Vuur

deur Rudi

Die reën val eentonig op die dak. Ek dink vir ʼn oomblik daaraan om iewers in ʼn kroeg ʼn paar biere te gaan drink, maar besluit dan om eerder die kaggel vir die eerste keer hierdie jaar vol hout te pak en ʼn vuur te maak. Saam met die reën is dit sommer koud ook. Ek het nog werk om te doen en gaan haal my skootrekenaar en plaas dit solank op die bank.

Toe ek die agterdeur oopmaak om in die garage ʼn bondel hout te gaan haal, waai die koue, maar vars lug in die huis in en ek los die deur oop. Die hout is vol stof en ʼn langbeenspinnekop skarrel koddig oor die vloer weg wanneer ek ʼn paar dik stompe uitsoek.

Soos gewoonlik sukkel ek om die vuur aan die gang te kry. As ek ʼn krimineel was, sou ek ʼn baie slegte brandstigter gewees het. Na ʼn halwe botteltjie lampolie en ʼn hele pak vuuraanstekers, eet die oranje vlamme lekker aan die hout.

Ek begin net werk, toe daar ʼn klop aan die deur is. Ek dag dit is my verbeelding, want die reën het intussen weer hard begin uitsak, maar dan hoor ek die klop weer, harder en vinniger. Met ʼn sug staan ek op en loop na die voordeur toe. Wie kan dit wees? Ek het regtig nie nou lus vir kuiergaste nie, en as dit iemand is wat ʼn suipmaatjie soek, ek is ook nie lus om te gaan drink nie.

Die voordeur het uitgesit van al die reën en ek moet dit hard pluk om oop te kry. Eendag is eendag, dan sal ek dit aan die kant ʼn bietjie afskuur.

Ek skrik toe ek haar sien. Tombie staan daar, sy sê eers niks nie, loer net vinnig vir my en kyk dan af. Haar linkeroog is amper toegeswel.

Wat het gebeur? vra ek geskok. Iemand het haar geslaan. Dit is duidelik. Ek wil weet wie dit is.

Wie het jou geslaan? vra ek en my stem is te driftig, te skerp. Sy trek haar asem diep in en kyk vir my. Sy lyk bang. Moet ek iemand gaan donner?

Asseblief, nog ʼn onderonsie sal dinge net erger maak. Ek sal eerder gaan, sê sy en draai om.

Nee, wag. Ek sluit die veiligheidsdeur oop en staan eenkant toe dat sy kan binnekom. Ek merk nou eers dat vandat ek die deur oopgemaak het, sy buitekant in die reën gestaan het. Sy kyk vinnig oor haar skouer en loop dan in, reguit sitkamer toe. Ek sluit die deur en gaan sit langs haar.

Ek wil my arm om haar sit en vir haar sê alles is reg, sy is nou veilig, maar ek sit net stil, staan dan op wanneer sy hard begin snik en gooi nog hout op die vuur.

Sy het ʼn sneesdoekie iewers uitgehaal en blaas haar neus hard.

Dit is Fikile, sê sy en staar na die vuur. Hy kon nie… hy … ons was besig… Haar stem raak weg, sy haal diep asem, en begin dan weer. Hy sukkel om styf te word en toe slaan hy my. Hy sê ek maak niks in hom wakker nie.

Ek raak lus om oor te loop en vir Fikile ʼn les te gaan leer. Waar is hy nou? Ek begin opstaan, maar gaan sit dan weer en wag dat sy begin praat.

Stilte. Die hout knetter in die vuur, vonkies spat, ʼn sisgeluid soos wat boomgom uitkook. Buitekant skree ʼn hadida. Sy blaas weer haar neus en maak haar keel skoon.

Hy het gaan drink saam met iemand. Sy klink leeg en moeg. Sy skuif op tot teenaan my en lê teen my skouer. Ek sit my arm om haar. Sy druk stywer teen my, maak haar gemaklik teen my.

Het hy dit al baie voorheen gedoen?

Sy skud haar kop hier onder my arm. Ja, maar nie so erg soos die keer nie.

Wil jy hê ek moet met hom gaan praat?

Sy sit skielik regop. Nee!

Ek kalmeer haar vinnig. Goed, goed ek sal nie. Is jy lus vir tee? Moet ek ys vir jou oog bring?

Sy knik. Tee, asseblief. Los die ys.

Ek gaan kombuis toe en talm eers voordat ek die ketel vol water maak en aanskakel. Ai hene, dat die fokker nou sy vrou moet slaan. Wat gaan hy doen as hy uitvind ek en sy het al seks gehad? Hy mag nooit nie, dit gaan net probleme vir haar veroorsaak.

Ek vat die tee vir haar op ʼn skinkbord. Sy gooi drie lepeltjies suiker en ʼn klein bietjie melk by, roer, blaas dan liggies en proe. Dit lyk asof sy weer ontspan. Sy sit terug en lê weer teen my. Ons praat nie, kyk net vir die vlamme.

Wanneer haar tee klaar is, staan sy op en sit sy die koppie en piering in die skinkbord op die koffietafeltjie neer.

Kyk vir my, sê sy en daar is weer krag in haar stem. Sy staan reg voor my, effens wydsbeen, arms reguit, hande op haar bobene. Ek kyk. Haar lang, netjies gevlegte hare. Die vroulike figuur in die grys sweetpak. Fyn gelaatstrekke. Mooi neusie. Hoë wangbene. Groot, hartseer oë. Die linkeroog se swelsel word darem nie erger nie. Lippe wat uitnooi om gesoen te word.

Jy is pragtig, sê ek sag en sy kom sit weer langs my, teen my. Haar gesig is naby aan myne. Ek word bewus van haar vroulikheid wat sy uitstraal. Sy ruik heerlik, asof sy ʼn klein rukkie terug gebad het, vars en skoon. Haar regterbors druk deur die sweetpak teen my. Haar asem streel oor my wang, haar gesig is naby. Ek sit half versteen, wil nie vir haar kyk nie, want ek vind haar lippe onweerstaanbaar.

Ek kyk vir haar. Die vlammetjies van die kaggel dans in haar diepbruin oë. Sy het ʼn dun lagie lipglans aan. Sy bring haar gesig nog nader. Ons lippe raak, sagter as die enkele draadjie wat ʼn sywurm spin, maar ek voel dit baie duidelik.

Sy skuif nog stywer teen my en ek sit my arms om haar. Haar lyf bewe effens. Die punte van ons neuse raak vinnig en dan weer ons lippe, baie liggies. Binne in my is ʼn vuur besig om al hewiger te brand. Sy maak haar mond effens oop en ons soen, saggies, eers ʼn vinnige fladdering en dan met ʼn stormagtige en onstuimige drang.

Ons soen lank en intens. Haar asemhaling word vinniger. Ons tonge ontmoet, asof vir die eerste keer. Nuuskierig en soekend. Sy gooi haar kop agtertoe en snak toe ek haar nek soen. Ek gaan sit wydsbeen op haar en soen haar stadig, al laer teen haar nek af.

Sy keer my nie toe ek haar al hoe laer in haar hals, nader aan haar borsgleufie begin soen nie. Ek trek die ritssluiter van haar sweetpak af. Die hals van die hemp wat sy aan het, is nogal laag en ek soen haar lieflike lyf terwyl sy kreun.

Skielik stamp sy my hard weg. Ek skrik. Te ver gegaan, dink ek, maar sy staan op en trek haar T-hemp uit, skeur hom amper van haar lyf af en gaan sit weer. Ek soen die bokante van haar borste, kan deur haar donkerrooi bra sien hoe word haar tepels styf.

Met my vingers vryf ek oor haar bolyf na agter tot ek haar bra se gespe kan voel. Ek maak dit los terwyl ek haar nek soen en wanneer ek die bra eenkant toe gooi, is my lippe op haar tepels. Eers die een en dan die ander. My hande vryf bewend oor die volheid van haar borste. Liefkoos en soen. Lippe en tong, dansend om haar tepels.

Sy skuif laer af op die bank en stoot haar bolyf uit, bied haar borste vir my aan. Die vuur in my brand geweldig warm. Sy haal diep en hard asem en dan ruk haar asem hortend wanneer ek haar maag soen, haar sye en dan tot by haar sweetpakbroek se rand wat al effens afgeskuif het. Ek staan op my knieë voor haar en sy lê terug teen die bank en begin haar broek af te trek. Ek help haar en wanneer haar broek uit is, soen ek al langs die rand van haar broekie langs, al hoe nader aan die vogtige heerlikheid tussen haar bene.

Haar linkerskaamlip steek effens langs die kant van haar broekie uit. Die haartjies is kort en sag. Ek soen die lippie en verken dit met die nat punt van my tong. Haar lyf begin al hoe meer saam te werk, en sy maak haar bene so wyd oop soos wat sy kan. Ek trek die broekie eenkant toe en lek dan heen en weer oor haar spleet, stadig van bo na onder. Ek is ongemaklik styf, seer-styf, maar hou my in.

Haar broekie is uit, eenkant toe gewerp en my tong gaan tussen die sagte voue van haar in, na die gladde pienk vlees wat my onkeerbaar aantrek.

Haar klit is styf. Ek druk liggies met my duim en wysvinger langs die warm knoppie en lek dan baie liggies en vinnig oor haar klit. Sy snak na haar asem, vat dan my kop en druk my gesig hard tussen haar bene in. Haar reuk, haar geluide, alles neem oor en laat die vuur in my losbreek en hoog brand. Ek druk die punt van my tong in haar nat-pienk opening in en dan, uiteindelik, nooi sy my binne.

Naai my, naai my!

Ek staan op, pluk my hemp oor my kop en trek my broek af en plaas my hande aan weerskante van haar bolyf. My onderlyf sak af en dan lei sy die punt van my penis in haar sagte omhelsing in.

Haar hande is op my boude, trek my nader, druk my dieper in haar in. Haar naels brand in die vel van my naakte boude in wanneer ek haar borste begin soen. Haar tepels is lank en hard. Ek moet uithou. Ek wil haar laat kom, dink ek toe ek voel hoe die vuur in my besig is om ʼn ontploffing te word. Met elke stoot hoor ek hoe nat is sy.

Ek wil bo wees, hyg-huil sy en ek klim vinnig af en gaan lê op my rug op die mat.

Sy staan vir ʼn oomblik bokant my. Die gladde natheid tussen haar bene en in haar lieste blink in die lig van die kaggelvuur.

Sy gaan sit wydsbeen op my en reik met haar hand tussen haar bene deur, vat my piel vas en sit hom reg by die opening van haar vagina. Sy sak skielik af, hard. Ek gly diep in haar in en dan begin sy haar heupe hewig te wikkel.

My hande is op haar borste, dan oor haar rug en af, tot by haar kaal boude. Sy naai my diep en ek voel hoe haar natheid oor my drup. Haar wikkelende boude is ferm onder my hande.

Haar asem jaag. Sy maak haar oë toe. Ek sit weer my hande op haar vol borste wanneer sy haar bolyf agtertoe gooi. Sy snik en hyg en ek kan voel hoe haar liggaam van diep binne af sidder as die vlamme van haar orgasme vuurwarm deur haar trek.

Ek kom rukkend in haar, soos ʼn vulkaan wat spuwend uitbars. Haar hande en naels grawe diep in my bolyf in, dan sak sy vorentoe en soen my lank terwyl die hitte in ons lywe wegtrek.

Sy klim af en gaan lê op haar sy langs my op die mat. Ek draai na haar toe en hou haar in my arms vas, druk haar naakte lyf styf teen myne. Ons praat nie, ons lê net so. Sy rus met haar kop op my arm. Ek voel hoe sy my arm begin lamlê, maar ek gee nie om nie, ek hou haar net vas. Haar asem word rustig, diep en egalig en ek maak my oë ook toe.

Wanneer ek wakker word, kry ek koud. Die kole gloei dofrooi in die kaggel. Ek kyk vinnig rond. Sy is nêrens nie. Op die tafeltjie sien ek ʼn papier lê. Daar staan net een woord op geskryf in mooi handskrif. Goeienag.

Ek tel die papier op. Sy het haar broekie opgevou en onder die papier geplaas. Ek tel dit op en hou dit vas, weet nie wat om te dink nie.

Wat ek wel weet, is as haar man hiervan uitvind, gaan hy haar heel waarskynlik aanrand en ek kan maar net dink wat hy aan my gaan doen. Ek gaan druk die kledingstukkie diep onder in die wasmandjie in en gaan dan weer sitkamer toe.

Jy speel met vuur, sê ek vir myself hardop wanneer ek hout op die kole gooi en dit aanblaas om die vlamme weer aan die gang te kry.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Vuur

  • December 8, 2016 at 8:12 am
    Permalink

    ‘n Werklikheid word weergegee wat mens intrek tot voor die kaggel. Puik geskryf, eroties verby…Gee ons nog, asseblief Rudi ?

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)