale, jy’t jou slag nie verloor na al die jare nie…lekker storie, dankie!
O bliksem kannie wag vir die res nie. Uiters jagsmakend!