Kombiekieweer Donderdag: Kaptein, o my Kaptein (1)

Deur Ramkat Erasmus

“Van der Merwe! Wat de fok het jy nou weer aangevang?”

Ek skrik my gat af as Staf Cronje skielik hier agter my skree en ek laat val amper die torque wrench waarmee ek besig is.

“Niks nie Staf. Sorrie Staf”

“Nou as jy fokkol gedoen het, hoekom vra jy om verskoning?” Sy snorretjie bewe en sy klein varkogies staar na my. Ek sê niks.

“Die kaptein soek jou. Nie netnou nie… Nou!” gil hy weer.

“Reg Staf. On the double Staf!” mompel ek en sit die torque wrench in sy plekkie in die toolbox. Ek gryp ‘n lap en vee my hande af.

“Maak seker jou hande is skoon.”

“Ja Staf,” sê ek en gryp die bottel met die army issue hand cleaner. Die kaptein hou nie van vuil hande nie, en dis nogal ‘n fokkop as jy in aanmerking neem ons werk heeldag met dieselenjins. Ek skrop my hande en raak half ongemaklik as die staf my so staan en dophou.

“Is jy klaar met die Unimog se enjin?” vra hy.

“Ja Staf. Ek was net besig om die ding te torque…” probeer ek verduidelik.

“Roer jou gat,” skree hy weer en marsjeer uit – fokken klierkop. Ek droog my hande af, check my naels en sit my beret op. Dan maak ek my toolbox toe, sluit en sit die sleutel in my sak. Kaptein toe…

Ek draf maar oor die paradegrond, want die kaptein het een of ander probleem met my, en dit help nou nie om in die army kak te soek nie. As ek om die draai kom staan kaptein Verwey by ‘n Land Cruiser bakkie. Ek steek vas, stamp my voet amper in die grond in en salueer.

“Kaptein het my gesoek, Kaptein?” vra ek.

Sy kyk my op en af en ek hou my oë so tien sentimeter bo haar kop. Dis nie moeilik nie, want sy’s nie baie groot nie.

“Ek het muscles nodig, Van der Merwe, klim laat ons ry…” sê sy met daai venynige stemmetjie van haar.

Kaptein Amanda Verwey is nou al vier maande by ons. Hier aangekom met een of ander fancy graad van ‘n universiteit af en sy kak almal uit en order almal rond, maar sy het nie ‘n clue hoe om ‘n Unimogenjin te strip of reg te maak nie. Ek dink nie sy ken die verskil tussen ‘n petrol en dieselenjin nie. En sy is heeltyd op my case. As dit nie my hare is nie, is dit my uniform. As dit nie my uniform is nie, is dit my hande wat vuil is. Ek is heeltyd in die kak, dis net die diepte wat wissel.

Sy klim agter die Cruiser se stuurwiel in en ek loop om en klim anderkant in. Sy sê fokkol, start net die bakkie en trek weg. By die hek ry ons by Stafsersant Cronje verby. Hy gee my so ‘n attitude kyk wat sê: ‘Jaag net kak aan en jy kots jou longe uit voor ek klaar is met jou.’ Ek smile vir hom en sit agteroor.

Kaptein Verwey het die bakkie se seat tot heel voor geskuif anders raak haar voetjies nie die pedals nie. Sy’s in haar browns kompleet met  klein bootsies. Ek sweer ek het nie geweet hulle maak sulke klein bootsies nie. Haar blonde hare is onder ‘n beret en van waar ek sit lyk dit nie eintlik of sy tieties het nie. Sy dra nie make-up nie en sy het ook nie oorbelle of ringe of iets aan nie. Sy kom agter ek kyk vir haar en gee my ‘n kyk terug.

“Iets verkeerd soldaat?” vra sy.

“Nee, Kaptein. Ek wonder maar net waa’ntoe gaan ons Kaptein,” sê ek terug.

“Ons gaan depot toe. Daar’s ‘n paar kratte wat hier aangekom het van die DRK af. Blykbaar onderdele en enjins wat verkeerd verpak is. Ons moet dit gaan haal, sorteer en vir hulle die regte goed stuur.”

“Okay, Kaptein. Dankie,” sê ek op my beleefdste. Ek kan sien sy is die moer in oor iets en hou my bek en maak seker ek kyk nie weer vir haar nie.

Dis Vrydagmiddag en as ek klaar is gaan ek my bike vat en huistoe gaan. Ek gaan my gat in ‘n shower indruk en dan my nuwe jean aantrek met die hemp wat ek in Menlyn gekoop het. Dan gaan ek my nuwe leerbaadjie aantrek en klub toe gaan. Vanaand is die aand wat ek daai nuwe barmaid, Patricia, vasvat. Lekker paar kanne, en haar gat maak haar jeans mooi vol. En as sy weer vir my kyk soos sy laasweek vir my gekyk het, score ek for sure.

Ons draai by ‘n hek in, Kaptein Verwey teken die papiere op die clipboard wat die wag vir haar uithou. Hy salueer en ons ry in.

“Wag hier,” sê sy en klim uit. Asof ek nou die bakkie sal los en gaan rondloop. Ek’s nie mal nie. Sy loop voor om die bakkie en gaan by ‘n kantoor in. So met die wegstap kyk ek hoe haar boudjies die army broek volmaak. Nie te kak nie. Jammer sy bat vir die ander team. Ek het van die begin af gedink sy’s ‘n lesbiekker en toe Pieta haar nou die aand by ‘n moffieklub sien uitkom toe weet die hele basis dit. Verstaan my mooi. Ek het niks teen lesbiekkers nie – ek self slaap ok eerder by ‘n vrou as by ‘n man. Maar ek wens sy was nie so vol kak nie.

Na ‘n ruk kom sy uit met nog ‘n klomp papiere en ons ry na een van die store aan die onderkant van die depot toe. Sy draai om en reverse die bakkie se gat na die deur toe. Ek klim uit en maak die bakkie se flap agter oop. ‘n Stoorman kom met ‘n forklift aangery en laai ‘n moerse krat op die bakkie. Kaptein Verwey check die papier op die kant van die krat en merk iets op haar papiere af. Nog twee kratte en die ou Cruiser se gat begin hang. Ek begin wonder wat ek daar soek. Sy’t gesê sy soek muscles en daarvan het ek. Maar al wat ek nog gedoen het is om my bek te hou en voor my uit te kyk. Ek kry ratchet straps voor uit die bakkie en maak die kratte vas. Die kaptein en die stoorman teken mekaar se papiere en dan loop sy om en klim aan my kant van die bakkie in. Ek reken sy wil seker hê ek moet bestuur, so ek skuif agter die wiel in. Ek moet eers met die seat stoei om die ding teruggestoot te kry, maar dan kry ek my sit en ry. By die hek teken ek uit en draai in die verkeer in.

“Wat doen jy in jou vrye tyd, soldaat?” sê sy skielik.

Ek skrik, want ek is nie lus om oor ditjies en datjies met ‘n vroue offisier, wat my nie like nie, te gesels nie.

“Ek behoort aan ‘n motorfiets klub, Kaptein. Ons werk aan ons bikes, gesels, gaan op trips, braai… Kaptein weet?” traai ek.

“Nee, ek weet nie. Dis hoekom ek vra,” sê sy.

Ek gee haar ‘n vinnige kyk om te sien watse kak nou weer in haar kop uitbroei, maar sy kyk my net rustig aan.

“Is daar meisies… Uh, vrouens in julle klub,” vra sy.

Nou worry ek. Sy moet nou nie met haar lesbiekker kak by die klub wil begin nie. Mense hoor goed oor bikers en hulle girls en jy sal verbaas wees oor die stories wat party van die ouens vertel – Waterkloof anties wat hulle optel en  huistoe vat en die girls moet aanmekaar keer vir hulle wickets. Mans en vrouens wil hulle spyker. Ek dink mooi.

“Meeste van die ouens het meisies, Kaptein,” sê ek en hoop sy kry die skimp.

“En jy? Het jy ‘n meisie?”

Ek kyk haar vinnig uit. Sy sit met so ‘n effense smaailtjie op haar bek vir my en kyk. Wat de moer gaan nou aan?

“Uhhm… Nee, Kaptein,” kry ek uit.

Sy gee ‘n laggie en kyk weer voor haar uit. Dit raak nou fokken weird voor in die army bakkie, dis vir seker. Sy trek haar beentjies op en vou hulle onder haar boude in. Dan draai sy met haar rug na die deur sodat sy vir my sit en kyk. Ek doen fokkol, kyk net voor my uit en probeer die bakkie so versigtig as moontlik bestuur.

“Hoekom hou jy nie van my nie, soldaat”, vra sy dan.

“Uhhm… Kaptein?” is al wat ek uitkry.

“Dis nie ‘n moeilike vraag nie, Van der Merwe… Hoekom hou jy nie van my nie?” sê sy weer.

“Nee, Kaptein! Ek hou van Kaptein…” sê ek. Ek meen, wat de fok kan ek nou anders sê.

“O, rerig?.. Hmmm…” sê sy.

My keel is droog en ek vrek vir iets om te drink. Ek sien ‘n garage en trek in.

“En nou, Van der Merwe?”

“Koeldrank, Kaptein?”

“Vonkelwater, asseblief,” sê sy.

Vonkelwater? Wat de fok is vonkelwater? Wonder ek by myself.

“Sparkling mineral water, Van der Merwe… Asseblief.”

Ek bliksem amper oor die trappies, maar hou my pose. Ek kry vir haar haar water en ‘n Stoney vir my. Die Stoney is klaar voor ek by die toonbank kom en ek gaan haal nog een. Ek betaal en loop uit. Ek klim in en gee haar water vir haar.

“Dankie, soldaat,” sê sy en haal haar beret af. Haar hare is langer as wat mens dink en sy skud haar kop dat haar hare om haar waai. Ek dink skielik by myself dat die kapteinjie eintlik fokken mooi is.

Ek knak my Stoney en ons ry. Sy drink ‘n bietjie water en draai weer die proppie op.

“Watse fiets het jy?” wil sy weet.

“Suzuki, Kaptein.’n Busa…” sê ek tussen my Stoney deur.

“Suzuki Hyabusa. Vernoem na die lang gevegswaard van die samurai. Opvolger van die Katana,” sê sy. “Nice fiets…”

“Ken Kaptein van bikes,” vra ek.

“Ek het drie broers, en hulle ry almal bikes… motorfietse. My oudste broer ry ook ‘n Busa.”

“O…”

Ons ry in stilte voort. By die basis is alles stil. Die dieselmacs bly nie langer as wat hulle moet nie. Die hekwag maak oop en ek kyk rond vir Staf Cronje, maar sy karretjie staan nie meer onder die boom waar hy gewoonlik park nie. Nice. Een minder ding om oor te worry.

“Stop by my kantoor, ek wil gou sleutels kry,” sê die kaptein. Ek maak so en sy hop uit. Sy draf by haar kantoor in en ek bewonder weer haar boudjies so onder die army broek. As sy uitgedraf kom kan ek wel sien sy het tieties. Daar is so ‘n ligte roering in my broek, maar ek gooi die kill switch op daai een. ‘n Troep dink nie so oor ‘n kaptein nie. Dis kak soek.

Sy spring in en beduie na die stoor toe waar die kratte moet afgelaai word. Ek reverse in, start die forklift en laai af. Sy wys waar die goed moet kom en ek stack hulle netjies. Ons maak die stoor toe, sluit die deure en klim weer in die Cruiser.

“Kom ons bêre die bakkie,” sê sy en wys na die skuur waar die voertuie toegesluit word. Dis al goed donker en ek sit die ligte aan. Ek stop voor die stoor en sy sluit oop. Sy stoei bietjie met die deur, maar kry hom tog oop. Ek ry in en soek ‘n gat vir die Cruiser. Ek laat hom nog so ‘n bietjie idle dat die turbo tot rus kan kom. Ek kom agter dat Kaptein Verwey die deur toegestoot het. Dis weird, want hoe gaan ons uitkom? Ek skakel die bakkie af en klim uit. Ek skrik amper my gat af as sy skielik voor my staan.

“Kan jy ‘n geheim hou soldaat?” vra sy.

“Ja, Kaptein” sê ek.

“Seker?” vra sy en soos my oë aan die donker gewoond raak sien ek sy smile nou breed. Die keer kan ek nie die kill switch op die ding in my broek trek nie. Ek knik net.

“Is ek vir jou mooi, soldaat?”

“Ja, Kaptein.”

“Baie mooi? Of net effens mooi?” vra sy weer.

“Baie mooi, Kaptein.”

Sy kom nader en druk my terug tot teen die bakkie se deur.

“Staan doodstil, soldaat.” sê sy in haar bedonnerde stem, en ek staan vas.

“Sê my hoe mooi is ek, soldaat…”

Ek sluk, maar my keel bly droog. “Uhm… Kaptein, jy’s mooi. Baie mooi.”

“Mooier as jou Suzuki Hyabusa?”

Die vrou is mal, ek sweer. “Fokkit kaptein… Ek bedoel, sorrie… Hel, Kaptein ek like bikes, maar nie so baie nie!”

Sy draai om en trek haar hemp oor haar kop. Sy’t ‘n bra aan wat van sulke kanterige materiaal gemaak is. Somehow het ek nie so ‘n bra onder die uniform hemp verwag nie. Maar ek het ook nie ‘n fok verwag dat sy haar hemp gaan uittrek nie! Sy vou haar hemp mooi op en sit dit op die bonnet van ‘n ander bakkie. Ek staan soos ‘n padda voor ‘n rinkhals en check haar tieties onder die bra uit.

“Trek uit jou hemp, soldaat” kom daai stem weer, en ek trek uit.

“Weet jy hoe om ‘n bra los te maak?” vra sy en ek knik.

Sy draai weer haar rug op my en ek kry die klippies en maak die bratjie los. Sy woel hom af en sit dit bo op haar hemp. As sy omdraai pass ek amper uit. Haar tieties is groter as wat ek gedink het. Netjies en mooi eweredig, met sulke klein bruin nippeltjies.

“Is jy seker jy kan die geheim hou, soldaat?” vra sy weer.

“Ja, Kaptein,” kreun ek. My dipstick is nou so hard dit voel hy gaan by my browns uitdruk. Sy kom nader en sit haar handjies op my skouers. Sy druk my sodat ek op die trap van die Cruiser gaan sit. Nou is haar tieties net mooi ooghoogte. Sy vat my kop en trek my nader aan haar. Ek is vir eers nie seker wat sy wil hê nie, maar as ek haar perfume ruik gaan my mond oop en ek vat ‘n hele mondvol. Ek rol daai nippeltjie met my tong en ek hoor hoe sy kreun. As die een kant goed geghries is gryp ek die ander een en gee hom dieselfde treatment. Sy druk haar lyfie hard vorentoe en kreun liggies.

“Harder, soldaat, Harder! Maak my seer!”

Ek laat my hande afgly tot by haar boudjies en trek haar nader. Ek byt en kou en suig aan daai tieties en sy kreun en steun soos sy revs optel. My revs trek ook al diep in die rooi en haar een beentjie skuur teen my dipstiek dat dit naderhand voel ek gaan my gasket sommerso in my broek blaas. So kan dit nie aangaan nie…

Ek staan op en tel haar voete van die grond af. Ek loop met haar voor om die Cruiser en buig haar oor die bonnet. Die bonnet is nog warm en as ek haar tieties daarteen druk kreun sy van die lekker. Sy is te kort en ek weet as ek haar gaan probeer bykom gaan my knieë kak. Daar staan ‘n ou trommel teen die muur en ek trek dit nader. Ek tel haar op dat sy op die trommel staan en druk haar weer vorentoe. Dan druk ek my hande om haar lyfie en tussen haar bene in. Sy gee so ‘n ruk as ek die target tref.

“Ahhh, soldaat. Soldaat! Jy hande is so groot…” kreun sy en ek vryf daai naatjie tussen haar bene. Sy maak haar bene wyer oop en ek vryf nou bietjie harder. Sy gryp my ander hand en sit dit om een van haar tieties. Sy druk my hand om die tiet vas en ek druk die outjie lekker hard.

“Ja, soldaat! Ja! Hard! Druk hard!”

Ek begin worrie dat ek haar gaan seermaak, maar dit lyk nie of sy mind nie. Ek druk en trek aan haar tieties met die linkerhand en met die regter gee ek haar ‘n massage deur haar broek. Die volgende oomblik druk sy af op my hand en kreun lank en diep.

“O, fokkit… Ahhh, fok…” Sy draai om en gryp my kop. Sy soen my dat my ore soos nat waslappe op my skouers hang. Dan laat los sy en begin haar broek losmaak. Die webbing belt gly maklik oop en jy hoor net knope spat soos y die ding oopmaak en aftrek tot by haar kniee. Onder die army broek sit ‘n klein pantie wat van dieselfde materiaal as die bra gemaak is. Sy trek die pantietjie af en druk my gesig in haar gearbox in. Ek ruik haar en werk die dingetjie met my neus. Sy lig haar boude effens en gaan sit bo-op die bullbar van die Cruiser. Sy trek haar beentjies oop, maar die broek wat nou om haar enkels sit keer dat sy dit te groot oopmaak. Sy leun terug en lig haar boksie nog hoër. Ek is ‘n man wat ‘n skimp kan vang en ek buig my gesig weer nader.

Ek druk my hande onder haar boudjies in en tel haar op van die bonnet van die Cruiser af. Ek druk my tong in haar gleufie in en werk hom vir ‘n vale.

“O, jissis ja… Fok, ja. Ja! Ja! Ja!” skree sy en sy begin ruk en skud sodat ek net moet klou of sy bliksem van die bakkie af. Sy trek haarself nog hoër op en gaan lê op die bonnet. Haar beentjies is oop en haar hakke rus op die bullbar. Ek klim op die trommel en lig weer haar boude. Haar kniee val oop en ek druk my gesig in haar boksie in. Sy het die haartjies mooi getrim en ek kan sommer dadelik die sagtheid van haar kwakkie proe. Sy is sopnat en ek lek haar met lang hale. Sy begin met haar vuisies op die bonnet bliksem en vir een oomblik worrie ek oor wat ek vir Staf Cronje gaan sê as hy wil weet waar die duike op die bonnet vandaan kom. Maar dan dink ek weer, fokkit, sy’s die kaptein, sy kan verduidelik.

Sy gryp, gryp na my een hand en druk dit weer op haar tietie vas. Ek ken al die dril teen die tyd en druk daai knapie dat sy krul van die pyn, terwyl ek haar  boudjies met een hand vashou en haar boksie lek. Haar hakke is oor my nek en met die army broek om haar enkels trek sy my gesig hard in haar in.

Skielik begin sy skop en ek dink ek het nou kak aan gejaag, maar sy probeer net regop kom. Sy spring van die bonnet af en draai haar rug op my. Sy lê vooroor op die bonnet en met haar hande trek sy haar boude oop. Ek kry uiteindelik die kans om die dipstick uit te haal en druk hom sommer sonder om askies te vra tussen haar beentjies in. Haar kwakkie is nat en glad en die ou dipstick gaan sonder om te sukkel in. Ek hoef hom nie eers te woel nie, hy gly all the way tot bo. Sy gee so ‘n gilletjie as ek die bokant van haar kwakkie tref.

Ek kry haar tieties in die hande en trek en draai die nippeltjies terwyl ek haar enjin met lang strokes van agter af oprev. Sy begin buckle en ek gryp haar heupe en tel haar op sodat ek nie uitglip en my dipstick teen die bullbar beseer nie.

“Wag! Wag!” sê sy skielik. Ek dink dis bietjie laat om my nou te probeer stop, maar ek trek uit en staan terug. Sy gaan sit op die trommel en begin haar bootsies losmaak. Dis nou een ding van ‘n army uniform. Jy kry nie die broek oor jou enkels as jy nie die boots uittrek nie. Terwyl sy met die bootsies stoei, kry ek ‘n blink plan. Ek leun by die Cruiser se venster in en start die enjin. As ek weer by haar kom staan sy daar soos die dag wat sy gebore is. Sy wil nog iets sê, maar ek tel haar op en sit haar gatjie neer tussen die bullbar en die bonnet. Ek druk haar terug sodat sy op haar rug lê. Dan klim ek op die trommel, mik mooi en druk my dipstiek in haar boksie in.

“Ja, ja… Nou! Nou, soldaat! Nou!” skree sy, maar ek het ‘n surprise vir haar. Ek druk haar vas teen die bonnet sodat sy nie kan beweeg nie en staan doodstil. Die vibrasies van die Cruiser se dieselenjin verander daai ligbruin army bakkie in ‘n moerse vibrator. Die rillings kom deur haar boude, trek haar kwakkie saam en hardloop op en af met my dipstick en deur my saalsakke.

“Fokkit, o, my fok, dis lekker!” Ek kan amper nie glo dat daai mooi mondjie sulke taal kan gebruik nie. Die vibrasies begin hulle werk doen en ek voel hoe haar boksie my dipstick begin torque soos sy nader kom aan haar firing sequence. Ek help haar bietjie aan met sulke kort stadige strokes en probeer haar revs match met myne. Sy buig haar beentjies om my lyf en trek my nader. Haar hande vat haar tieties vas en sy werk haar nippeltjies met die vingers. Sy kreun en byt haar onderlippie vas en rol haar kop heen en weer op die bonnet. Ek laat sak my hand en gly my duim bo by haar spleetjie in. Ek voel die mannetjie in die boot en vryf hom so ‘n slag liggies. Haar revs hardloop nou goed na die rooi toe en ek maak my strokes langer en harder terwyl ek met my duim daai knoppie boelie.

“Aaaa! Fok, soldaat! Jy naai lekker! Fok my! Fok my! Fok my, ek gaan kom! Ek gaan fokken kom!!! Soldaat! Jou bliksem! Foooook!”

So gesê en so gedaan. Ek skiet haar kwakkie vol, pluk uit en skiet nog ‘n klomp balgries oor haar maag en tiete. Sy trek haar rug krom, slaan met haar hande op die bonnet en kreun diep uit haar maag uit. Na ‘n ruk ontspan sy en lê so op die bonnet en hyg na haar asem. Sy vryf my balghries in haar maag en tieties in.

“Dalk moet jy die enjin afsit… Netnou versmoor ons hier binne,” fluister sy. Ek klim van die trommel af en loop wydsbeen na die Cruiser se venster want my dipstick hang nog so halfmas by my browns uit. Ek skakel af en kom terug na haar toe. Sy staan op die trommel en lig haar arms bo haar kop. Dit laat haar tieties oplig en ek is amper reg vir nog ‘n rondte. Sy gryp my dipstiek en vee hom ‘n slag of wat op en af. Die meneer staan op aandag en salueer.

“Soldaat… Jy het stamina.”

“Dankie Kaptein,” sê ek.

“Sit weg die ding, trek aan en vat my huis toe op jou Busa. Die aand is nog lank,” beveel sy weer in daai kapteinstem. Ek knik en begin wegsit, toeknoop en so aan. Uit die hoek van my oog kyk ek hoe sy die broekie en dan die bra aantrek. Dan trek sy haar uniform hemp aan. Sy lyk so fokken mooi as sy net daar staan met haar hemp en die boudjies wat onder uitsteek, ek gryp haar amper weer vir ‘n tweede rondte. Maar dan trek sy die broek aan en gaan sit op die trommel om die bootsies aan te trek. Ek kry haar beret uit die bakkie en hou dit vir haar uit. Sy kyk my en begin giggel.

“Dankie soldaat… Wat’s jou voornaam?” vra sy onverwags.

“Johan, Kaptein,” antwoord ek.

“Ek dink ek verkies om jou ‘soldaat’ te noem. Jy staan so mooi op aandag!” en sy giggel weer.

“Reg so, Kaptein.”

“Jy kan my Amanda noem, as jy wil”

“Ek dink nie so nie, Kaptein,” sê ek.

“Hoekom nie, soldaat?” vra sy. “Hou jy nie van my naam nie?”

“Kaptein, o, my Kaptein,” sê ek en die keer soen ek háár dat haar ore tuit!

(Lees volgende episode HIER)

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Kombiekieweer Donderdag: Kaptein, o my Kaptein (1)

  • July 3, 2018 at 12:32 pm
    Permalink

    Aandag! sjoe maar dit maak my skoon horries klus!
    Laat my ver terug dink!
    Ek wag geduldig op die opvolg Kaptein!

    Reply
  • June 30, 2018 at 9:11 am
    Permalink

    STem saam met Will hierbo. Dit was my eerste storie wat ek gelees het op onse tuiste en soos laas dit weereens geniet en my terug laat verlang na al my mannewalles destyds in oom PW se army.
    Lekker tye man.

    Reply
  • June 30, 2018 at 5:58 am
    Permalink

    Dit bly ‘n uitmuntende storie met finesse en talent geskryf.
    Dankie weereens Ramkat, ek het dit net soveel geniet as die eerste keer destyds toe jy die reeks geskep het.
    Vir die “newbies” wat dit nie ken nie, die volgende episodes bevat nog meer seksuele, erotiese genot wat jou tone sal krul en jou korasie in die “rooi in sal rev” !

    Reply
  • June 29, 2018 at 12:26 pm
    Permalink

    Eks mal oor die Kaptein!!

    Reply
  • June 29, 2018 at 11:54 am
    Permalink

    Dit bly een van my gunsteling stories

    Reply
  • June 28, 2018 at 2:35 pm
    Permalink

    Somehow dink ek nie Walt het dit ingedagte gehad nie….

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)