
Gesamentlike vervolgverhaal: Bobaasspeurder Faber (2)
deur Kro Fox
Taalversorging deur Lusman
(Redakteursnota: Ek het net hierdie een voorstel vir episode twee gekry 🙂 Lees vorige episode HIER)
Voordat ek kon beweeg, lig mev. G haar lyf van die afrigter af op. Die spierpaleis help om die gholfstok met ‘n plop-geluid uit haar poesie te trek. Hy lek daaraan en sy soen hom met die kom wat van haar lippe drup. Hulle help mekaar op en staan in ‘n stywe omhelsing. Die spierpaleis kyk oor haar skouer, reg in my oë …
Ek pluk my hoed laer, val-val uit die boom en verkas vinnig tot by my motor waar ek my hoed in die kattebak gooi. Ek gryp ‘n drywer en ‘n sak balle en draf vinnig na die baan.
Sukkelend met houding en konsentrasie en so tien balle later, hoor ek iemand praat: “Jy moet nie jou kop optel nie.”
Ek draai so half stadig om. Die gespierde afrigter van mev. G staan met sy hande in sy sye na my en kyk.
“Wag ek wys jou.” Met dié stap hy nader, terwyl hy vir my wys ek moet weer regmaak vir afslaan.
Dit bibber en beef binne my en ek doen soos hy sê. Die hou wat ek slaan is ‘n fiasko. Alles wat verkeerd kan gaan, loop skeef. Ek skuif my voete net voor die slaan, maak my bene reguit en kyk op. Die balletjie skarrel so skuinsweg die bosse in.
“Probeer weer,” sê hy.
Dié poging was nie veel beter nie …
“Probeer nog ‘n keer.” Ek is seker ek het my nie verbeel nie … sy stem klink baie nader.
Die hou was so ‘n bietjie beter, maar dit moet vir hom duidelik wees dat ek eintlik ‘n gholfstok so sou vat in selfverdediging.
“Jy het definitief potensiaal, probeer weer.” Hy klink geduldig.
Sy stem is reg agter my. Skielik is sy hand op my knie. Hy druk my been so ‘n bietjie wyer uit.
“Jou voete moet naby dieselfde wydte uit mekaar wees as jou skouerwydte,” maak hy my wys.
Sy arms kom van agter af en hy vat aan my arms. Hy lei my na die slaanposisie, die drywer se kop net agter die bal. “Hou so … skuiwe jou voete agtertoe sodat alles lynreg is”.
Ek beweeg so ‘n bietjie agtertoe en raak bewus van ‘n groot harde knop wat teen my boude druk. Beide van ons verstyf. Ek raak bewus daarvan dat sy hande op my lyf is, soos toe hy vir mev. G gehelp het.
Faber junior in my broek kry ‘n lewe van sy eie. Ek weet nie vir hoe lank ons so verstok gestaan het nie. Spierpaleis se hande beweeg oor my lyf vorentoe en vat oor Faber junior. Met ‘n skor “Kom saam” vat hy my drywer uit my hande uit en stap vooruit klubhuis toe. Ek gryp die sak met balle en volg hom, seker daarvan dat hier nou moeilikheid is, veral toe hy die gang af stap na die klubbestuurder se kantoor.
Hy druk ‘n deur oop en pluk my binne. Dis die fisioterapeut se kamer.
Met een beweging druk hy die deur toe. Hy druk my teen die muur vas. Hy verskuif sy arms sodat sy hande weerskante van my skouers teen die muur druk. Sy oë blink en sy asem is half onreëlmatig. Hy kyk af na my en ek hoor hom fluister: “Jy is wragtag ook lus!” Met sy een hand pluk hy sy broek af. Dan help hy my met my belt, wat ek met my bewende hande sukkel om los te kry …
Hy sit my hand op sy horing. My vingers krul asof vanself om die warm lewendigheid. Sy hande voel-vat om my skrotum. Soos wat Faber junior nog meer verstyf, vou hy sy vingers om hom.
Stadig, baie stadig, beweeg twee hande oorkruis. Ons kyk in mekaar se oë en sien mekaar se lus groei. Ritmies rol-draaiend beweeg ons hande met mekaar se skagte langs op en af. Ons hande vang-vang mekaar so oor die oog van ons peniskoppe, om die blinknat by te sleep. Die hardheid raak vol in ons hande. Die ervaring van ‘n man se hand op my is so intens anders – vreemd en … malmakend.
Die ritme neem geleidelik toe. Behalwe vir ons asemhalings wat vinniger word, raak die slopgeluide van ons hande oor die druipende nat voorvog harder. Ons rûe het begin krom, ons bekkens en hande en voëls is woelend teen mekaar.
Ritmies vinniger en harder is ons bewegings nou. Dan is daar die crescendo van geluidlose ontploffings van lyflike genot wat deur bekkens stu en witgrys op hande en lywe meng.
Stadig verlangsaam die jagende asems. Die passie ontspan. Ons ontknoop ons van mekaar.
Met ‘n glimlag gee die afrigter vir my ‘n handdoek aan. Hy maak homself ook skoon, trek sy broek op, maak die deur oop en stap uit.
Vir laas draai hy om en sê: “Jy het die mooiste blou oë.” Hy af na my belt se kant toe en voeg glimlaggend by: “Jou kop lig te gou op!”
Dan is die deur toe. Ek maak my balle en drywer bymekaar en verdwyn na my kar toe.
(Lees volgende episode HIER)
5 COMMENTS
Nice, Kro Fox! Ek het die wending glad nie sien kom nie. (Pun intended.) Ons speurder is ‘n man van vele talente.
Daar verander die storie toententaal anders as wat ek sou kon dink. Dankie Kro Fox, baie goed beskrywend gedoen.
Dalk kan een van die dames die speurder afloer en haar perspektief deel…
Ek vermoed ek gaan hier by episode 5 my insette begin lewer. Lekker wending die!
Hier kom ‘n nuwe skrywer met die alle aweregse wending in die verhaal…
hierna kan ons enige iets te wagte wees…selfs ‘n she-male miskien? ☺
MMMmmmmm dis n nuwe een!!