Kombiekieweer Donderdag: Kaptein, o my Kaptein (2)

deur Ramkat Erasmus

(Lees eerste episode HIER)

Kaptein Amanda Verwey sê ek moet liewer agter haar aanry na haar woonstel toe en haar dan later oplaai. Dit sal nie ‘n goeie ding wees as ons saam op my bike uit die basis uitry nie. Sy floor die Fiesta en ek ry agter haar aan.

Sy bly in ‘n straatjie in Brooklyn in ‘n cottage agter ‘n groot dubbelverdieping huis. Sy park die Fiesta onder ‘n carport en sê vir my ek moet haar so ‘n uur gee om reg te maak. Ek sê dis reg en ry na my plek toe in die Moot. Ek shower, trek my nuwe jean aan en my nuwe hemp en dan gooi ek die nuwe leerbaadjie oor. Ek check myself in die spieël en dink ek lyk shit hot.

As ek weer by haar plek kom ry ek in en stop agter haar kar. Skielik worry ek. Ek is besig om groot kak te soek. Troepe wat die kaptein platspring word nie in die army geduld nie, self al het die kaptein die troep so half beveel om dit te doen. Ek wil net weer die Busa opstart en fokkof as sy by die cottage uitkom en wys ek moet inkom.

“Move, Van der Merwe,” sê ek vir myself. “Jy soek kak…” Maar ek onthou haar lyfie op die Cruiser se bonnet en my dipstick staan sommer weer op aandag. Ek skop die side stand uit en haal my helmet af. Die helmet is ‘n nice full face wat ek oor die internet bestel het. Hy lyk nes Valentino Rossi s’n, maar hy het my naam op – Van the Man. Dis ‘n fokken cool helmet en ek hoop die kaptein like dit. Sy het mos gesê haar broers ry bikes…

Ek loop in haar cottage in. Sy’t ‘n klein stoepie voor met so ‘n druiwe prieël ding oor met ‘n staal tafeltjie en stoeltjies. Daar is ‘n dubbel glasdeur en dan is mens in ‘n soort van sit-eetkamer. Daar is ‘n gang en ek neem aan dit gaan kakhuis en slaapkamer toe. Sy lyk stunning. Sy’t ‘n short aan van ‘n soort van blou materiaal, met ‘n wit t-shirt en ek sweer sy’t nie ‘n bra aan nie. Oor die t- shirt het sy ‘n suede baadjie met fur om die collar en moue. Sy’t boots aan wat tot by haar kniee kom, ook met fur om. Die dipstick begin sommer weer op aandag staan, maar ek konsentreer en gooi die kill switch op daai een. My jean is heeltemal te styf om te staan en horing kry.

“Sit soldaat,” praat sy in haar kaptein stem. Ek sit my helmet op die tafel neer en gaan sit op een van die stoele voor die tv. Ek sien sy kyk na my helmet en sy sien my naam raak. Sy kyk na my en weer na die helmet.

“Van the Man? Is dit wat die ander bikers jou noem?” vra sy en ek kan sweer sy lag vir my.

“Ons het almal name… Big Joe, Jake the Peg, Cassius, Varkie, Pieta… Dis ‘n biker ding. Ek’s Van the Man…”

“Nice. My oudste broer was altyd Fokkol Vrees. My ma kon dit nie vat as hy sy baadjie aantrek nie. Sy’t gedink dis ongeskik.” Sy lag en ek’s sommer weer opstandig.

“Vir wie’t hy gery?” vra ek. Die “Fokkol Vrees” ding ly ‘n klokkie iewers.

Sy trek haar skouers op. “Dit was in die Kaap. Die Goodwood Daredevils… Hulle bestaan nie meer nie.”

”O,” sê ek. Ek bedoel wat kan ek anders sê?

“Soldaat… Ons moet praat…” Sy leun met haar rug teen die kombuis counter en vou haar arms oor daai mooi tieties met die bruin nippeltjies. Down dipstick, down!

“Ons kan albei groot moeilikheid kry by die weermag as jy gaan ‘brag’ oor vandag,” sê sy ernstig. “Dalk moes dit nooit gebeur het nie, maar ek is nie spyt nie. Ek hoop nie jy gaan dom wees nie…” Sy glimlag daai kaptein smaailtjie wat sy gebruik voor sy jou uitkak. “Ek het drie groot broers en hulle is mal oor hulle klein sussie…”

“Kaptein… Ek’s nie stupid nie. Ek sal my bek hou. Ek belowe,” sê ek. Ek’s nie baie impressed met haar broers nie, want sy’t iewers geleer om te doen wat ons vanmiddag op die Cruiser se bonnet gedoen het, en waar was hulle?

“Goed… Ek hoop so. En op die basis hou ons dit soos dit altyd was. Reg?” sy kyk my met daai kaptein-kyk en ek knik.

“Mooi…” sê sy. “Jy wonder seker hoekom ek jou gegryp het?”

“Wel…”, sê ek. “Dit was nogal ‘n suprise, Kaptein.”

“Was dit lekker?”

“Jissis Kaptein. Hoe’t dit vir jou gelyk?”

Sy lag en dipstick begin druk teen die jean.

“Ek wou jou hê van daai dag wat ek jou vir die eerste keer ekstra dienste gegee het… Jy was nogal indrukwekkend…”

Nou worry ek. Die vrou het ‘n klap weg met ‘n shifting spanner… “Hoe bedoel Kaptein?” vra ek maar.

“Jy het my eers gekyk asof jy vir my wil lag, en toe glimlag jy en sê ‘Sure kaptein, no problem…’ Dit was daai glimlag. Van daai dag af wou ek jou hê. Dis hoekom ek jou die heeltyd so ‘n harde tyd gee. Ek wil weer daai glimlag sien…”

“O…” sê ek en ek wens ek kan iets meer uitkry.

“En vandag toe ek vir jou sê ek het muscles nodig toe smile jy weer en dis waar ek besluit het ek gaan jou seduce.”

Seduce? Is dit wat jy dit noem, dink ek. Meer soos rape! En ek smile maar weer. Hei, ‘n man moet gebruik wat werk, soos Pieta altyd sê.

Sy kom nader en buk oor my en soen my. Ek ruik haar perfume en nou kan niks op aarde daai kill switch gooi nie. Sy sien die ding en lag. “Later. Soldaat, later… Kom ons ry.”

Sy gryp ‘n helmet wat eenkant op die toonbank staan en gooi myne vir my. Ons gaan uit en sy sluit die glasdeure. Sy sit die sleutels in so ‘n klein rugsakkie wat sy op haar rug sit. Ek sit die helmet op en klim oor die bike. Die side stand gaan op en dan klim sy agter my op. Aan die manier wat sy haar boudjies in die saal indruk en haar arms om my sit weet ek sy was al op ‘n bike. Ek start en ons ry stadig uit. Ek besluit om haar te treat voor ek haar klub toe vat. Ek kies koers Fonteinesirkel toe en vat die lughawe pad. Dan draai ek Johan Rissik in. Dis die naaste ding wat ons aan ‘n bergpas het in Pretoria, en baie ouens kom toets hulle bikes hier. Die pad vat jou teen die berg op, by ‘n klomp reservoirs verby, verby Fort Klapperkop en dan in Waterkloof in. Dis opdraende vir die eerste ruk en dan  begin die draaie. Ek ken die pad soos ek my toolbox ken, en ek gee die Busa gas. Die bike skree  en fokkof die rant op. Sy druk haar tieties in my rug in en hou vas. Na die eerste draai weet ek sy gaan nie bang word nie. Sy leun saam met my die draaie in en as ons tussen die reservoirs deurgaan skree sy vir my: “Jy ry soos my ouma!”

Net na die reservoirs is daar ‘n hairpin na links. Ek wag tot op die laaste oomblik en klim dan op die brieke. Die Busa gaan staan amper op sy neus en dan bliksem ek hom in die draai in. Ek brand hom en die bike tel sy voorwiel op. Ek loop hom op die agterwiel tot amper by die volgende hairpin na regs, dan laat ek hom val, briek hard en druk hom so hard ek kan deur die draai. My knieg wil, wil aan die teerpad skuur, maar ek hou hom. Dan’s dit die laaste paar draaie voor ons by die Intelligensie Basis verby ry en in Waterkloof in. Ek druk sy neus in die grond en ry stadig. Die ryk ballies raak baie gou gatvol as bikers deur hulle buurt jaag en dan bel hulle die cops.

Kaptein Verwey laat haar hande sak en begin my dipstick deur die jean vryf. Ek probeer haar hande wegvat, maar sy lag net en vryf verder. Fok, die vrou gaan maak dat ek die Busa teen ‘n paal park! Wat is dit met girls en bikes? Sodra hulle bietjie spoed voel raak hulle horny. Wel, daarvoor is ook raad…

Ek sit my linkerhand agtertoe en druk my vingers in haar broekspypie op. Sy skuif haar boudjies eenkant toe sodat ek makliker kan bykom en dan bliksem ek regtig amper die Busa om. Sy’t die fok weet nie ‘n pantie onder daai broekie aan nie en haar gearboksie is goed geghries!

So ry ons met my vingers in haar broekspypie op en haar hande op my dipstick tot ons straatligte en karre begin kry. Ek haal my hand uit en sy laat los en ons kom by die klub aan sonder enige verdere speletjies. Ons klim af, haal helmets af en sy skud haar blonde hare reg.

“Hier’s nie iemand wat my gaan ken nie?” vra sy, en ek stel haar gerus. Die enigste ou wat haar ken is Pieta en hy’s by die krieket. Hy’t my saamgenooi, maar as dit nie wiele of tiete het nie stel ek nie belang nie. Ons loop in. Patricia die barmaid sien my en smile daai smile van haar. Sy waai en dan sien sy die blondie saam met my. Net daar verander haar gesig in ‘n cutting torch en ek weet ek gaan my hande nooit op daai boude kry nie. Nie gou nie, anyway…

Ek stel die kaptein voor as ‘Mandy’ en sy gee my ‘n snaakse kyk. Dan lag sy en  noem my ‘Van’. Ek stel haar aan Varkie en Jake the Peg voor. Sy impress duidelik die ouens en die girls kyk haar met bitchy gesigte aan. Sy vra uit oor die ouens se bikes en hulle lus hang op hulle knieë.

Ek kry vir ons hamburgers en ons kuier te lekker. Hoe meer ek van die blonde kapteintjie sien, hoe meer like ek haar. Die enigste kak ding is om ‘n dop uit Patricia uit te kry. Sy kap my ‘n flat ignore as ek by die bar kom en Varkie moet naderhand ons dop gaan kry, en sy’s so moerig dat haar nippels eintlik regop staan deur haar bra! Dan sê die kaptein skielik vir my sy’s weer lus vir die bike en ons groet en ry.

Die keer druk ek die Busa in Zambeziweg af na die highway toe. Ek ry deur die tolhek sonder om te betaal en vat die pad Joeys toe. Die Busa kan vinniger as 300 k’s ‘n uur ry en ek looi hom. Die kaptein klou vas, en die keer sukkel sy nie met die dipstick nie. Ek druk hom in die rooi in tot by Rigel en dan klim ek af en ry na haar cottage toe.

Ek wil agter haar kar stop, maar sy wys ek moet omry na die cottage se stoep toe. Ek stop en sy klim af en sluit oop. Ek tel die bike op sy centre stand en loop agter haar aan. Sy vat my helmet en sit dit saam met hare op die counter.

“Nice helmet, by the way…” sê sy en glimlag. Sy trek haar suede baadjie uit en haar nippletjies staan styf onder die t-shirt. Kill switch se moer, die girl doen dit vir my… Ek like ‘n girl wat van spoed hou.

Sy gooi ‘n dop vir my en wyn vir haar, en dan sit sy musiek op. Roberta Flack se ‘Killing me softly’. Ek park op die stoel en sy kom sit op die grond langs my.

Ons gesels oor bikes en hoekom sy in die army is en so aan. As my dop klaar is vat sy die glas en gaan sit dit in die wasbak. Sy down haar wyn en dan sit sy al die ligte af. Sy kom staan voor my en trek my op. My jean is nou definitief te klein.

“Ek is mal oor jou hande”, sê sy en druk my hande teen haar boobs vas, en daar staan ons in die donker met my hande op haar tieties en haar hande op my hande. Ons staan seker vir twee of drie minute so dan sê sy saggies: “Soldaat… Trek my klere uit…”

Sy laat haar hande sak en ek besluit om haar te surprise. Ek begin by die boots met die fur om en dan haar short. Sy het regtig nie ‘n pantie aan nie en die prentjie van haar met net die t-shirt aan, die stywe nippeltjies wat deur die materiaal steek en haar boksie se haartjies wat onder die t-shirt uitsteek maak my amper my turbo blaas. Ek trek haar hemp uit en vir die tweede keer vandag staan sy voor my soos die dag wat sy gebore is. Fokkit! Some guys have all the luck…

Ek skop my boots uit, trek my kouse uit en begin my jean losmaak. Haar handjies stop my.

“Eers jou hemp..”

Die hemp waai en dan druk sy haar naels in my vel in.

“Soldaat?”

“Kaptein?”

“Patricia is die moer in vir jou…”

“Ek dink so, Kaptein.”

“Het jy haar al genaai?”

“Nee, Kaptein!”

“Is jy seker?”

“Kaptein, ek het nog nooit nie. Ek belowe…”

“Wel…” en sy byt my nippel. “Sy weet nie wat sy mis nie…”

Sy raak skielik haastig en begin met my belt vroetel. Ek help haar en dan staan ek en my dipstick op aandag voor haar.

“Kom” Sy vat my hand en in plaas van kamer toe loop sy kaalgat by die voordeur uit. Ek het nie eintlik ‘n keuse nie en loop saam. Die dubbelverdieping se ligte is almal af en daar is net maanlig oor die tuin. Sy loop na die Busa toe en klim op. Sy staan met haar voetjies op die footpegs en lê vooroor met haar arms op die tenk.

“Het jy dit al so op ‘n motorfiets gedoen?” vra sy.

“Nee, Kaptein.”

“Klim op…”

Hier kom kak, dink ek en gooi my been oor agter haar. Ek gaan sit op die passasiersitplek en sy skuif haar gatjie agtertoe tot haar boksie oor my dipstick is. Ek skuif nog bietjie vorentoe en dan’s ek in. Sy begin stadig vorentoe en agtertoe beweeg en ek gly in en uit. Haar boudjies hier voor my en tieties wat ek intussen vasgevat het voel fokken lekker en ek voel hoe die pressure begin opbou in my saalsakke.

Sy begin ook pressure voel en begin al harder en vinniger beweeg. Die Busa wieg nou heen en weer op die centre stand en sy maak kreungeluidjies en stamp haar gatjie vorentoe en agtertoe. Ek konsentreer om die bike regop te hou en nie uit te gly nie. Ek los haar tieties en gryp haar heupe, en dan is dit makliker om die bike se beweging te beheer.

Sy hop nou op en af op my gear lever en maak al snaakser geluidjies. Ek voel hoe die pressure nou amper te veel raak en dan gorrel sy en val vorentoe en die dipstick gly uit. Ek skiet balghries die lug in, oor haar, oor die bike, oor myself en probeer regop sit, maar die bike beweeg net te ver vorentoe en bliksem van die centre stand af.

Die centre stand klap op en dan is daar niks om die bike regop te hou nie. Ek probeer my voete van die pegs afkry om te keer dat die bike ombliksem, maar is nie vinnig genoeg nie. Ek gryp na die handlebars, maar die kaptein is voor my. Die bike bliksem om en ek val met die bike op my been en die kaptein op my bors. My knieg kry ‘n moerse hou en ek lê en kreun van die pyn oor my been en die krapmerke wat ek more op die Busa gaan ontdek.

Sy rol van my af. “Soldaat is jy okay?” wil sy bekommerd weet.

“Bike op my been,” kreun ek en sy spring op en probeer dadelik die bike optel. Nou, ek ken groot ouens wat nie ‘n superbike kan optel as hy omgebliksem het nie, en die girltjie kreun en steun en lig hom net genoeg dat ek my been kan uitkry.

“Fokkit,” sê sy, “ek kom nog, toe gaan ons!” En sy begin soos ‘n mal ding giggel. Ek staan redelik moerig en kruppel-kruppel op, en tel die Busa regop. So in die maanlig lyk dit darem of my been die meeste van die bike gekeer het  en van die paving afgehou het, en daar’s nie enige skrape nie. Ek sit hom op sy sidestand en draai na haar toe. Sy giggel nog steeds en skielik strip ek my moer vir haar. Die klein kak wou eers op die Cruiser se bonnet naai en toe op my bike. Wat de fok is fout met ‘n bed? Ek tel haar op en sy hou op lag. Ek loop met haar die cottage in en in die gang af na haar kamer toe.

Daar brand ‘n bedlampie en ek gooi haar op die bed neer. Sy val op haar rug en lê my met groot oë en kyk. Ek druk haar bene oop en kyk daai gearboksie waar die balghries nog by uitloop. Skielik is ek so opgerev ek kan my lag nie hou nie. Ek druk haar bene oop en steek twee vingers in haar in en begin haar tune. Sy probeer eers om my vingers te keer, maar na ruk begin sy saamwerk. Haar boudjies wip op en af op die bed en sy steun en kreun vloekwoorde tussen haar tande deur. Sy kom oor my hand en ek dop haar om dat sy op haar maag lê. Ek gryp die dipstick en druk hom in.

Sy baklei en probeer omdraai, maar as ek in is, is ek in. Ek werk haar hard en aanhoudend en dan begin sy gil. Soos vanmiddag bliksem sy met haar vuisies op die bed. Ek ry haar so hard dat dit naderhand voel ek is op ‘n scrambler op ‘n motocross baan. Sy gil my naam, vloekwoorde wat ek nog nie gehoor het nie, skree ek moet harder naai en dan is dit net geluide en kreune. Iewers in die geryery raak ek die pad byster en druk die dipstick in haar ander gaatjie in. Sy trek haar rug krom en druk hard teen my terug. Die keer skiet ek nog ‘n vrag in haar in en dan’s ek pap tyres.

Ek gly uit haar uit en bly net lê. Na ‘n ruk staan sy op en kom terug met ‘n waslap. Sy draai my op my rug en vee my bors af, dan die flou soldaat en dan my saalsakke. Sy loop weer uit en kom terug met ‘n dop vir my en haar glas met wyn. Ek skuif op en lê met my kop teen die muur. Sy sit op die bed met haar voetjies onder haar ingetrek en suig aan haar wyn. Haar een handjie vat my vas, maar maak nie saak wat die handjie doen nie, my battery is vir eers pap.

“Ek’s jammer oor jou Busa…” sê sy sag.

“Dis okay. Die bike is fine” sê ek, en hoop ek is reg.

“Wat’s my naam?” vra sy.

Die girl IS nie lekker nie. “Kaptein” sê ek.

“Noem my Amanda” Sy suig aan haar wyn. “Asseblief.”

“Ek dog jy like die kaptein ding” sê ek.

“Vannaand is jy MY kaptein” En sy sit haar wynglas neer en kom lê bo-op my met daai sexy honger lyfie en as die haartjies op haar boksie teen my skuur word die flou soldaat surprise, surprise wakker en staan sukkel-sukkel op aandag.

“Soldaat” sê ek.

“Kaptein?” vra sy kamma bang.

“Lê houding, laai”, gee ek die skietbaan bevel.

“Ja, Kaptein!”

“Eie tyd. Eie teiken. Vuur!”

“Ja, Kaptein!” sê sy en maak so ‘n effense saluut.

Sy rol van my af en sit haar mondjie om die soldaat wat al amper weer sy ou self is, en as sy my saggies begin suig dink ek: Fokkit! Some guys have all the luck!

(Word vervolg)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Kombiekieweer Donderdag: Kaptein, o my Kaptein (2)

  • July 13, 2018 at 12:34 pm
    Permalink

    Demmit….as dit nou nie warm is nie… dan weet ek nie.
    Kaptein jys n Generaal!

    Reply
  • July 10, 2018 at 8:44 am
    Permalink

    Ek like dit daar waar hy haar ander gaatjie naai!!!

    Reply
  • July 7, 2018 at 11:51 am
    Permalink

    Nice. Hou van die beskrywings wat jy gebruik. Hoop dit gaan n lang storie word

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)