
Droë perskes
deur Ramkat Erasmus
Sy sit onder die wildevyeboom met ‘n erdebak op haar skoot. ‘n Mandjie vol ryp perskes langs haar. Sy’t ‘n skerp messie waarmee sy die perskes skil en dan in die salpeterwater laat val na sy dit in skywe gesny het. Die ogiesdraadskerms is reeds halfvol met perskes wat in die winterson droog.
Langs haar sit haar huisbediende, en as sy eerlik moet wees, haar beste vriendin, Nonti. Hulle gesels vrolik oor die dinge op die plaas. Die nuwe donkievul met die blou oë, die hoenders se eiers wat daagliks al meer word en wat hulle probeer inlê, tot dusver sonder veel sukses.
Sy hoor die honde blaf en kyk op. ‘n Ruiter kom van ver af aangery langs die stofpad.
“Kruip weg, Nonti!”
Sonder ‘n woord sit Nonti haar skottel neer en hardloop na die koppie se kant toe waar daar ‘n grot agter die watervalletjie is. Dis haar en haar man, Simon, se wegkruipplek.
Sarah sit haar bak op die grond neer en tel die Mauser, wat teen die boom se dik stam leun, op. Daar is vier patrone in die magasyn en sy het nog agt in die kas in haar slaapkamer. Maar skiet kan sy skiet en sy sal elke laaste patroon laat tel.
Die honde spring op en af om die ruiter en sy perd en sy laat die geweer sak. Hulle ken hom duidelik. So sy is veilig. Dan besef sy. Dis Kobus.
Sy gooi die geweer neer en begin hardloop. Haar kaal voete klap op die grondpad. Haar rok opgetrek tot bo haar knieë. As sy amper by hom is gly hy van die perd af, sy geweer en bandolier kruis-en-dwars oor sy skouers. Sy gryp hom en soen hom deur sy woeste baard. Hy omvou haar in sy maer arms. Sy is bewus daarvan dat hy stink. Maar sy gee nie om nie. Sy soen hom soos sy hom gesoen het op hulle huweliksnag. Deur haar verslete rok voel sy hoe maer sy lyf geword het. Hy kreun en sy voel trane oor sy wange loop.
“Kom … kom saam, my man.”
Sy trek hom aan die hand na die kombuis toe. Sy maak die deur agter hulle toe en gooi warm water van die koolstoof af in die sementbad wat in die hoek van die kombuis staan. Die water is warm. Sy stroop sy vuil klere van hom af, sit die bandolier en geweer op die tafel neer. Die vuil klere en verslete velskoene gaan sonder seremonie in die koolstoof se vuurbak in.
Sy gee hom ‘n stuk seep wat sy die vorige week gekook het en help hom in die bad in.
“Was. Ek is nou hier.”
Sy loop na die spens toe en kry die skaapskêr. Sy kom terug en begin sy woeste baard kort teen sy nat wange afskeer. Dan vat sy handevol van sy hare en knip en knip en knip tot hy weer amper soos die netjiese jong man lyk met wie sy getrou het. Sy vat die stuk seep en was hom van kop tot tone. As sy tussen sy bene in reik, voel sy hoe hy hard word onder haar hande.
“Netnou, my man. Netnou …”
Sy stroop haar rok van haar lyf af en gaan sit op die rand van die sementbad. Sy vat die skaapskêr en gryp met haar linkerhand ‘n bos van haar poeshare. Sy sny en knip totdat sy amper kaalgeskeer is. Dan gooi sy die skêr eenkant toe en gly onder die water in.
Sy hande voel-voel na haar, maar sy stoot hulle weg terwyl sy haarself was. As sy skoon is staan sy op voor hom, water stromend van haar lyf af, skuimbolle op haar tepels en kortgeskeerde poeshaartjies. Sy trek hom aan sy hand regop en word weer getref hoe maer hy is.
“Kom. Ek wil jou nou hê.”
Hulle loop papnat en kaalgat in die gang af na die kamer toe. Hy gaan staan langs die bed, kyk rond asof hy die plek weer wil leer ken. Dan hou hy sy arms oop vir haar.
Sy beweeg teen hom vas, voel die krag van sy horing teen haar maag. Sy druk haar onderlyf vorentoe, voel hoe die sop uit haar poes begin uitloop teen haar bene af.
Sy druk hom agteroor en hulle val laggend saam op die bed neer. Dan druk hy haar skouers op die lakens neer en druk sy horing in haar in sonder enige voorbereiding. Sy voel hom in haar indryf en is bly. Sy kreun en lag en dan gil sy as hy haar hard stamp.
Hy vat nie lank voor hy kom nie en dan is dit haar beurt. Sy druk hom weg, buk oor hom en begin hom skoon suig. Hy is steeds hard en sy luister na die liefdeswoorde wat hy vir haar fluister. Dan rol sy hom om en klim op. Sy help hom om sy voël in haar in te druk en dan ry sy hom stadig. Sy buig vorentoe en laat haar klein tieties teen sy bors skuur. Haar sensitiewe tepels skuur deur sy borshare en dit laat haar weer en weer kom.
Sy krul van die lekker, vloek soos hy haar geleer het en naai en naai en naai hom tot hulle albei voos en uitgespoel op mekaar ineenstort.
Terwyl sy in sy arms lê vertel hy haar van die oorlog. Die Kakies en Krisjan de Wet. Die laatnagstormlope en die oorlogbuit wat hulle noodgedwonge moet verbrand, want hulle kan dit nie saamneem nie.
Hulle sit rou vleis onder hulle perde se saals en eet as hulle kans kry. Hy het ‘n paar blikkies boeliebief in sy saalsakke vir haar saamgebring.
Sy vra wanneer laas hy vrugte en groente geëet het en hy lag.
“Ons vreet net biltong, beskuit as ons dit kan kry en pap.”
Haar hart bloei vir hom. Haar onderlyf reik uit na hom toe.
“Kom. Kom eet.”
Hy sak tussen haar bene af en begin haar droë perske lek tot sy weer nat en sappig is. Dan maak sy haar bene oop en trek hom in sodat hy haar kan ry.
Sy lek sy trane af. Sy sluk sy saad. Sy verorber hom.
5 COMMENTS
Dankie die terugvoer
Mooi en lekker! Dankie.
Hi Ramkat.
Man, ek is baie bly jy is terug! Ek verstom my aan Jou storie-idees.
Dankie – jou stories is altyd lekkerlees lekker.
Meesterklas!
Mens se oë gaan skielik oop en jy besef: DIS mos hoe ‘n storie geskryf moet word !
Welkom en dankie dat jy ons vergas met so’n uitstekende verhaal!
Sy mag maar ons almal verorber !
Ramkat is terug! 🙂 🙂